Geliefde reddingsperd maak dit toe nie Print E-mail
News - Artikels
Saturday, 19 September 2020 06:58
Untitled Document

Zulu, die weggooi-perd wat diep in Bronnie-lesers se harte ingekruip het, het in Augustus aan akute hartversaking omgekom.

In Julie 2019 het ons berig dat Zulu op 25 Junie langs Zambeziweg-verlenging (R513) afgelaai is om daar dood te gaan. Volgens Veronica Van der Merwe van Wet Nose Dierereddingsentrum is Zulu naby Zuluka, ‘n stam-kultuurdorp, van ’n oop veewaentjie, wat gewoonlik gebruik word om skape te vervoer, afgesleep en net daar gelos.


Zulu is verlede jaar op ‘n grondpad afgelaai om daar dood te gaan

‘n Plaaslike boer het vir die perd water gevat en vir Wet Nose in kennis gestel. Wet Nose het Zulu gaan oplaai en hulle veearts het alles gedoen om die perd te red, maar hulle het getwyfel of hy dit deur daardie eerste nag sou maak.

Zulu is op sagte beddegoed neergesit, maar was te swak om op te staan of te vreet. Sy bene was erg geswel en sy lyf was vol sere. Hy het ‘n lang herstelpad begin loop, wat ‘n ernstige terugslag ingesluit het.

Dié weggooi-perd het mooi kondisie opgetel, sy wonde het genees en hy was gereed om na ‘n nuwe permanente tuiste te trek.


Zulu het mooi kondisie opgetel
Foto’s: Wet Nose

Wet Nose het die hartseer nuus oor Zulu op 11 Augustus in ‘n emosionele Facebook-plasing aangekondig. Die plasing lui dat die soort verwaarlosing waaraan Zulu onderwerp is, sy tol op die liggaam eis.

“Die enigste troos wat ons het, is dat ons hom ‘n gelukkige aftrede kon gee ná sy andersins harde lewe.”


Ondersteun die Bronnie
Ongekende omstandighede, waarin tientalle gevestigde publikasies, wat oor dekades heen te koop was, onlangs gedwing is om te sluit, noop ons om ‘n beroep op die Bronnie se getroue lesers te doen. Die Bronberger word as onafhanklike publikasie die afgelope 18 jaar elke maand gratis aan ons gemeenskap en wyer gebring. Dit is ons plesier om dié diens te lewer en ons is vasbeslote om daarmee voort te gaan. Jou vrywillige bydrae, hoe klein of groot ook al, eenmalig of maandeliks, sal baie help hiermee en oneindig waardeer word. 
Elektroniese oorplasing:
Naam:
 Bronberg Uitgewers.
Bank: First National Bank.
Tak:
 Olympus Plaza.
Takkode: 258155.
Rekening nr: 62446997407.
Soort: Tjek. 
Verwysing: Donasie (jou naam).
E-pos:  This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it

Nuuste Koronavirus statistieke:

Aflaai van die Die Bronberger September 2020 in elektroniese PDF formaat:

 

© 2024 Die/The Bronberger