Slagoffer van Vrouedag-moord herdenk Print E-mail
News - Ons Mense
Wednesday, 25 September 2019 09:33
Untitled Document

Jo-Anita Shultz, wat op Vrouedag vermoor is, se lewe is met ‘n byeenkoms op 24 Augustus by Roof Top Cafe in Shere herdenk.

Juanita, of Nita soos almal haar genoem het, was die derde kind wat Flip en Petro de Bruyn verloor het. Die byeenkoms was op Flip se verjaardag en is ook deur sy laaste oorlewende dogter, Priscilla van der Westhuizen, bygewoon.

Priscilla sê dat haar ouers uit hulle drie dogters en twee seuns, nou twee dogters en ‘n seun aan die dood afgestaan het. Sy vertel dat Nita op 9 Augustus deur haar man, Thomas, met wie sy vir tien jaar getroud was, by hulle huis in The Orchards geskiet is en dat hy homself daarna geskiet het.


Van links na regs: Priscilla van der Westhuizen (Jo-Anita se sussie), Flip en Petro de Bruyn (Jo-Anita se ouers) en Su-ann Trichardt by Jo-Anita Schultz se foto
Foto: Danielle Garrett

Priscilla sê dat dit voor hulle 12-jarige seun gebeur het. Hy het uit gehardloop en hulp by twee bure gekry. Nita is kort ná haar aankoms by die hospitaal oorlede.

Die byeenkoms is gereël deur Pixie Terblanche, eienaar en bestuurder van Pixie Pink Warrior Queen, ‘n opheffingsprogram vir vroulike slagoffers van huishoudelike geweld.

Die Akasia-polisie ondersoek ‘n saak van moord en selfmoord.

 

© 2024 Die/The Bronberger