Dinge om te doen in 2013 Print E-mail
News - Artikels
Thursday, 28 February 2013 07:57
Untitled Document

Hierdie is die sesde jaar wat ons die Bronnie se heel gewildste tema ooit aanbied – dinge om te doen. Ons wys jou onder andere hoe om die adrenalien te laat pomp, waar die natuurreservate en museums is, waar om uit te eet, oor te slaap, te kuier, te trou, funksies te hou en watter markte, feeste en vendusies deur die jaar aangebied word.

Laat die adrenalien pomp
Wanneer laas het die bloed deur jou are gebruis, die wind deur jou hare gewaai en jy vlinders op die krop van jou maag gevoel? Hier is ‘n paar avonture wat dalk so reg in jou kraal val.

GorgeGlide Cullinan

GorgeGlide Cullinan bring jou in aanraking met asemsnak avonture met hulle ‘Xtreme Zipline Trail’, ‘n katspoegie van Cullinan af. Hulle is trots om ‘n nuwe era in ziplyne bekend te stel met hulle vier ziplyne wat wissel van 260 m op die ‘Granny’ tot 540 m op die monster genaamd ‘Superman’. Die vier ziplyne is kruis en dwars oor die pragtige Muningi-kloof gespan en bied jou ‘n asemrowende uitsig terwyl jy oor klowe van tot 70 m hoog gly. Kom aan; hierdie is jou kans. Moenie uitstel nie. Bel GorgeGlide by 012-736-9058 en bespreek jou avontuur vandag.

Bundu Bashing

Bundu Bashing is op ’n 43 ha plasie met natuurlike fonteine en damme. Aktiwiteite strek van vlotbou tot hengel (swartbaars, kurper en karp), ‘volleyball’, ‘paintball’, en ’n 4x4 baan wat uit natuurlike erosieslote en watergate bestaan. Daar is weermagstyl tent oornaggeriewe of kampering te huur. Dit is die ideale plek vir ‘n informele ‘bachelors’ partytjie, 21ste verjaarsdag, kinderpartytjies en spanbou-aktiwiteite. Hier is jy beslis weg van die stad se gewoel, maar dit is naby genoeg vir ’n vinnige uitstappie. Bundu Bashing is in Tweedracht, naby Avalon Castle en grens aan Klipkop-bewaringsgebied. GPS koördinate: 25.860067° 28.512069° of Bundu Bashing, Metsweding op Google Maps. Kontak Hennie Bothma by 076-661-0116, This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it of besoek www.bundubashing.co.za of www.bachelorpartyvenue.co.za .

Superb Flight Training

Is dit nog altyd jou droom om te leer vlieg? By Superb Flight Training (SFT) kos ’n inleidingsvlug vanaf R350. Jy leer met moderne Jabiru- en Tecnamvliegtuie vlieg, maar leer perspektiewe aan wat jou nie tot ligte vliegtuie beperk nie. Daar is ervare instrukteurs, vanaf vrywillige lugmag straler-vlieëniers tot ’n Boeing 737 instrukteur van SA Lugdiens. Superb Flight Training is by die Kitty Hawk luglandgoed op die Boschkop teerpad, die grootste vliegveld in private besit in die land. Skakel SFT by 012-811-2233, 072-201-7222, stuur ’n e-pos aan 'n This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it of besoek http://pilots.co.za.

Natuurreservate
Dagbesoekers of dié wat vir ‘n naweek wil wegbreek - ons wys jou waar jy kan wildkyk, wandel, perdryroetes, bootritte of lugballon ekspedisies deur natuurreservate kan neem of ‘n nagrit kan bespreek. En ja, die Groot Vyf is net ‘n katspoegie ver.

Rietvlei Natuurreservaat 

Foto: Gerhard Scheepers
Die Rietvlei Natuurreservaat is reeds in 1948 geproklameer en bestaan uit 3 800 ha Bankeveld vanaf die dam oor vlaktes, heuwels, vleie en stroompies. Wildspesies strek van jagluiperds, buffels, elande en renosters tot waterbokke, sebras en swart wildebeeste.  Hier kan jy in ’n oornag-hut bly, kampeer of net piekniek hou by die dam met sy groot verskeidenheid watervoëls. Jy kan vir nagritte gaan, op perdryroetes deur die reservaat, op ’n 10 km dagstaproete of ’n 21 km roete waar jy deur natuurbewaarders vergesel word. Visvang word toegelaat op die noordelike en westelike oewer en daar is ‘n seiljagklubhuis op die noord-westelike oewer. Die reservaat is uit met die Delmas-pad, naby die Nelmapius/R21 kruising. Vir meer inligting of besprekings, skakel 012-358-1810/1/2. Vir visvangpermitte, skakel 012-345-3917. Vir die seiljagklub, skakel 012-345-0621.

Dinokeng Groot Vyf Reservaat  

Die Dinokeng Groot Vyf reservaat noord van Cullinan is ‘n 18 500 ha reservaat wat bestaan uit individuele stukke grond in private besit. ‘n Verskeidenheid oornag-geriewe, vanaf kampering tot vier en vyfster verblyf is vir besoekers beskikbaar. Aktiwiteite strek van boogskiet, bootritte, kleiduifskiet, visvang, wildritte, staproetes, perdry, lugballonritte, ‘paintball’, skubaduik, wynproe, restaurante en pieknieks. Dié wildtuin het vyf toegangshekke. Die hoofhek, Boekenhoutkloofhek, word as volg bereik: Vanaf die N1 noord, neem die Boekenhoutkloof / Hammanskraal afrit. Draai regs oor die snelweg en volg die aanwysingsbordjies. Vir meer inligting, besoek www.dinokengbig5.com. Vir besprekings, besoek www.dinokenginfo.co.za, skakel 0861-346653 of stuur ‘n e-pos aan This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it .

Faerie Glen Natuurreservaat 

Die Faerie Glen Natuurreservaat is ‘n 128 ha reservaat rondom die Rhenosterkop gedeelte van die Bronbergrif en spog met kleiner soogdiere soos kleinkolmuskeljaatkatte, muishonde, groototters, hase en krimpvarkies en ’n groot verskeidenheid voëlsoorte. Daar is drie wandelroetes: Hadida is 2,3 km lank, Akasia is 3,2 km lank en Kiepersol is 4,2 km lank. Die veld is tipies van ’n oorgangsone tussen Bankeveld, suur gemengde bosveld en Akasia-veld. Die reservaat is oop van 6 vm tot 6 nm en besprekings is slegs nodig vir begeleide staptogte. Die ingang is uit Louis Botharylaan. Vir meer inligting, skakel 012-358-1510 of stuur ‘n e-pos aan Adelene Marais by This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it .

Op ‘n gallop
As jy mal is oor perde is hierdie jou afdeling, of jy nou ‘n beginner is, kompeterend aan skoue wil deelneem, op soek is na gesellige uitritte, ‘n goeie stal vir jou perd of ‘n piekniek, verjaarsdag of funksie by perde wil hou.

Liberty Stalle en Ryskool

Liberty Stalle en Ryskool is nie sommer net stalle nie. Dit is ‘n plek waar ruiters ontwikkel word, waar perde gelukkig is en vriende gemaak word. By Liberty word die potensiaal in elke perd en ruiter, jonk en oud, gekoester en ontwikkel. Daar is rylesse vir beginners tot gevorderde ruiters van alle ouderdomme en hulp met die voorbereiding en bywoning van skole skoue asook Gauteng Noord en Gauteng skoue. Liberty het 33 stalle, ’n verskeidenheid arenas, en hou skoue en vakansiekampe. Die klubhuis is te huur vir klein geleenthede soos verjaarsdae en kantoorpartytjies. Jy kan ’n groep uitrit kombineer met ’n piekniek, ’n romantiese perdepiekniek vir twee aandurf of ’n onvergeetlike kinderpartytjie reël. Liberty is op die Boschkop-pad, 5 km vanaf Lynnwoodweg. Bel Juanita by 082-417-8137 of besoek www.stablesatliberty.com.

Cullen Stalle

Cullen Stalle bied rylesse in klein groepies van nie meer as vyf mense nie, of individuele lesse, vir beginners tot gevorderde ruiters. Alle lesse word gegee deur gekwalifiseerde instrukteurs met ondervinding in ‘n veilige perdry omgewing en fasiliteite met betroubare skoolperde. Poniekampe, pret dae en skoue word gereeld gehou. Daar is oggendlesse vir vrouens, kwaliteit stalle, voorbereiding en begeleide deelname aan die meeste skoue. Alle toerusting is beskikbaar vir tydelike gebruik. Dit kos R490 ‘n maand vir een 45 minute les per week. Bel Llewellyn Mason by 083-227-8048. Besoek www.cullenstables.co.za of sluit by Cullen Stalle aan op Facebook. Hulle is net af van Lynnwoodweg-verlenging. GPS 25*48,15'S,28*24,05'E

Silva Pegasus

By Silva Pegasus doen hulle dinge ‘n bietjie anders. Elke perd in hulle sorg word liefgehê en versorg asof dit hulle eie is, en dié soort sorg geld ook vir die perde se menslike vennote. Daar is ‘n instrukteur vir elke vlak van perdry en in omtrent enige dissipline. Of dit nou net vir pret en ontspanning, vir terapeutiese redes of op kompeterende vlak is, een ding is gewaarborg – jou siel sal gevoed word. Soos Winston Churchill een keer gesê het: “There is something about the outside of a horse that is good for the inside of a man.” Kontak Debbie by 083-447-2524, This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it of This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it of besoek www.silvapegasus.co.za. Hulle is in Boschkop.

Pacific Blaze

Dié ryskool bied jou nie net perdrylesse nie; by Pacific Blaze is daar ook ’n plek vir kinderpartytjies, volwasse funksies, eindjaarfunksies, troues en konferensies. Basiese perdrylesse kos R150 per les. Pacific Blaze is uit met Garstfonteinweg-verlenging, 14 km van Woodlands Boulevard. By die Spenmist bord draai jy links en ry 3 km tot by hulle plek. Bel Sonette by 012-811-0069,  084-516-7353 of  079-344-1490 , stuur ’n e-pos na This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it . Besoek www.pacificblazepta.co.za.

Zoya’s Stalle

Zoya’s Stalle is private stalle op ’n 13 ha plot. Dié is ‘n klein onderneming, wat beteken dat hulle meer aandag aan al die perde gee. Hulle kry gereeld wortels en appels vir ‘n bederf. Daar is groot kampe waar al die perde saam wei met genoeg weiding deur die jaar. Hulle fasiliteite is netjies en skoon en hulle is nie baie besig nie. Kom en wees deel van die Zoya-familie. Zoya’s Stalle is op plot 84, Klipkop in Lynnwoodweg-verlenging (Grahamweg) ongeveer 16 km vanaf Hans Strijdomrylaan. Vir meer inligting kontak Charlene Herbst by 083-790-7373 of besoek www.zoyastables.co.za.

Versot op toeka
Gaan kyk hoe toeka se mense gelewe het. Jy kan op begeleide toere deur ons kontrei se museums gaan, deelneem aan programme wat op ‘n tipiese ou plaaswerf aangebied word of ‘n historiese stoomtreinrit na Cullinan ervaar. En as jy gek is oor oudhede en voel jy moet iets saamvat huis toe, wys ons jou waar om dit in die hande te kry

McHardy Huis Museum

Die eerste huis wat in 1903 in Cullinan gebou is, staan vandag as die McHardy Huis Museum bekend. Dié huis is vir die Premiermyn se eerste bestuurder, William McHardy gebou en met sy dood in 1913 het die myn sy vrou en sewe kinders die reg gegee om lewenslank daar te bly. Die laaste McHardy suster is eers in 1984 oorlede. So het dit gebeur dat ‘n McHardy die huis vir 81 jaar lank bewoon het en die museum vandag kan spog met die gesin se oorspronklike meubels, ornamente, kombuisware en foto’s. Die myn het die huis in 1988 as museum verklaar. Die museum is elke dag, behalwe Dinsdag, vanaf 10:30 vm tot 3 nm oop. Bel die toergids Werner Schellack by 073-946-8569.

Sammy Marks Museum  

Sammy Marks het met ’n stel silwer messe in Suid-Afrika aangekom en het een van die land se bekendste sakemanne geword en ‘n beduidende rol in mynwese en die nywerheidsontwikkeling van ons land gespeel. Die statige Victoriaanse opstal, Zwartkoppies Hall, wat Sammy vir sy gesin op die plaas Zwartkoppies gebou het, is vandag ‘n museum. Die huis het 45 kamers vol van die Marks-gesin se ornamente en handgemaakte meubels. Jy kan op ‘n begeleide toer deur dié museum gaan. Skakel 012-755-9541 of 083-280-3797 of stuur ‘n e-pos na This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it . Besoek: www.ditsong.org.za/sammymarks.htm. Die Sammy Marks-museum is op die ou Bronkhorstspruitpad. Koördinate: suid 25°445941, oos 28°224816.

Willem Prinsloo Landboumuseum  

Willem Prinsloo Landboumuseum is ’n kombinasie van ’n opelugmuseum met ’n egte plaasatmosfeer en kultuurtradisies, ou opstalle, en permanente uitstallings soos koetse en veteraan landbou-implemente. Spesiale programme word vir groepe aangebied soos die maak van roosterkoek, broodbak in ’n buite-oond, mampoerstook, kleilatgooi, die maak van klei-osse, koeimelk, sweepklap en verepluk. Hulle is oop van 8 vm tot 4 nm in die week en van 9 vm tot 4 nm oor naweke. Toegang is R15 per volwassene en R10 per kind. Dié museum, op die plaas Kaalfontein op die ou Bronkhorstspruitpad, is bekend as die tuiste van die jaarlikse mampoerfees en plaasfees. Die Lapakraal op die plaas is selfsorg verblyf met 80 beddens. Skakel 012-736-2035/6, e-pos: This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it , webtuiste: www.ditsong.org.za/willemprinsloo.htm

Friends of the Rail 

Het jy al ooit in ‘n historiese stoomtrein gery? Friends of the Rail is ’n geregistreerde erfenisbewaringsvereniging wat ou stoomtreine restoureer en toeriste op daguitstappies na Rayton en Cullinan neem. Die stoomtrein-roete begin by die depot in Hercules. Jy kan op een van die geskeduleerde toere gaan, ‘n private trok, wat wissel in grootte vir tien tot 70 mense, vir jou geselskap huur of sommer die hele trein vir ‘n verjaardag, troue, fotosessie of werksfunksie huur. Bring jou eie verversings of vra Friends of the Rail om etes te bedien. Vir besprekings en ’n skedule van uitstappies en aktiwiteite, besoek www.friendsoftherail.com. Stuur ‘n e-pos aan This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it of skakel 012-767-7913 of 082-098-6186.

Onverwacht 

Onverwacht is ’n geskiedkundige nedersetting van swart Afrikaners, afstammelinge van bevryde Maleise slawe wat deel van die Malan nátrek gevorm het. Hulle woon al langer as ’n honderd jaar op grond wat Paul Kruger aan hulle toegestaan het en wys graag vir toeriste hoe hulle bak en brou. Jy kan ‘n kultuurhistoriese toer deur die nedersetting, 10 km noord-oos van Cullinan, doen. Die Sondag skop af met ’n kerkdiens by Onverwacht se Verenigde Gereformeerde Kerk, waarna jy met ‘n donkiekar kan rondry, by die inwoners aan huis gaan teedrink of ‘n tradisionele middagete eet en selfs die begraafplaas waar dié dorp se voorsate lê, kan besoek. Bel vir Patricia Machobane by 076-756-9518.  

Roesvry

As jy gek is oor oudhede is Roesvry Oudhede en Meubels die plek vir jou. Noem dit, en as dit iewers op jou oupagrootjie se plaaswerf of in die opstal gestaan het, is die kanse goed dat jy dit hier sal raakloop. Die perseel is ook te huur vir foto-sessies, ‘n kombuistee, ooievaarstee of verjaarsdag met ‘n verskil. Of val sommer net in vir ‘n tradisionele stuk melktert en koffie. Roesvry is in Zwavelpoort, Lynnwoodweg-verlenging, tussen die Paul Jungnickelhuis en Eastridge Building & Supply Centre. Skakel 012-817-2098, 072-902-7815 of 081-570-6781, stuur ‘n e-pos aan This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it of soek hulle op Facebook.

Markte, feeste en vendusies
Kyk ‘n bietjie hier na die feeste en konserte wat deur die jaar in ons kontrei gehou gaan word – van ‘n 4x4 Familiedag tot ‘n Maplotter Gospelfees, van die Protea Cullifest tot ‘n familie-erfenisfees. Ons vertel jou ook van gereelde markte en veeveilings wat jy kan bywoon.

4x4 Familiedag

Spring nou om deel te word van die 4x4 familiedag op Saterdag 9 Maart by Rhino Park. Dié dag, wat gereël is om fondse vir Reach for a Dream in te samel, begin 8 vm en toegang is gratis. Daar gaan ‘n avontuur hindernisbaan (sandresies) wees (R250 per voertuig), baie eet- en drinkgoed, vermaak en musiekvertonings, pryse om te wen, kuns en handwerk uitstallings sowel as buitelug- en voertuiguitstallings. Bespreek vooruit by This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it . Skakel 012-368-1542. Van die N4 snelweg, neem die Rayton/Cullinan/Bapsfontein afrit. Draai regs op die R515 in Bapsfontein se rigting. Na ongeveer 4 km, draai links by die McCarthy 4x4 Klub / Rhino Park-bord. S25º 49,890 E28º 32,333.

Protea Cullifest

Die jaarlikse Cullifest trek op 4 Mei vanjaar ‘n nuwe baadjie aan met ‘n groot protea-skou waar daar ook protea-blomme en -plantjie verkope sal wees. Die Cullinan-omgewing het in die laaste klompie jare ontwikkel as die gebied in Suid-Afrika, wat naas die Kaap, die meeste proteas lewer. Cullifest bied steeds die kunsstalletjies en heerlike kosverkope. Van verlede jaar af sorg ‘n baie groot tent vir ‘n heerlike atmosfeer, ongeag wat die weer inhou. Gedurende die dag tree Flooze/Sorina en sangers van Bugle Production House op, en die aand is die gesellige kuier met Heinz Winckler wat optree. Ds Charl Bredell (regs) en Japie van Staden, proteaboer van Doornkraal buite Cullinan, wys van die proteas wat by die Cullifest vertoon en te koop aangebied gaan word. Navrae by 083-865-0563 of 012-734-1445.

Steve Hofmeyr konsert

Steve Hofmeyr kom op Saterdag 1 Junie in ons kontrei konsert hou. Die konsert, ‘25 jaar se Bestes’, word by die CVO Skool Pretoria op die hoek van Grahamweg (Lynnwoodweg-verlenging) en Arthurweg (Valley) in Zwavelpoort aangebied. Die konsert begin 6 nm en vooruitbesprekings is nodig. Kaartjies kan by Computicket bespreek word en die prys is R115 vir volwassenes, R75 vir hoërskool leerlinge en R45 vir laerskool leerlinge. Met meer as 200 oorspronklike liedjies op sy kerfstok, hou Steve Hofmeyr aan om sy gehore te bekoor. Verwag niks minder van hierdie vertoning nie. Kontakpersone: Skool: Wilma Oelofse, 083-636-6070 / 083-633-9370; Konsert: Schalk van Schalkwyk, 012-811-2200.

Vendusies by KWD Voere

Wanneer laas was jy op ‘n veeveiling? Op Saterdag 9 Februarie het Vleissentraal ‘n dorperveiling namens Genetic Alliance by KWD Voere se terrein, 0,04 km oos van “Fourways” op die R513, buite Cullinan gehou. Hulle beoog om dit ‘n jaarlikse instelling te maak. Dis die tweede veiling wat Genetic Alliance hou en die eerste een in Cullinan. KWD Voere versprei ‘n groot verskeidenheid veevoer, hondekos en voëlsade teen redelike pryse. Hulle is weeksdae van 8 vm tot 5 nm en Saterdae van 8 vm tot 12 nm oop. Vir meer inligting oor veilings of voere, bel vir Jaco: 079-879-3500. GPS: S 25º 40’35.8” E 28 º 32’13,4”

Maplotter Gospelfees

Cullinan se Maplotterfees word vanjaar herdoop en verhuis na ‘n nuwe groter terrein met afdakke en sale op KWD Voere se terrein. Die Volle Evangelie Kerk op Cullinan bied die Maplotter Gospelfees op 31 Augustus aan van 8.30 vm tot laat. Tuisgebak en interessante stalletjie sal jou verras, tipies wat jy by ‘n Maplotterfees kan verwag. Sien jou daar. Ry op die R513 deur Cullinan en verby die Shell garage by “Fourways” en die KWD-terrein is 0,4 km verder aan jou linkerkant. Bel vir Mark Barker by 082-359-8778.

Genealogie en Familie-Erfenisfees

Het jy nog altyd gewonder waar jou familiewortels lê en hoe om inligting oor jou familiegeskiedenis na te vors? Isabel Groesbeek organiseer in samewerking met die NG Gemeente Lynnwoodrif die sesde jaarlikse Genealogie en Familie-Erfenisfees in sameloop met die Rif Makiti. Bring jou vrae oor familieherkoms en kuier saam met verteenwoordigers van familiebonde, navorsingsinstansies, genealogiese verenigings en boekwinkels. Inligtingsessies word aangebied (bespreek jou plek). Die fees is op Saterdag 31 Augustus vanaf 8.30 vm te NG Gemeente Lynnwoodrif Atrium, Lanciastraat 269. Daar is ‘n teetuin, eetgoed, handwerkmark en vermaak vir kinders. Kontak Isabel by 082-441-2325 of This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it .

Plotklop

Op Saterdag 31 Augustus hou die Montessori Akademie en Kollege hulle jaarlikse Plotklop. ‘n Dag van familie-pret word op die skoolgronde in ‘n pragtige plaasomgewing gehou. Vanjaar vier hulle Maria Montessori, die stigter van die Montessori onderrigmetode, se verjaarsdag. Ander Montessori skole neem ook deel aan die dag en die inter-skool sokker. Plotklop begin 11 vm met vlooimarkstalletjies, ponieritte, springkastele en heerlike kos te koop. ‘n Potjiekoskompetisie en groot kampvuur sluit die dag se verrigtinge af. Bring opvoustoele, vriende en familie. Dié akademie is net 10 minute oos van Menlyn. Stuur ‘n e-pos aan This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it of kontak Tania of Sharon by 012-996-3312.

Under-the-Oaks Mark

Kom geniet ‘n gesellige dag in die sonskyn voor die McHardy Huis Museum op die laaste kruising van Oaklaan, Cullinan. Die mark is op die eerste en laaste Sondag van die maand, openbare vakansiedae en wanneer die stoomtrein Cullinan toe ry. Dit is van 9 vm tot 3 nm. Lilo Weideman vra dat bestaande en voornemende uitstallers hom vroeg in die week moet skakel vir die bevestiging van staanplek en van die ware wat te koop aangebied word. Skakel 083-254-2545.

Klip Klap Oudhede en Kunsmark

Die eklektiese Klip Klap Oudhede en Kunsmark neem steeds in gewildheid toe en wat opval is dat die organiseerders daarin slaag om ten spyte van dié groei die besondere atmosfeer waarvoor die mark bekend geword het te bewaar. Nie net bied Klip Klap met sy bosveld-in-die-stad atmosfeer ‘n wye verskeidenheid van oudhede, kwaliteit kuns, boeke, juweliersware, dekor items, snuisterye en meer aan nie, maar besoekers praat al hoe meer oor die heerlike eetgoed wat met ‘n glasie wyn geniet kan word. Klip Klap is elke derde Sondag van die maand op plot 78A Leanderstraat, Olympus. Draai uit Olympus oos (by Die Werf Restaurant) in Leanderstraat. Skakel Chris by 082-755-0586. Webwerf: www.klipklap.co.za.

Kuier in ons kontrei
Ons kontrei se mense weet hoe om hulle kuierplekke besonders anders te maak; van kunskos tot ‘n rustige-lewe bestemming, van ‘n klub waar jy tromslaan tot ‘n pannekoekplek, kroegetes, teetuine en slotmasjiene. Hier kan jy plattelandse stilte ervaar, na musiekgroepe luister, na vuurdansers of die ‘passing parade’ kyk terwyl jy jou honger en dors stil.

La Vie Lente

‘La Vie Lente Urban Farm’, die rustige-lewe bestemming, is ‘n spesiale kombinasie van al die dinge in die lewe waarvoor ‘n mens ‘n fyn waardering ontwikkel, en ‘n versinnebeelding van die eerlike, eenvoudige lewe. La Vie Lente Café en Bistro het ‘n kontemporêre spyskaart van kwaliteit disse in ‘n familie-vriendelike omgewing. Daar is private funksievertrekke vir ‘n kombuistee, verjaardag of ooievaarstee sowel as besigheidsfunksies of vergaderings. Die ‘Urban Farmhouse’ boetiek bied plattelandse elegansie met pragtige en funksionele huisware. Wat dié plek anders maak is hulle filosofie oor die hergebruik van materiaal in bouwerk en ontwerp, hulle organiese, son-geroosterde koffie, houtvuur gebakte brood en gebeurtenisse soos kookdemonstrasies, tee-en-bederf-dae en wynproe. Hulle is op plot 242, Lynnwoodweg-verlenging (M6, Grahamweg). Skakel 072-916-7801.

Klitsgras Drumming

Klitsgras Drumming is ‘n familie-vriendelike plek wat ‘n unieke ondervinding bied met al die fasiliteite wat ‘n normale klub het. Daar is ‘n ten volle toegeruste kroeg, eetgoed, koffiewinkel en houtvuur pizza-oond. Toegang is R45 per persoon op normale aande en R50 vir spesiale geleenthede soos: ‘n musiekgroep elke tweede Vrydagaand; “Chillin Sunday” met vier akoestiese groepe een maal ‘n maand; en ‘n solo-kunstenaar en ou fliek een Woensdagaand ‘n maand. Vir R40 kan jy ‘n trom huur, in die amfiteater rondom ‘n gesellige vuurtjie sit en meedoen aan die vermaak wat vuurdansers en didgeridoo-spelers insluit. ‘n Perseel wat baie gewild is vir alternatiewe troues, verjaarsdae en jaareindfunksies, is te huur. Hulle doen eksterne opvoerings en bied werkswinkels in vuurdanse, didgeridoo en Djembé Afrika tromme en interaktiewe tromsessies vir skoolleerlinge.Klitsgras is uit met Garstfonteinweg-verlenging in Tierpoort. Besoek www.klitsgras.co.za of bel Andries by 083-311-0025.

Die Hoek

Op die hoek wat die ou Bronkhorstspruitpad met die pad na Rayton maak is ‘n rustige kuierplek. Die ‘locals’ wat veral gereeld daar gaan uitspan noem dit Tannie-Pop-Op-Die-Hoek. Dié eg plattelandse kuierkroeg en eetplek spog ook met ‘n kwekery, ‘n verfbalbaan, ‘n vlooimark en eiendomskou elke Saterdag en ‘n stoep vol papegaaie van uiteenlopende aard. Vir meer inligting en om kraampies te bespreek bel Theunette by 082- 691-1703.

Harrie’s Pannekoek

Harries Pannekoek se wye keuse van gevulde pannekoeke lok menige stadsbewoner na Cullinan. In die dorpie se geskiedkundige Oaklaan kan jy op die stoep of gemaklik binne sit en alles gade slaan. Warm, sout pannekoeke met heerlike vulsels of soet pannekoeke, tradisioneel, en met so ‘n lekker porsie roomys gaan goed af. Smaaklike plaasontbyte wat niks met pannekoek te doen het nie, is beskikbaar. Die bediening is vriendelik en gaaf en die geregte so smaakvol as wat dit keurig voorgesit word. Besoek Harrie’s by Oaklaan 112, langs die historiese Nedbank-gebou of skakel hulle by 012-734-1054.

Anja’s Teetuin

By Anja’s Teetuin word tuisgebakte koeke en ligte middagetes uit ’n pragtige kothuis bedien. Dié rustige plek in die skaduwee van ou jakarandabome is ideaal vir private partytjies soos ’n kombuistee of ooievaarstee en Anja maak ’n heerlike ‘high tea’. Sy bak al haar eie koeke en maak self die kos. Hulle is oop van Dinsdag tot Saterdag, van 9 vm tot 4 nm. Die teetuin is teen die voet van die Bronberg by The Willows Country Lodge tussen Karoo Kafee en Safari Kwekery op plot 21, Lynnwoodweg, Die Wilgers. Bel vir Anja Preussler by 012-807- 1036 of 072-153-6732, stuur ’n e-pos na This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it of besoek www.anjasgarden.co.za.

Villagers Restaurant

By Villagers kan jy buite onder die Gazebo sit en na die ‘passing parade’ van Cullinan se Oaklaan en Mainstraat kyk, in die formele eetkamer plaasneem of kuier by die lekker lang kuierkroeg en strategies geplaaste houttafels vlak by die kroeg se buitedeur. Villagers se spyskaart is omvattend en hulle is oop vir middag- en aandete en ontbyt oor naweke. Die keuse van kroegetes, burgers, geroosterde broodjies en ontbyte is wyd en daar is vele verrassings onder die voorgeregte, slaaie en hoofmaaltye. Geniet hulle daaglikse aanbiedinge op biefstuk en kerries en probeer die pizzas. Slotmasjiene gaan eersdaags beskikbaar wees. Villagers is in Oaklaan 112, Cullinan. Skakel 012-734-2286.

Albizia

Die kreatiewe smulkos van Albizia kan voortaan op Sondae by die pretplaas, Angies Place 10 km buite Cullinan geniet word. Angies Place is op die Boekenhoutskloofpad, net 600 meter ná die afdraai anderkant R&R slaghuis. Hier gaan Lientjie Wessels Denton nou haar bekende kunskosse voorsit. ‘n Gaskunstenaar sal by die middagetes optree. Die pretplaas bied vollop vermaak vir groot en klein. Jy kan hulle bel by 082-531-6141.

Kinderspeletjies
Dis nie altyd maklik om die kortvolk te vermaak nie, maar as dit by kinderpartytjieplekke kom is ons kontrei bobaas. Jy kan kies tussen ‘n mini-trein temapark, egte ou plaasvermaak, kaskarre, ‘n koei-trein, fietsie-bane en kinderplekke waar ouers ook rustig kan kuier.

Graceland Fun Farm

Graceland Fun Farm is ‘n kinderpartytjieplek op een van die mooiste perdeplase in ons kontrei met groen gras, 'n berg en rivier. Hier kry jy die gevoel van plaas met ponies, donkies, speel op 'n ou vaal-Japie trekker, Noddy karretjie, 'n ou Chef trok, of 'n rit in die "koei trein". Jy kry iets wat weer die kind in menige volwassene ook sal wakker maak. Vir vooruit besprekings kontak Charlene van der Merwe by 081-043-2990 of This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it . Besoek www.gracelandfunfarm.co.za. Hulle is op plot 198, Zwavelpoort, 7.5 km uit met Lynnwoodweg vanaf die Hans Strijdom kruising. Draai regs in die Zwavelpoortpad en hulle is 1,5 km verder.

Kleingeluk

Kleingeluk is ‘n plek waar families welkom voel. Hulle is ingerig vir kinderpartytjies, maar ook vir aandfunksies vir volwassenes, waar daar vir kinders voorsiening gemaak word. Die volwassenes kan lekker kuier in 'n ontspanne plattelandse atmosfeer, terwyl die kinders besig gehou word op die kaskarre, springkasteel, sandput, klimrame of die hindernisbaan vir fietse. Kleingeluk het hulle bekendstellingspiekniek op 2 Februarie gehou. Hulle is op plot 68, Kleinfontein. Bel Janine Botha by 084-508-1878 of Maria Viljoen by 082-829-1872 of stuur ‘n e-pos aan This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it

Cedar Junction

Cedar Junction mini-trein tema-park is die ideale plek vir die hele gesin. Daar is opwindende mini-treinritte (1.2 km treinspoor), sandputte, klimrame, trampolien, springkastele, ‘n swembad met glybaan, vyf private funksie onthaalplekke, ‘n restaurant, trapbootjies en meer as genoeg spasie vir kinders om na hartelus te baljaar. Besigheidsure: Woensdae – Sondae vanaf 8 vm tot 5 nm. Toegangsfooi: Weeksdae R10 per persoon; naweke en vakansiedae R20 per persoon. Cedar Junction is 8 km oos van die Hans Strijdomrylaan kruising, uit met Lynnwoodweg-verlenging in Zwavelpoort.
Besoek hulle webwerf vir opkomende gebeurtenisse by www.cedarjunction.co.za of kontak Elize per e-pos: This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it of skakel 012-811-1183. Facebook: Cedar Junction Theme Park.

Vir spesiale dae
Daar is ‘n paar baie spesiale dae in ‘n mens se lewe en ons wys jou watter plekke daarin spesialiseer om dié dae onvergeetlik te maak – van luukse trouplekke, kapelletjies en die verhuur van trou-bykomstighede tot die skep van atmosfeer met ‘n Arabiese tent.

Destiny Lodge

Destiny Lodge is ‘n spogplek in die Cullinan-omgewing waar troues, funksies en konferensies gehou word vir 50 tot 150 gaste. Vir troues kan Destiny spesiale versoeke hanteer, soos die bespreking van ‘n professionele fotograaf, aankoms met ‘n perdekar of antieke motorkar, troukoek, dominee, wittebrood-verblyf en en-suite gastekamers langs die swembad in ‘n spogtuin met fonteine en spesiale hoekies. Daar is ‘n pragtige kapel, kompleet met ‘n kerkklok, waar 150 gaste op outentieke hout kerkbanke kan sit. Kontak Heleen Petersen by 083-326-1141 of 012-736-9051 (kantoorure), This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it of This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it . Hulle is op plot 24, Lewzene Landgoed op die R513 na Bronkhorstspruit, net oos van Cullinan. Koördinate: S25º40’37.1 “E028º32’04.0”

The Wedding Venue

Die Venue se romantiese klip en grasdak kapel met sy pragtige loodglasvensters bied die ideale atmosfeer vir jou spesiale dag. Hierdie is ’n elegante gevestigde funksiesentrum wat spesialiseer in troues, konferensies, jaareindfunksies, verjaarsdae en matriekafskeidfunksies. Die funksie-saal is stylvol en elegant en sal jou gaste nog lank aan die praat hou. Daar is ook ’n gastehuis met ’n wittebrood suite en 15 en-suite slaapkamers. Hulle Kersehuis het ’n groot verskeidenheid kerse en kersstaanders om uit te kies. Spysenieringstoerusting en noodsaaklikhede vir funksies is ook hier te huur – van tafels en stoele tot tafeldoeke, eetgerei en breekware. Die Venue is op die hoek van Hans Strijdomrylaan en die N4. Skakel 073-776-6225, stuur ’n e-pos aan This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it of besoek www.thewv.co.za.

Baobab Tente

Jy kan ‘n wonderlike atmosfeer met Baobab Rektente skep vir jou spesiale dag. Niks keer jou om jou droom onthaalplek met die hulp van kenners self te skep nie. Baobab het ‘n tent-grootte vir elke okkasie. Van ‘n tipiese Arabiese tent tot ‘n oop atmosfeer of warm, snoesige hoekies – die moontlikhede is eindeloos en Baobab se terrein-inspekteurs sal vir jou presies vertel wat moontlik is op die plek waar jy jou tent wil opslaan. Hulle doen alles vir jou – van tent-aflewering, opslaan en aanpas vir jou plek. Tel: 071-003-3744, e-pos: This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it , webtuiste: www.baobabtents.co.za.

Op die plek rus
As jy ‘n troue, funksie of konferensie in die Bronberg-wêreld bywoon en op soek is na oorslaapplek, is hierdie net vir jou. Ons vertel jou van luukse verblyf, sjarmante kothuise, asemrowende uitsigte en opregte plattelandse gasvryheid, ‘n blote klipgooi uit die stad uit.

Sherewood Lodge

As jy op soek is na rus, vrede, gemak en rustigheid is Sherewood Lodge die plek om te wees. Die 11-slaapkamer grasdak gastehuis is in ‘n Afro-Europese styl ontwerp met warm Afrika-kleure en natuurlike material van klip, hout en leiklip. Dit skep ‘n atmosfeer van totale sinergie met die inheemse boswêreld en kliprantjie. Daar is ‘n ontbytkamer, sitkamer, buite-dek onder groot koeltebome, swembad en ‘n 45-sitplek konferensiesentrum. Elke slaapkamer het ‘n stoep en tuintjie. Die gastehuis bied maklike toegang tot Lynnwoodweg, Solomon Mahlangu-rylaan en die N4 snelweg oorkant Silver Lakes. Hulle is in 100R Colestraat, Shere. S 25° 47.881 E/O 28° 21.229. Skakel 012-809-2398 of 079-318-3092, e-pos: This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it of besoek www.sherewoodlodge.co.za.

Jopasso Gastehuis 

Jopasso is ‘n vier-ster gastehuis bo teen die Bronbergrif in Wapadrand. Behalwe ‘n ongelooflike uitsig, bied dié plek jou ‘n kombinasie van gasvryheid, privaatheid en gemak. Die luukse akkommodasie sluit badkamers en televisie in, sommige met aparte ingange, balkonne en tee en koffie-fasiliteite. Jopasso is in Wagonwheel-laan 966, Wapadrand. Bel vir Louisette by 012-807-0902 of 083-302-1163, stuur ‘n e-pos aan This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it of besoek www.jopasso.co.za.

On The Rocks Verblyf

On the Rocks Verblyf bied twee sjarmante plattelandse selfsorg eenhede vir gaste wat troues of konferensies by een van die menige troue/konferensie-plekke in die Bronberg-gebied bywoon of sommer net wil wegkom uit die stad se gejaag. Die tuinwoonstel is geskik vir ‘n paartjie met twee kinders en die kothuis is ‘n drie-slaapkamer, ses-slaper eenheid. On the Rocks is in Zwavelpoort en het ‘n lieflike dam vir vliegaashengel en die verblyf is ideaal vir gaste wat entoesiasties is oor dié spesiale soort visvang. Kontak Gretchen vir tariewe en meer inligting by 082-305-1154 of e-pos This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it .

Formosa B&B

Formosa B&B bied jou ‘n lekker naweek-wegbreek naby aan die huis, maar tog weg uit die stad se gewoel. Ontspan in die rustige tuin met sy plaasatmosfeer en volop voëllewe. By Formosa is gasvryheid die mense se trots en hulle maak seker daar is diskrete aandag aan die fynste besonderhede en uitstekende diens. Die kamers is almal en-suite en toegerus met die nodige fasiliteite. Jy kan kies tussen ‘n selfsorg-eenheid of kan jou ontbyt in die ruim eetkamer geniet. Dié gastehuis is naby winkelsentrums, trouplekke en perdryskole. Formosa is op plot 77, Bashewa, net af van Garstfonteinweg (M30). GPS koördinate: ES S25 55 27.2 E028 24 54.3. Tel/Faks: + 27(0) 12 811 0232, sel: + 27(0)83 510 7365, e-pos: This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it , webadres: www.travelandstayinsa.co.za/formosa.

Oude Hout Mountain Lodge

As jy op soek is na luukse selfsorg of bed-en-ontbyt verblyf vir 29 gaste of selfs oornag fasiliteite vir kampeerders is Oude Hout Mountain Lodge die plek vir jou. Dié herberg met sy pragtige uitsig kan tot 100 gaste akkommodeer. Daar is ook ‘n gedeelte van die plot wat spesiaal vir kinderpartytjies is met ‘n ‘foefieslide’ kabel oor die dam, en vlotte op die water. Dit gee kinders die kans om soos in die ou dae te speel. Vir grootmense is daar ‘n boetiek-spa. Oude Hout is geleë teen Lynnwoodweg-verlenging. Eunice: 072-235-8912, Jozanne: 082-565-3883, e-pos: This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it .

Laat jou kreatiwiteit ontluik
Dié is jou afdeling as jy jou kreatiewe sy wil uitleef of jou skeppings-vaardighede wil opknap – van sangopleiding en drama-onderrig tot skilderkuns, grafiese kuns, ‘n kunswinkel wat klasse aanbied tot die Karoo-belewenis waar jy werkswinkels kan bywoon en jou kan verlustig in alles wat die oog streel.

Esperance Musiek & Drama Studio

Daar is min kreatiewe aktiwiteite wat kom by sangopleiding as terapie, want dit bou aan ‘n mens se selfvertroue, asook uitdrukkings- en kommunikasievermoë. So sê Esperance Grobler van die Esperance Musiek en Drama Studio in Wapadrand. Sy het agt jaar ondervinding in musiek- en drama-onderrig, spesialiseer in sangopleiding vir hoërskoolleerlinge, studente en die afgelope twee jaar ook volwassenes, nadat sy haar Sang Onderwyslisensiaat deur Unisa voltooi het. Esperance wend haar drama-opleiding aan by sanglesse, en sê dat die sangstem as enigste menslike musiek-instrument, jou hele menswees betrek en affekteer. Esperance gee ook klavierlesse. Kontak Esperance by 083-268 6268, 012-807 2582, This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it of besoek www.esperanceg.co.za.

Annetjie se Waterverfklas

In die heerlike kreatiewe atmosfeer van Annetjie se Waterverfklas in Silver Lakes groei die vriendskappe saam met die skeppende werke. Nuwelinge word dadelik spontaan deel van hierdie groepie entoesiastiese 'kunstenaars'. So skilder-skilder loer ons oor mekaar se skouers en raak saam opgewonde oor die vordering en die unieke kreatiewe vermoëns van waterverf. Aan die einde van die drie-uur-sessie, met ‘n verversingtjie in die hand, ruil ons opbouende menings uit oor die resultate van die individuele pogings. Stokflou maar geïnspireerd ‘tot-siens’ ons mekaar ‘tot volgende week’. Bel Annetjie van Schalkwyk by 082-925-4385.

Kreatiewe Kunsklasse met Katanya

Wil jy leer hoe om jou eie onbeperkte kreatiewe potensiaal op jou eie manier aan te wend? By Katanya se kunsklasse leer jy nuwe tegnieke en vaardighede aan wat jy kan gebruik om pragtige kunswerke te skep. Katanya se kunsklasse ontwikkel kreatiewe talent, dit is motiverend, en moedig die verbetering van goeie kunssmaak en estetiese waardering aan. Tekenklasse bestaan uit verskeie praktiese oefening om kreatiwiteit te ontwikkel en elke les is in die fynste besonderhede uitgewerk vir die maksimum impak. Jy leer al die basiese elemente van hoe om ‘n suksesvolle skildery te skep. Katanya se kunsklasse word in Faerie Glen aangebied. Bel haar by 083-326-9086 of 012-991-8483.

Elsche Sion Grafiese Ontwerp Ateljee

Wil jy jou ontwerp-talente ontdek? Kom leer by iemand wat verantwoordelik was vir Nando’s se oorspronklike in-huis en verpakkings-ontwerpe en ‘n London Internasionale toekenning gewen het vir Nando’s se roomys etikette. Elsche Sion Grafiese Ontwerp Ateljee bied jou ‘n ses-maande kursus in rekenaarontwerp-programme, soos ‘Freehand’, ‘Photoshop’, ‘Illustrator’ en ‘Indesign’, wat jou sal help om ‘n kreatiewe portfolio op te bou om ‘n voet in die deur te kry in die grafiese ontwerp-wêreld. Sy gee individuele aandag, wat jou help om jou eie kreatiewe ontwerpe te skep wat jy met vertroue kan voorlê. Bel Elsche tussen 4 nm en 6 nm by 083-428-8716. Haar ateljee is in Faerie Glen.

Creative Art & Decor

By die nuwe Creative Art & Décor in Rayton kan jy nie net alles wat nodig is om uiting te gee aan jou skeppende talente, aankoop nie, jy kan ook die fynere ‘kunsies’ van verskillende kunsvorme aanleer. Gereelde klasse in decoupage, mosaïek, piouterwerk en skilderkuns word ondermeer aangebied. Bekende skilder, Edith Schmidt, het haar onlangs aangesluit by die span wat jou skeppings-vaardighede opknap. Die klasse is bekostigbaar en prettig. Creative Art & Décor, in die Roelf Kruger-sentrum agter Pick & Pay, het ‘n groot verskeidenheid hulpmiddels vir mosaïek, piouter, decoupage, kralewerk, kunsnaaldwerk, teken en skilder en meer. Hier kan jy ook oorspronklike geskenke, speelgoed en al jou skryfbehoeftes kry. Bel Megan by 072-153-3383.

Karoo-belewenis

Besoekers aan die Karoo-sentrum aan die voet van die Bronberg in Lynnwoodweg voel asof hulle ‘n ander wêreld, weg uit die stad se gejaag, betree. Hier het enige skeppende siel meer as genoeg kans om die kreatiewe sappe te laat vloei. Die Karoo Square-gemeenskap wil die kennis en vaardighede wat vloei uit die kreatiewe proses van elk van sy dele, versprei. Gereelde werkswinkels en klasse word gehou waar die bruikbare resultate van eksperimente in volhoubare argitektuur, pottebakkery, kuns, tuinbou, grafiese en tekstiel-ontwerp en fynere kunsies van kosmaak geleer word. Die Karoo Leefstylsentrum is ‘n toevoeging tot die reeks winkels by Karoo Square. Besoek www.karoolifestyle.co.za.

By Silverwood het jy ‘n voortreflike keuse meubels. Ou hout van die Markteater en ander ou geboue word gebruik om nuwe meubels in ‘n tradisionele styl te skep. Kontak Karel Gerber by 072-651-3554.
As alles nostalgies jou aanspreek, is Faded Grace die plek vir jou. Jy kry klere, meubels en kombuisware met ‘n gevoel van gister. Hulle verhuur ook oudhede as dekor vir fotosessies, troues, funksies en filmstelle. Skakel 082-786-3395.

Optimum Frames bied kreatiewe, bekostigbare raamwerk met die werkswinkel op die Karoo-perseel. Hulle maak spesiaal rame vir enigiets met sentimentele waarde, boksrame vir sportmemorabilia, rame vir skilderye en etse. Bel Carin Erasmus by 073-170-8314.

Simo’s Coffee Roastery bied die beste en varsste koffiebone en lewer produkte en ‘n diens wat ongeëwenaar is in die bedryf. Hulle gebruik slegs 100% Arabica-bone. Eienares Sonja Sims is deur die befaamde Aharon Baruch opgelei. Bel haar by 082-562-3121.

Candles for All bied kerse vir funksies, troues en is die ideale verskaffer aan kerke, restaurante, konferensieplekke en gastehuise. Hulle bied kreatiewe werkswinkels aan en doen kinderpartytjies waar kerse gedip en geverf word. Bel Riki by 082-630-8344.

Jou tuinparadys
Dié afdeling is vir diegene wat ‘n soektog na besonderse dinge vir die tuin in opwindende naweek uitstappies wil omskep. Van inheemse plante tot spuitfonteine, beeldjies, potte, kwekery-teetuine en selfs ‘n roosboetiek en besoek aan ‘n roosplaas – hier wys ons jou waar om die plekke te vind.

Stoffel se Troffel

Stoffel se Troffel is ‘n plek wat jy nie kan miskyk as jy oos uitry met Lynnwoodweg-verlenging nie. Dié plek van die kunstige betonbeeldjies, pilare, fonteine en potte bied ook ‘n kwekery en teetuin wat verhuur word vir funksies en partytjies. Hier is ‘n groot verskeidenheid produkte en plante, asook inheemse plante. As hulle iets nie het nie, soek hulle dit vir jou. Stoffel se Troffel se wagwoord is vriendelike diens. Hulle deel graag hulle jare se kennis met klante. Kontak Louise, Stephanie, Lzt en Miems by 012-811-2042 of 082-788-4817, stuur ‘n e-pos aan This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it of besoek www.stoffelsetroffel.com.

Wild Route

Wild Route is ‘n groothandel kwekery wat hoofsaaklik inheemse bome kweek. Hulle verskaf bome en plante aan landskapargitekte en doen stedelike vergroeningsprojekte soos rehabilitasie in die Moreletaspruit, en die aanplant van bome by skole, kerke en gemeenskapsentrums. Besighede of private mense kan ‘n boom teen R100 borg wat Wild Route dan vir hulle gaan plant en ‘n sertifikaat stuur met die koördinate. Hulle het die kontrak gekry om bome te verskaf en plant vir die rehabilitasie van die rioolpyplyn langs die Moreletaspruit. Hulle het in Februarie bome in die Faerie Glen Natuurreservaat begin plant. Wild Route is oop vir die publiek van Maandag tot Saterdag van 8 vm-12 nm. Kontak Danie van Eeden by 072-376-7831, This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it , of besoek www.wildroute.co.za of Facebook: Wild Route Environmental Consultants.

Soleil

By Ludwig’s Soleil Snyrose in Tygervallei kan jy plaaslik-gekweekte roosplante en snyrose van ‘n hoë gehalte aankoop. ’n Teetuin, Rose Rendezvous, en ’n roosboetiek, Thorns ’n Things, waar jy spesiale roosprodukte, soos rooslikeur, en die hele reeks van Ludwig se roossorgprodukte in die hande kan kry, is ook op dié roosplaas gevestig. Soleil is sewe dae ‘n week oop en jy kan daagliks ’n wye verskeidenheid vars, gesonde snyrose en roosplante, wat op die plaas gekweek en geklimatiseer is om in ons gebied te floreer, aankoop. Soleil is op plot 4, Tygervallei. Die toegangspad draai uit Lynnwoodweg-verlenging, 3 km oos van Hans Strijdomrylaan. Skakel 012-809-0134/5 of stuur ’n e-pos na This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it .

Newlands Garden Centre

Newlands Garden Centre verskaf alles wat jy benodig om jou agterplaas in ‘n lushof te omskep: van plante, kunsmis, giwwe, tuingereedskap, fonteine en potte tot staaltuinmeubels. Hulle is bekend vir hulle sampioen-kompos, landskap- en potplantgrond, grasperkdeklaag en alle boumateriaal wat hulle in grootmaat aflewer vanaf 1 m³ tot 5 m³, of neem jou eie bakkie of sleepwa en hulle laai dit vir jou teen die beste prys, sewe dae ‘n week. Newlands Garden Centre is op plot 650, Elandstraat, Rietfontein Landbouhoewes, oorkant Mooikloof. Besigheidsure is: Maandae – Donderdae: 7 vm–5.30 nm, Vrydae – Saterdae: 7 vm–5 nm en Sondae: 9 vm–1 nm. Skakel 012-480-2094/6 of 012-480-0211/0191. Stuur ‘n e-pos aan This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it of besoek www.newlandsgardencentre.co.za.

Blyfontein Kwekery

Besoek Blyfontein Kwekery en kom kyk hoe ervare kwekers, Dirk Marais en Pine en Anna Papenfus ‘n groot verskeidenheid inheemse bome en struike kweek, versorg en gereed kry vir jou, om dit teen die billikste pryse denkbaar aan te koop. Kom deel gerus in hulle kundigheid en geesdrif. Blyfontein is die enigste INRY-kwekery in die ooste waar elke boom en plant self met kundigheid en sorg gekweek word. ‘n Groot verskeidenheid inheemse bome en struike van verskillende groottes en uitheemse plante vir die kouer streke is altyd beskikbaar. Bel hulle by 083-378-3588 of 082-600-7776 of besoek die webwerf by www.blyfontein.co.za.

Living Gardens

Het jy al ooit gewens dat jy as individu by ‘n groothandel kwekery kan gaan koop? Living Gardens is so ‘n plek. Dié groothandelaar bied aan die publiek top-gehalte, bekostigbare plante, spoelklippe en ‘dumping rock’. Hier kry ‘n mens reeds die afgelope 17 jaar lank goeie diens en aflewerings wat altyd betyds is. Hulle nooi alle argitekte, landskapargitekte, bouers, ontwikkelaars, skole en almal wat op soek is na ’n winskoop om ’n draai by hulle te gaan maak. Living Gardens is in Zwavelpoort, Lynnwoodweg-verlenging, tussen die Paul Jungnickelhuis en Eastridge Building & Supply Centre. Skakel 012-817-2098, 072-902-7815, of e-pos: This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it of soek hulle op Facebook.

Van piekniek tot spitbraai
Jou naweek-agenda in ons kontrei gaan een of ander tyd natuurlik ‘n braai of ‘n piekniek insluit. Ons wys jou waar om spitbraaiers te huur, hoe om ‘n intieme maanlig-piekniek of tema-gebaseerde piekniek te bewimpel, en waar om jou braaivleis aan te koop.

Dial a picnic

Van dekadente feeste tot elegante, eenvoudige versnaperings, pieknieks bied die perfekte verskoning om in die buitelug te ontspan. Van intieme maanlig-pieknieks tot familie byeenkomste en tema-gebaseerde pieknieks; van troues, werksfunksies en toere tot spesiale gebeurtenisse en verjaarsdae, Dial a Picnic verseker dat jou piekniek jou wildste drome oortref. Of hulle nou in antieke winkels moet soek vir silwer bykomstighede of die beste organiese produkte deur plaaslike boere moet opspoor, dié mense doen alles volgens jou wense en aandag aan details is belangrik– van die sagte komberse, kleurvolle kussing, die koue vleise, smere en brode tot die soet smulgoed. Kontak Shannon Oosthuysen by 083-579-3689, This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it of besoek www.dialapicnic.co.za.

Rayton Biltong en Braai

Jy kan ‘n groot en geriefliker spitbraaier – gas of houtskool – by Rayton Biltong en Braai teen R500 huur vir jou braaifunksie. Die kranige slagters van dié moderne slaghuis berei ook jou lam, vark, beessnit of -kwart of wildsbok voor, gereed om oor die kole gedraai te word. As jy wil, voorsien hulle ook ‘n vaardige braaier teen ‘n ietsie ekstra. Biltong, droëwors, tuisgemaakte kouevleise en verwerkte vleishappies word ook vir jou onthaal voorsien. En vir die jagter bied hulle professionele verwerking van karkasse. Dié slaghuis is geleë agter Rayton se Pick ‘n Pay, oorkant Supa Quick. Bel hulle by 072-567-1435.

PJ’s Vetkoek & Take Aways

Moenie jou volgende avontuur sonder ‘n vetkoek in die hand aandurf nie. By PJ’s Vetkoek en Take Aways kry jy ‘n reeks vetkoeke met verbeeldingryke name soos die Biker’s Enduro (biltong en warm rissie), Biker’s Scooter (100 g met maalvleis) en Biker’s Vetkoek (200 g met maalvleis). Dan is daar ook ‘n wye reeks rugby vetkoeke, van die Shark, Cheetah, Blou Bul en Lion, wat elk ‘n ‘patty’ op het met keuses tussen blaarslaai, tamatie, uie, kaas en spek. Die Stormer vetkoek het vis op en daar is ook ‘n hoenderverrassing, ‘n vetkoek ‘hot dog’, pap-en-wors en pap-en-bredie. PJ’s is by Lynnwoodweg-verlenging se T-aansluiting met die Bapsfontein/Bronkhorstspruitpad, Kameelzynkraal. Bel Lydia Nel by 071-656-9900 of Piet Nel by 072-336-6047.

Bronberg Vleismark

Wilhelm en Petro Bezuidenhout van Bronberg Vleismark se boerewors is bykans legendaries en word wyd aangekoop vir daardie spesiale braai-onthaal. Dié ervare plattelandse slagters staan gereed om al jou onthaalvleis na jou smaak en voorkeur vir jou voor te berei. Biltong, droëwors en vleishappies is ook altyd beskikbaar. Die Bronberg Vleismark is by die Zwavelpoort-sentrum in Lynnwoodweg-verlenging, oorkant die Boschkop-afdraai. Bel hulle by 072-020-0026.

Boma Vleismark

Somer en winter weet Pretorianers waarheen om te gaan vir die sagste rypgemaakte biefstuk, sappigste boerewors, geurigste sosaties, hoenderkebabs, skaaptjops, gemarineerde varkribbetjies en vele meer. Voeg daarby broodjies wat daagliks vars gebak word, lekkernye soos melktert, gemmerbier en nou ook ‘n lekker bottel wyn vir alles onder een dak by Boma Vleismark. Die Deli bied klaargaar geregte soos bobotie, lasagne, wilds- en hoenderpasteie, slaaie en vele meer. Kyk by www.bomameat.co.za. As trotse landswye wenner van die Cleaver-toekenning vir twee agtereenvolgende jare, is dit ‘n bevestiging van Boma se leuse: Gehalte en diens is ons trots. Boma Vleismark is op die hoek van Garstfonteinweg en Rubensteinrylaan, Moreletapark: 012-998-8711 en Boma Biltong & Braai, Moreleta Plaza: 012-998-1617.

Help hulle
In jou vrye tyd kan jy help om ‘n beter lewe te skep vir die Bronberg-gebied se mense en diere. Ons wys jou waar vrywilligers se hulp nodig is by uitreikaksies, tehuise, weeshuise en dierereddingsentrums.

Qumi Huis 

Qumi Huis is ’n gemeenskapsprojek wat dagsorg en inwoning vir intellektueel gestremdes bied by huise in Rayton sowel as op ‘n plaas net buite die dorp. Dagsorg is in die Hervormde kerksaal. Dié is nie ’n inrigting nie, maar huise waar die gestremde soos ’n normale mens kan woon en funksioneer. Inwoners is self vir die bedryf van die huis verantwoordelik met die hulp van toesighoudende personeel. Hulle neem daagliks deel aan werkswinkels waar hulle vaardighede aanleer. Skakel 012-734-5242 of 071-609-1070 of stuur ‘n e-pos aan This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it . Kontak Linda Krause, bestuurder, by 082-464-7858 of This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it  of besoek www.qumihomes.org.

Paul Jungnickelhuis

Die Paul Jungnickelhuis vir volwasse gestremdes bied verskeie geleenthede vir vrywilligers wat graag wil uithelp met aktiwiteite soos werkswinkels vir kuns (verf, plak en knip) en naaldwerk, of stories voorlees, sing, musiekmaak, oefeninge en uitstappies. Jy kan selfs met administratiewe werk gaan help. Ander Kungwini Welsynprojekte waarmee mense kan help is kleuterskool-aktiwiteite en hulp by die weeshuis. Dié instansie hou jaarliks die Nickel Kersmark waar handwerkprodukte verkoop word en het ’n winkel waar skenkings verkoop word vir fondsinsameling. Hulle is in Lynnwoodweg-verlenging, Zwavelpoort, ongeveer 4,5 km vanaf Hans Strijdomrylaan. Skakel 012-940-0221, 082-941-8399 of 082-806-2472  of besoek www.kwo.org.za

African Blessings  

Op die plaas Rustfontein buite Bronkhorstspruit skep ’n welsynsorganisasie genaamd African Blessings ‘n beter lewe vir twee- en viervoetige wesies. Daar is ’n perde- en donkie-reddingsentrum, kostuine, ’n kunssentrum, plekke van veiligheid en die Jochebed Kinderdorp. Jy kan Rustfontein besoek vir hulle jaarlikse Moerbeifees met konfytfabriek, braai, speletjies en musiek. Dié plaas word bereik deur met die N4 na Bronkhorstspruit te ry. Neem die Ekandustria-afrit. Die derde pad na regs is die R513 waarop die plaas geleë is. Skakel 082-520-7040, stuur ‘n e-pos na This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it of besoek www.africanblessings.co.za. 

Angels with Hooves 

Perde is engele, glo die mense van Angels with Hooves, ’n nie-winsgewende maatskappy wat perd-geassisteerde sielkunde en perdeterapie vir kinderhuis-kinders doen. Hulle gebruik reddingsgeval-perde wat gerehabiliteer is van verhongering of mishandeling vir die projek. Dié organisasie werk vanaf verskeie persele in Lynnwoodweg en Tweedracht. As jy wil help om ’n kind van die Louis Botha tehuis te borg vir perdrylesse, kontak Neels Botha by 082-253-5712, stuur ‘n e-pos aan This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it  of besoek www.angelswithhooves.org.za.

NG Tygerpoort

Tygerpoort Gemeente is op verskeie maniere by die gemeenskap in die ooste van Pretoria betrokke. Volwassenes raak vaardig met die herstel en maak van klere by die Zip en Stik Naaldwerkklasse. Siyafunda Lees- en Skryfskool leer volwasse persone om te lees en te skryf en daar is ook die Caritas Sentrum wat emosionele ondersteuning bied, ‘n Bybelskool, Wilgers Hospitaalbediening en uitreike na Letabong Kleuterskool. Dié gemeente is ook by Boschkop Primary, Paul Jungnickelhuis en Kungwini Welsynorganisasie betrokke. Tiertjie Kleuter-en Naskool lewer ‘n bekostigbare diens aan die gemeenskap. Tygerpoort Kunsskool bied professionele onderrig in verskeie vorme van musiek, dans, drama en skeppende kuns. Skakel 012-809-0107.

Wet Nose Dierereddingsentrum 

Wet Nose is ‘n reg-tot-lewe dierereddingsentrum wat beteken dat elke dier liefdevol versorg word tot ‘n goeie huis gevind kan word, maak nie saak hoe lank dit neem nie. Hier is ’n veilige hawe vir perde, honde, katte en plaasdiere. Vrywilligers is altyd nodig om te help – of dit nou is om ’n hond vir ’n wandeling te neem of om vir getraumatiseerde diere te help wys dat hulle mense weer kan vertrou. Wet Nose is op plot 75, Vaalbank op die ou Bronkhorstspruitpad. Dit is ongeveer 6 km van die vierrigting stop kruising met die Cullinan/ Rayton-pad. Skakel 013-932-3941/2 of 082-677-8084, stuur ‘n e-pos aan This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it , of besoek www.wetnose.org.za.

 

© 2024 Die/The Bronberger