In Zwavelpoort woon daar ’n
haan wat uit sy pad uit gaan om
mense te skop. Sy skoppery stop
ook nie net by mense nie – honde,
perde en selfs kardeure loop deur.
Die enigste dier waarvoor hy respek
het, is die werf se kwaai gansmannetjie.
Staan terug Molly, Mooiplaats se
wilde wagkoei; hier is ’n haan wat
enige dag ’n koei sal aanvat. Verlede
maand het ons berig dat mense wye
draaie om Molly loop.
As dié haan sy nekvere begin pof, beteken dit hy maak gereed om te skop
Dié maand ontmoet ons ’n agterbakse
Potchefstroomse Koekoekhaan
wat net wag vir die oomblik
dat ’n mens jou rug op hom draai.
Dis sy teken om so vinnig as hy kan
nader te hardloop, in die lug op te
spring en jou van agter af te skop.
Na die tyd sit hy jou reaksie en dophou
met sy bose rooi oog. Doen jy
niks terug aan hom nie, gooi hy sy
kop agteroor en kraai koning.
’n Veearts wat in een besoek ongeveer
ses keer aangerand is deur dié
haan, sê dat hy op ’n plaas grootgeword
het, maar nog nooit so iets
gesien het nie. Kalkoene, ja. Hulle
kan jou dalk sommer net aanval,
maar ’n haan raak gewoonlik bloot
aggressief as jy naby sy henne kom.
Dié veearts het vertel dat ’n mens
so ’n kalkoen ’n goeie pakslae moet
gee. As hy eers weet wie’s baas, sal
hy versigtiger wees. Die veearts se
teenaanval het die haan egter net
gemotiveer om hoër en meer aanhoudend
te skop.
Met ?n woeste gewaai van vlerke, spring hy in die
lug op om te skop
Waar kan dié aggressie vandaan
kom? Die geskiedenis wys dat die
rede waarom hoenders vandag
plaasdiere is, meer met hanevegtery
te doene het as met eiers of vleis.
Blykbaar is die eerste pluimvee-vereniging
in die land eers in 1904
gevestig na die ontdekking dat eiergeel
’n goeie bron van vitamiene A
en yster is en dat
eierwit hoë-kwaliteit
proteïene bevat.
Die eerste hanevegtery
is egter reeds in
1 000 BC aangeteken
en dié sport
was so gewild dat ’n
toenemende hoeveelheid
wilde voëls makgemaak is,
veral in die Ooste.
Toe hanevegtery in die Weste ook
begin gewild raak, is hoenders in
groot getalle die wêreld vol verskeep.
’n Matroos of soldaat wat nie
geskik was vir enige ander werk op
skepe nie, is aangesê om die pluimvee
te voer en, in die tyd van die
Hollands-Oos-Indiese Kompanjie,
was sy titel altyd ‘Pluym-Graff van
de hoener’.
Met sulke gene moet ’n hoenderhaan
mos een of ander vorm van
aggressie oorgehou het. Die
Potchefstroomse Koekoek word
erken as ’n plaaslik ontwikkelde
hoender-ras en is die gevolg van
kruising tussen ’n swart Australorp,
’n Australiese ras, en wit Leghorn, ’n
Italiaanse ras. Dié kruising is toe vir
oulaas met die gestreepte Plymouth
Rock, ’n ras uit Amerika, gekruis. Die
naam ‘koekoek’ beskryf die hoender
se kleurpatroon eerder as
’n ras.
Ná so ?n skopslag, gooi hy sy kop terug en
kraai behaaglik
Die Plymouth Rock is glad
nie aggressief nie en word
besonder maklik makgemaak.
Ook die Australorp is
bekend as ’n maklik hanteerbare
hoender, en ’n
opreggeteelde Leghorn is
skaam en senuweeagtig en
sal kontak met mense vermy.
Dié Zwavelpoortse
Koekoekhaan se aggressie
moet dus te wyte aan een
of ander resessiewe geen
wees.
Lesers wat dalk ’n antwoord
oor haan-aggressie
het, is welkom om ons te
kontak. As jy ’n plaasdier
op jou werf het wat
vreemdsoortig optree,
soos dié Zwavelpoortse
haan of Mooiplaats se
Molly, is jy welkom om jou
storie vir ons te stuur. |