Drome kry vlerke by Kitty Hawk Print E-mail
News - Artikels
Monday, 22 June 2009 17:57
Untitled Document

Kitty Hawk en die Tafelronde 201 het die tweede jaarlikse vliegdag vir die “Reach for a Dream Foundation” op Saterdag 16 Mei gehou. Sestig kinders van “Reach for a Dream” en 40 kinders van verskeie kinderhuise in die Pretoria- distrik, het dié dag bygewoon. Die gesamentlike eienaars van die Kitty Hawk landgoed het hulle vaardigheid, tyd en vliegtuie die dag beskikbaar gestel sodat kinders onvergeetlike vliegritte in Jabiru’s, Cessnas, helikopters en Girohelikopters kon ervaar. Daar was ook demonstrasies van radiobeheerde vliegtuigies.


Menige seuntjies se drome het op dié motorfietse waar geword

Groot en klein het elke vliegslag met opgewondenheid dopgehou

Die Pretoria-afdeling van die Harley Davidson klub het die dag bygewoon en die kinders vir ’n jaagsessie op die aanloopbaan voor die klubhuis geneem.


Die Harley Davidsons het op die aanloopbaan voor die Kitty Hawk klubhuis gejaag

Drome soos dié het begin waar word toe “Reach for a Dream” stigter, Owen Parnell, die idee gekry het om iets soortgelyks aan die Amerikaanse “Make a Wish Foundation” te stig.


Kinders is gemaan op versigtig te wees as hulle uit die helikopters klim

Hy het die hulp van ’n hele aantal diensorganisasies ingeroep en op 7 Julie 1988 het hulle die eerste Suid-Afrikaanse kind se hart bly gemaak. JC Steinman van Johannesburg het motorfiets- en ponieritte vir sy verjaarsdag gekry. Sedert daardie dag het “Reach for a Dream” al meer as 6 300 kinders se wildste verwagtinge oortref. Gemiddeld word drie drome ’n dag waar en word vyf uitstappies elke naweek gereël.


Dié mannetjies het hulself weggeskeur van die vliegtuie af om te kyk hoe dit met die rugby gaan

Vir meer inligting, skakel die Pretoria-tak van “Reach for a Dream” by Pretoria: 012-368-1542.

 

© 2024 Die/The Bronberger