Reisgids ?n monumentale vonds Print E-mail
News - Artikels
Sunday, 22 July 2012 07:21
Untitled Document

‘Monumentale Erfenis’ is die naam van ‘n splinternuwe gids wat ‘n goeie reisgenoot op jou volgende toere deur ons land sal wees. Dié gids tot 50 Afrikaner-gedenktekens is deur die historikus Jackie Grobler saamgestel as deel van die Erfenisstigting se inligtingsinisiatief.

Die reisgenoot is vir praktiese gebruik geringbind, het ‘n plastiekomslag en plek om notas en kommentaar aan te teken. Die gedenktekens in die boek kom almal langs die hoofroetes van ons land voor en is in kleurkodes ingedeel sodat ‘n mens al die monumente op ‘n spesifieke snelwegroete maklik kan vind. Daar is duidelike aanwysings hoe om by elke plek uit te kom en ook inligting oor ander besienswaardighede in die onmiddellike omgewing.

‘Monumentale Erfenis’ word deur Kontak Uitgewers van Pretoria uitgegee. Vir meer inligting, kontak Annerine Schütte by 012-807-0434 of This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it .

 

 

© 2024 Die/The Bronberger