Ou Kersfees-advertensies laat die wenkbroue vandag lig Print E-mail
News - Artikels
Wednesday, 20 December 2023 08:00
Untitled Document

As ’n mens vandag terugkyk na advertensies vir Kersgeskenke uit die 1930’s, 40’s en 50’s is dit bykans ondenkbaar dat so iets ooit gepubliseer is. Vandag laat dié advertensies beslis die wenkbroue lig.


’n Advertensie uit 1953 vir Presto – Gee die vrou wat sy die graagste wil hê
Bron: retroarama.com


Kyk nou net – ’n naaimasjien! Die advertensie vir Singer Sewing Centers het in 1951 verskyn
Bron: retroarama.com


’n Skaal? ’n Vuurwapen? “Kry vir ma wat sy dié Kersfees regtig wil hê” is wat die Colt-advertensie uit 1955 in die ‘Ladies Home Journal’ sê
Bron: victoriaelizabethbarnes.com


Maak dié Kersfees een om te onthou met jou nuwe Hotpoint-stoof. Die advertensie kom uit 1949
Bron: retroarama.com


Nóg ’n vrou is in die sewende hemel oor haar stofsuier. Dié Hoover-advertensie het op
30 November 1953 verskyn
Bron: vintag.es


In 1956 het vrouens glo van ’n “Wit Kersfees” gedroom as hulle ’n ou ietsie van die “White Sewing Machine Corporation” wou hê
Bron: flashbak.com


Kersvader sê op 14 Desember 1935 dat Lucky Strike sag is op sy keel
Bron: saturdayeveningpost.com


Kersvader adverteer Camel-sigarette en Prins Albert-twak op 15 Desember 1951
Bron: saturdayeveningpost.com

Was hulle seksisties? Beslis. ’n Mens sou dink dat vrouens se lewens net om huishoudelike toerusting gedraai het – veral stofsuiers! Drome oor ’n naaimasjien? Die uitdrukkings op die vrouens se gesigte as hulle na iets soos ’n strykyster, ’n broodrooster of lepels staar is iets om te aanskou.


“Ironrite,” fluister sy in Kersvader se oor in dié advertensie uit 1947
Bron: retroarama.com


Kyk net hoe bly is ek oor my Krismis-stofsuier! Die Hoover-advertensie kom uit 1946
Bron: retroarama.com


Dié advertensie het op 8 Desember 1941 verskyn en ja, sy kniel regtig om haar man se pantoffels aan te trek by die slaapklere wat sy pas
vir hom gekoop het
Bron: acidcow.com


Dié advertensie vir ’n skottelgoedwasser is op
2 Desember 1950 gepubliseer en sê: Asseblief . . . laat jou vrou in die sitkamer inkom
Bron: saturdayeveningpost.com
.


Sonbruin of nie? Dis glo die ideale Kersgeskenk; iets wat mans se oë trek en waarop ander vrouens
jaloers sal wees
Bron: vintag.es


Ronald Reagan stuur Kerskaartjie-pakke Chesterfield vir al sy vriende
Bron: acidcow.com


Geseënde Kersfees aan elke roker, sê Kersvader
op 6 Desember 1947 met sy Camel-sigarette en
Prins Albert-twak
Bron: saturdayeveningpost.com


Net wat haar hart die Kersfees
begeer – Pyrex-bakke
Bron: memolition.com
.

Is Kersvader op vreemdsoortige en onvanpaste maniere uitgebeeld? Beslis. Vergeet van klim deur ’n skoorsteen – as jy dié advertensies kan glo het dié man in die rooi pak soos ’n skoorsteen gerook en dit vir elke handelsnaam onder die son.


Dié advertensie vir sykouse is ’n bietjie vreemd, maar gelukkig kyk Kersvader nie op terwyl hy die
geskenke aangee nie
Bron: vintag.es


As jy nie wil hê jou keel moet krap nie, kan jy – net soos Kersvader – die pakkie Pall Mall
nader sleep
Bron: vintag.es


Mevrou Sinterklaas lees haar briewe en sê dat almal dieselfde ding wil hê – haar strykplank
Bron: acidcow.com


’n Ondeunde Sinterklaas rook Turkse
Murad-sigarette
Bron: vintag.es


Vreugde is . . . weereens ’n stofsuier. Die advertensie vir Premier het op 2 Desember 1939 verskyn
Bron: saturdayeveningpost.com


Lepels? Kan dit regtig lepels wees wat dié vrou se gesigsuitdrukking veroorsaak?
Bron: vintag.es


Die hele Lucky Strike-span wens mense ’n geseënde Kersfees en ‘Lucky’ Nuwejaar toe
Bron: vintag.es

Dié sigaret-advertensies uit die vorige eeu illustreer iets geskiedkundig en is nie vir produkte wat te koop is nie

 

© 2024 Die/The Bronberger