Sewe briewe uit ons sewende jaar wys meelewing Print E-mail
News - Artikels
Monday, 21 September 2009 16:31
Untitled Document

Wie sê mense gee nie meer om nie? Hier is uittreksels uit sewe briewe wat ons in ons sewende bestaansjaar ontvang het en wat ons lesers se meelewing duidelik wys. Hetsy dit nou oor ontwikkeling, die natuur, misdaad of mense is, ons lesers reageer op stories in Die Bronberger en gebruik hul eie gemeenskapspublikasie graag as ’n mondstuk om te wys dat mense hier nie net óór mekaar praat nie, maar ook mét mekaar.

Dit gaan goed met ons
In September 2008 skryf Ivor van Rensburg van Rietfontein:
As die spreekbuis van die Bronbergomgewing, is Die Bronberger beslis ’n moet in elke huishouding en besigheid. Die redaksionele inhoud van Die Bronberger is veral van toepassing op almal wat in hierdie omgewing woon. Die geskiedkundige inhoud, huidige veranderinge en gebeure, en inligting oor diensverskaffers dra by tot die hoë leesgehalte van die tydskrif.

Indien ’n mens ’n algemene opsomming moet maak van die nuusgebeure oor die afgelope jaar, kan jy met gemak sê dit gaan voorspoedig met die gemeenskap in die omgewing. Ons het ’n baie unieke gemeenskap; daar is beslis ’n samehorigheid tussen die mense; hulle gee beslis om vir mekaar en probeer help waar hulle kan.

Behalwe dat die huidige ekonomie baie druk op die plaaslike gemeenskap plaas – jy kan dit veral sien met die hordes “Te Koop” tekens wat langs die pad staan – is daar ook baie ontwikkeling in die omgewing. Dit is duidelik dat meer en meer stadsjapies nou begin kyk na kleinhoewes. Dit wil lyk of hulle nou begin besef dat ’n kwaliteit lewenstyl meer waardevol is as die gejaag van die stad.

Dankie vir ’n skitterende tydskrif. Ons sien uit na die volgende jaar.

Ontwikkelaars en klagtes
In Desember 2008 skryf Juanita Jamneck van Mooiplaats:
Dit is vir my interessant dat daar in amper elke Bronberger briewe en artikels is oor ontwikkelaars en hulle misbruik van ons gemeenskap en omgewing.

Kyk maar na Oktober se artikel oor die ontwikkelaar se “plakkers” langs die Boschkoppad, die briewe oor gatpaaie en “wetlands” en die artikel oor die omswaai van GDACE oor Atterbury-verlenging in November se uitgawe. Wat my egter meer verstom, is die gemeenskap se onbetrokkenheid wanneer dieselfde ontwikkelaars hulle bordjie wat die ontwikkeling adverteer op ’n besondere stuk grond met ’n besondere stuk berg en ’n uitsonderlike geskiedenis, opsit.

Daar word geadverteer om ongeveer 300 wooneenhede op te rig - ’n ontwikkeling wat ’n verkeerstou van sowat 3 km op die Boschkoppad gaan veroorsaak vanaf die T-aansluiting by Lynnwoodweg. Raai hoeveel inwoners het beswaar gemaak? Net een!

Watch out for community’s wrath
In December 2008 Mike Strange from MSI writes:
Mooiplaats and Zwavelpoort residents thank Group 6 for the removal of the workers’ camp at plot 43 Zwavelpoort.

The Mooiplaats Safety Initiative (MSI) and Magalies-Bronberg Property-owners Association (MBPA) reiterate their stance that anyone or any group wishing to erect any similar temporary or permanent camp is well advised to consult in advance with the immediately affected neighbours and with MSI and MBPA or face the wrath of the entire community. .

Thank you, Boschkop
In December 2008 (the late) Bob Round from Shere writes:
We are continually bombarded with examples of police inefficiency and general ‘dit traak my nie’ attitude. It is with real joy that I am able to relate a recent experience with the Boskop Police, which proves that there is another side to the coin.

Mrs Wilscha van der Merwe, owner of Shere View Lodge, had reason to believe that a certain individual, staying at her lodge, was going to abscond without paying his bill. She also suspected that he might be wanted by the police. She and her daughter, Ilka, at considerable danger to themselves, confronted and cornered him.

Because of the rampant crime which we experience in South Africa, a number of us who live in Shere have equipped ourselves with two-way radios so that we can keep in touch should there be any trouble. This has had a spinoff that it has increased our sense of community and we know that we can call upon one another, should the need arise.

“Ek gaan jou kaal uitrek . . .”
In Februarie 2009 skryf Deon van Rensburg:
Ek het in my lewe nie gedink dat ’n man van die reg my ooit sal dreig met die woorde: “Laat julle nou net die storie in Die Bronberger plaas, dan trek ek julle kaal uit.” Die dreigement gegewe die omstandighede laat my as inwoner skielik baie onveilig voel, gegewe dat die persoon wat my gedreig het in beheer van die Boschkop Polisiestasie was die aand van 3 Februarie.

Ek het nog altyd geglo dat as jy iemand vang wat steel en dan nogal bewyse op video-band het, dat jy die polisie help deur die persoon dan te oorhandig. Grote Griet, my ontnugtering was groot toe ek moes staan en toekyk hoedat die polisie weier om na die video materiaal (bewyse) te kyk en nog minder met die persoon wil praat wat geïmpliseer word – en glo dit, die geïmpliseerde eintlik begin beskerm.

Supt. Groenewald van die Boschkopse Polisiestasie antwoord:
Die SAPD Boschkop kan op hierdie stadium geen kommentaar lewer ten opsigte van bogenoemde voorval nie aangesien die onskuldige bystander onvoldoende inligting weergee in sy brief. Verklarings deur die betrokke lede van die publiek sal verwelkom word sodat die saak behoorlik ondersoek kan word.

Bos sleutels aan boom gekry
In Junie 2009 skryf Anoniem van Bashewa:
Ons het een oggend in die middel van Mei ’n hele bos sleutels aan ’n boom se tak langs die pad in Bashewa gekry. Ons was haastig op pad werk toe en het die sleutels saamgevat, want ons was bang dit is daar gehang vir boewe om toegang tot ’n eiendom te verkry.

Die plek waar ons die sleutels gekry het, kan so bereik word: By die Spenmist bord draai jy links uit Garstfonteinweg-verlenging af na Biquip se kant toe. Dan is daar ’n paar meter verder aan die regterkant ’n grondpaadjie wat afdraai. Die bos sleutels het aan die derde boom aan die regterkant aan ’n tak gehang.

Aan die bos sleutels is daar ’n baie ou fluitjie wat sê: “Made in England” en dan nog ’n ander sleutelhouer wat sê “Trots van die Nasie” met “75” in die middel van die sleutelhouer en dan die woorde: “Vanaf 1920 – 1995.” Dit lyk soos ’n 75-jaar herdenking sleutelhouer. As jy iets van dié bos sleutels af weet, kontak Karin by 082-362-7178.

Klere en komberse benodig
In Julie 2009 skryf Petro Lemmer van Pienaarspoort:
’n Huis op ’n plot in Pienaarspoort het met al sy inhoud op Sondagoggend 28 Junie totaal afgebrand. Baie bure was daar om te help. Ek het nog nooit so ’n oorweldigende reaksie op ’n noodroep ervaar nie – baie dankie. Die eienaar van die huis is Dawie van Heerden, maar hy het die huis aan ’n vervoerkontrakteur verhuur, wat sy werksmense daar laat woon het.

Die mense wat daar gewoon het is baie arm - die man is ’n trokdrywer en sy vrou werk in die kantoor. Hulle het ses kinders: Babas (tweeling) van omtrent 15 maande tot twee jaar, daar is ’n seuntjie van vier of vyf jaar oud, ’n dogtertjie van vyf of ses en nog twee ander klein kinders onder ses. Hulle het alles in die brand verloor, van klere en komberse tot selfoonlaaiers. Hul baas, ’n vervoerkontrakteur, het vir hulle ’n huis in Silverton gehuur en beddens voorsien, maar hulle kort komberse, klere, kos, alles wat ’n mens in hierdie bitter koue nodig het.

Sien lesers dalk kans om te help? Enige ou klere is nodig. Die baas het vir die man van sy klere gegee maar die vrou het niks. Ek skat sy dra nr 36-38. Warm klere vir die kinders is welkom.

As lesers in staat is om te help, sal ek met Willie Towsen van Avondzon kafee reël dat hul die goed ontvang, of anders kan mense my bel by 083-321- 4605 en dan kan ons reël hoe en waar om die goed in ontvangs te neem.

 

© 2024 Die/The Bronberger