Zwavelpoort se ?Zulus? groei in getalle en gestalte Print E-mail
News - Artikels
Wednesday, 18 November 2009 08:32
Untitled Document

Zwavelpoort is nie meer ’n sagte teiken nie. Danksy die Conserv Zulus, so genoem oor hul radioroep in die Conserv gemeenskapspatrolliediens, het misdadigers ’n duidelike boodskap gekry dat hierdie ’n gebied is wat deur sy mense gepatrolleer word. Dié Zulus het mekaar op Saterdag 24 Oktober ’n bietjie beter leer ken in die daglig met ’n bring-en-braai by Gretchen en Charl van der Merwe se dam op plot 128, Zwavelpoort.


Petro Anderson vertel die mense hoe om radios reg te gebruik
Foto?s: Roger Evans

“Dis ongelooflik hoe die Conserv gemeenskap skielik ontplof het hier in ons omgewing,” sê sameroeper Petro Anderson. “Ek sien swarigheid vir die kriminele. Daar is al hoe meer oë en ore wat kan kyk en luister en doen.”


Zwavelpoorters, met ?n radioroep bekend as die Conserv Zulus, het in groot getalle opgedaag

Petro sê dat hul gepoog het om die byeenkoms eenvoudig en sosiaal te hou. Dan Durham van Mooiplaats se Conserv gemeenskap het meer inligting gegee oor die groter Conserv familie. Daar is gepraat oor die korrekte gebruik van die radios en daarna was die amptelike deel van die byeenkoms verby en het die mense begin kuier.


Graham en Marie le Grange luister aandagtig

“Ons het iets hier beet waarby die hele gemeenskap baat,” sê Petro. “Ons het mag in getalle, noodbystand wanneer ons dit nodig het en ons doen iets proaktief aan die misdaad. Al hierdie goed is ’n eenvoudige radio- of telefoonoproep ver.”


Gretchen en Charl van der Merwe, die gasvrou en - heer, by die dam op hul plot waar die byeenkoms gehou is

Van links na regs: Riëtte van der Merwe, Hendrik en Ria Ver Loren Van Themaat, Vanessa Galanakis, Elaine Grobler en Ivan Gomm

Die Zwavelpoortse Zulus skakel in by die groter Conserv sekuriteitgemeenskap van Mooiplaats, bekend as die Mikes, en Tierpoort, die Tangos.


Dan Durham, staande in die middel, van Mooiplaats se Conserv-groep gee meer inligting oor die groter Conserv-familie

Volgens Petro het die Zulus se radiolys dramaties gegroei na die byeenkoms. Sy sê sy weet nie of dit die dop-en-chop is wat die ding gedoen het nie, maar daar is beslis ’n verenigde gees in die gemeenskap en mense is bereid om mekaar by te staan wanneer nodig. Om aan te sluit by die Zulus, bel vir Petro by 083-604-0074.

 

© 2024 Die/The Bronberger