Agt merkwaardige diere uit agt jaar se Bronbergers Print E-mail
News - Artikels
Friday, 24 September 2010 08:03
Untitled Document

Diere wat die trane laat loop het, diere wat die nekhare laat rys het, wat die ag-sjeim faktor laat hoog loop het, diere wat die onmoontlike vermag het – hier wys ons vir jou net agt van die diere uit ons agt bestaansjare wat ons nooit sal vergeet nie.

Nyamazan – ’n sebra met ’n mak streep
Nyamazan is sy naam. Hy is seer sekerlik die enigste sebra in Bronberg- wêreld wat gery word. In Mei 2003 skryf ons oor die Burchell sebra wat Lila Oechler eiehandig ingebreek het.

Lila het Nyamazan, die Zulu-woord vir ‘klein diertjie’, as ’n sewe-maande oue vul op ’n wildplaas net buite Pretoria aangekoop. Sy het al die nodige permitte en vervoerlisensies gereël en ’n boma gebou op ’n plaas naby Bronkhorstspruit wat gereed gestaan het vir die vul se aankoms. Haar plan was om hom mak te maak en volgens die Monty Robertsmetode in die boma in te breek.

In dié 2003 artikel het ons van die lang proses om Nyamazan se vertroue te wen, vertel. Die uiteinde was dat Lila hom kon ry met ’n stanglose toom, en dat hy so mak geword het dat selfs haar honde op sy rug kon sit.

Lila sê dat ’n sebra omtrent vyftig keer slimmer is as ’n perd en dat Nyamazan binne tien minute geleer het wat van hom verwag word in die lanseerring; dat hy ongelooflik vinnig leer spring het; en ook sonder probleme in ’n perdewaentjie leer klim het.

Anthony – a cheetah turned movie star
In January 2004 we reported on the wonderful thing that happened to 13-year old Alexander Michaletos, son of Pedro and Rose Michaletos of the Farm Inn, and his pet cheetah Anthony.

The fairy tale started when Rose answered the phone one morning. The caller had heard that they have tame cheetahs at Farm Inn and wanted to use them in a movie. “And by the way,” the guy said, “don’t you happen to have a 12-year old boy as well?”

Rose told the guy to phone Pedro. Little was Pedro to know that this phone call would be the one to change their lives. Alex and Antony played the leading roles in a movie based on a true story about a young boy Xan who ran away from home with his pet cheetah Duma.

Duma was also the working title of the movie, which was released in South Africa in October 2004. It took three and a half months to shoot at 75 different locations across southern Africa, from the Cape to Krugersdorp, Johannesburg, Mpumalanga’s gorges, Upington’s Kalahari, the Vaal River’s rapids and the Okavango.

Molly – Mooiplaats se wagkoei
Die meeste Bronbergers het waghonde, maar die Brits-gesin van plot 323, Mooiplaats het ’n omgesukkelde koei wat die kwaaiste wagter na ’n ou kalfie laat lyk. In Augustus 2009 vertel ons van Mooiplaatslegende, Molly, ’n koei wat so kwaai is dat niemand by sy volle verstand vrywilliglik oor haar plot sal loop nie. Molly het al ’n hele paar oorwinnings op haar kerfstok, insluitende munisipale werkers en polisiereserviste.

Haar eienares, Jenny Brits, sê dat Molly nie kan besluit of sy ’n buffel of ’n waghond is nie. Selfs mense wat aan die ander kant van die draad loop, moet versigtig wees.

Die reuse Molly spring maklik oor ’n heining, verwilder die mense wat dit te naby na haar sin waag en spring dan ewe gemaklik weer terug huis toe.

Dit is blykbaar ook ’n gekrap van grond en ’n onaardse gebulk as iemand op die Britse se plot aankom. Molly maak ’n baie groter lawaai as ganse of waghonde.

Molly is ’n Frieskoei wat in 2000 gebore is. Sy was maar ’n paar dae oud toe Jenny haar agter op ’n bakkie wat op pad slagpale toe was, gesien het saam met haar ma. Jenny het besluit om die kalfie vir haar te vat en het Molly met ’n bottel grootgemaak.

Josh – the dog who crossed the globe
In April 2003 we told readers about Josh and Graeme Simmonds. Graeme and his family had to flee their Zimbabwe home in 2002 and immigrated to New Zealand. Josh was brought to Wet Nose Animal Rescue Centre in Zwavelpoort from the Zimbabwe holding station. Wet Nose appealed to animal lovers to raise the R31 000 needed to reunite Josh and Graeme.

After staying in quarantine in Zimbabwe, then moving on to Wet Nose and after that another 90-day quarantine in South Africa, Josh was flown to Sydney, Australia where he had to complete a 120-day stay in quarantine. On 13 July 2003 Josh landed in New Zealand, just in time for Graeme’s 13th birthday.

Josh and Graeme had only 18 months together. In June 2005 we reported that Josh had died. He was on an IV drip for 12 days and on the strongest human antibiotic, but he had developed such a huge haematoma, that when the vet tried to remove the handful of blood clots, he had a massive heart attack.

Graeme requested that Josh be cremated, so that when he returns to Africa one day, he can take Josh’s ashes back with him.

Ou Skubbes - Krokodil in Zwavelpoortspruit
In Januarie 2009 berig ons dat daar krokodille in die Zwavelpoortspruit is. Die bewys daarvan het veilig ‘in transito’ in ’n eendehok op ’n Zwavelpoortplot gelê; ’n uitgevrete Nyl krokodil van by die twee meter lank.

As dit ’n wyfie was, kon sy amper volwasse gewees het en as dit ’n mannetjie was, kon hy ses of sewe jaar oud wees, sê die mense wat weet.

Een manier om vas te stel watter geslag ’n krokodil is, is glo om jou vinger in sy agterent te druk en te voel. Só dapper, sê krokodilvanger Charl van der Merwe, is hy nie.

Toe Charl ’n reuse vanghok begin bou het om die krokodille, wat maai onder die vis in sy foreldam, te vang, het almal vir hom gelag. “Ou Charl het seker ’n likkewaan of ’n groot baber gesien,” het hulle gespot.

Maar die Bronberg se eie ‘Crocodile van der Merwe’ het hom nie laat afsit nie. Hy het sy vanghok in die dam gestel en in die tweede week van die nuwe jaar, ná een byna katastrofiese, mislukte poging, het hy ta veilig agter tralies gehad. Waar dié krokodil vandaan gekom het, is ’n raaisel wat steeds onopgelos is.

Diamond –beating the death sentence
In November 2003 we reported that, for the first time in South African history, orthotists and prosthetists who specialise in human care came together to save a horse’s life.

Diamond, a rescue case horse in the care of Wet Nose, unwittingly became a pioneer when he fell into a hidden sewerage hole. A badly hurt Diamond was sent to Onderstepoort where he stayed for a month. Apart from his wounds, he had also torn his ankle tendons. From Onderstepoort, Diamond was moved to the Equi-Care Clinic in Midrand where he stayed with a specialist in equine surgery and skin transplants for seven weeks.

Diamond made it through the various operations, wore a plaster cast for a while, but when they took it off Diamond tore his tendons again. A decision had to be taken whether or not Diamond had to be put down.

And then one night the Wet Nose staff watched an episode of Ripley’s Believe It Or Not where an Appaloosa horse, which lost part of his leg, was fitted with a prosthesis. They looked in the phone book and found a company called Golding’s Orthopaedics in Sunnyside, which custom-made a carbon fibre leg brace for Diamond.

Koekoes Koekoekhaan – geveerde skop-bokser
Hy is ’n agterbakse Potchefstroomse Koekoekhaan wat net wag vir die oomblik dat ’n mens jou rug op hom draai. Dis sy teken om so vinnig as hy kan nader te hardloop, in die lug op te spring en jou van agter af te skop. Na die tyd sit hy jou reaksie en dophou met sy bose rooi oog. Doen jy niks terug aan hom nie, gooi hy sy kop agteroor en kraai koning.

Só berig ons in September 2009 oor Zwavelpoort se geveerde skop-bokser, die haan wat uit sy pad uit gaan om mense te skop. Sy skoppery stop ook nie net by mense nie – honde, perde en selfs kardeure loop deur.

Penelope – lammetjie aan ’n leiband
In Oktober 2007 wys ons vir lesers ’n toneeltjie wat jy nie aldag in die Bronberg (of enige ander plek in die wêreld) sal sien nie: ’n Springboklammetjie word vir ’n oefen-uitstappie aan ’n leiband gevat.

Marien Dreckmeyr is aan die vashoukant van die leiband. Die Dreckmeyrs het die bokkie by ’n groep mans gekoop wat daarmee langs die pad geloop het – heel moontlik op pad om die ooilammetjie iewers as aandete op te dis. Hulle het die nodige toestemming gekry om die bokkie, wat Penelope gedoop is, groot te maak met die doel om haar later by ’n gevestigde trop vry te laat.

Marien het die leibandplan gemaak om te sorg dat Penelope die veld leer ken sonder om voortydig op loop te sit.

 

 

 

 

© 2024 Die/The Bronberger