Groot Trek 175 jaar gelede Print E-mail
News - Artikels
Monday, 25 March 2013 16:39
Untitled Document

Presies 175 jaar gelede het ongeveer 14 000 Afrikaners die Kaapkolonie verlaat en met ossewaens die onbekende binneland ingetrek.

Die Genootskap vir die Handhawing van Afrikaans (GHA) is aan die spits van die Groot Trek 175 feesvieringe wat vanjaar landwyd gehou word. Hulle is amper klaar met die saamstel van ’n Afrikaanse Dagboek wat die Groot Trek as tema het.

Mense het nog kans om teen R100 ’n kort boodskap vir hulle nageslag daarin te plaas.


Dié boek sal saam met ander dokumente by die Voortrekkermonument gehou word, en oor 25 jaar, met die 200-jarige viering van die Groot Trek, sal daar ’n spesiale geleentheid wees waar die dagboek weer te voorskyn sal kom. 

Die opbrengs van die boek sal aangewend word vir die handhawing en uitbou van Afrikaans. Kontak die GHA by 012-335-3321, 082-570-0184 of This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it .

 

© 2024 Die/The Bronberger