Dinge om te doen in 2014 Print E-mail
News - Artikels
Thursday, 27 February 2014 23:45
Untitled Document

Die immer-gewilde gids van dinge om in ons kontrei te doen bied vanjaar ‘n aantal nuwe idees, van plaas-uitstappies tot kunskuiers, van trouplekke, plekke waar kinderpartytjies gehou word tot oorslaapplekke, kampplekke, piekniekplekke en oorde. Ons wys jou waar jy museums kan besoek, nuwe vaardighede kan aanleer, op wildkyk ekspedisies kan gaan, wandelroetes kan aanpak en watter feeste jy nou al na kan uitsien.

Plaas-uitstappies
Van ‘n melkplaas en ‘n bokplaas tot ‘n druiweplaas. Van ‘n ontspanningsoord met visvangdamme tot kunskos op ‘n pragplasie met wandelroetes – ons wys jou waar jy lekker kan uiteet, oorslaap, piekniek hou of vars plaasprodukte kan aanskaf.

Du Plooy Melkplaas

Draai links by die vriendelike pienk koei langs die teerpad na Rayton, vir ‘n plaaservaring soos min. By Du Plooy Melkery op Kaalfontein kan jy ‘n magdom lekker vars plaasprodukte aankoop: Plaasgemaakte kaas van uiteenlopende aard, regte plaasbotter, winskoop melk en varsgelêde eiers, verpakte vleis, jogurt en gevriesde jogurt, roomys en ‘soft serve’, vars groente, tuisgebak en wat nog, kan jy by die plaaswinkel kry. Kaartgeriewe is beskikbaar. Jy kan uitspan op die werf en onder ‘n koelteboom jou roomys geniet. Die kinders kan kyk hoe word die bont koeie gemelk en die perde, werfhoenders en ponies ontmoet en julle kan oornag in ‘n billike selfsorg-gastehuis. Bel Hannelie by 083-399-6407.

Camilla’s Farm

Gaan kuier op ‘n werkende melkbok-plaas waar jy en jou gesin kan ontspan, die plaasdiere kan ontmoet, handgemaakte kaasborde, varsgebakte brood en plaasprodukte kan geniet. Op Camilla’s Farm word opregte Toggenburg melkbokke met groot liefde met die hand grootgemaak en gemelk om melk van ‘n hoë kwaliteit te produseer waarmee Franse-styl kase en tradisionele feta gemaak word. Die melk word gepasteuriseer en gebottel vir verkope en word ook gebruik om egte melkseep te maak. Die plaas is ideaal vir klein funksies soos ‘n ooievaarstee of vroue-ontbyt. Daar is ‘n speelgrond vir kinders en geleentheid om die bokke te vertroetel. Camilla’s farm is op Kameelzynkraal, en is elke Saterdag vanaf 10 vm oop. Groepsbesoeke, plaastoere en weekdag-besoeke moet vooraf bespreek word. Kontak Mandy by 083-453-6636 of This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it . om ‘n bespreking te maak. Besoek www.camillasfarm.com.

Druiweplaas Pieknieks

Dié druiweplaas spog met ‘n pragtige dam en uitsig op die Bronberg. Van laat in Maart kan jy hier gaan visvang; die beleid is vang-en-los en geen bêre-nette word toegelaat nie. Daar is ‘n swembad, tennisbane en ‘n muurbalbaan. Besoekers moet hulle eie visgerei, hout, kampstoele en koeldrank saamneem. Die perseel is gesluit vir die publiek as daar ‘n funksie aan die gang is. Toegang is per afspraak. Die druiweplaas se mense is op soek na iemand om ‘n teetuin op die plaas te help bedryf. Skakel 082-324-5596. Die Druiweplaas se piekniekplek is op plot 123, Zwavelpoort, tussen Atterburyweg- en Lynnwoodweg-verlenging. 25° 49’58.93” S. 28° 22’10.70” O.

Omidraai ontspanningsoord

Die hart van familie-ontspanning is net “om die draai”.  Ongeveer 25 minute vanaf Pretoria-Oos, Benoni en Kempton Park, in die Welbekend area, is Omidraai ontspanningsoord. Op hierdie plaas van 60 ha kry jy veilige piekniek-gebiede, ‘n “splash pool” en glybaan vir kinders, met braaigeriewe. Ponieritte is beskikbaar sowel as diere-interaksie met donkies, ganse, emu’s en ander plaasdiere. Vir die hengelaars van swartbaars (bass) is daar vyf selfvullende, afsonderlike gronddamme. Geniet die wandel- en bergfietsroetes. Daar is skoon ablusie-geriewe. Omidraai is ook geskik vir verjaardagpartytjies en ander funksies. Skakel 083-581-8100 of 083-704-4106 of besoek www.omidraai.co.za.. S25 57 38.7 E28 31 38.1

Albizia

Albizia se kunskos het ‘n permanente tuiste op ‘n pragplasie in De Tweedespruit buite Cullinan gekry. Gaste kan nou op Sondae en vakansiedae smul aan die kreatiewe geregte van Lientjie Wessels in die natuurskoon van dié bewaria. Die eetplek het ‘n pragtige uitsig oor ‘n dam en die De Tweedespruitvallei. Groepe en bespreekte funksies word ook op ander dae gehuisves. Wandelpaaie en staproetes is vir die natuurliefhebber aangelê. Vir bespreking en aanwysings, bel hulle by 082-531-6141.

Kunskuiers
Op soek na kunsgalerye waar jy ‘n wyle kan vertoef en ‘n versnapering of twee met geesgenote kan deel? Ons vertel jou waar jy inspirasie kan kry, ‘n koppie koffie saam met bekende kunstenaars kan drink en praatjies kan bywoon.

Studio 14 Galery & teetuin

Studio 14 Kunsgalery wemel behoorlik van bekende name. Die internasionaal befaamde kunstenaar, Norbert Schling, werk vanuit dié galery. Die galery word bestuur deur bekende portretkunstenaar, Linette van der Vyver. Hier word ook ‘n kunsskool en teetuin bedryf. By dié teetuin in die rustige atmosfeer van Cullinan se Oaklaan word alles daagliks vars gebak, soos die Duitse kaaskoek en appeltert. Op Saterdae en Sondae word Eisbein en frankfurters met Duitse aartappelslaai en sauerkraut voorgesit. Studio 14 Galery en teetuin is in Oaklaan 74, die laaste skakelhuisie voor die myn se hek. Bel hulle by 084-254-3495 of stuur ‘n e-pos na This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it .

Rayton Coffee Café

Plaaslike kunstenaars stal by Coffee Café in Rayton uit en hier word gereeld kuns-byeenkomste gehou. Fynproewers kan gerus Duane, die sjef, se spesiale ontbyte gaan proe. ‘n Rustige kuier op die ‘Wit Stoep’ is altyd die moeite werd, of dit nou vir koffie of ‘n romantiese ete is. Alle eetgoed word op die perseel voorberei en hulle spesiale spyskaarte kan vir funksies soos ‘n babatee, ‘bachelor’-ete, verjaarsdae en vergaderings aangepas word. Coffee Café is in die Roelf Kruger-sentrum in Rayton. Kontak Magda by 082-694-4873 of This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it . of Duane by 082-450-5918.

Cullinan Junction

Koffie, kuns, antieke ware en versamelaarsitems is wat jy by Cullinan Junction kan verwag. Kat en Terry Behrens bedryf ‘n reeks winkeltjies en ‘n kunsgalery in die ou stasiestore. Sommer met die sitslag al voel jy jou omring deur ‘n kunstigheid en met die vreedsaamheid van ‘n vergane ouwêreldse lewenswyse. By Kat se Heart of Coffees kan jy oor naweke heerlike soetgoed en koffie geniet en sy bedien elke eerste en laaste naweek van die maand ligte etes. Vandaar al teen die blikmuur af is oudhede en aardighede uitgestal tot om die hoek waar Kat se wederhelfte, Terry, Simple Edge – antiques & collectibles, bedryf. Ou plate van vergange, gespeel op ‘n ou platespeler dien as agtergrondmusiek vir die snuffelaar en winskoopjagter en besoeker aan die kunsgalery. The Heart of Coffee, The Simple Tradesman, Simple Edge en Junction Gallery is by Cullinan Junction, Hotelstraat, oorkant die spoor van die ou treinstasie en oorkant die pad van die polisiestasie. Vanaf Maart is hulle op Donderdae en Vrydae ook oop. Bel Kat by 084-579-1803 of vir Terry by 083-654-4969.

Kuierplekke
Lapakraal-kuiers met ‘n legendariese Bosbrekkie, ‘n plattelandse kuierkroeg met verfbalbaan, tromsirkels, smulkos langs ‘n spel-vertrek waar jy iets op die slotmasjiene kan wen . . . ons wys jou waar om te kuier.

Boskombuis

Musiekaande, dansvloer, boma, braai, boslapa, boskroegie, konferensies, vergaderings, verjaarsdae, troues, onthale, jaareindfunksies . . . gaan maak ‘n draai en sien self hoekom die Boskombuis sedert 1998 so ‘n gewilde kuierplek is. Hulle is oop vir musiekaande en spesiale geleenthede, maar bied elke Sondagoggend die legendariese Bosbrêkkie – ‘n ontbyt wat mense altyd bybly. Die Boskombuis is ‘n kuierplek vir die hele gesin en daar is ‘n springkasteel om die kinders besig te hou. Dié kuierplek is baie betrokke by die plaaslike gemeenskap, en bied gereeld liefdadigheidsfunksies aan. Hulle is gerieflik naby die N4 snelweg en die Rayton/Cullinan-kruising. Vir meer inligting, kontak Reneé Thomson by 083-485-2529, This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it . of This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it .

Villagers Restaurant

Kyk ‘n bietjie of jy iets op die slotmasjiene kan wen. By Villagers in Cullinan is ‘n aantal beperkte uitbetaling-masjiene wat in dié kuierplek se afsonderlike gelukspel-vertrek gespeel kan word. Jy kan in die formele eetkamer plaasneem, buite onder die Gazebo sit of kuier by die lekker lang kuierkroeg en strategies geplaaste houttafels buite die kroeg se buitedeur. Villagers se spyskaart is omvattend en hulle is oop vir middag- en aandete en ontbyt oor naweke. Die keuse van kroegetes, burgers, geroosterde broodjies en ontbyte is wyd en daar is vele verrassings onder die voorgeregte, slaaie en hoofmaaltye. Geniet hulle daaglikse aanbiedinge op biefstuk en kerries en probeer die pizzas. Villagers is in Oaklaan 112, Cullinan. Skakel 012-734-2286.

Klitsgras Drumming

Klitsgras Drumming is ‘n familie-vriendelike plek wat ‘n unieke ondervinding bied met al die geriewe wat ‘n normale klub het. Daar is ‘n ten volle toegeruste kroeg, eetgoed, koffiewinkel en houtvuur pizza-oond. Toegang is R45 per persoon op normale aande en R50 vir spesiale geleenthede soos: ‘n musiekgroep elke tweede Vrydagaand; “Chillin Sunday” met vier akoestiese groepe een keer per maand; en ‘n solo-kunstenaar en ou fliek een Woensdagaand per maand. Vir R40 kan jy ‘n trom huur, in die amfiteater rondom ‘n gesellige vuurtjie sit en meedoen aan die vermaak wat vuurdansers en didgeridoo-spelers insluit. ‘n Perseel wat baie gewild is vir alternatiewe troues, verjaarsdae en jaareindfunksies, is te huur. Hulle doen eksterne opvoerings en bied werkswinkels in vuurdanse, didgeridoo en Djembé Afrika tromme en interaktiewe tromsessies vir skoolleerlinge. Klitsgras is uit met Garstfonteinweg-verlenging in Tierpoort. Besoek www.klitsgras.co.za. of bel Andries by 083-311-0025.

Die Hoek

Die Hoek is ‘n lekker plattelandse kuierplek met ‘n rasegte plaasatmosfeer. Dit is die bymekaarkomplek van vriende wat gereeld gemoedelik oor ‘n drankie in die ruim kroeg kuier en ‘n plek waar vreemdelinge gou deel van die vriendekring word. In die mooi tuin of op die stoep, kan ‘n mens uitspan en ontspan. ‘n Goeie versameling papegaaie, ‘n paar vriendelike werfhonde, skrophenne met kuikens, skape met lammers en ‘n aantal mak wilde voëls deel die plaasplek op die hoek wat die ou Bronkiepad met die pad na Rayton vorm, met sy gaste. Hier kan jy ook alles te wete kom oor landelike eiendomme in die omgewing, jou uitleef op ‘n verfbalbaan en plante by die kwekery aanskaf. Die Hoek is oop van 10 vm tot laat. Bel Theunette (Pop) by 082-691-1703.

Harries Pannekoek

Harries Pannekoek se wye keuse van gevulde pannekoeke lok menige stadsbewoner na Cullinan. In die dorpie se geskiedkundige Oaklaan kan jy op die stoep of gemaklik binne sit en alles gade slaan. Warm, sout pannekoeke met heerlike vulsels of soet pannekoeke, tradisioneel, en met so ‘n lekker porsie roomys gaan goed af. Smaaklike plaasontbyte wat niks met pannekoek te doen het nie, is beskikbaar. Die bediening is vriendelik en gaaf en die geregte so smaakvol as wat dit keurig voorgesit word. Besoek Harries by Oaklaan 112, langs die historiese Nedbank-gebou of skakel hulle by
012-734-1054.

Kinderparadys
Kinders kan behoorlik in die buitelug baljaar in ons kontrei. Vermaak strek van tema-partytjies, trapbootjies, ‘n ongewone boktoring, hindernisbane, perde-partytjies, ‘n swembad-met-glybaan en opwindende mini-treinritte.

Die Stout Goat

Dié ongewone kuierplot met sy boktoring fokus op kinderpartytjies (vier tot 12 jaar oud). Private partytjieplekke kan gehuur word en partytjiepakke met ‘n bok-tema is beskikbaar. Daar is ‘n 400 m hindernisbaan, onderdak sandput en ponieritte. Dagbesoekers is welkom en ligte etes en drinkgoed word in die teetuin bedien. Ingang is gratis, maar ‘n lopie op die hindernisbaan kos R25 per persoon. Daar is ook ‘n geskenkwinkel en groothandel-kwekery, Green Reflections. Die Stout Goat is op plot 1, Donkerhoek, ongeveer 16 km vanaf Silver Lakes op die Ou Bronkhorstspruitpad (R104). Hulle is sewe dae per week oop van 8 vm tot 5 nm. Bel Craig by 082-419-4004, Carol by 082-777-9325, stuur ‘n e-pos aan This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it . of besoek www.stoutgoat.co.za.

Liberty Stalle Kinderpartytjies

Liberty Stalle bied baie prettige kinderpartytjies aan by hulle ten volle toegeruste klubhuis op die terrein. Verskeie pakkette is beskikbaar wat vir elke kind se droompartytjie kan sorg en sakpas uitwerk vir die ouers. Veral die partytjies waar kinders vermaak word met speletjies terwyl hulle op perde ry, is 'n groot treffer. Kinders het geen perdry-ervaring nodig om te kan deelneem nie. Die klubhuis is ook vir ander funksies soos ooievaarsteepartytjies en verjaardagpartytjies beskikbaar. Bel Juanita by
082-417-8137 vir meer inligting of besprekings.

Cedar Junction

Cedar Junction mini-trein tema-park is die ideale plek vir die hele gesin. Daar is opwindende mini-treinritte (1,2 km treinspoor), sandputte, klimrame, trampolien, springkastele, ‘n swembad met glybaan, vyf private funksie onthaalplekke, ‘n wegneem ete kafee, trapbootjies en meer as genoeg spasie vir kinders om na hartelus te baljaar. Sake-ure: Woensdae tot Sondae vanaf 8 vm tot 5 nm. Toegangsfooi: Weeksdae R20 per persoon; naweke en vakansiedae R20 vir volwassenes en R30 vir kinders. Besoek hulle webwerf vir opkomende gebeurtenisse by www.cedarjunction.co.za. of kontak Lizelle per e-pos: This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it of skakel 012-811-1183. Facebook: Cedar Junction Theme Park.

Kidz Spot

‘n Opwindende nuwe partytjieplek maak in die begin van April in Mooiplaats oop. By Kidz Spot gaan ‘boot camps’ gehou word vir kinders ouer as sewe jaar. By die kook-en-bak-klub gaan kinders koeke en kolwyntjies maak en versier. Kidz Spot fokus op aktiwiteite wat ‘n bietjie anders is as die gewone kinderpartytjies, maar daar is ook springkastele, trampoliene, klimrame en klein diertjies. Babas van ses maande tot kleuters van drie jaar kan in ‘n aparte speelkamer baljaar. Kuns en handwerk, soos mosaïek, die verf van T-hemde en kralewerk, sowel as boeresportitems, soos sakresies en eier-resies, gaan ook ingebring word. Kidz Spot is op Vrydae oop van 2 nm tot 5 nm, op Saterdae van 9 vm tot 12 nm en weer van 2 nm tot 5 nm, en op Sondae van 11 vm tot 2 nm. Hulle is op plot 144, Mooiplaats. Kontak Vivianne van Vuuren: 082-758-3294; This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it .

Leer iets nuuts
Wou jy nog altyd soos ‘n meester-sjef kook? Of dalk wil jy leer vlieg, skilder, mosaïek of piouter doen? Ons wys jou waar jy klasse kan loop om nuwe tegnieke aan te leer, jou verbeelding te gebruik en jou vlerke te strek.

Creative Art & Décor

Jy kan die fynere ‘kunsies’ van verskillende kunsvorme by Creative Art & Décor in Rayton aanleer. Gereelde klasse in decoupage, mosaïek, piouterwerk en skilderkuns word ondermeer aangebied. Die klasse is bekostigbaar en prettig. Hier kan jy ook alles wat nodig is om uiting te gee aan jou skeppende talente, aankoop. En as jy buitengewone geskenke vir iemand wil koop is dit die ideale plek. Creative Art & Décor, in die Roelf Kruger-sentrum agter Pick & Pay, het ‘n groot verskeidenheid hulpmiddels vir mosaïek, piouter, decoupage, kralewerk, kunsnaaldwerk, teken en skilder en meer. Hier kan jy ook oorspronklike geskenke, speelgoed en al jou skryfbehoeftes kry. Bel Megan Hoekstra by 071-656-5297.

The Red Chef: Kookklasse

The Red Chef bied ‘n groot verskeidenheid interaktiewe kursusse aan vir enigiemand met ‘n passie vir kosmaak. Werner Nieuwoudt het sy opleiding by Belvoirpark Hotelfachschule ontvang en verskaf professionele advies en leiding oor die voorbereiding van 'n breë spektrum internasionale geregte. Die klasse bestaan uit ses tot agt mense wat verseker dat kooktegnieke in 'n ontspanne atmosfeer bemeester kan word. Elke klas is 'n driegang maal wat onder die klaslede geniet word.  Enige kursus kan ontwerp word om jou te pas, en verjaarsdae, en spesiale geleenthede met bepaalde pakkette kan ook gereël word. Kontak Werner by 079-887-3925, This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it ,. of besoek www.theredchef.co.za. Klasse word by Tygerberg Country Estate 14, Tygerstraat, Tijgervallei aangebied.

Kreatiewe Kunsklasse met Katanya

Wil jy leer hoe om jou eie onbeperkte kreatiewe potensiaal op jou eie manier aan te wend? By Katanya (Jeanette Smith) se kunsklasse leer jy nuwe tegnieke en vaardighede aan wat jy kan gebruik om pragtige kunswerke te skep. Katanya se kunsklasse ontwikkel kreatiewe talent, dit is motiverend, en moedig die verbetering van goeie kunssmaak en estetiese waardering aan. Tekenklasse bestaan uit verskeie praktiese oefeninge om kreatiwiteit te ontwikkel. Daar is individuele aandag en elke les is in die fynste besonderhede uitgewerk vir die maksimum impak. Jy leer al die basiese elemente van hoe om ‘n suksesvolle skildery te skep. Katanya se kunsklasse word in Faerie Glen aangebied, ouderdom 30 en ouer. Bel haar by 083-326-9086 of 012-991-8483.

Superb Flight Training

Is dit nog altyd jou droom om te leer vlieg? By Superb Flight Training (SFT) kos ’n inleidingsvlug vanaf R450. Jy leer met moderne Jabiru- en Tecnamvliegtuie vlieg, maar leer perspektiewe aan wat jou nie tot ligte vliegtuie beperk nie. Daar is ervare instrukteurs, vanaf vrywillige lugmag straler-vlieëniers tot ’n Boeing 737 instrukteur van SA Lugdiens. Superb Flight Training is by die Kitty Hawk luglandgoed op die Boschkop teerpad, die grootste vliegveld in private besit in die land. Skakel SFT by 012-811-2233, 072-201-7222, stuur ’n e-pos aan 'n This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it . of besoek http://pilots.co.za.

Werner Nieuwoudt: Kunsklasse

Leer hoe om olieverf op doek te bemeester in ‘n gesellige atmosfeer by dié kunsklasse vir volwassenes. Verskeie tegnieke word geleer om te verseker dat skilderye geskep kan word uit eie kreatiewe denke, nie uit boeke en prente nie. Klasse is op Dinsdae, Woensdae, en Vrydae van 9 vm tot 12 nm en kos R175 per persoon. Met die eerste klas word daar ‘n kort samevatting gelewer oor wat die klasse sal behels, en wat presies benodig word. Geen material word benodig nie. Jy word geleer hoe om jou eie tegniek te ontwikkel, en hoe om jou verbeelding te gebruik deur tegniek. Kontak Werner Nieuwoudt by 079-887-3925, This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it . of besoek www.wernernieuwoudt.co.za.

Kleur jou lewe - Waterverfklas

Al ooit begeer om meer van waterverf te leer? Waterverf kleur en inspireer. Daarom, as jy eenmaal probeer kom jy gou agter nou's daar geen keer. Dit vloei en meng self en sal jou telkens verras. Oor alles wat dit self doen is jy verstom . . . verbaas. Die onverwagte daarvan maak jou lewe volkleur. Die kreatiwiteit is opwindend, daarom nooit sleur. Dan is jou lewe skielik pragtig en jy gaan speel-speel leer om dit self bietjie verder te geur en te kleur. Weeklikse klasse of maandelikse werkswinkels. Bel Annetjie: 082-925-4385.

Op ‘n gallop
As daar een ding is wat jy behoorlik in ons kontrei kan doen, is dit om perde beter te leer ken. Ons vertel jou van ‘n perde-aftreeplaas, ‘n perde-gasteplaas, ryskole, stalle, perde-kampe, skoue en pretdae.

Freedom Perde-aftreeplaas

Freedom Perde-aftreeplaas is die ideale plek vir afgetrede perde, perde wat rus, uithourit-perde of diegene wat net vir die plesier wil perdry. Daar is stalle beskikbaar op dié rustige bosveldplaas net buite Cullinan, asook kampe. Die perde kry individuele aandag, 24-uur toesig en word goed versorg met drie maaltye ‘n dag, weiding en onbeperkte water. Lanseerringe is beskikbaar en veilige uitritte. Freedom Perde-aftreeplaas is op gedeelte 32 van die plaas Brandbach 471 JR, Cullinan-distrik. Kontak Gerda Coetzee by 071-913-4495 of This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it .

Wippermann’s Perdeplaas

Wippermann’s Perdeplaas bied 25 vyf-ster stalle met A-graad voer en hooi, ‘n dresseer arena en lanseerring, ‘n keuse van groot of klein kampe vir individuele of groepe perde. Perde en ponies kan ook gehuur word en daar is ‘n ryskool wat deur ‘n instrukteur bestuur word. Hulle voer ook opgeleide ryperde van Duitsland in wat te koop aangebied word. Vir gaste wat wil oorbly is daar ‘n gaste-woonstel en een gastekamer. Dié 26 ha plaas is op Klipkop, gedeelte 41; 1,5 km vanaf die M6. Kontak eienaar Günter Wippermann by 012-811-5203, 082-445-5760 of This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it .. Besoek
www.farm-waidmannsruh.co.za.

Liberty Stalle en Ryskool

By Liberty Stalle word elke perd en ruiter as individu behandel en ruiters van alle ouderdomme en vaardighede is welkom. Ruiters word voorberei vir kompetisies en veral deelname aan Sanesa skoleskoue is gewild. Geen druk word egter op ruiters geplaas om te kompeteer nie. Diegene wat net vir die ontspanning wil ry en hulle perde geniet, is net so welkom. Daar word ook gereeld pretdae soos ontwikkelingskoue, kampe en seminare aangebied. Liberty Ryskool is klein en eksklusief en elke ruiter kry individuele aandag van ervare instrukteurs in klein groepies tot 'n maksimum van vier ruiters. Bel Juanita by 082-417-8137.

Cullen Stalle

Cullen Stalle bied rylesse in klein groepies van nie meer as vyf mense nie, of individuele lesse, vir beginners tot gevorderde ruiters. Alle lesse word gegee deur gekwalifiseerde instrukteurs met ondervinding in ‘n veilige perdry-omgewing en fasiliteite met betroubare skoolperde. Poniekampe, pretdae en skoue word gereeld gehou. Daar is oggendlesse vir vrouens, kwaliteit stalle, voorbereiding en begeleide deelname aan die meeste skoue. Alle toerusting is beskikbaar vir tydelike gebruik. Dit kos R490 ‘n maand vir een 45 minute les per week. Bel Llewellyn Mason by 083-227-8048. Besoek www.cullenstables.co.za. of sluit by Cullen Stalle aan op Facebook. Hulle is net af van Lynnwoodweg-verlenging. GPS 25*48,15'S,28*24,05'E

Feeste en veilings
Hier is ‘n handige gids van feeste waarna met mag en mening uitgesien kan word – van ‘n splinternuwe Antieke en Versamelaarsfees, musiekfeeste en Cullinan se Protea en Tuin Ekspo tot die jaarlikse Plaasfees en Mampoerfees en selfs ‘n weeklikse vendusie.

Die Cullinan Antieke en Versamelaarsfees

Dié fees word in die Ou ‘Rec’ klubsaal in Cullinan gehou. Hier kan jy uitkyk vir enige iets van antieke meubels en bykomstighede, fyn porselein, en ‘Dinky toys’ tot kuns. Brillante la Mia restaurant, op dieselfde perseel, bied ontbyt, middagete en aandete. Daar is volop veilige parkeerplek en opkomende kunstenaars kry die geleentheid om op te tree. Die fees word gereël deur Maudie Wehmeyer van Ya-Ya’s Trading in die ou ‘Rec’ klub, wat spesialiseer in antieke ware, boeke en versamelstukke. Om stalletjies te bespreek, kontak Maudie by 071-154-2401, 083-601-2494 of This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it ..Die fees word voortaan op die derde Sondag van elke maand van 9 vm tot 4 nm in die ou Rec-klub gehou. Die nuwe datums is 20 April, 18 Mei, 15 Junie, 20 Julie, 17 Augustus, 21 September, 19 Oktober, 16 November en 21 Desember.

Cullinan Protea & Tuin Ekspo

Die Cullinan Protea en Tuin Ekspo word op 21 en 22 Maart te Zonderwaterweg in Cullinan gehou. Dié unieke blommeskou word aangebied om die prag van die ryke verskeidenheid van blomme en plante uit die omgewing uit te stal. Daar sal ook ‘n groot verskeidenheid plante, blomme (veral proteas) en tuinbenodighede te koop aangebied word. Kenners gee advies en lesings oor spesifieke afdelings van tuinmaak. Dit alles in ‘n feestelike atmosfeer met vele te ete en drinke, ‘n vlooimark en kindervermaak. Kyk by www.proteatuinekspo.wix.com/proteatuinekspo vir meer inligting. Meegaande foto is van Japie van Staden, een van die grootste en suksesvolste protea-kwekers in Gauteng.

Musiekfees

Die CVO Skool Pretoria se jaarlikse musiekfees is behoorlik iets om na uit te sien. Vanjaar se fees is op 10 Mei vanaf 4.30 nm. Juanita du Plessis, Nicholis Louw en ander kunstenaars gaan optree. Vooruitbesprekings is nodig en die kaartjies kos R100 vir volwassenes, R60 vir hoërskoolleerlinge en R40 vir laerskoolleerlinge. Die CVO Skool Pretoria is op die hoek van Grahamweg (Lynnwoodweg-verlenging) en Arthurweg (Valley) in Zwavelpoort. Kontakpersone: Wilma Oelofse,
083-636-6070 / 083-633-9370.

Plaasfees

Die Hoëveld Veteraan Trekker en Enjinklub hou vanjaar se Plaasfees op 6 September by die Willem Prinsloo Landboumuseum op die ou Bronkhorstspruitpad. Dié is ‘n hoogtepunt op die klub se kalender wanneer die saal vol trekkers weer mobiel gemaak word en baal/dors- en ploegdemonstrasies, trekkerspeletjies, perdevertoning en trekkerwaritte gehou word. Kontak Charlie Crawford by
082-808-5950 This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it . of die museum by 012-736-2035/6, e-pos: This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it .

Mampoerfees

Foto: Richard Stupart
Die jaarlikse Mampoerfees is op 31 Mei by die Willem Prinsloo Landboumuseum op die ou Bronkhorstspruitpad. Die museum en die Kultuurstokersgilde span saam om van die fees ‘n groot sukses te maak. Bykans 6 000 mense het dié fees verlede jaar besoek en 481 inskrywings is ontvang vir likeur, witblits- en mampoerprodukte gestook van appel, appelkoos, perske, pruim en vye. Die likeurgeure kom van anys, gemmer, kersie, koffie, en peperment asook sitrus en produkte soos heuning, maroela en roosblaar. Kontak die museum by 012-736-2035/6, e-pos: This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it .

Maplotter Gospelfees

Die jaarlikse Maplotter Gospelfees gaan in November in Cullinan wees. Die inwoners van die kleinhoewes lewer ‘n groot bydrae tot dié dorp se ekonomie en verskeie talente word op die hoewes weggesteek. Met die fees kry maplotters die geleentheid om hulle talente ten toon te stel waar almal dit kan aanskou en op die koop toe iets huis toe te kan neem. Die “Gospel”-deel van die fees se naam, beteken dat religieuse sangers en groepe van hoë standaarde elke jaar by die fees optree. In 2013 is die langste sosatie vir Cullinan gebraai, ses meter lank. Jakkie Oosthuizen is van plan om die rekord weer te verbeter. Bel die voorsitter van die feeskomitee, pastoor Mark Barker, by 072-235-7168.

Biltongfees

Laerskool Witpoort se gewilde jaarlikse Biltongfees val vanjaar saam met die skool se 110-jarige feesvieringe. Die gaskunstenaar is Riana Nel en die fees word op 24 Mei gehou. Almal is welkom. Op 14 Maart hou dié skool ‘n gholfdag op die Bronkhorstspruit gholfbaan. Hulle jaarlikse kaas-en-wyn funksie is op 5 September. By dié funksie word versamelaarswyne uit die Wes-Kaap opgeveil in die skoolsaal. Kontak Laurette van der Vyver by 011-964-1241/51 of 083-260-2331 of This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it .. Besoek www.witpoort.co.za.. GPS Koördinate: S 25° 57.583' E 28° 31.208

Gemeenskap-veilings

Gemeenskapsveilings word elke Vrydag 11 vm by Rafters, op die hoek van Garstfonteinweg-verlenging en Blesbokstraat gehou. Dit wat jy wil verkoop moet vanaf 8 vm geregistreer word. Of dit nou antieke ware, huishoudelike items, meubels, boeke, ornamente, voertuie, trekkers, sleepwaens of lewende hawe is, hier sal iets wees wat jou belangstelling prikkel. Residensiële of kommersiële eiendom kan met vooraf reëling ook opgeveil word. Die veilings word deur die InvestorBid Veilinggroep gehou. ‘n Administrasie-fooi van R50 is betaalbaar om dit wat jy wil verkoop, te registreer. Daar is 15% kommissie op los items, 10% op voertuie, sleepwaens en trekkers en 5% op eiendom. Tel:
086-122-2297 / 082-412-6721. E-pos: This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it

Tribe One: Dinokeng Musiekfees

Die Tribe One: Dinokeng Musiekfees gaan op 26, 27 en 28 September buite Cullinan gehou word. Dié drie-dae fees word deur Rockstar4000, Sony Music Entertainment Africa en die Tshwane Metroraad gereël. Die fees is die eerste van sy soort in Afrika en is die kontinent se toetrede tot globale musiekfeeste met internasionale kunstenaars. Meer as 80 kunstenaars van verskillende genres gaan op die ‘Thunder Valley’ en ‘Diamond Fields’ verhoë optree en meer as 100 DJ’s gaan die skare by die verskeie ‘Dance Village’ punte vermaak. Volg die feesreëlings by: www.tribeonefestival.com.

Funksies en troues
Jy kan kies tussen ‘n ‘Middeleeuse’ kasteel, ‘n sprokiesagtige woud, outentieke hout kerkbanke en trouklok om jou spesiale dag onvergeetlik te maak. Ons wys jou ook waar om besonderse trou-bykomstighede te huur, stilering vir jou troue te laat doen en hoe om jou droom onthaalplek met die hulp van kenners self te skep.

Galagos

Galagos is gesetel in ‘n sprokiesagtige groen woud wat ‘n tikkie wonder en romanse aan enige geleentheid bied – of dit nou ‘n troue, konferensie of heerlike buffet ontbyt op ‘n oop dek tussen die bome is. Galagos se ontbytplek, die Windjammer, is op Saterdae en Sondae oop van 9-11 vm. Bespreking is noodsaaklik. Jy kan ook in dié wonderwoud in luukse verblyf vertoef. Die konferensiefasiliteite is van hoë standaard en volgens internasionale spesifikasies gebou. Daar is plek vir klein tot groot vergaderings, seminare, sakebyeenkomste en konferensies. Galagos is op plot 66, Donkerhoek. Vanaf Pretoria vat jy die N4 se Cullinan/Rayton afrit. Deur die tolhekke, draai jy regs. So 200 m verder is ‘n groot bord wat Galagos wys. Kontak Yolanda Buitenbos by 082-823-1812, This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it . of besoek www.galagos.co.za.

Riverside Castle

Riverside Castle, met sy romantiese, moderne-Middeleeuse argitektuur, skep ‘n idilliese omgewing waar drome in die rustige atmosfeer van Afrika, vervolmaak word. Die kapel met sy hoë plafonne en majestueuse venster-boë, bied die ideale geleentheid vir besonderse herinneringe. Riverside Castle is geleë in ‘n rustige boomryke bosveld omgewing in Zwavelpoort en is slegs 7 km vanaf Silver Lakes. Hulle spesialiseer in troues en funksies met 50 tot 200 gaste, asook in teetuingeleenthede soos kinderpartytjies, kombuistees en verjaarsdae. Sondae word ‘n heerlike ontbytbuffet in die teetuin bedien. Diens, kos en atmosfeer is hulle prioriteit. Skakel 071-602-6285, e-pos: This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it . of besoek www.riversidecastle.co.za.

Destiny Lodge

Destiny Lodge hanteer graag spesiale versoeke vir troues, soos die bespreking van ‘n professionele fotograaf, aankoms met ‘n perdekar of antieke motorkar, troukoek, dominee, wittebrood-verblyf en en-suite gastekamers langs die swembad in ‘n tuin met fonteine en spesiale hoekies. Hierdie is ‘n spogplek in die Cullinan-omgewing waar troues, funksies en konferensies gehou word vir 50 tot 150 gaste. Daar is ‘n pragtige kapel, kompleet met ‘n kerkklok, waar 150 gaste op outentieke hout kerkbanke kan sit. Kontak Heleen Petersen by 083-326-1141 of 012-736-9051 (kantoorure), This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it . of This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it .. Hulle is op plot 24, Lewzene Landgoed op die R513 na Bronkhorstspruit, oos van Cullinan. Koördinate: S25º40’37.1 “E028º32’04.0”

Babooschka

Babooschka se nuwe een-stop trouwinkel in Boschkop bied dekor-verhuring (‘rustic’, glas, silwer en ongewone ‘vintage’), op-die-dag stilering van jou trouplek, ontwerp van blomme-rangskikkings en kerse te huur of koop. Gaan kyk gerus na al die katalogusse wat nuwe idees en tendense in bykomstighede vir troues wys by www.babooschka.co.za. Babooschka bied ‘n persoonlike trou- en funksiebeplanning en koördineringsdiens wat jou help om jou troudag glad te laat verloop. Jy kan ook R5 000 se troubykomstighede-verhuring wen deur deel te neem aan ‘n opwindende kompetisie. Vir meer inligting bel Riana by 083-447-5364 of e-pos: This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it .

Baobab Rektente

Jy kan ‘n wonderlike atmosfeer met Baobab Rektente skep vir jou spesiale dag. Niks keer jou om jou droom onthaalplek met die hulp van kenners self te skep nie. Baobab het ‘n tent-grootte vir elke okkasie. Van ‘n tipiese Arabiese tent tot ‘n oop atmosfeer of warm, snoesige hoekies – die moontlikhede is eindeloos en Baobab se terrein-inspekteurs sal vir jou presies vertel wat moontlik is op die plek waar jy jou tent wil opslaan. Hulle doen alles vir jou – van tent-aflewering, opslaan en aanpas vir jou plek. Tel: 071-003-3744, e-pos: 'n This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it ,. webtuiste: www.baobabtents.co.za.

Oorslaapplek
Is jy op soek na ‘n oorslaapplek nadat jy ‘n troue of funksie bygewoon het? Of dalk wil jy net meer van ons kontrei se plattelandse atmosfeer ervaar. Of jy nou op soek is na ‘n luukse gastehuis of ‘n kampterrein vir ‘n groep mense, hier vertel ons jou waarheen om te gaan.

On The Rocks Verblyf

On the Rocks Verblyf bied twee sjarmante plattelandse selfsorg eenhede vir gaste wat troues of konferensies by een van die menige troue/konferensie-plekke in die Bronberg-gebied bywoon of sommer net wil wegkom uit die stad se gejaag. Die tuinwoonstel is geskik vir ‘n paartjie met twee kinders en die kothuis is ‘n drie-slaapkamer, ses-slaper eenheid. On the Rocks is in Zwavelpoort en het ‘n lieflike dam vir vliegaashengel en die verblyf is ideaal vir gaste wat entoesiasties is oor dié spesiale soort visvang. Kontak Gretchen vir tariewe en meer inligting by 082-305-1154 of e-pos This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it .

Jopasso Gastehuis 

Behalwe vir ‘n ongelooflike uitsig, bied Jopasso, ‘n vier-ster gastehuis bo teen die Bronbergrif in Wapadrand, jou ‘n kombinasie van gasvryheid, privaatheid en gemak. Die luukse akkommodasie sluit badkamers en televisie in, sommige met aparte ingange, balkonne en tee en koffie-fasiliteite. Jopasso is in Wagonwheel-laan 966, Wapadrand. Bel vir Louisette by 012-807-0902 of 083-302-1163, stuur ‘n e-pos aan This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it . of besoek www.jopasso.co.za.

Formosa B & B

Formosa B & B nooi jou uit om rustig te kom oornag weg van die stad se geluide. Geniet ‘n warm verwelkoming, ‘n skoon en-suite kamer met private ingang. ‘n Ten volle toegeruste selfdien-eenheid is ook beskikbaar. Voor jy vertrek kan ‘n heerlike ontbyt geniet word om jou verbly af te rond. Formosa is sentraal geleë indien jy enige troues of funksies in die Bronberg gebied moet bywoon. Bel vir Ella of Joritha by 083-510-7365 vir tariewe. Besoek www.travelandstayinsa.co.za/formosa. GP koördinate:
S 25 55.506  – E 28 24.733

Brandbach kampterrein

Die Brandbach kampterrein is ‘n klein stukkie paradys, ideaal vir skoolgroepe, kleinerige kerkgroepe en funksies soos hanepartye of spanbou. Die kampterrein het 40 slaapplekke met matrasse, skoon badkamers, ‘n toegeruste kombuis, pizza oond, lesingsaal, braai-area, swembad en ‘n klein dam geskik vir roei (nie visvang nie). Die kampterrein is op die Brandbach/Onverwacht pad, 16 km buite Cullinan. GPS: S 25.65706  E 28.66348. Kontak Matilda van Aswegen: Tel: 079-346-7065 /
083-260-7483; e-pos: This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it ;. web: brandbachvenue.weebly.com.

Breek weg
As wildkyk jou passie is, bly jy in die regte kontrei. Jy het die Groot Vyf so te sê op jou voorstoep en kan ‘n verskeidenheid wandelroetes, perdryroetes en 4x4 roetes deur natuurreservate naby aan jou huis aanpak.

Rietvlei Natuurreservaat 

Foto: Gerhard Scheepers
Wildspesies in die Rietvlei Natuurreservaat strek van jagluiperds, buffels, elande en renosters tot waterbokke, sebras en swart wildebeeste.  Hier kan jy in ’n oornag-hut bly, kampeer of net piekniek hou by die dam met sy groot verskeidenheid watervoëls. Jy kan vir nagritte gaan, op perdryroetes deur die reservaat, op ’n 10 km dagstaproete of ’n 21 km roete waar jy deur natuurbewaarders vergesel word. Visvang word toegelaat op die noordelike en westelike oewer en daar is ‘n seiljagklubhuis op die noord-westelike oewer. Dié reservaat is reeds in 1948 geproklameer en bestaan uit 3 800 ha Bankeveld vanaf die dam oor vlaktes, heuwels, vleie en stroompies. Rietvlei is uit met die Delmas-pad, naby die Nelmapius/R21 kruising. Vir meer inligting of besprekings, skakel 012-358-1810/1/2. Vir visvangpermitte, skakel 012-345-3917. Vir die seiljagklub, skakel 012-345-0621.

Dinokeng Groot Vyf Reservaat  

‘n Verskeidenheid oornag-geriewe, vanaf kampering tot vier en vyfster verblyf is vir besoekers beskikbaar in die Dinokeng Groot Vyf reservaat noord van Cullinan. Dié 18 500 ha reservaat bestaan uit individuele stukke grond in private besit. Hier kan jy nie net op wildritte gaan nie, daar is ook bootritte, kleiduifskiet, boogskiet, visvang, staproetes, perdry, lugballonritte, ‘paintball’, skubaduik, wynproe, restaurante en pieknieks. Dié wildtuin het vyf toegangshekke. Die hoofhek, Boekenhoutkloofhek, word as volg bereik: Vanaf die N1 noord, neem die Boekenhoutkloof / Hammanskraal afrit. Draai regs oor die snelweg en volg die aanwysingsbordjies. Vir meer inligting, besoek www.dinokengbig5.com.. Vir besprekings, besoek www.dinokenginfo.co.za,. skakel 0861-346653 of stuur ‘n e-pos aan This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it .

Faerie Glen Natuurreservaat  

As jy die Bronberg van naderby wil leer ken, is die 128 ha Faerie Glen Natuurreservaat rondom die Rhenosterkop gedeelte van die Bronbergrif, jou beste kans. Hier is kleiner soogdiere soos kleinkolmuskeljaatkatte, muishonde, groototters, hase en krimpvarkies en ’n groot verskeidenheid voëlsoorte. Daar is drie wandelroetes: Hadida is 2,3 km lank, Akasia is 3,2 km lank en Kiepersol is 4,2 km lank. Die veld is tipies van ’n oorgangsone tussen Bankeveld, suur gemengde bosveld en Akasia-veld. Die reservaat is oop van 6 vm tot 6 nm en besprekings is slegs nodig vir begeleide staptogte. Die ingang is uit Louis Botharylaan. Vir meer inligting, skakel 012-358-1510 of stuur ‘n e-pos aan Adelene Marais by This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it .

TJM vir 4x4 avonture

Is jy gereed vir ‘n 4x4 avontuur? Gary Swemmer, die eienaar van TJM Pretoria Oos / Silver Lakes, sal vir TV kykers bekend wees as die bos-motorwerktuigkundige op baie ekspedisies. Kyk hierna om hom in aksie te sien: http://www.youtube.com/watch?v=LxY92MHBovw. Gary is die tegniese direkteur van TJM Afrika en sy winkel is die eerste een van sy soort in Suid-Afrika. By dié avontuur-winkel kan jy nie net enigiets kry vir, of laat doen aan jou 4x4 voertuig nie, jy kry ook waardevolle raad van kenners. Gaan kyk na hulle werkswinkel, voertuiguitstallings, nuwe produkte, yskaste en enige 4x4 toerusting. Hulle is die amptelike Pretoriase verspreidingspunt van Alu-Cab bakkappe en die SA verspreidingspunt van ‘Arctic Trucks’. TJM is oop van 7.30 vm tot 5 nm op weekdae en van 8 vm tot 1 nm op Saterdae. Hulle is op die hoek van Lynnwoodweg en Silver Lakesweg, Hazeldean Winkelsentrum. Skakel
012-809-0090, of stuur ‘n e-pos aan Marius: This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it , Tian: This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it . of Raymond: This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it . of kyk uit vir hulle op Facebook.

Toeka se dae
Hou hierdie inligting byderhand as jy versot is op dinge uit toeka se dae. Ons wys waar jy op begeleide toere deur museums kan gaan, kan deelneem aan programme wat op ‘n tipiese ou plaaswerf aangebied word of wat van ‘n historiese stoomtreinrit of rit op ‘n donkiekar?

Zonderwater

Zonderwater Italiaanse Krygsgevangenekamp-museum herdenk die Italiaanse krygsgevangenes wat in die Tweede Wêreldoorlog net buite Cullinan aangehou is. Daar is 63 000 Italianers in Abyssinia (vandag, Ethiopië) gevang en aanvanklik in tente en later in barakke by Zonderwater aangehou. Paaie, kerke, sokkerbane en skole is gebou en 200 krygsgevangenes is as onderwysers en opleiers in meganika en houtwerk in diens geneem. Daar was 20 teaters in die kamp met akteurs en regisseurs en selfs die kostuums vir die verhoogproduksies is in die kamp gemaak. Muurskilderye wat deur dié Italianers geverf is, kan vandag nog teen die Cullinan ‘Rec’-klub se mure gesien word. Om die begraafplaas en museum te besoek, skakel 012-667-3279.

Sammy Marks Museum   

Die statige Victoriaanse opstal, Zwartkoppies Hall, wat Sammy Marks vir sy gesin op die plaas Zwartkoppies gebou het, is vandag ‘n museum. Die huis het 45 kamers vol van die Marks-gesin se ornamente en handgemaakte meubels. Sammy Marks was een van Suid-Afrika se bekendste sakemanne en het ‘n beduidende rol in mynwese en die nywerheidsontwikkeling van ons land gespeel. Jy kan op ‘n begeleide toer deur die Sammy Marks museum gaan. Skakel 012-755-9541 of 083-280-3797 of stuur ‘n e-pos na This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it .. Besoek: www.ditsong.org.za/sammymarks.htm.. Die Sammy Marks-museum is op die ou Bronkhorstspruitpad. Koördinate: suid 25°445941, oos 28°224816

Friends of the Rail 

Friends of the Rail is ’n erfenisbewaringsvereniging wat ou stoomtreine restoureer en toeriste op daguitstappies na Rayton en Cullinan neem. Die stoomtrein-roete begin by die depot in Hercules. Jy kan op een van die geskeduleerde toere gaan, ‘n private trok, wat wissel in grootte vir tien tot 70 mense, vir jou geselskap huur of sommer die hele trein vir ‘n verjaardag, troue, fotosessie of werksfunksie huur. Bring jou eie verversings of vra Friends of the Rail om etes te bedien. Vir besprekings en ’n skedule van uitstappies en aktiwiteite, besoek www.friendsoftherail.com. Stuur ‘n
e-pos aan This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it . of skakel 012-767-7913 of 082-098-6186.

Willem Prinsloo Landboumuseum 

Vir ‘n regte, outydse plaaskuier, besoek die Willem Prinsloo Landboumuseum, ’n kombinasie van ’n opelugmuseum met ’n egte plaasatmosfeer en kultuurtradisies, ou opstalle, en permanente uitstallings soos koetse en veteraan landbou-implemente. Spesiale programme word vir groepe aangebied soos die maak van roosterkoek, broodbak in ’n buite-oond, mampoerstook, kleilatgooi, die maak van klei-osse, koeimelk, sweepklap en verepluk. Toegang is R15 per volwassene en R10 per kind. Die museum, op die plaas Kaalfontein op die ou Bronkhorstspruitpad, is oop van 8 vm tot 4 nm in die week en van 9 vm tot 4 nm oor naweke. Die Lapakraal op die plaas bied selfsorg verblyf met 80 beddens. Skakel
012-736-2035/6, e-pos: This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it , webtuiste: www.ditsong.org.za/willemprinsloo.htm.

McHardy Huis Museum 

McHardy Huis Museum is die eerste huis wat in Cullinan gebou is. Dié huis is in 1903 vir die Premiermyn se eerste bestuurder, William McHardy, gebou en met sy dood in 1913 het die myn sy vrou en sewe kinders die reg gegee om lewenslank daar te bly. Die laaste McHardy suster is eers in 1984 oorlede. So het dit gebeur dat ‘n McHardy die huis vir 81 jaar lank bewoon het en die museum vandag kan spog met die gesin se oorspronklike meubels, ornamente, kombuisware en foto’s. Die myn het die huis in 1988 as museum verklaar. Die museum is elke dag, behalwe Dinsdag, vanaf 10:30 vm tot 3 nm oop. Bel die toergids Werner Schellack by 073-946-8569.

Onverwacht

Die swart Afrikaners van Onverwacht woon al langer as ’n honderd jaar op grond wat Paul Kruger aan hulle toegestaan het en wys graag vir toeriste hoe hulle bak en brou. Onverwacht is ’n geskiedkundige nedersetting van afstammelinge van bevryde Maleise slawe wat deel van die Malan nátrek gevorm het. Jy kan ‘n kultuurhistoriese toer deur die nedersetting, 10 km noord-oos van Cullinan, doen. Die Sondag skop af met ’n kerkdiens by Onverwacht se Verenigde Gereformeerde Kerk, waarna jy met ‘n donkiekar kan rondry, by die inwoners aan huis gaan teedrink of ‘n tradisionele middagete eet en selfs die begraafplaas waar dié dorp se voorsate lê, kan besoek. Bel vir Patricia Machobane by 076-756-9518.  

Vat dit saam
Wat is ‘n naweek nou sonder ‘n braai of ‘n piekniek? As jy op soek is na spitbraaiers te huur, na die beste braaivleis, biltong, liplekker piekniekkos of ‘n vinnige smulding in die hand, is hierdie jou afdeling.

Boma Vleismark

Boma Vleismark bied vir die afgelope twintig jaar die sagste rypgemaakte biefstuk,geurigste sosaties, sappigste boerewors, of wat ook al oor die kole gegooi kan word, aan Pretorianers. Die Deli binne-in Boma Vleismark het alles vir onthaal – klaargaar etes, sout-en soetborde op bestelling, voorbereide slaaie, uitgesoekte wyne, soet happies en varsgebakte broodjies daagliks. Benewens die beste biltong en droëwors, maak Boma Vleismark sy eie reeks tuisgemaakte kouevleisprodukte. Ons verhuur ook braaispitte en verwerk wildsvleis. Bekroon deur die SA Rooivleisbedryf vir higiëne, gehalte, diens en waarde vir geld. Boma Vleismark, hoek van Rubenstein-en Garsfonteinweg, Moreletapark. Web: www.bomameat.co.za. E-pos: This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it . Tel: 012-998-8711.

PJ’s Vetkoek & Take Aways

Wat is ‘n avontuur nou sonder ‘n eetding byderhand? By PJ’s Vetkoek en Take Aways kry jy ‘n reeks vetkoeke met verbeeldingryke name soos die Biker’s Enduro (biltong en warm rissie), Biker’s Scooter
(100 g met maalvleis) en Biker’s Vetkoek (200 g met maalvleis). Dan is daar ook ‘n wye reeks rugby vetkoeke, van die Shark, Cheetah, Blou Bul en Lion, wat elk ‘n ‘patty’ op het met keuses tussen blaarslaai, tamatie, uie, kaas en spek. Die Stormer vetkoek het vis op en daar is ook ‘n hoenderverrassing, ‘n vetkoek ‘hot dog’, pap-en-wors en pap-en-bredie. PJ’s is by Lynnwoodweg-verlenging se T-aansluiting met die Bapsfontein/Bronkhorstspruitpad, Kameelzynkraal. Bel Lydia Nel by 071-656-9900 of Piet Nel by 072-336-6047.

Bronberg Vleismark

Bronberg Vleismark se boerewors is bykans legendaries en word wyd aangekoop vir daardie spesiale braai-onthaal. Wilhelm en Petro Bezuidenhout is ervare plattelandse slagters wat gereed staan om al jou onthaalvleis na jou smaak en voorkeur vir jou voor te berei. Droëwors, biltong en vleishappies is ook altyd beskikbaar. Die Bronberg Vleismark is by die Zwavelpoort-sentrum in Lynnwoodweg-verlenging, oorkant die Boschkop-afdraai. Bel hulle by 072-020-0026.

Rayton Biltong & Braai 

Die kranige slagters van Rayton Biltong en Braai berei jou lam, vark, beessnit of -kwart of wildsbok voor, gereed om oor die kole gedraai te word. Jy kan ‘n groot en gerieflike spitbraaier – gas of houtskool – by dié moderne slaghuis teen R500 huur vir jou braaifunksie. As jy wil, voorsien hulle ook ‘n vaardige braaier teen ‘n ietsie ekstra. Biltong, droëwors, tuisgemaakte kouevleise en verwerkte vleishappies word ook vir jou onthaal voorsien. Vir die jagter bied hulle professionele verwerking van karkasse. Hulle is agter Rayton se Pick ‘n Pay, oorkant Supa Quick. Bel hulle by 072-567-1435.

Groen idees
Wil jy jou soektog na besondere dinge vir die tuin in ‘n naweek-uitstappie omtower? Ons wys jou waar jy jou agterplaas in ‘n lushof kan omskep, bome kan borg in ‘n stedelike vergroeningsprojek, by ‘n inry kwekery kan gaan kuier en waar jy selfs kan funksies hou.

Countryside

As jy deesdae die ou Living Gardens-perseel besoek, is jy in vir ‘n aangename verrassing. Hier kry jy nou die Countryside Groothandelkwekery waar jy plante teen billike pryse kan aankoop, maar ook Woes Mooi en Woes Lekker waar jy funksies in ‘n ontspanne plattelandse atmosfeer kan hou. Living Gardens doen nou slegs landskapontwerp. Woes Mooi verkoop ongewone binnenshuise versieringsprodukte soos ou advertensieborde, tafeldoeke en asblikke met ‘vintage’ afdrukke. Woes Lekker is die plek wat jy teen R3 800 kan verhuur om die funksie van jou drome te hou. Dié ondernemings is almal in Zwavelpoort, Lynnwoodweg-verlenging, tussen die Paul Jungnickelhuis en Eastridge Building & Supply Centre. Tel: 076-938-5855 / 072-902-7815. E-pos:
This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it . / This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it .

Newlands Garden Centre

Newlands Garden Centre verskaf alles wat jy benodig om jou agterplaas in ‘n lushof te omskep: van plante, kunsmis, giwwe, tuingereedskap, fonteine en potte tot staaltuinmeubels. Hulle is bekend vir hulle sampioen-kompos, landskap- en potplantgrond, grasperkdeklaag en alle boumateriaal wat hulle in grootmaat aflewer vanaf 1 m³ tot 5 m³, of neem jou eie bakkie of sleepwa en hulle laai dit vir jou teen die beste prys, sewe dae ‘n week. Newlands Garden Centre is op plot 650, Elandstraat, Rietfontein Landbouhoewes, oorkant Mooikloof. Besigheidsure is: Maandae – Donderdae: 7 vm–5.30 nm, Vrydae – Saterdae: 7 vm–5 nm en Sondae: 9 vm–1 nm. Skakel 012-480-2094/6 of 012-480-0211/0191. Stuur ‘n e-pos aan This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it . of besoek www.newlandsgardencentre.co.za.

Wild Route

Wild Route het ‘n stedelike vergroeningsprojek waar sake-ondernemings bome kan borg wat dan by minder bevoorregte skole, kerke of gemeenskap sentrums geplant word. Dié is ‘n groothandel kwekery wat spesialiseer in die kweek van inheemse bome en plante. Hulle verskaf bome en plante aan kwekerye, tuinsentrums en landskapargitekte maar is ook oop vir die publiek Maandag tot Saterdag van 8 uur tot 12 uur. Gaan besoek hulle in Saintsstraat op plot 92, Zwavelpoort (Atterburyweg-verlenging uit, langs Presda Laerskool) vir kwaliteit plante teen die beste prys. Vir meer inligting bel Danie van Eeden by 072-376-7831, stuur ‘n e-pos na  This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it , of besoek www.wildroute.co.za.

Blyfontein Kwekery

Besoek Blyfontein Kwekery en kyk hoe ervare kwekers ‘n groot verskeidenheid inheemse bome en struike kweek, versorg en gereed kry vir jou, om dit teen die billikste pryse denkbaar aan te koop. Kom deel gerus in hulle kundigheid en geesdrif. Blyfontein is die enigste INRY-kwekery in die ooste waar elke boom en plant self met kundigheid en sorg gekweek word. ‘n Groot verskeidenheid inheemse bome en struike van verskillende groottes, proteas, broodbome en uitheemse plante vir die kouer streke is altyd beskikbaar. Blyfontein is uit op Lynnwoodweg-verlenging, 8 km verby Hans Strijdomrylaan oorkant die Swaeltjie-afdraai. Bel Pine en Anna Papenfus by
083-600-1909 of 082-600-7776. Besoek www.blyfontein.co.za.

Jou hulp is nodig
Ons wys jou waar vrywilligers se hulp nodig is by dierereddingsentrums, uitreikaksies, tehuise en welsynsorganisasies in ons kontrei. Net ‘n paar ure van jou tyd kan ‘n reuse verskil aan dié wesens se lewens maak.

Angels with Hooves  

Angels with Hooves is ’n nie-winsgewende maatskappy wat perd-geassisteerde sielkunde en perdeterapie vir kinderhuis-kinders doen. Hulle gebruik reddingsgeval-perde wat gerehabiliteer is van verhongering of mishandeling vir die projek en glo dat dié perde engele is wat kinders help. Dié organisasie werk vanaf verskeie persele in Lynnwoodweg en Tweedracht. As jy wil help om ’n kind van die Louis Botha tehuis te borg vir perdrylesse, kontak Neels Botha by 082-253-5712, stuur ‘n e-pos aan This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it . of besoek www.angelswithhooves.org.za.

Qumi Huis 

Qumi Huis is nie ’n inrigting nie, maar huise waar die intellektueel gestremde soos ’n normale mens kan woon en funksioneer. Dié gemeenskapsprojek bied dagsorg en inwoning vir gestremdes by huise in Rayton sowel as op ‘n plaas net buite die dorp. Dagsorg is in die Hervormde kerksaal. Dié Inwoners is self vir die bedryf van die huis verantwoordelik met die hulp van toesighoudende personeel. Hulle neem daagliks aan werkswinkels deel, waar hulle vaardighede aanleer. Skakel 012-734-5242 of
071-609-1070 of stuur ‘n e-pos aan This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it . Kontak Linda Krause, bestuurder, by
082-464-7858 of This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it . of besoek www.qumihomes.org.

Wet Nose Dierereddingsentrum 

Wet Nose is ‘n reg-tot-lewe dierereddingsentrum wat beteken dat elke dier liefdevol versorg word tot ‘n goeie huis gevind kan word, maak nie saak hoe lank dit neem nie. Hier is ’n veilige hawe vir perde, honde, katte en plaasdiere. Vrywilligers is altyd nodig om te help – of dit nou is om ’n hond vir ’n wandeling te neem of om vir getraumatiseerde diere te help wys dat hulle mense weer kan vertrou. Wet Nose is op plot 75, Vaalbank op die ou Bronkhorstspruitpad. Dit is ongeveer 6 km van die vierrigting stop kruising met die Cullinan/ Rayton-pad. Skakel 013-932-3941/2 of 082-677-8084, stuur ‘n e-pos aan This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it , of besoek www.wetnose.org.za.

Kungwini Welsynsorganisasie

Besoek Kungwini Welsynsorganisasie se beskermende werkswinkel vir volwasse persone met gestremdheid en jy sal verbaas wees oor die kreatiwiteit en oorspronklike produkte. Hulle is uit met Lynnwoodweg-verlenging, ongeveer 4,5 km vanaf Hans Strijdomrylaan, ná Hazeldean winkelsentrum in Zwavelpoort. Ondersteun dié organisasie se winkel op weeksdae van 9 vm tot 3 nm en koop hulle handgemaakte produkte. Hulle hergebruik alle ou materiaal en restoureer uitgooi-meubels. Bel Elize by 012-940-0221 of besoek hulle webblad by www.kwo.org.za.

African Blessings  

African Blessings is ’n welsynsorganisasie wat ‘n beter lewe vir twee- en viervoetige wesies op die plaas Rustfontein buite Bronkhorstspruit, skep. Daar is ’n perde- en donkie-reddingsentrum, kostuine, ’n kunssentrum, plekke van veiligheid en die Jochebed Kinderdorp. Jy kan Rustfontein besoek vir hulle jaarlikse Moerbeifees met konfytfabriek, braai, speletjies en musiek. Dié plaas word bereik deur met die N4 na Bronkhorstspruit te ry. Neem die Ekandustria-afrit. Die derde pad na regs is die R513 waarop die plaas geleë is. Skakel 082-520-7040, stuur ‘n e-pos na This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it . of besoek www.africanblessings.co.za. 

NG Tygerpoort Gemeente  

Tygerpoort Gemeente is op verskeie maniere by die gemeenskap in die ooste van Pretoria betrokke. Volwassenes raak vaardig met die herstel en maak van klere by die Zip en Stik Naaldwerkklasse. Siyafunda Lees- en Skryfskool leer volwasse persone om te lees en te skryf en daar is ook die Caritas Sentrum wat emosionele ondersteuning bied, ‘n Bybelskool, Wilgers Hospitaalbediening en uitreike na Letabong Kleuterskool. Dié gemeente is ook by Boschkop Primary, Paul Jungnickelhuis en Kungwini Welsynorganisasie betrokke. Tiertjie Kleuter-en Naskool lewer ‘n bekostigbare diens aan die gemeenskap. Tygerpoort Kunsskool bied professionele onderrig in verskeie vorme van musiek, dans, drama en skeppende kuns. Skakel 012-809-0107.

 

© 2024 Die/The Bronberger