Dis weer tyd vir ?Dinge om te doen? Print E-mail
News - Artikels
Tuesday, 29 January 2013 17:48
Untitled Document

Dis weer tyd vir ‘Dinge om te doen’

Dis tyd vir die Bronnie se jaarlikse ‘Dinge om te doen’ tema, by verre die gewildste tema-artikel in die geskiedenis van Die Bronberger. Adverteerders moet spring as hulle vanjaar deel van dié spesiale Februarie-uitgawe wil wees.

Dit is die sesde jaar wat ons gaan fokus op alles en nog wat om te doen in die Bronberg-gebied. Die idee is gebore uit die magdom navrae wat onsbykans daaglikskry van mense wat wil weet waar hulle in ons gebied, byvoorbeeld, kan piekniek hou, kuier, uiteet, oornag, perdry, fietsry, visvang, wildkyk, wandel en dies meer.

‘Dinge om te doen’ is in 2008 die eerste keer as tema-artikel gedoen om as gids te dien van alles waarmee mense hulle in die Bronberg-gebied kan besig hou. Dit was van meet af aan ‘n reuse sukses onder ons lesers. Terselfdertyd dien dit as bonus-blootstelling aan ons adverteerders wat moeilik elders oortref sal kan word.

Ons nooi alle ondernemings in ons gebied wat by die tema kan inskakel om ‘n advertensie in dié uitgawe te neem. Sulke adverteerders kry ‘n gratis paragraaf redaksie in die ‘Dinge om te doen’ artikel wat lesers jaardeur op ‘n gereelde basis raadpleeg.

Ook adverteerders wat nie noodwendig deel van die tema vorm nie, vind baie baat by die uitgawe, omdat dié betrokke tydskrif ‘n uitsonderlike lang raklewe het, en gereeld oopgemaak word.  

Deur deel te word van ons ‘Dinge om te doen’ tema, maak jy nie net seker dat jou onderneming deur alle Bronbergers raakgesien word nie, jy kry ook blootstelling op Die Bronberger se webwerf met sy sowat 1 000 besoekers per dag.

Gaan kyk na ons vorige ‘Dinge om te doen’ tema-artikels by www.bronberger.co.za. Jy sal dit bo aan die regterkant van die blad kry. Hulle is die heel gewildste artikels in die ‘Gewild/Popular’ afdeling.

Maak baie seker dat jy en jou besigheid deel in dié bonus-blootstelling. Dis die slim ding om te doen.

Die sperdatum vir dié uitgawe is Dinsdag 12 Februarie en ons versprei vanaf Woensdag 20 Februarie.

Bespreek jou advertensie by Tania, 072-089-0227, ons kantoor, 012-734-0522, of stuur ‘n navraag na This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it of This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it .  

 

© 2024 Die/The Bronberger