Print E-mail
News - Artikels
Monday, 27 August 2012 19:40
Untitled Document

Groot dele van die Bronberg-gebied is op 7 Augustus in ‘n spierwit winter sprokiesland omtower toe sneeu, op sommige plekke vir die eerste keer in menseheugenis, hier geval het.

Oud en jonk was opgewonde toe die vlokkies die oggend liggies begin val het in die Tierpoort en Zwavelpoort-omgewing, maar sodra dit die grond geraak het, het dit verdwyn.

Teen so 4 nm het dit weer oor die grootste deel van ons kontrei gesneeu en dié keer was daar rondom die Bronberg genoeg sneeu om ‘n wit kombers oor die veld te gooi. Kinders kon dit nie weerstaan om sneeumannetjies en sneeu-engels te maak en om mekaar met sneeuballe te gooi nie.

Die aand het dit liggies gereën en die volgende oggend, al was dit kouer as tevore, was die sneeu-kombers weg.


Sneeu op Tania en John Potgieter se plot in Zwavelpoort
Foto: Tania Potgieter

Selfs in Cullinan het ligte sneeuvlokkies geval
.
l


So het dit op Theuns Koekemoer se Bashewa-plot gelyk
Foto: Theuns Koekemoer

Michelle Hüsgen met een van die sneeuballe waarmee die kinders mekaar gegooi het
Foto: Amelia Hüsgen

Zelmari en Eliztine Scheffler op hulle Klipkop-plot
Foto: Shefflers

Roxy die St Bernard voel lekker tuis op Tierpoort
Foto: Mandie Jacobs


Die Hüsgen-kinders, die 11-jarige Michelle, 13-jarige Sven en 16-jarige Michi, by hulle sneeu-bedekte trampolien
Foto: Amelia Hüsgen


Sneeu rondom die Hüsgens se stalle op plot 38, Tierpoort, Garstfonteinweg-verlenging langs die veel besproke petrol depot
Foto: Amelia Hüsgen
.


‘n Blesbok in Tierpoort se sneeu-bedekte veld
Foto: Amelia Hüsgen

Gideon van Zyl se Rietfontein plot
Foto: Gideon van Zyl
Michelle Hüsgen maak ‘n sneeu-engel
Foto: Amelia Hüsgen

Die Kroggies van Mooikloof se tuin
Foto: Mariëtte Krog

Calvin Krog in die sneeu
Foto: Mariëtte Krog

Calvin Krog van Mooikloof se sneeumannetjie
Foto: Mariëtte Krog
 

© 2024 Die/The Bronberger