Bronbergse Arabiere blink uit op skou Print E-mail
News - Artikels
Wednesday, 25 April 2012 00:36
Untitled Document

Die Bronbergse ruiters en hulle Arabiere het behoorlik naam gemaak op die Suid-Afrikaanse Nasionale Arabierperd Kampioenskappe. Dié kampioenskappe is van 27 tot 31 Maart by die Afridome in Parys, Vrystaat gehou. Meer as 330 perde van dwarsoor die land het deelgeneem.


El Jamani Zalique en sy eienaar en ruiter, Dewald Malan van Shakeem Arabiere, het 'n derde plek in Veteraan Ruiter en 'n vierde plek in die Ope Hingste klas gekry.


Joni Ahktar het die Top Vyf gehaal in die Senior Skouryperd Kampioenskap en weereens sy merk gemaak tussen die ingevoerde perde. Sy eienaar is Niel Kirstein van Joni Arabiere en hy is gery deur Rayno van Reenen.


Joni Ahktar is gery deur Rayno van Reenen, 'n afrigter wat hoofsaaklik perde in die Bronberg-omgewing skou en afrig. Ahktar was Kampioen Ryperd vir Volwassenes en Reserwe Kampioen Ope Ryperd. Hy het 'n hele paar ingevoerde perde ore aangesit en die Bronbergers se naam hoog gedra. Sy eienaar is Niel Kirstein van Joni Arabiere.


El Jamani Shigan, bekend as Littleman, en ruiter-eienaar Carol-Ann Patterson se foutlose toets het vir hulle die titel van Reserwe Kampioen Veelsydige Ryperd losgeslaan.

  • Joni Hadassa het 'n vierde plek in Ope Ryperd Merries gekry, terwyl haar drie maande oue vulletjie met groot ongeduld vir sy ma in die stal moes wag. Haar eienaar is Niel Kirstein van Joni Arabiere, en sy is geskou deur Rayno van Reenen.
  • Saudi Zaim is gekies as Reserwe Kampioen Nuweling Ryperd, ‘n kategorie waar hy teen meer as 40 perde deelgeneem het. Dit was sy eerste ryskou en hy het die skare aangenaam verras met sy uitslae. Sy eienaar is Gerhard Potgieter van El Paso Vennootskap en hy is deur Rayno van Reenen gery.
  • FS Tempting Honey het vir die tweede jaar in 'n ry die Junior Skouryperd Kampioenskap, wat gewoonlik die hoogtepunt van Arabierperd skoue is, gewen. Sy is gery deur haar eienaar Rayno van Reenen. Dié vier en 'n half jaar oue merrie se veerligte bewegings en charismatiese persoonlikheid maak haar een van die skare se gunstelinge.
  • Hammad Contessa van El Paso Arabiere is gery deur die drie-jaar-oue Urich du Plessis. Hy het saam met die res van sy klas se ruitertjies 'n eerste plek in die Kinder Leiriem klas gedeel.
 

© 2024 Die/The Bronberger