Sewe voorblaaie uit jaar sewe Print E-mail
News - Artikels
Monday, 21 September 2009 16:29
Untitled Document

In die afgelope sewe jaar was ons gelukkig genoeg om gereeld komplimente en vleiende kommentaar van ons lesers oor ons voorblaaie te kry. Ons sê dankie daarvoor. Ons probeer met die voorblad die aard en die atmosfeer van die landelike leefwyse in die Bronberg-gebied vasvang. Hier is sewe voorblaaie uit ons sewende jaar.



September 2008:
Ons vier ons sesde verjaardag met ’n foto van die rustige waters van Nkwe


November 2008:
Vliegtuie gaan deur hulle passies op ’n pretdag by Kitty Hawk


Desember 2008:
Dis ons Kersuitgawe en ons maak dié Kersvadertjie tussen die eiesoortige bloeisels van ’n papierbasboom sit


Januarie 2009:
In dié troebel waters van sy Zwavelpoortspruit- dam het Charl van der Merwe ’n uitgevrete krokodil aangekeer


Mei 2009:
Herfs verf dié Bronbergse Liquid-ambar boom in ryk skakerings van oranje rooi en pers


Junie 2009:
Stoetbeeste lê weg aan die wintergras op ’n hoewe langs Lynnwoodweg-verlenging


Julie 2009:
’n Ou windpompwiel staan vergete teen ’n olienhoutboom langs ’n dam in De Tweedespruit
 

© 2024 Die/The Bronberger