Dinge om te doen in 2010 Print E-mail
News - Artikels
Wednesday, 24 February 2010 08:51
Untitled Document

Hier is die langverwagte splinternuwe gids van dinge om te doen in die Bronberg-omgewing. Ons wys jou waarheen om te gaan vir pieknieks, paintball en perdry; waar die vlooimarkte, restaurante en oornagplekke in ons kontrei is; en by wie om vlieg-, kuns-, dans- en tromslaanlesse te kry. Of jy nou belangstel in wildbesigtiging, staproetes, plekke wat spesialiseer in kinderpartytjies, spaplekke, kwekerye, teetuine, museums of ’n helpende hand wil uitreik in jou vrye tyd – ons wys jou alles.

In die natuur
Dié is jou afdeling as jy op soek is na wandelroetes, kampeerplek, voëlkyk, wildbesigtiging, natuurlike rotspoele of as jy die Bronbergrif van nader wil leer ken

Nkwe Park
’n Natuurplek vir vleisbraai-, piekniek- en ’n swemplek met wandelroetes waar jy 75 verskillende voëlsoorte kan sien. As jy boonop nog wil oorslaap, is Nkwe Park die plek vir jou. Die Bronberg-paradys se natuurlike rotspoele en kuile word gevoed deur die boloop van die Pienaarsrivier en daar is fonteine al langs die rivier af, wat plek-plek opgedam is. Nkwe Karavaanpark bied karavaan-staanplek en daar is ook karavane te huur. Dié oord het drie-ster gradering en is rustig met geen musiek, ‘quads’ of motorfietse nie. Nkwe is in Tierpoort, 15 km vanaf Hans Strijdomrylaan uit met Lynnwoodweg-verlenging. Draai regs by die Betshan-bord. Vir meer inligting, bel Francois Liebenberg by 082-978-9631.
Faerie Glen Natuurreservaat
Faerie Glen Natuurreservaat is ’n 128 ha reservaat met drie wandelroetes: Hadeda is 6,2 km lank, Akasia is 4,5 km lank en Kiepersol is 11,3 km lank. Dié roetes bied jou een van die maklikste maniere om die Bronbergrif van naderby te leer ken. Die reservaat is geleë waar die Bronberg begin en die ingang is uit Louis Botharylaan. Hulle is van September tot April oop van 6 vm tot 7 nm en van Mei tot Augustus van 6 vm tot 6 nm. Vir meer inligting, skakel 012-348-1265/6. Om aan te sluit by Vriende van Faerie Glen Natuurreservaat, stuur ’n e-pos aan Claus Triebel, die voorsitter: This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it .
Rietvlei Natuurreservaat
Rietvlei Natuurreservaat bestaan uit 3 800 ha Bankeveld grasland wat strek oor vlaktes, heuwels, vleie, stroompies en die Rietvleidam. Dié reservaat bied wildbesigtigingstoere rondom die dam, voëlskyk, visvang, kampering en staproetes. Jy kan op ’n 10 km dagstaproete gaan of op ’n 21 km roete waar jy in ’n oornag hut bly wat beddens en matrasse insluit. Die Rietvlei Natuurreservaat is uit met die Delmas-pad, naby die Nelmapius/R21 kruising. Vir meer inligting, skakel 012-345-2274 of 012-345-5103.

Avonture
Breek weg uit die stad se gewoel vir ’n Bronberg-avontuur op ’n 4x4 baan, ’n paintball-plaas, hoog in die lug saam met ’n vlieginstrukteur of langs die viswaters.

Bundu Bashing
Bundu Bashing is geleë op 43 hektaar met baie natuurlike fonteine, verskeie damme vir hengel van swartbaars, karp en kurper. Daar is piekniek- en braaigeriewe, kampeerplekke in die bos, ’n 60 vkm grasdak lapa vir informele funksies en ’n 4x4 baan wat bestaan uit natuurlike erosieslote en watergate. Hier is jy beslis weg van die stad se gewoel, maar dit is naby genoeg vir ’n vinnige uitstappie in die natuur. Bundu Bashing is in Tweedracht, naby Avalon Castle en grens aan Klipkop bewaringsgebied. GPS Koördinate: S25 52.806 E28 29.686. Kontak Hennie Bothma by tel: 076-661- 0116, e-pos: This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it of besoek: bundubashing.co.za
Superb Flight Training
By Superb Flight Training kos ’n inleidingsvlug vanaf R300. Jy leer vlieg met moderne Jabiru- en Tecnamvliegtuie, maar leer perspektiewe aan wat jou nie beperk tot ligte vliegtuie nie. Daar is ervare instrukteurs, vanaf vrywillige lugmag straler-vlieëniers tot ’n Boeing 737 instrukteur van SA Lugdiens. SFT is by die Kitty Hawk luglandgoed op die Boschkop teerpad, die grootste vliegveld in private besit in die land. Skakel 012-811-2233, 072-201-7222 of stuur ’n e-pos aan This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it .
Paintball Plus
Nie lus om huis toe te gaan nadat jy paintball gespeel het nie? By ‘Paintball Plus’ kan jy in ’n sorgvrye plaasatmosfeer oorslaap as jy jou eie tent saambring. Daar is piekniek- en braaigeriewe, ’n uitkyktoring, plaasdiere, ’n bos, loopgrawe, skanse en oop veld vir verdere avonture. Dit is die ideale plek vir spanbou, familie-uitstappies of kinderpartytjies, en ’n mens kan die hele plek vir jouself huur. Dit het veral gewild geword vir ‘bachelor’ partytjies. Potjiekos, spitbraai en varsgebakte plaasbrood word voorsien op versoek. Paintball Plus is in Tierpoort en kan bereik word met Lynnwoodweg (draai af by die Nkwe bord) of Garstfonteinweg (draai af by die Tierpoort-sentrum). Bel Louwrens Erasmus by 082-413-8955.

Perdeplekke
Of jy nou vir skoue wil gereed maak of sommer net ’n perdepiekniek wil hou, dié Bronbergse perdeplekke bied jou lesse, stalle, arenas, vakansiekampe, pretdae en selfs ’n klubhuis te huur.

Liberty Stalle en Ryskool
Is jy lus om ’n groep uitrit te kombineer met ’n piekniek? Wat van ’n romantiese perdepiekniek vir twee mense of ’n kinderpartytjie met ’n verskil? Liberty Stalle en Ryskool spog met ’n pragperseel waar daar selfs ’n klubhuis te huur is vir klein geleenthede soos verjaarsdae en kantoorpartytjies. Rylesse vir beginners tot gevorderde ruiters van alle ouderdomme word aangebied en jy kry hulp met die voorbereiding en bywoon van SANESA skoue. Daar is 28 stalle, ’n verskeidenheid van arenas, en skoue en vakansiekampe word gehou. Liberty Stalle en Ryskool is op die Boschkop-pad, 5 km vanaf Lynnwoodweg. Bel Juanita by 082-417-8137.

Pacific Blaze
By Pacific Blaze Ryskool kry jy nie net perdrylesse nie; daar is ook ’n plek vir kinderpartytjies en ’n piekniekplek wat ’n mens kan huur vir funksies. Jy kan jou eie piekniekmandjie en kombers saambring en ontspan terwyl die kinders perdry en speel. Hulle is besig met ’n teetuin en ‘venue’ vir troues en konferensies wat in die toekoms gaan oopmaak. Basiese perdrylesse kos R80 per les. Pacific Blaze is uit met Garstfonteinweg-verlenging. By die Spenmist bord draai jy links en ry 3 km tot by hulle plek. Bel Sonette by 012-811-0069 / 084-516-7353 / 079-344-1490, stuur vir haar ’n e-pos na This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it of gaan loer by www.kwikwap.co.za/blaze.
Cullen Stalle
Op soek na ’n plek wat gereeld poniekampe, pretdae en skoue aanbied? ’n Plek waar rylesse in ’n veilige omgewing en geriewe met betroubare skoolperde jou kind se balans, koördinasie en selfvertroue kan help verbeter? Cullen Stalle spesialiseer in rylesse vir beginners tot gevorderde ruiters. Afrigters kan kinders help met die voorbereiding en bywoning van inter-skool skoue. Kwaliteit stalle is beskikbaar en groep of individuele oggendlesse word spesiaal vir vrouens aangebied. Cullen Stalle is net af van Lynnwoodwegverlenging. Bel vir Llewellyn Mason by 083-227-8048.
Summer Brook
Hier kry jy top-gehalte stalle vir jou perde en internasionale akkreditasie vir jou rylesse. Summer Brook is verbind aan ’n internasionale maatskappy en gee afrigting, soos spring en alle ander fynere kunste van perdry, wat aan internasionale standaarde voldoen. Stephan, wat ook professioneel perdry, is die naam van jou afrigter. Summer Brook is geleë in Zwavelpoort. As jy in Lynnwoodweg-verlenging ry, draai jy berg se kant toe by die ‘action cricket’ plek. Ry tot waar die pad doodloop in ’n bruin hek waar jy links draai. Dan is hulle omtrent 500 meter verder aan die regterkant. Bel vir Stephan by 079-527-0658.

Kinder-paradys
Vir stadskinders is Bronberg-wêreld ’n paradysplek waar jy op die plaasmanier kan baljaar in ’n veilige landelike omgewing.

Come Play! / Kom Speel!
Come Play! / Kom Speel! is ’n paradysplek vir kinders. Terwyl verjaardagmaatjies na hartelus speel, kan ouers gerus wees dat dié plek in ’n veilige en rustige omgewing is. Net een kinderpartytjie word op ’n keer aangebied. Daar is ’n groot grasperk met ’n reuse springkasteel, ’n baan vir fietse, ’n huisie om in te speel en hope ander speletjies vir eindelose vermaak. Come Play! / Kom Speel! is op ’n kleinhoewe in Tierpoort. Bel Melissa by 083-626-0224 of stuur vir haar ’n e-pos na This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it .
Kidz Castle
Kidz Castle is spesiaal vir kinderpartytjies ontwerp. Die plek is in ’n baie veilige landelike omgewing en hier word daar op die plaasmanier gespeel. Daar is ’n verskeidenheid klimapparate, twee afdakke vir die onthaalarea, ’n springkasteel, ponieritte, trekkerritte en die voer van plaasdiere soos ’n bok, skapies, eende, hoenders, ponies en hase. Kleuterskoolgroepe kan teen ’n verminderde tarief die diere kom voer. Die plek is te huur vir groep pieknieks of ’n braai. Besprekings is noodsaaklik. Kidz Castle is op plot 21, Farm-weg, net af van Simon Vermootenrylaan. Bel vir Dawie by 082-804-6979, Marike by 083-770-1786 of skakel 012-807-0688.

Leef jou talente
Is dit nie hoog tyd om jou talente uit te leef nie? Lees hier as jy wil leer dans, skilder, tromme slaan, joga of To Shin Do doen, jou gholf wil verbeter of meer wil weet oor skoonheidstegnologie.

Stars Dance Academy
Wil jy leer dans by ’n professionele danser in ons eie kontrei? Liezel van der Merwe het tonne ondervinding van die uitvoerende kunste. Sy het lank professioneel gedans in musiekblyspele soos ‘Camelot’, ‘Gigi’, ‘Brigadoon’ en ‘Grease’ en in extravaganzas soos Sun City se ‘Viva Sun City’ en ‘Carousel’. Sy was ook ’n aktrise in ‘Egoli’, ‘Voete van Goud’, ‘Onder draai die duiwel rond’, ‘7de Laan’, ‘Binnelanders’ en die fliek ‘Paljas’. By Liezel se Star Dance Academy kan jy danse soos moderne ballet, ‘hip-hop’, Jazz en selfs ‘body conditioning’ aanleer. Star Dance Academy is langs Farm Barn in Lynnwoodweg-verlening (Grahamweg), 4,2 km vanaf Hans Strijdomrylaan net voor die Boschkoppad. Kontak Liezel by 082-962-9898 of This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it .
Carin F Creations
As jy voel dit is tyd om jou kreatiwiteit behoorlik uit te leef, kan jy vir kunsklasse gaan by Carin F Creations waar elke student individuele aandag kry. Hier bied ’n professionele kunstenaar klasse in skilder en tekenkuns aan. Die klasse is R75 vir twee ure en leerlinge moet ook opdragte doen. Carin F Creations is 12 km uit op die M6, verby Silver Lakes by Garden Boyz. Bel vir Carin by 072-856-6513 of stuur ’n e-pos na This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it .
Klitsgras Drumming
Klitsgras Drumming is dié plek om te leer tromslaan by dag-lange werkswinkels. Daar is verskillende afrigters vir beginners en dié met gevorderde kennis. Klitsgras spog met die eerste vuurput wat in die land gebou is vir vuurdansers. In dié sirkel, wat 12 meter in omtrek is, kan tot ses vuurdansers gelyk dans. Hier word vuurdans werkswinkels aangebied wat die volgende tegnieke insluit: kort en lang staf, poi en diablo. Die didgeridoo werkswinkels en klasse dek die volgende: asemhaling, ritme, klankvariasies, klankkwaliteit en hoe om jou eie ritmes te skep. Klitsgras is uit met Garstfonteinweg-verlenging. Vir meer inligting oor hul feeste, spesiale geleenthede of spanbou, bel Andries by 012-811-0100 of 083-311-0025 of stuur ’n e-pos aan This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it .
X-Cellence Akademie
Studeer skoonheidstegnologie voltyds, deeltyds of deur korrespondensie by X-Cellence en die Susca Watts Akademie. Hier word stimulerende en omvattende kursusse aangebied wat nasionaal en internasionaal erken word en lei na dinamiese loopbane in alle sektore van die skoonheidsterapie bedryf. Daar is tans ’n koop-een-en- kry-een-verniet spesiale aanbieding. Modelklasse is ook beskikbaar. X-Cellence is op die hoek van Rossouw en Rubidastrate in Murrayfield. Kontak Susca Stemmet by tel: 087-802-0562, faks: 086-617-0769, stuur ’n sms na 078-014-6717, ’n e-pos na This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it of besoek www.xcellence.co.za.
To Shin Do
To-Shin Do is die bestudering van die eeueoue kuns van die Ninja krygsman. Dié kuns is nou aangepas om by die moderne mens se lewe in te pas en veral om jou te help om jou en jou gesin te beskerm. Ons omgewing bied klasse vir juniors, volwassenes en klassieke Ninjitsu. Die klasse word aangebied deur Rohan en Louis by die Grootfontein Dojo in 233 Markstraat, Grootfontein Landgoed, uit met Garstfonteinwegverlenging. Vir meer inligting, bel Denis by 083-259-5357 of kyk na www.budoquest.co.za.
Six Fountains Gholf Afslaanbaan
Dié is ’n gholf afslaanbaan met top fasiliteite en binne maklike bereik in die Bronberg-gebied. Hier kry jy ’n agt-putjie ‘mashie’ baan, sandkuile en geleentheid om jou sethoue en kaphoue te oefen. Wanneer jy afslaanbaan toe gaan om balle te koop is daar vyf verskillende opsies waaruit jy kan kies, byvoorbeeld die R400 opsie wat jou 20 emmers van 80 balle elk gee (streng 45 dae). Dit beteken dat jy slegs R20 ’n emmer betaal. Six Fountains Gholf Afslaanbaan is op die hoek van Silver Lakesweg en Six Fountains Boulevard. Bel vir Hary Rudolph by tel: 083-384-3848.
Juniper Green
Wil jy leer hoe om joga strek- en asemhalingsoefeninge te doen? Of wat van meditasie? By Juniper Green kan jy van die begin van Maart op Woensdae van 7-8 nm jogaklasse loop en van 8-9 nm leer om te mediteer. Hier kan jy ook getoets word vir allergieë en dan word ’n eetplan volgens jou bloedgroep uitgewerk wat jou selfs help gewig verloor. ’n Reeks masserings word aangebied van Kahuna vollyf massering tot Kahuna vollyf swangerskap massering (ná die derde maand van swangerskap), ‘hot stone’ massering, massering vir babas, Lomi Chi maagmassering en ’n tradisionele Thai voetmassering. Juniper Green is in 233 Markstraat, Grootfontein Landgoed, uit met Garstfonteinwegverlenging. Bel Katalina by 082-051-1213.

Kuierplekke
In ons kontrei kan jy lekker eet. Jy kan kuier in ’n klubhuis langs ’n aanloopbaan, karaoke sing, kerk loop in ’n kroeg, verjaar in ’n teetuin of musiekkroeg en binnekort bykans enige iets proe in ’n wynkelder.

Bronberg Lodge / Kelder
Dinge is aan die roer by Bronberg Lodge/ Kelder. Daar is ’n wynkelder in aanbou waar verskeie bekende wynlandgoedere permanente uitstallings gaan hê waar jy topgehalte wyne eerstehands kan beproef en aankoop. Komplementerende versnaperinge soos kase en olywe sal ook in die kelder beskikbaar wees. Daar kom ’n kleinteater met permanente verhoog, kosmark met tuisgemaakte snuisterye en allerlei lekkernye, en teetuin vir ligte maaltye. Die restaurant se groot verskeidenheid tradisionele geregte sal steeds op die spyskaart bly. Die ruim, nuwe restaurant sal ook opwindende nuwe disse voorsit. Bronberg Lodge is in Lynnwoodweg- verlenging, langs die Boschkopafdraai. Skakel 012-809-0130, bel vir Faan by 082-820-7339 of vir Hans by 076-452-6182.
Rafters
Pret en vermaak vir die hele gesin. Dit is wat Rafters Pub & Grill op die B-House-perseel langs Garstfontein-verlenging deesdae bied. By die ruim kuierplek kan jy nie net jou honger bevredig en jou dors les nie, jy kan ook meedoen aan prettige karaoke-aande, dagbreek toe dans, en sport op ’n baie groot hoë definisie- skerm geniet. Terwyl jy ’n heerlike maaltyd of ’n drankie geniet, kan die kleingoed hulle besig hou by die moderne speelpark en as pa self wil speel is daar ’n uitdagende 4X4 roete byderhand. ’n Karwas is ook op die perseel om jou 4x4 ná die tyd blinkskoon te kry of die gesinsmotor te laat poets terwyl jy kuier. En moenie vergeet van die uitstekende kos- en kunsmark elke Saterdag by Rafters nie. Skakel 012-480-0466 of 082-455-9705 vir meer inligting.
Radio Afrika
Radio Afrika is ’n musiekkroeg wat oop is van Dinsdae tot Saterdae van 11 vm tot middernag. Dit is die ideale kuierplek vir verjaardagpartytjies, intieme gesellighede, klein funksies en byeenkomste vir tot 130 gaste. Daar is daaglikse spesiale aanbiedinge, ’n grootskerm TV en musiek. Radio Afrika is op plot 21, Lynnwoodweg, oorkant Willow Way Winkelsentrum. Skakel 082-826- 9889 of 082-771-9451.
Anja’s Teetuin
Anja’s Teetuin is geleë in ’n gevestigde tuin met groot bome by The Willows Country Lodge. Tuisgebakte koeke en ligte middagetes word uit ’n pragtige kothuis bedien. Anja bak al haar eie koeke en maak self die kos. Dié rustige plek is ideaal vir private partytjies soos ’n kombuistee of ooievaarstee en Anja maak ’n heerlike ‘high tea’. Die teetuin is tussen Karoo Kafee en Safari Kwekery op plot 21, Lynnwoodweg, Die Wilgers. Bel vir Anja Preussler by 012-807-4100 of 072-153-6732, stuur ’n e-pos na This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it , of besoek www.anjasgarden.com.
gospel@pub
Ontspan in ’n kroegatmosfeer en luister na inspirerende sprekers, hulle stories en lekker musiek elke Sondagaand om 6 nm by Rafter’s Pub & Grill, Garsfonteinweg, 1 km na die Mooikloof verkeerslig. Kom kuier saam en vind meer uit oor die ontbyte, kampe en gospel@home. Geen toegangsfooi word gevra nie. Hulle bied ook ’n internasionaal erkende dissipelskap-kursus aan vir die wat Christene geword het maar nog worstel met moeilike vrae. Vir meer inligting besoek: www.noisemakers.co.za. Vir navrae bel Christine by 082-880-8484.
Kitty Hawk Klubhuis
Kom tot halt en geniet die ruimte en rustigheid terwyl jy ’n geurige ete by ’n private lughawe nuttig. Kitty Hawk Klubhuis is reg langs die Kitty Hawk Lughawe se aanloopbaan en is bekend vir sy besondere burgers, ‘steak’ asook ontbyte en omelette. Sondagmiddagbuffet is gewild met die klem op vars, gesonde, geurige kos. Die klubhuis met sy vuurherd in die middel van die restaurant is ’n gesellige ontmoetingsplek en is te huur vir private funksies. Etes vir groepe kan op versoek op weeksdae en -aande gereël word. Kitty Hawk is op die Boschkop-pad en is elke dag, behalwe Maandae oop vanaf 8 vm. Bel vir Lynette by 083-518-8740 of Nico 083-334-4714 of stuur ’n e-pos aan This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it .
Boma Vleismark
As jy by die huis wil kuier bied Boma Vleismark alles wat nodig is om van braaityd ’n feestyd te maak. Sappige boerewors, rypgemaakte biefstuk, geurige sosaties, heerlike hoenderkebabs, sagte skaaptjops, gemarineerde varkribbetjies, Boma het alles waaraan jy kan dink om te braai. Selfs die brikette, knoffelbrood en koeksisters vir poeding. Vir tuisonthale, troues en groot funksies is daar spitbraais te huur. Hulle help graag om die porsiegrootte per persoon te bereken. Liplek lekker marinades en ander geurmiddels om daardie vleisie na smaak voor te berei, is ook beskikbaar. Gehalte en diens is hul trots. Kontak Boma Vleismark, Moreletapark by 012-998-8711, Boma Biltong en Braai by 012-998-1617 en Boma Vleismark Tierpoort by 012-811-5031.

Funksies, konferensies en troues
Van ’n ou ‘treinstasie’ tot ’n Marokkaanse plek, van bruidsbederf met spa en borrelbad tot ’n bosplek, hier wys ons jou waar jy onvergeetlike funksies, konferensies, herdenkings en troues kan hou.

De Haven Oost
De Haven Oost is nie net ’n ‘venue’ vir troues, konferensies, herdenkings en verjaarsdagvieringe nie; hier is ook ’n restaurant wat oop is vir die publiek, ’n spa, diereplaas, KidzPlayHaven en Eco- Kwekery met groente, kruie en alles wat blom. Geniet ’n romantiese wegbreek met ’n kerslig ete, ’n romantiese aand in ’n suite met ’n borrelbad en dan ontbyt. Of wat van ’n piekniekmandjie met sjampanje in die tuin of by die diereplaas tussen mak miniatuur perdjies. Die nuwe kunsgalery en kunswinkel is nou oop met pragtige kunswerke van plaaslike kunstenaars. De Haven Oost is ongeveer 12 km vanaf Silver Lakes op die N4 snelweg. Skakel 082-490-7373 vir spa-bederf, die restaurant by 084-725-3886, funksiebesprekings by 071-671-5176 en die kwekery by 082-578-2952.
Renasci Express
Het jy geweet dat daar ’n treinstasie naby die Boschkop Polisiestasie is? En dat jy by hierdie stasie kan gaan trou, funksies, konferensies, verjaarsdae en pieknieks hou? Wel, Renasci Express is nie ’n regte stasie nie, maar as jy jouself in die pragtig gerestoureerde eetkamerwa of die slaapafdeling van die passasierswa bevind, sal jy beslis jou vorige treinritte onthou. Tagtig gaste kan met gemak hier onthaal word. Renasci Express is op plot 76, Mooiplaats. Draai in by die Boschkop Polisiestasie in ‘Rail Road’. Hou op die teerpad. Jy kry Renasci se ingang aan die linkerkant. Bel vir Hanri Badenhorst by 082-534-0683 of 012-802-0653, stuur ’n e-pos aan This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it of besoek: www.renasci.co.za.
Bydi Bos
Op soek na ’n kuierplek vir groot en klein - van troues en funksies soos eindjaarfunksies, verjaarsdae, spanbou en konferensies tot kinderpartytjies? Bydi Bos bied meer as een kuierplek om van te kies, asook verskillende pakkette. Daar is braaigeriewe, ’n swembad en ’n baie private plekkie in die bos met sy eie badkamers, kroeg en boma. Ouers kan rustig sit en kyk hoe kinders baljaar in sandputte met swaaie, ’n boomhuis, klimrame, ‘foefieslaaids’, en fietsiebane met karre. Bydi Bos is weg van die stad se gejaag in ’n bosveld-omgewing, maar slegs 10 minute se ry vanaf Hans Strijdomrylaan op ’n plot in Donkerhoek. Vir meer inligting, kontak Cathy Botha by 072-299-9377 of This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it .
Olive Grove
Olive Grove doen troues met spesiale pakkette vir die bruid wat al die beplanning insluit, vanaf die perfekte buffet tot blomme en akkommodasie. Troues en funksies vir tot 250 gaste word volgens ’n mens se begroting en behoeftes teen ’n baie billike prys beplan. Dié saal loop uit op ’n houtdek in ’n rustige, vredevolle atmosfeer teen die voet van die Bronberg. Olive Grove Venue is op plot 21, Lynnwoodweg, oorkant Willow Way Winkelsentrum. Bel vir Michelle Botha by 082-826-9889 of e-pos: This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it .
Shokran Events & Conference Venue
In ons kontrei kry jy Marokkaanse funksiegeriewe in ’n rustige plaasatmosfeer, net ’n klipgooi uit die stad. Shokran is geleë in ’n neutplantasie met groot grasperke en mooi bome. Meeste van die deure, vensters, ligte en ander bykomstighede is in Marokko gaan koop om ’n eksklusiewe atmosfeer te skep met die klem op detail. Hulle dek ’n wye spektrum funksies wat jy vir altyd sal onthou. Kontak hulle vir verjaarsdae, troues, konferensies, kinderpartytjies of kom kyk na hul tradisionele Marokkaanse produkte in hul vertoonkamer, Maroc Lifestyle. Shokran en Maroc Lifestyle is op plot 99, Tierpoort, 12 km vanaf Woodlands Winkelsentrum op Garstfonteinwegverlenging. Bel Charmaine vir ’n afspraak by 082-335-5659, stuur ’n e-pos aan This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it of This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it of besoek www.shokran.co.za.
Babooschka
Babooschka Funksie-dekor & Kersvervaardigers help jou met die perfekte funksie of troue. Die uitverhuur van kerse, blomstaanders asook dekor is hul spesialiteit. Hulle vervaardig ’n wye verskeidenheid en groottes kerse in pragtige kleure vir jou huis, as geskenk of vir ’n funksie. Babooschka is in die Pienaarspoort/ Donkerhoek omgewing, uit met die ou Bronkhorstspruitpad. Kontak Riana by tel: 083-447-5364, e-pos: This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it of besoek: www.babooschka.co.za.

Oorslaap
Op soek na ’n gastehuis in ons kontrei? Of jy nou bed-en-ontbyt wil hê of self wil kosmaak, ons wys jou waar jy gemaklik en gerieflik in die natuur kan bly en selfs kleiner funksies kan hou.

Oude Hout Mountain Lodge
Oude Hout Mountain Lodge is waarskynlik die gastehuis in die Bronbergomgewing met die heel mooiste uitsig. Hulle is teen die noordhang van die Bronberg geleë en daar is agt spesies mak wild op die plot. Om die uitsig ten volle te benut is daar ’n groot houtdek wat vir private funksies gehuur kan word. Daar is ook braaigeriewe en ’n swembad. Die gastehuis is gemeubileer met unieke swaarhoutmeubels en bied weelderige dubbelkamers met en-suite badkamers waar jy vir jouself kan sorg of ontbyt kan bestel. Oude Hout is uit met Lynnwoodweg-verlenging. Bel vir Jozanne by tel: 082-565-3883, stuur ’n e-pos na This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it of besoek: www.oudehout.co.za.
Formosa B&B
Formosa B&B beskik oor ’n gerieflike, ruim dubbelkamer en-suite met private ingang. Daar is ook ’n selfdoen eenheid vir twee, ten volle toegerus met braaigeriewe. Gaste kan ontspan in ’n boomryke tuin en die plaasatmosfeer en dieregeluide geniet. Soggens word ’n heerlike ontbyt voorgesit en aandete kan op versoek gereël word. Formosa B&B is binne ’n twee tot drie kilometer radius van trouplekke, spas, perdyskole, ‘paintball’ en ’n skietbaan. Formosa is op hoewe 77 Bashewa. Ry uit op die Garstfonteinweg verlenging. Draai regs 4 km na Tierpoort winkel sentrum by die Spenmist bord. Formosa B&B is 800 meter verder op linkerkant waar die grondpad begin. Kontak Ella of Joritha by tel: 012-811-0232, sel: 083-510-7365, e-pos: This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it of besoek: www.travelandstayinsa.co.za.
Lungile Gastehuis
By Lungile Gastehuis voel dit of jy ver weg in die bosveld is. Dié huis is op ’n boomryke een-hektaar plot met die Philadelphiaspruit wat daar deurloop. Lungile se stoep en houtdekke is ideaal vir klein doen-dit-self byeenkomste soos ’n kombuis- of ooievaarstee. Daar is ’n keuse van vier keurig gemeubileerde kamers met ensuite badkamers en ’n gesinseenheid wat uit twee kamers bestaan. Lungile Gastehuis is in Garstfonteinweg, reg langs Woodlands Boulevard en naby aan die Pretoria-Oos Hospitaal. Bel vir Sonya Badenhorst by O83-253-480, e-pos: This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it of besoek www.pretoriaeaststay.co.za.

Snuffel-hemel
By ons kontrei se snuffelplekke kan jy om enige hoek of draai die winskoop van ’n lewe raakloop, van kuns en antieke ware tot boeke, plaasmeubels en plaasvars organiese produkte.

Klip Klap
Klip Klap Antiek en Kunsmark bied elke derde Sondag van die maand tussen 9 vm en 3 nm ’n mark aan waar hoofsaaklik antieke ware en kuns uitgestal en te koop aangebied word. Hier kan stedelinge ontsnap na ’n landelike atmosfeer tussen die doringbome en klipgeboue en heelwat te ete en drinke geniet. Behalwe vir uitstallings deur onder andere Mervyn Emms, een van ons kontrei se mees kundige antiekversamelaars, kan besoekers aan hierdie eklektiese mark wat elke maand in gewildheid toeneem, ongewone dinge vir in en om die huis vind. Boekliefhebbers kan uit ’n verskeidenheid kies en die juweliersware kry baie aftrek. Klip Klap word gehou op plot 78A Leanderstraat, Olympus. Draai oos uit Olympusrylaan in Leander, reg oorkant Die Werf. Skakel 082-755-0586. Webwerf: www.klipklap.co.za.
Kimiad Familiemark
Kimiad Familiemark word elke Saterdag gehou met lekker eet- en drinkgoed, kuns, klere, speelgoed, blomme, groente en vrugte, tuisgebak en aktiwiteite. Dit is dié plek om plaasvars organiese produkte te koop. Daar is ’n heerlike kermisatmosfeer met volop speelplek vir die kinders op die grasperke en onder groot skadubome. Daar is elke Saterdag ’n DJ of musikante, springkastele en sit-kuierplek met koffie. Die mark is op die gholfbaan, sodat ma kan kuier en ‘shop’ met die kinders terwyl pa gholf speel. Kimiad Familiemark is in Wekkerstraat, Moreletapark. Ry in Rubenstein en draai af in Wekker. Die mark is so 400 m aan die linkerkant. Kontak Cornel Bodenstein by tel: 082-410-8672, e-pos: This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it of besoek www.kimiadmarket.co.za.
Bashewa Book Exchange
Dis met nostalgie wat die meeste van ons Sunnyside se ou ‘book exchanges’ onthou. Goeie nuus is dat daar nou so ’n plek in ons eie ontrei is – die ‘Book Exchange’ op plot 126, Bashewa. Maar jy hoef nie net in te ruil nie, jy kan ook sommer net koop. En hier is bykans enige soort boek – van die nuwe Harry Potter-reeks tot Afrikaanse boeke, Engelse historiese romans, Sci-Fi, hygromans, spanningsverhale, ou ‘Westerns, non-fiksie, geestelike boeke, Mills & Boons en selfs opvoedkundige boeke. Vir padaanwysings, kyk na die Book Exchange advertensie. Vir meer inligting skakel 012-811-0474 of 082-644-9750.
Old Farm Furniture
Old Farm Furniture is ’n plattelandse winkel, vol van oud en nuut, met verrassings soos antieke kassies, tafels en riempiesbanke. Daar is ook elke nou en dan spesiale aanbiedinge soos laaikaste vanaf R350. Dié is jou kans om in ’n regte plaaswinkel vol meubels te gaan rondkrap vir daardie spesiale ietsie. Old Farm Furniture is langs Farmers Shed in Garstfonteinweg-verlenging. Bel Martin by 082-565-0086 of Phillip by 083-859-2238.
Wood & Comfort
Hier kan jy na hartelus rondsnuffel tussen kunswerke, ornamente en meubels. Wood & Comfort bied harde Afrika-hout meubels en is die trotse uitstalplek vir die kunstenaar Maria Doro se skilderye met ’n Afrika-tema. Jy kry nie net kwaliteit meubels en bykomstighede, soos baie spesiale gordyne nie, maar ook dekordienste wat so solied soos dié plek se hout is en so gemaklik soos hulle sitkamerbanke. Hulle is geleë in Atterbury Value Mart, Atterburyweg, Faerie Glen. Bel vir Mariet of Marnette by 012-991-4875 of stuur ’n e-pos aan info@woodcom fort.co.za.

Museums
Geniet ’n tikkie Victoriaanse prag en praal of wil jy dalk sien hoe dinge op ’n tipiese toekase plaaswerf gewerk het? Dan is die museums in ons omgewing net die ding vir jou.

Willem Prinsloo Landbou Museum
Wil jy ervaar hoe ’n ou plaaswerf gewerk het? Die Willem Prinsloo Landboumuseum bied tipiese plaasaktiwiteite soos trekkers aan die werk, broodbak in ’n buite-oond, sweepklap en verepluk. Dit is ’n kombinasie van opelugmuseum met egte plaasatmosfeer en kultuurtradisies, ou opstalle en permanente uitstallings soos veteraan landbou-implemente, koetse, trêppies en waentjies. Dié museum is op die ou Bronkhorstspruitpad. Skakel 012-736-2035.
Sammy Marks Museum
Vir ’n tikkie Victoriaanse prag en praal, besoek die Sammy Marksmuseum met sy statige opstal, formele tuine, kontreimarkte en teetuin-restaurant. Die plaas se naam is Zwartkoppies en Sammy se huis is Zwartkoppies Hall gedoop. Die huis het na verskeie aanbouings 45 kamers gehad vol ornamente en handgemaakte meubels van vervloë dae. Sammy Marks-museum is op die ou Bronkhorstspruitpad. Skakel 012-802-1150.

Kwekerye
Inheems of eksoties, kundige plantadvies, kwekers, fonteine, standbeelde, betonpotte, teetuine en selfs ’n roosboetiek – ons kontrei se kwekerye bied net wat jou hart begeer.

Soleil
Ludwig’s Soleil Snyrose het onlangs ’n nuwe teetuin, genaamd Rose Rendezvous, oopgemaak. In Thorns ’n Things, Soleil se roosboetiek, kan jy ook spesiale roosprodukte, soos rooslikeur, en die hele reeks van Ludwig se roossorgprodukte in die hande kry. Dié roosplaas is sewe dae ’n week oop en jy kan daagliks ’n wye verskeidenheid vars, gesonde snyrose en roosplante, wat op die plaas gekweek en geklimatiseer is om in ons gebied te floreer, aankoop. Soleil is op plot 4, Tygervallei. Die toegangspad draai uit Lynnwoodweg-verlenging, 3 km oos van Hans Strijdomrylaan. Bel hulle by 012-809-0134/5 of stuur ’n e-pos na This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it .
Living Gardens
Living Gardens verskaf al 15 jaar lank plante teen groothandelpryse aan die publiek. Die kwekery bied top-gehalte, bekostigbare plante, goeie diens en aflewerings wat altyd betyds is. Hulle nooi alle argitekte, landskapargitekte, bouers, ontwikkelaars, skole en almal wat op soek is na ’n winskoop om ’n draai by hulle te gaan maak in Lynnwoodwegverlenging, tussen die Paul Jungnickelhuis en Eastridge Building & Supply Centre. Kontak hulle by 072-902-7815 of 012-809-3939.
Blyfontein Kwekery
Maak ’n bekostigbare bydrae tot ’n groener omgewing en plant ’n inheemse boom. Blyfontein Kwekery spesialiseer in geharde inheemse bome en struike wat plaaslik gekweek word deur Dirk Marais, bekende boomkenner in die Bronberggebied. Daar is ook verskeie uitheemse bome en plante beskikbaar. Besoek Blyfontein Kwekery by www.blyfontein.co.za vir ’n verskeidenheid bome en struike en vir inligting oor die plant en versorging daarvan. Blyfontein Kwekery is langs Lynnwoodweg-verlenging, 3 km verby die Boschkopafdraaipad en 1 km verby die Bafana Kafee aan die regterkant van die pad. Bel Dirk by 083-378-3588 of vir Pine by 082-600-7776.
Newlands Garden Centre
Newlands Garden Centre is ’n verskaffer van alle plante, binnenshuis en buite, en hul spesialiseer in inheems. Newlands verskaf tuin hardeware, kunsmis, giwwe, tuingereedskap, gemengde tuingrond, grasbedekkings en sampioen kompos. Daar is ook boukolomme met ringe en voetstukke, ‘pier caps’, waterspuite, waterkanale, fonteine, beton-potte en - standbeelde en hulle is die enigste verskaffer in Pretoria wat Saterdae tot 5 nm en Sondae tot 4.30 nm oop is vir die laai van enige soort grond en alle boumateriaal. Newlands Garden Centre is op plot 650, Elandstraat, Rietfontein Landbou Hoewes, oorkant Verresig Landgoed. Kontak vir Debbie, Magriet of Conrad by tel: 012-480-2094/6 of 012-480-0211/0191. Stuur ’n e-pos aan This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it of besoek: www.newlandsgardencentre.co.za.
Organika 2U
Organika 2U spesialiseer in organiese tuinprodukte soos kompos, grasbedekking, buitenshuise potgrond, organiese kunsmis asook deklaag. Eienaar Chagne Lubbinge is reeds vir jare in die bedryf waar sy ook uitgebrei het vanaf die groothandel- na die kleinhandelmark en het ’n bykomende kleinhandelkwekery te Lynnwoodweg. Die pryse is baie mededingend en beter pryse word aangebied op groter hoeveelheid plante en grond. Kontak Chagne by tel: 073-777-8873, faks: 086-538-3720 of e-pos: This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it vir professionele, vriendelike diens.
Hedera Kwekery
Op soek na plante wat klimaataangepas is vir ons kontrei? Hedera Kwekery is bekend vir sy groot verskeidenheid plante en bome wat endemies is aan die Bronberg-gebied. Kobie en Hannes de Wet staan jou by met kundige advies oor plante en bome, en help graag met nuwe idees, soos die opbou van ’n waterbesparende droogtuin met aalwyne en vetplante. Kyk uit vir Hedera Kwekery se afdraaibord langs Garsfonteinweg-verlenging, ongeveer 17 km verby die Pretoria-Oos hospitaal. Bel vir Kobie of Hannes by 012-811-0207, 082-551-6015 of 082-335-6135.

Helpende hand
Vrywilligers is altyd nodig om te help in die sopkombuise, plekke-van-veiligheid, weeshuise, tehuise en dierereddingsentrums in ons kontrei.

African Blessings
Die plaas Rustfontein buite Bronkhorstspruit is die tuiste van African Blessings, ’n welsynsorganisasie wat ’n beter lewe probeer skep vir weeskinders – nie net die menslike soort nie, maar ook vir perde en donkies. Daar is ’n perdereddingsentrum, kostuine, ’n kunssentrum en hulle is besig om die Jochebed Kinderhuis te bou. Hou jou Bronberger dop vir dinge wat gereeld hier gebeur soos die viering van Internasionale Dieredag en hul jaarlikse Moerbeifees met konfytfabriek, braai, speletjies en musiek. Jy kan dié plaas bereik deur met die N4 na Bronkhorstspruit te ry. Neem die Ekandustria-afrit. Die derde pad na regs is die R513 waarop die plaas geleë is. Bel vir Sharon Schwarz by 083-563-2675, stuur ’n e-pos na This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it of besoek www.africanblessings.co.za.
Paul Jungnickelhuis
Kungwini Welsyn en die Paul Jungnickelhuis vir gestremdes bied verskeie geleenthede vir vrywilligers wat graag wil uithelp. Daar is spesifieke dae en tye vir aktiwiteite soos kuns (verf, plak en knip), naaldwerk, stories voorlees, sing en musiek maak. Dan is daar ook altyd hulp nodig met uitstappies en spesiale geleenthede soos Kersfees. Ander Kungwini Welsynprojekte waarmee mense kan help is aktiwiteite by ’n kleuterskool en ekstra naskoolse klasse vir kinders in taal, wiskunde en wetenskap. Pleegouers en plek-van-veiligheid ouers word ook gesoek. Hiervoor moet ’n verpligte kort kursus gevolg word. Die Paul Jungnickelhuis het ’n winkel waar skenkings verkoop word vir fondsinsameling. Die tehuis is in Lynnwoodweg-verlenging, Zwavelpoort, ongeveer 4,5 km vanaf Hans Strijdomrylaan. Vir meer inligting, bel vir Daleen by 012-809-0020/1.
NG GemeenteTygerpoort
Die NG Gemeente Tygerpoort bied jou verskeie geleenthede om by die gemeenskap betrokke te raak. Hul hou ’n sopkombuis wat aan baie mense hul enigste ete van die dag voorsien, en help om basiese benodighede aan kinders in kleuterskole te voorsien. Die gemeente is op verskillende maniere betrokke by Paul Jungnickelhuis vir volwasse gestremdes. Baie lidmate het ’n polisielid van die Boschkopse Polisiestasie aangeneem om op so ’n wyse ons polisiekantoor te ondersteun en ’n geringe bydrae teen misdaad te maak. Caritas beradingsentrum lewer ’n diens aan die gemeenskap en enige persoon is welkom om ’n afspraak te maak. Dienste sluit trauma ondersteuning, huweliksprobleme, gesinskonflik of die verlies aan ’n inkomste en werk, in. Skakel 012-809-0107.
Wet Nose Dierereddingsentrum
Wet Nose Dierereddingsentrum het altyd vrywilligers nodig om te help – of dit nou is om ’n hond vir ’n wandeling te neem of om vir getraumatiseerde diere te help wys dat hulle mense weer kan vertrou. Dié reg-tot-lewe sentrum bied ’n veilige hawe aan perde, honde en katte. Hulle is op plot 75, Vaalbank, oorkant de Leeuw roosplaas op die ou Bronkhorstspruitpad. Dit is ongeveer 6 km van die vierrigting stop kruising met die Cullinan/ Rayton-pad. Skakel 013-932-3941/2, 082-431-1333 of 082-498-7740.
Qumi Huis
Qumi Huis in Rayton is ’n gemeenskapsprojek wat dagsorg en inwoning vir intellektueel gestremdes bied. Drie huise en ’n plaas in die Rayton-omgewing word gehuur en dagsorg is in die Hervormde kerksaal in Rayton langs die NG Kerk. Qumi is nie ’n inrigting nie, maar ’n huis, ’n plek waar die persoon soos ’n normale mens kan woon en funksioneer. Alhoewel daar toesighoudende personeel aan diens is, is die inwoners self vir die bedryf van die huis verantwoordelik. Hulle besoek gedurende die dag ’n werkswinkel waar hul vaardighede aanleer. Vir meer inligting, bel vir Marie Jacobs, administratiewe bestuurder by 082-775-2906 of vir Linda Krause, terapie, by 082-464-7858 of besoek www.qumihomes.org.

 

 

© 2024 Die/The Bronberger