Kat-projek het jou ondersteuning nodig Print E-mail
News - Artikels
Thursday, 24 May 2012 10:38
Untitled Document

Vyf rondloperkatte is die afgelope maand gevang, gesteriliseer, ingeënt en weer vrygelaat deur ‘Whiskers and Tails’. Drie baba katjies is op soek na goeie huise.

Die ‘Whiskers and Tails’ projek is in Maart deur ‘n groep vroue in die Zwavelpoort, Shere en Mooiplaats-gebied gestig. Hulle bewys dat rondloperkatte goed is vir ‘n hoewegebied. As hulle gesteriliseer en ingeënt word, hou hulle ander katte wat sal aanteel weg en beheer peste soos rotte en muise.

Daar is ‘n rondloperkat, genaamd Post Box, wat by die East Ridge Building Supplies sentrum (ou Zwavelpoort-sentrum) in Lynnwoodweg-verlenging bly, en een van haar baba katjies het onlangs ‘n tuiste by katliefhebbers gevind. Die plaaslike veearts het gesê dat hy die ma gratis sal steriliseer as die vrouens haar gevang kan kry.


Nog ‘n kat wat danksy ‘Whiskers and Tails’ gesteriliseer en ingeënt is

Dié projek is afhanklik van donasies en die vroue wil graag vir almal dankie sê wat reeds donasies gemaak het. Dié donasies word direk in die veearts, Faerie Glen Dierekliniek, se rekening inbetaal en help vir die sterilisasie en inentings.

Donasies kan gemaak word aan: Rekeningnaam: Faerie Glen Dierekliniek, rekeningnommer: 51010039646, bank: FNB Lynnwood, takkode: 252045, verwysing: Whiskers & Tail. Die verwysing is baie belangrik, anders word die inbetalings nie vir die projek gebruik nie.

Vir meer inligting, kontak Carol by 082-643-8886, Marcelle by 082-775-0161 of Petro by 083-604-0074.

 

© 2024 Die/The Bronberger