Oorstromings en skade in Eloise se nadraai Print E-mail
News - Artikels
Friday, 19 February 2021 17:30
Untitled Document

Swaar reënval het vloedskade in verskeie dele van Pretoria veroorsaak en die Bronberg-gebied het dié verwoesting nie vrygespring nie.


Watervalle is in die Moreletakloof
Natuurreservaat gevorm
Foto: Verskaf
.

Die drif by Hendrik Ver Loren Van Themaat se druiweplaas op Zwavelpoort verspoel op
28 Januarie
Foto: Skermgreep uit video

Eloise is die naam van die sikloon wat afgegradeer is na ’n tropiese storm toe dit op 23 Januarie in sentrale Mosambiek die land bereik het. Die swaarste reënval in die oostelike dele van Pretoria is op 28 Januarie aangemeld.


Woodhill Gholflandgoed se eens rustige stroompie was in vloed
Foto: Verskaf

In Bronkhorstspruit het die Stad Tshwane op 28 Januarie die Bronkhorstspruitse Waterbehandelingsaanleg toegemaak omdat die swaar reën troebel water in die Bronkhorstspruitrivier veroorsaak het. Dié water was nie geskik om te drink nie en die munisipaliteit het tenkwaens met vars water aan inwoners beskikbaar gestel.


’n Toneel op die Brandbachpad buite Cullinan
Foto: Verskaf

Die dak van die Masakhane-kliniek in Ekangala, buite Bronkhorstspruit het ineen gestort en die ramprisikobestuurspan is na Zithobeni Uitbreiding agt uitgestuur nadat verskeie huise, wat op ’n vleiland gebou is, oorstroom het.


Loristostraat in Garsfontein op 28 Januarie
Foto: Skermgreep uit video

 

© 2024 Die/The Bronberger