Gee ?n jaar se Bronbergers Print E-mail
News - Artikels
Thursday, 09 December 2010 23:22
Untitled Document

’n Hele jaar se Bronbergers maak die ideale Kersgeskenk vir iemand wat nie naby ons toonbankverspreidingspunte woon nie.

Baie mense wat uit die Bronberggebied getrek het, teken deesdae in op Die Bronberger omdat hulle in voeling wil bly met dit wat in ons kontrei gebeur. ’n Groot gros vorige inwoners wat vandag in ouetehuise bly, maak ook seker hulle kry elke maand ’n Bronnie deur in te teken.

Ons het ’n paar oorsese intekenaars, veral uit Australië, bygekry. Baie ouers wie se kinders geïmmigreer het, stuur elke maand met groot heimwee vir hulle ’n Bronnie in die pos.

Oorsese posgeld wissel van land tot land, so as jy ’n jaar se Bronbergers na ’n ander land wil laat stuur, moet ons eers vir jou uitvind wat die fooie gaan wees. Plaaslike intekenaars kan ’n jaar se Bronbergers vooruit bestel teen slegs R220. Dit sluit die posgeld, koeverte en hanteringsfooi in.

Jy kan ’n elektroniese oordrag of direkte oorbetaling doen aan: Bronberger; Bank: Eerste Nasionale Bank; Tak: Olympus Plaza; Takkode: 258155; Rekeningnommer: 62243548221. Tjeks, uitgemaak aan Die Bronberger, kan gepos word na Posbus 92366, Mooikloof, 0059.

Faks ’n bewys van elektroniese oorplasing of ’n depositostrokie aan 086-650-7860 saam met die volgende besonderhede: Naam en adres waarheen tydskrif gepos moet word en ook jou eie telefoonnommer of e-pos adres sodat ons jou kan kontak indien die posstukke na ons toe teruggestuur word.

 

© 2024 Die/The Bronberger