Bronbergse perde presteer op skou Print E-mail
News - Artikels
Friday, 24 September 2010 07:49
Untitled Document

Ons kontrei se perde het uitgeblink op die onlangse T-Skou, voorheen bekend as die Pretoriase Skou.


Cavallito se Freyja Victor Bach het eerste plek in die opreggeteelde Walliese ponies seksie D reunklas gekry, en is gekies as die kampioen opreggeteelde Walliese ponie, reun afdelings.


Cavallito se Freyja Taliesin het eerste gekom in die opreggeteelde Walliese seksie C hingsklas, senior kampioen seksie C Hings, opperste kampioen seksie C, asook die opperste kampioen seksie C en D. Taliesin het deurgedring na die interras kompetisie waar hy teen 24 ander opperste kampioen teelperde deelgeneem het en is gekies as die Opperste Kampioen Interras teelperd.


Imagenius Parmant, ?n negejarige Boerperd hings van die Mooiplaats-gebaseeerde Vatican SA Boerperd Stoet van Neil, Heleen en Maurice Pope, is gekies as die kampioen tradisionele drie-gang ryperd en reserwe kampioen in die enkel harnas-afdeling van die SA Boerperd Streekskampioenskappe.


Cavallito Allenay, ?n 18 maande oue Walliese merrievul van Grootfontein se Cavallito Stoet, het die junior kampioenskap seksie D merrie verower.


Nooitgedachter Daydream Melotte het die senior merrie- en kampioen merrieklas gewen en is gekies as die groot kampioen Nooitgedacht Merrie. In die interras teelklas kompetisie het sy onder die top tien teelperde geëindig.


Sheleph Burger van Mooikloof se merrie Ilizwe Silken Ribbons het die ope ryperd afdeling gewen, die dresseringsklas vir Anglo- Arabiere gewen, tweede gekom in die skou-drawwer (?hack?) afdeling en is gekies as reserwe kampioen ryperd
Foto?s: Fine Photography

 

© 2024 Die/The Bronberger