Grootfontein se ponies presteer Print E-mail
News - Artikels
Thursday, 22 April 2010 16:48
Untitled Document

Twee Walliese ponies, Freyja Victor Bach en Freyja Taliesin, van die Cavallito Stoetery in Grootfontein Landgoed het goed presteer by die Autumn Gold Cup op 21 en 22 Maart by Eaton Plaas.

Die trotse eienaars van Cavallito is Vernon en Hettie Visser van Grootfontein en die stoetery word bestuur deur hul dogter, René le Roux. In dié skou is Victor ingeskryf in die kampioen opreggeteelde Walliese reuns in-hand afdeling en in die nuweling opreggeteelde ruitersklas wat deur Sydney Kidson beoordeel is.

Hy het gekwalifiseer om later in die skou in die inter-ras hoogste kampioenskap reun-afdeling asook die inter-ras hoogste kampioen ruiter-en- perd afdelings deel te neem. In dié afdelings kompeteer kampioene van al die verskillende rasse met mekaar.


Freyja Taliesin ewe trots met sy roset

Nadat Victor vir dié kampioenskappe gekwalifiseer het, moes Taliesin nog kompeteer in die kampioen manlike afdeling C/D klas. Hier het hy die titel van hoogste kampioen afdeling C/D manlik, beoordeel deur Lyn King, gewen. Dit het beteken dat hy ook gekwalifiseer het om aan die inter-ras hoogste kampioenskap deel te neem.

Victor het die titel inter-ras hoogste kampioenskap reun Autumn Gold Cup 2010 gewen en Taliesin is binne die eerste vyf geplaas in die interras hoogste kampioenskap ras-perd Autumn Gold Cup 2010. Beide afdelings is deur drie beoordelaars, plaaslik en oorsee, beoordeel. Freyja Taliesin is vernoem na een van die eerste bekende Walliese digters. Hy is ?n vier-jaar oue Walliese poon, klas C hings, uit Suid- Afrikaanse hoogste kampioen merrie, Bukkenburg Gwenllan, deur die ingevoerde multi SA Hoogste kampioen, Danaway the Sting.


Freyja Victor Bach saam met sy eienaars, Vernon en Hettie Visser van Grootfontein, hul dogter, René le Roux, en staljong en hanteerder, Wilton Nkomo
Foto?s: Fine Photography

Die Vissers het Taliesin in 2007 as ?n twee-jaar oue vul gekoop. Hy was nog nie onder die saal nie. Freyja Victor Bach, ?n Walliese naam wat ?klein Victor? beteken, is ?n ses jaar oue Walliese poon, afdeling D reun. Hy is in die baarmoeder ingevoer en in kwarantyn in Suid- Afrika gebore. Hy is ingevoer van die merrie, Trofarth Dymuniad, uit Haighmoor Mab Victor van Walles.

Die Visser-gesin het Victor in 2008 gekry en hy is opgelei deur René. Beide ponies is geteel deur die Freyja Stoetery van Gustav en Glynis Karlsson in die Albertinia-distrik teen die hange van die Langeberg.

 

© 2024 Die/The Bronberger