Mampoerkonings by Willem Prinsloo gekroon Print E-mail
News - Artikels
Monday, 22 June 2009 18:03
Untitled Document

Skares het die terrein van die Willem Prinsloo Landboumuseum op 30 Mei volgestroom om deel te wees van die jaarlikseMampoerfees.

Vir lede van die Nasionale Distilleergilde is dit die hoogtepunt waar die beste stokers in die land se produkte op nasionale vlak beoordeel word.


Die McLaren blaas stoom af terwyl hy op sy beurt in die arena wag

Mense het tou gestaan om uitsoek mampoer, witblits en likeurs te proe. ’n Kursus vir diegene wat ’n lisensie het, en hulle kuns verder wil verfyn, is die vorige dag aangebied. Bobbie en Ina van der Westhuizen van Waboomskraal buite George het uitgeblink. Ina se pepermentlikeur het haar klaswenner met dubbel goud gemaak. Bobbie is algehele stookkampioen en het ’n skild vir sy perskemampoer gekry en ’n beker vir die meeste punte in alle klasse. Lambert Badenhorst van die Wes- Kaap was die witblits kampioen.


Ina van der Westhuizen se pepermentlikeur het haar klaswenner met dubbel goud gemaak

Bobby van der Westhuizen is algehele stookkampioen

Die Veteraan Trekker- en Enjinklub het ’n uitstalling van gerestoureerde trekkers en enjins gehou. Van vroeg af het belangstellendes om die doefdoef van die enjins saamgedrom terwyl die trekkers, as deel van die arenaprogram, een vir een aan die skare voorgestel is.

Die gerestoureerde McLaren stoomtrekker was die hoogtepunt van die arenaprogram. As hy gefluit het, het almal geluister

Len Ashten, die balanseerkunstenaar, het die skare vermaak. Die stalletjies het ’n magdom ware gebied en die sosaties en pannekoek het die publiek laat toustaan.

Volgens Mariana Zdara, die kurator van die museum, is dit dae soos dié wat Willem Prinsloo ’n lewende landbou-museum van nasionale belang maak.


Hier kon jy daai sopies wegsit
.
.

Die stroom van feesgangers het eerste met die veteraan enjins kennis gemaak

Vir kindertjies was dit ?n spel van kleure
.

 

 

© 2024 Die/The Bronberger