Kuier so reg uit die boeke Print E-mail
News - Vreethans
Thursday, 23 April 2020 08:00
Untitled Document

Vreethans van Heerden en Metgesel besoek kuierplekke in die Bronberg-gebied ongenooid en betaal self vir dit wat hulle geniet, of dalk nie geniet nie.

Te wyte aan die droewige nadele van die ongure korona-inperking, is die aangename aansit by wettige kuierplekke vir nou nog net ‘n verterende verlange.

Maar iets sal jy iets moet doen, want soos die ou wêreld moet die Bronnie ook in hierdie senutergende tye aangaan, laat weet die ou redakteur-knol my mos.

Gelukkig het twee uiters kleurvolle en baie talentvolle vriende van ons in die onlangse verlede elk ‘n besonderse kookboek die lig laat sien.


Willie se boek

Willie se kerrievis

Willie se resep

En soos die plan-b-voorsienigheid dit wou hê, het ons die twee boeke byderhand en was ons in die goeie ou verlede bevoorreg om sekere resepte daaruit te beproe. Boonop is die geregte wat ons vandag deel (een uit elke boek) deur die befaamde skrywers self vir ons voorberei.

Ons praat van Willie Strauss se boek ‘Daar is ’n Engel in my koskas’ en Lientjie Wessels se ‘Geure’.

Dié twee kookboeke is so kleurvol, veelsydig en verfrissend ‘anders’ as die twee skeppers daarvan self.

Willie is ondermeer ‘n sanger, verhoogkunstenaar, akteur, radio-en TV-aanbieder en liedjieskrywer. Hy bly in een van Cullinan se geskiedkundige sinkhuise waar markdae en langtafel-etes soms gehou word. En dit is einste op een van dié markdae waar ek kennis met sy kerrievis gemaak het. Die resep is onder die hoofstuk ‘Hou op vis vir komplimente’.


Lientjie se boek

Lientjie se platbrood

Lientjie se resep

Nou kyk, met ‘n goeie kerrievis kan jy my maklik in ‘n net-wip vang en ek moet baie ver terugdink om ‘n lekkerder een as Willie s’n in die geheue op te roep.

Lientjie Wessels is ondermeer ‘n bekende kunsskilder, dekorkenner, restaurateur en kos-towenaar. Sy was een van die deelnemers op die onlangse Kokkedoor-program en woon op De Tweedespruit.

Dit was by een van haar en haar man, wyle Robert Denton, se restaurante waar Metgesel in 2011 al Lientjie se ‘vinnige platbrood’ met bybehore geniet het. Destyds het Vreethans berig dat sy oor dié platbrood nie uitgepraat kon kry nie. Ons het ook destyds berig: “Dis duidelik dat Lientjie nie juis een vir die konvensionele is nie. Met my oog op die handgeskrewe spyskaart dink ek so by myselwers dat sy ‘n dapper kok is. Een wat nie bang is om smaakkombinasies en bestanddele te toets en te trou nie.”


Ondersteun die Bronnie
Die gevolge van die inperkingstyd noop ons om ‘n beroep op lesers te doen. As onafhanklike gemeenskapspublikasie bring Die Bronberger die afgelope 18 jaar jou gemeenskapsnuus gratis na jou toe. Dit is ons plesier om dié diens te lewer en as jy ‘n vrywillige bydrae lewer, help jy ons om dit wat jy graag wil lees, te skryf. Hoe klein of groot ook al, help jou finansiële bydrae ons om ‘n eiesoortige gemeenskap aan te hou dien.
Elektroniese oorplasing:
Naam: 
Bronberg Uitgewers                          
Bank: 
First National Bank
Tak: 
Olympus Plaza                          
Takkode: 
258155
Rekening: 
62446997407
Soort: Tjek   
Verwysing: 
Donasie (jou naam)
E-pos: 
This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it

Nuuste Koronavirus statistieke:

Aflaai van die Die Bronberger April weergawe in elektroniese PDF formaat:

 

© 2024 Die/The Bronberger