Verhoed herhaling van vernietigende veldbrande Print E-mail
News - Artikels
Tuesday, 28 May 2013 15:25
Untitled Document

Wie gaan in die komende winter hulle weiding, huis, store en voertuie in ‘n brand verloor? Wie se diere gaan deur vlamme in ‘n hoek vasgekeer word?


Die Evangelies Gereformeerde Kerk op die hoek van Atterburyweg-verlenging en Ajaxstraat het in 2006 afgebrand


Ná ‘n Zwavelpoortse veldbrand in 2003

.
.


Die 2006 veldbrand by Grootfontein-landgoed
.

Die 2010 veldbrand by Argyle in Saintsstraat, Zwavelpoort

Veldbrande teister ons kontrei elke winter en kanse dat jy dié keer alles kan verloor, is redelik goed. As jy nie aan die begin van Junie jou voorbrand-stroke gereed het nie en ’n brand beweeg oor jou grond, kan jy vir ’n jaar tronk toe kan gaan, ’n swaar boete kry of beide. Dit maak nie eers saak of die brand op jou grond begin het nie.


Die 2006 brand in Rietvlei View

’n Brand in die Mooiplaats-omgewing in 2007

Die groot 2008 brand by Kitty Hawk, Boschkop
.
.



Twee ernstige veldbrande het die plotte en plase op die Zonkolol-pad in die Rayton-omgewing in Julie 2011 getref

Die Nasionale Wet op Veld- en Bosbrande sien jou outomaties as skuldig tot jy onskuldig bewys word as jy dié reëls verbreek. Grondeienaars wat by ’n Brandbeskermingsvereniging (BBV) aansluit word egter as onskuldig beskou totdat daar met redelike sekerheid in ’n siviele saak bewys is, dat hulle nalatig was.


Eben Venter se Tiegerpoort-plot het in 2007 afgebrand. Die wonings is gered, maar ‘n bakkie, twee vragmotors, ‘n Jetta en baler het onder meer in die slag gebly

Die 2011 veldbrand rondom Cullinan

.
.
.

Dit is net van toepassing in ‘n BBV wat onder die brandwet by die Department van Landbou, Bosbou en Visserye gestig is. Die BBV wat die grootste dele van ons gebied dek is die Welbekend Brandbeskermingsvereniging (WBBV). WBBV dek rofweg die bedieningsgebied van die volgende Polisiestasies: Boschkop, Bronkhorstspruit-suid en Welbekend.


’n Familie, waarvan drie doof is, van ‘n hoewe naby Cullinan is binne ‘n oogwink van hulle inkomste beroof toe ‘n 2011 veldbrand die plot verwoes het

Bel Herman van Zyl: 082-421-8043; Henk Brits: 083-299-7215; Sonja Cilliers: 083-260-5068; Lassidy Roets: 082-826-9280; of Pieter Du Toit: 072-060-8612.

 

 

 

© 2024 Die/The Bronberger