Erasmus nakroos hou familiekerkhof in stand Print E-mail
News - Artikels
Monday, 25 March 2013 16:39
Untitled Document

Elsabé Maré

Erasmus-afstammelinge het onlangs saamgetrek om seker te maak dat hulle oorgrootouers, Coert en Lettie Erasmus, se plaasbegraafplaas in stand gehou word.


Die graf van Daniel Jacobus Erasmus Rademeyer vertoon ‘n klip wat van Majubaberg af kom en wys die Ossewa Brandwag-wapen. Daniel was getroud met Magdalena C Erasmus

Regs is een van die oudste Erasmus grafte. Flip se ouma en oupa se grafte is in die agtergrond: Pieter Isebrand Heslinga en Aletta Catharina Magdalena, gebore Erasmus

Coert Frederick Erasmus het in die 1800’s saam met die Potgietertrek in die gebied aangekom en hom op Hartebeestspruit, noord van Cullinan, gevestig.

Die familieplaas is in die 1980’s onteien, maar die nakroos hou gereeld daar ‘n saamtrek. 


Die toegegroeide grafte is netjies gemaak en herstel

Flip Riekert se oorgrootouers, Coert en Lettie Erasmus. Lettie was ‘n nooi Steenberg

Die familiekomitee, bestaande uit die voorsitter Flip Riekert van Kleinfontein, Callie van der Merwe, Ras van der Merwe en Kai van der Merwe, het ‘n saamtrek van 66 mense gereël. Die komitee het vooraf seker gemaak dat die deel van die begraafplaas wat vervalle was, herstel en netjies omhein is. 

Daar rus 60 mense in die begraafplaas.


Die familiekomitee bestaan uit die voorsitter Flip Riekert, Callie van der Merwe, Ras van der Merwe en Kai van der Merwe

 

© 2024 Die/The Bronberger