Dinge om te doen in 2012 Print E-mail
News - Artikels
Thursday, 23 February 2012 01:09
Untitled Document

As jy ooit gewonder het waar in ons kontrei jy kan uiteet, oorslaap, funksies hou, trou, dans, ongelooflike avonture ervaar, jou kreatiewe potensiaal uitleef, trein ry, museums of plase besoek – wel, as jy gewonder het, gaan jy binnekort weet. Hier volg ons splinternuwe gids van dinge wat jy in 2012 in die Bronberg-wêreld by uitsoekplekke kan doen.

Kuierplekke
In die Bronberg-gebied kan ‘n mens tot hanekraai kuier. Van ‘n kuier by ‘n private lughawe se klubhuis tot ‘n historiese stasie, van ‘n pannekoekplek tot ‘n vermaakmekka en ‘n restaurant langs ‘n waterval, hier wys ons jou waarheen jy kan gaan.

Rafters

Rafters in Garstfontein-verlenging is díé nuwe kuier- en vermaakmekka in Pretoria se ooste. Wil jy honde uit bosse uit kuier? Is jy honger? Het jy dors? Wil jy dans? Hou jy van Afrikaanse musiek? Wil jy top-kunstenaars sien optree? Wil jy rugby of ander sport op reuse skerms sien? Wil jou kinders in ‘n veilige pretpark baljaar? Is jy ‘n 4x4 geesdriftige? Is jy moeg om te sukkel met parkeerplek? Wil jy kuier terwyl jou ryding gewas word? Klink R45 vir ‘n 500 g T-been vir jou billik? Hoe klink R13 vir ‘n dubbel brandewyn? Alles hierbo en nog baie, net by Rafters, B-House perseel, 1 km oos van Mooikloof se hek. Bel Gert of Arline by: 083-302-1076 / 082 600 3469.

Kitty Hawk Klubhuis

Kom tot halt en geniet die ruimte en rustigheid terwyl jy ‘n heerlike ete by ‘n private lughawe nuttig. Kitty Hawk Klubhuis Restaurant en Pub is reg langs die Kitty Hawk Lughawe se aanloopbaan in die grootste luglandgoed in private besit in die land. Die klubhuis en vlieghawe is omring deur pragtige natuurskoon. Met sy vuurherd in die middel van die restaurant is dit ‘n gesellige ontmoetingsplek en is dit te huur vir private funksies, troues en partytjies. Kitty Hawk is op die Boschkop-pad en is Maandae tot Saterdae oop vanaf 8 vm tot 8 nm, en op Sondae en vakansiedae van 8 vm tot 6 nm. Kontak Ricus by 083-732-7805 of This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it .

Harrie’s Pannekoek

‘n Spoggerige nuwe eetplek waar jy altyd welkom voel, het hom stil-stil in Cullinan kom tuismaak. In die dorp se geskiedkundige Oaklaan kan jy heerlik op die stoep of gemaklik binne sit en alles gade slaan. Smaaklike plaasontbyte wat niks met pannekoek te doen het nie, is beskikbaar, of ‘n heerlike, wye keuse van gevulde pannekoeke gee jou ‘n groot opsie om van te kies. Warm, sout pannekoeke met heerlike vulsels of soet pannekoeke, tradisioneel, en met so ‘n lekker porsie roomys gaan ook goed af. Die bediening is vriendelik en gaaf en die smaak van jou gereg is so smaakvol as wat dit keurig voorgesit word. Besoek Harrie’s by Oaklaan 112, net langs die historiese Nedbank-gebou of skakel hulle by 012-734-1054.

Anja’s Teetuin

Anja’s Teetuin is ideaal vir private partytjies soos ’n kombuistee of ooievaarstee en Anja maak ’n heerlike ‘high tea’. Dié rustige plek in die skaduwee van ou jakarandabome is teen die voet van die Bronberg, in Lynnwoodweg. Tuisgebakte koeke en ligte middagetes word uit ’n pragtige kothuis bedien. Anja bak al haar eie koeke en maak self die kos. Hulle is oop van Dinsdag tot Saterdag, van 9 vm tot 4 nm. Die teetuin is by The Willows Country Lodge tussen Karoo Kafee en Safari Kwekery op plot 21, Lynnwoodweg, Die Wilgers. Bel vir Anja Preussler by 012-807- 1036 of 072-153-6732, stuur ’n e-pos na This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it of besoek www.anjasgarden.co.za.

OppiStasie

Geniet ‘n gemoedelike kuier op Cullinan se historiese stasie met sy oorspronklike sinkgebou en perron. Die Cullinan-stasie se bouwerk het in 1906 begin en is in 1907 voltooi en is vandag ook die eindbestemming van Friends of the Rail se stoomtrein ekskursies. OppiStasie restaurant en pub bied ‘n wye reeks pizzas en ander etes wat in ‘n graaf opgedien word. Hulle is oop van Maandae tot Woensdae van 1 nm tot laat, Donderdae tot Saterdae van 8 vm tot laat en Sondae van 8 vm tot 6 nm. Kontak Anne-Marie by 073-218-7460 of Phillip by 083-570-8291.

Mokha Restaurant
\
Mokha Restaurant se houtdek bied jou ‘n pragtige uitsig oor die Botaniese Tuine en die watervoëls wat in die vleiland langs die waterval voor die restaurant lewe. Hier kry jy stylvolle vermaak en kan ontbyt, ligte middagetes en heerlike versnaperings en drankies geniet. Hulle spesialiseer in funksies, troues, kantoor- en verjaardagpartytjies. Kinders kan in die speelhoekie langs die teetuin baljaar. Hulle is sewe dae ‘n week oop van 8 vm tot 5 nm en later vir spesiale funksies. Skakel 012-804-6928 of 082-772-9983.

Avonture
Wil jy leer hoe om te skuba-duik of dalk hoe om te vlieg? Dan is hierdie jou afdeling. Ons wys ook vir jou waar in ons kontrei jy op avontuurkampe of selfs op ‘n pa-en-seun avontuurnaweek of ‘Amazing Race’ kan gaan.

Adventure Peaks

Adventure Peaks is ‘n partytjieplek vir jonk en oud. Vir die kinders is daar hope avontuurlustige aktiwiteite om van te kies en vir die ouers 'n lapa met 'n groot braaiplek. Aktiwiteite strek van ‘n hindernisbaan, ‘Amazing Race’, ‘Survivor’, ‘Minute to Win it’, ‘n fietsrybaan, verfbal en vele meer. Hier word ook leierskampe, spanbou dae of naweke, en pa-en-seun naweke gehou. Dié partytjieplek is gestig deur twee ambisieuse onderwysers, Antoinette Wildon en Jackie Knoetze, wat graag 'n verskil in kinders se lewens wil maak en hulle met die regte begeleiding wil lei sodat elkeen met ʼn belewenis kan wegstap. Skakel 082-679-4496 of 082-802-2519. E-pos: This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it , webtuiste: www.adventurepeaks.co.za.

Superb Flight Training

Superb Flight Training is by die Kitty Hawk luglandgoed op die Boschkop teerpad, die grootste vliegveld in private besit in die land. By SFT kos ’n inleidingsvlug vanaf R300 en jy leer vlieg met moderne Jabiru- en Tecnamvliegtuie, maar leer perspektiewe aan wat jou nie tot ligte vliegtuie beperk nie. Daar is ervare instrukteurs, vanaf vrywillige lugmag straler-vlieëniers tot ’n Boeing 737 instrukteur van SA Lugdiens. Skakel SFT by 012-811-2233, 072-201-7222, stuur ’n e-pos aan 'n This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it of besoek http://pilots.co.za.

Skuba-duik

Wou jy nog altyd die wonderwêreld onder die see ontdek? Jy kan ‘n skubaduik-kursus by Nudidivers voltooi en dan saam met hulle op een van hulle duikavonture na Mosambiek of elders te gaan. Jy word deel van die Nudi-span deur ’n kursus by die kenners te loop. So ‘n kursus begin op Saterdae of Sondae om 9 vm in die De Jongh-swembad in Brooklyn. Hulle bied die standaardkursus vir skubaduikers aan, of die gevorderde kursus. Eerstehulp kan ook by Nudidivers onder die knie gekry word. Vir meer inligting kontak Annie of Dick by This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it , skakel 083-434-6650 of besoek www.nudidivers.co.za. 

Kinderparadys
Die Bonberg spog met plekke waar kinders onvergeetlike ervarings kan geniet – van treintjie-ry tot trapbootjies, en van trekkerritte tot ‘foefieslaaids’.

Cedar Junction

Cedar Junction is die naam van die nuwe kinderparadys, tema-park in Zwavelpoort. Daar sirkel drie treintjies op ‘n kronkelspoor om die plot; verby die damme waar ‘n mens met trap-bootjies kan baljaar. Die kortvolk kan met trapkarretjies of –fietsies (skopfietsies vir die heel kleintjies) op ‘n baan besig bly, met bergfietse ‘n meer uitdagende roete volg, in die groot ooptes of sokkerveld speel, klimrame en springkastele aandurf en selfs winkel-winkel in die kamma-kêffie speel. Vir die ouers is daar smaaklike eetgoed by die ‘Whistlestop Coffee House Café’ wat oor die Bronberg en dammetjies uitkyk. Cedar Junction is op plot 404, Lynnwoodweg-verlenging (Grahamweg), Zwavelpoort. Bel hulle by 012-811-1183 of stuur ‘n e-pos aan This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it .

Kleinplasie

Kleinplasie spog met ’n groot boomryke speelterrein met trekkerritte, ‘foefieslaaids’ en vele meer. Jy kan die terrein huur en self jou pakkies en versierings na gelang van jou begroting maak. Hier kan jy ‘n kinderpartytjie reël wat jou sak sal pas. Dit is die ideale plek vir kleutergroepies-uitstappies, maar ook vir einde van die jaar afsluitings en kantoor braaivleisfunksies. Kleinplasie is op plot 16 in Midaslaan, Olympus. Vir meer inligting bel vir Elsabe by 072-362-0146 of stuur ’n e-pos aan This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it .

Op ‘n gallop
As jy ‘n groot liefde vir perde het, bly jy presies op die regte plek. In Bronberg-wêreld kan jy perde-pieknieks hou, vir uitritte gaan, rylesse kry, kompeteer in enige moontlike perdry-dissipline en jouself gate uit geniet op ‘n poniekamp.
 
Nostalgia in the Country

Ondervind die vrede van die platteland terwyl jy kyk hoe perde rustig op dié perdeplaas wei. By ‘Nostalgia in the country’ kan jy reken op outydse sjarme en gasvryheid. Dié is nie net ‘n perdeplaas wat stalle en perdrylesse aanbied nie; dit is ook die ideale plek vir klein funksies. Hulle hou gereeld outydse kinderpartytjies, pieknieks, oggendtee- of ooievaarstee-geleenthede en oggendtroues. Hier kan jy altyd ontbyt, ‘brunch’ en middagete bestel. ‘Nostalgia in the country’ is op plot 71, Tierpoort, uit met Garstfonteinweg-verlenging. Vir aanwysings en besprekings, stuur ‘n e-pos na This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it of skakel 083-683-0426 of 082-934-1772. GPS koördinate: S 25’ 52. 8 E 28’ 22. 880.

Liberty Stalle en Ryskool

Liberty Stalle en Ryskool bied rylesse vir beginners tot gevorderde ruiters van alle ouderdomme en jy kry hulp met die voorbereiding en bywoning van skole skoue asook Gauteng Noord en Gauteng skoue. Liberty het 33 stalle, ’n verskeidenheid arenas, en skoue en vakansiekampe word gehou. Op dié pragperseel is daar selfs ’n klubhuis te huur vir klein geleenthede soos verjaarsdae en kantoorpartytjies. Hier kan jy ’n groep uitrit kombineer met ’n piekniek, ’n romantiese perdepiekniek vir twee aandurf of ’n onvergeetlike kinderpartytjie reël. Liberty Stalle en Ryskool is op die Boschkop-pad, 5 km vanaf Lynnwoodweg. Bel Juanita by 082-417-8137 of besoek www.stablesatliberty.com.

Cullen Stalle

Is jy op soek na ‘n ryskool waar groep- of individuele oggendlesse spesiaal vir vrouens aangebied word? Cullen Stalle spesialiseer in rylesse vir beginners tot gevorderde ruiters. Hulle bied gereeld poniekampe, pretdae en skoue. Afrigters kan kinders help met die voorbereiding en bywoning van inter-skool skoue. Rylesse word in ’n veilige omgewing en geriewe met betroubare skoolperde aangebied om jou kind se balans, koördinasie en selfvertroue te help verbeter. Kwaliteit stalle is beskikbaar. Cullen Stalle is net af van Lynnwoodweg-verlenging. Bel vir Llewellyn Mason by 083-227-8048 of besoek www.cullenstables.co.za.

Silva Pegasus

Die woord loop ver en wyd dat Silva Pegasus ongelooflike uitritte bied. Dié uitritte is gewoonlik op Woensdagaande en oor naweke. ‘n Roete is tot 14 km lank en ruiters kan vir ure ry sonder om ‘n pad te sien of langs een te ry. Daarna hou almal saam ‘n braai en voel dat dié nie net stalle en ‘n ryskool is nie, maar ‘n gemeenskap. By Silva Pegasus is daar lesse deur ‘n SANEF instrukteur vir kinders en volwassenes, van beginner- tot gevorderde en kompeterende vlak, soos spring, dressering, ‘Le trec’ en vele meer. As jy op soek is na stalle vir jou perde, kontak Debbie by 083-447-2524 of This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it . Hulle is in Damstraat 86, Boschkop.

Perde-beelde

Cullinan-beeldhouer, Johan du Plessis, se gewilde perdebeelde wat uit hoefysters gevorm is, is deesdae ‘n groot trekpleister na dié dorpie. Johan het ‘n permanente kunsuitstalling by ‘Trading Post’ in Oaklaan 96. Dié uitstalling fokus op kleiner werke, tussen 20 en 40 cm, van verskeie mediums en ontwerp. Neem jou besoek nou verder na die Meerkatgat Beeldetuin net oorkant die stasie in Hotelstraat. Hier is Johan se groter beelde van verskillende formaat en ontwerp op uitstalling. Navrae: Trading Post, Cathy by 082-461-7916 en Meerkatgat Beeldetuin, Johan by 082-787-6824. E-pos: This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it .

Markte en feeste
Ons mense weet hoe om fees te vier en ons het die woord ‘vlooi’ in vlooimark gesit. Van tannies wat pannekoek bak, tot vertonings van Afrikaanse sanggroepe, van antieke ware tot kuns en selfs eiendomsmarkte, hier is waar jy meer daaroor kan uitvind.

Cullifest

Die jaarlikse Cullifest word op Saterdag 5 Mei deur die NG Gemeente Premiermyn op die Cullinan-rugbyveld aangebied. ‘n Nuutjie hierdie jaar is ‘n groot tent, 50 x 34 m, waaronder almal rustig kan kuier ongeag die weersomstandighede. Kunstenaars, soos Pieter Smith en die groep Saarkie, tree deurentyd in die arena op, daar is ‘n uitgebreide kunsmark, eetgoed, ‘n groot biertuin en baie pret vir kinders. Toegang is R30 vir volwassenes en R10 vir kinders. Die hoogtepunt is die aand se kuier om die braaivleisvure in die lapas waar Flip a Coin die gaste gaan vermaak. Kaartjies hiervoor kos R120. Bespreek by 083-865-0563 of 012-734-1445. Die reëlingskomitee is: ds Charl Bredell, Tina Brink, Kobus Buys en Jimmy Brümmer.   

Klip Klap Oudhede- en Kunsmark

Klip Klap Oudhede en Kunsmark bied elke derde Sondag van die maand tussen 9 vm en 3 nm ’n mark aan waar hoofsaaklik antieke ware en kuns uitgestal en te koop aangebied word. Uitstekende talent is al hier ontdek en vir verskeie kunstenaars was dié mark die begin van nuwe geleenthede. By dié eklektiese mark is daar ook ‘n verskeidenheid boeke, juweliersware en snuisterye. Die mark word ook al hoe meer bekend vir sy heerlike eetgoed - van smaaklike wegneemetes tot aansit etes wat met ‘n glasie wyn geniet kan word. Klip Klap is op plot 78A Leanderstraat, Olympus. Draai oos uit Olympusrylaan in Leander, reg oorkant Die Werf. Skakel 082-755-0586. Webwerf: www.klipklap.co.za.

Die Hoek

‘n Vlooimark sal voortaan Saterdae op Die Hoek Restaurant se plot gehou word. Saam met die mark word elke Saterdag ook ‘n eiendomskou beplan. Die Hoek is, soos die naam aandui, op die hoek wat die ou Bronkhorstspruitpad met die Raytonpad vorm. ’n Lekker kuierkroeg met vriendelike kroegdiens is byderhand vir die dorstiges en kuierlustiges. Vir meer inligting en om kraampies te bespreek bel Theunette by: 082-691-1703.

Vir spesiale dae
Op soek na ‘n plek vir spesiale dae? Of jy nou wil trou, konferensie, werkswinkel, partytjie, funksie of selfs kerk wil hou – lees hierdie afdeling en jy sal weet waarheen om te gaan – van ouwêreldse sjarme tot romanties en landelik.

Shere Empowerment Conference Centre

“Shere Empowerment Conference Centre” is in die rustige landelike atmosfeer van die Shere kleinhoewes geleë; die ideale omstandighede om lesings en konferensies ‘n sukses te maak. Dié spogplek is perfek vir korporatiewe funksies, opleiding, gebeure, uitstallings, produkbekendstellings, werkswinkels en seminare. Daar is hoë gehalte konferensiefasiliteite wat van agt tot 280 mense kan akkommodeer. Hulle hanteer ook troues, reünies, spyseniering, verjaarsdae en jaar-eindfunksies. Die ‘Bistro on Deck’ restaurant is oop van 8 vm tot 4 nm van Dinsdae tot Vrydae en daar is elke Sondag ‘n Sondagmiddag buffet-ete van 11 vm tot 3 nm. Skakel 012-940-1900/ 082 556 5026, besoek http://www.secc.co.za/sw of loer in by Catherine laan 35, Shere.

Renasci

Dink jy aan dinge om te doen op ‘n Sondagoggend nege-uur? Wat sal jy van ‘n kerk op ‘n platform by ‘n treinstasie sê? Renasci Familiekerk is ‘n vriendelike kerk in ‘n rustige plattelandse atmosfeer. Kinders is nie net hier welkom nie, hulle is mal oor die ooptes waarin hulle kan hardloop en speel. Ná kerk kan jy aanhou kuier op die bankies onder die bome of ontspan in die kerk se eetkompartement soos in vervloë dae. In dié eetsaal op wiele kan jy tee of melkskommels drink en komplimentêre tuisgemaakte eetgoed wat met liefde gemaak is, geniet. Renasci is naby die Boschkop Polisiestasie. Skakel 082-378-4962 of besoek www.renascichurch.co.za.

The Wedding Venue

Is jy op soek na ’n elegante nuwe funksiesentrum wat spesialiseer in troues, konferensies, jaareindfunksies, verjaarsdae en matriekafskeidfunksies. The Wedding Venue se funksie-saal is elegant en stylvol en sal jou gaste nog lank aan die praat hou. Die romantiese klip en grasdak kapel met sy loodglasvensters bied die ideale atmosfeer vir jou spesiale dag. Daar is ook ’n gastehuis met ’n wittebrood suite en 15 en-suite slaapkamers en ‘n kersehuis met ’n groot verskeidenheid kerse en kersstaanders om uit te kies. Spysenieringstoerusting en noodsaaklikhede vir funksies is ook hier te huur – van tafels en stoele tot tafeldoeke, eetgerei en breekware. Hulle is op die hoek van Hans Strijdomrylaan en die N4. Skakel 073-776-6225, stuur ’n e-pos aan This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it of besoek www.thewv.co.za.

Casablanca Manor

Casablanca Manor bied ou-wêreldse sjarme in koloniale styl op ses hektaar bosveld-landgoed. Hier word troues, funksies en konferensies aangebied. Die eiesoortige wit koloniale kapel met sy ou kerkklok – bekend as die Glynis Ruth Colonial Chapel – akkommodeer tot 250 gaste. Elke eerste Sondag van die maand word ’n buffet Sondagmiddagete aangebied op die koloniale stoep met sy uitsig oor die bosveld. ’n Kontantkroeg is beskikbaar en kinders is welkom. Hulle sal hul verstom aan die feetjie-tuin, ganse, eende en ander plaasdiere. Besprekings is noodsaaklik. Casablanca Manor is ongeveer 15 tot 20 minute buite Pretoria op die ou Bronkhorstspruitpad, met maklike toegang vanaf die N4. Skakel 012-736-2023 of 082-772-9983 of stuur ’n e-pos aan This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it of This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it .

Baobab Tente

Skep jou eie droom onthaalplek vir ‘n troue of partytjie. Baobab Rektente het ‘n tent-grootte vir elke okkasie. Van ‘n tipiese Arabiese tent tot ‘n oop atmosfeer of warm, snoesige hoekies – die moontlikhede is eindeloos en Baobab se terrein-inspekteurs sal vir jou presies vertel wat moontlik is op die plek waar jy jou tent wil opslaan. Hulle doen alles vir jou – van tent-aflewering, opslaan en aanpas vir jou plek. Tel: 071-003-3744, e-pos: This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it , webtuiste: www.baobabtents.co.za.

Gly of bly
As jy in ons kontrei wil oorslaap kan jy kies tussen luukse bed-en-ontbyt plekke en kothuise vol karakter. Of jy nou wil oorslaap ná ‘n troue of konferensie of ‘n oorslaap kinderpartytjie wil hou, in Bronberg-wêreld kan jy staatmaak op eg plattelandse gasvryheid.

On The Rocks Verblyf

On the Rocks Verblyf is ‘n ideale oorslaapplek vir gaste wat troues of konferensies by een van die menige troue/konferensie-plekke in die Bronberg-gebied bywoon. Hier is twee sjarmante plattelandse selfsorg eenhede. Die een is geskik vir ‘n paartjie met twee kinders en die ander een is ‘n drie-slaapkamer, ses-slaper eenheid. On the Rocks is ook ‘n vliegaashengel plek en die verblyf is ideaal vir gaste wat entoesiasties is oor dié spesiale soort visvang. Kontak Gretchen vir tariewe en meer inligting by 082-305-1154 of e-pos This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it .

Formosa B&B

Formosa B&B se kamers is almal en-suite en toegerus met die nodige fasiliteite. Die selfsorg-eenheid is ideaal vir ‘n naweek wegbreek. By Formosa is gasvryheid die mense se trots en hulle maak seker daar is diskrete aandag aan die fynste besonderhede en uitstekende diens. Ontspan in die rustige tuin met sy plaasatmosfeer en volop voëllewe. Dié gastehuis is naby winkelsentrums, trouplekke en perdryskole. Formosa is op plot 77, Bashewa, net af van Garstfonteinweg (M30).
Tel/Faks: + 27(0) 12 811 0232, sel: + 27(0)83 510 7365, e-pos: This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it , webadres: www.travelandstayinsa.co.za/formosa. GPS koördinate: ES S25 55 27.2  E028 24 54.3

Oude Hout Mountain Lodge

Oude Hout Mountain Lodge bied luukse selfsorg of B&B verblyf vir 29 gaste asook oornag fasiliteite vir kampeerders oos van Pretoria. Dié herberg het ‘n pragtige uitsig en kan tot 100 gaste akkommodeer. Daar is ook ‘n plek spesiaal vir kinderpartytjies met ‘n ‘foefieslaaid’ kabel oor die dam, en vlotte op die water. Dit gee kinders die kans om soos in die ou dae te speel. Die enkel bergfietsbaan ope dag is op 17 Maart. Bring jou gesin en kom op ‘n ontdekkingstog. Daar gaan baie te sien en te doen wees. Oude Hout is geleë teen Lynnwoodweg-verlenging. Veronica: 072-235-8912, Jozanne: 082-565-3883, e-pos: This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it .

Bellstone B&B

Bellstone B&B bied verblyf aan 22 mense in hulle luukse kamers met en-suite badkamers. Elke kamer het ‘n private ingang en buite-area, wat totale privaatheid vir gaste verseker. Daar is ook ‘n spesiale suite vir bruide. Dienste wat hier ingesluit word is ‘n vervoerdiens na en van die lughawe, ‘n wasgoeddiens en daar is WiFi verbinding wat e-pos en verbinding tot die Internet moontlik maak. Hulle bied ook veilige parkering met 24-uur sekuriteit. Bellstone is in Old Farm-weg 790, Faerie Glen, naby restaurante, winkelsentrums, gholfbane en die N1 en N4 snelweë. Tel: 083-458-2764, e-pos: This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it , webwerf: www.bellstone.co.za.

Wegbreek idees
Wil jy op ‘n wildrit gaan, met ‘n tierwelpie speel, op ‘n staproete saam met ‘n wildbewaarder gaan of sommer net met jou verkyker langs ‘n dam sit en voëls kyk? Ons wys vir jou dat die Groot Vyf net ‘n katspoegie ver is en dat jy selfs by ‘n nudisme-vriendelike bosplek kan gaan uithang.

Dinokeng Groot Vyf Reservaat

Die Dinokeng Groot Vyf reservaat noord van Cullinan is op 22 September verlede jaar amptelik geopen. Dit maak die nuwe oorkoepelende Tshwane metroraad die enigste munisipaliteit ter wêreld met ’n Groot Vyf-reservaat. Dié 18 500 ha reservaat bestaan uit individuele stukke grond in private besit. ‘n Verskeidenheid oornag-geriewe, vanaf kampering tot vier en vyfster verblyf is vir besoekers beskikbaar. Dié wildtuin het vyf toegangshekke. Die hoofhek, Boekenhoutkloofhek, word as volg bereik: Vanaf die N1 noord, neem die Boekenhoutkloof /Hammanskraal afrit. Draai regs oor die snelweg en volg die aanwysingsbordjies. Vir meer inligting, kontak Linda Daymond by 083-307-0481 of This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it of Carlien Pieterse by 082-736-9160 of This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it .

Sandalwood Savannah Lodge

Sandalwood Savannah Lodge is ‘n uitspanplek in die bosveldwêreld van Dinokeng. Hier kan jy in die natuur ontspan, swem, stap en voëlskyk. Sandalwood is nou ook nudisme-vriendelik. Jy kan oornag in veilige, gerieflike selfsorg-eenhede, wat teen baie billike tariewe beskikbaar is, of jy kan uitkamp. Die natuurplek is net 3 km van die Dinokeng-wildtuin se hek af. Die groot openingsgeleentheid vir nudisme is op die naweek van 24 Februarie. Bespreek nou vir ‘n huisie, kamer, woonwa of kampplek. Bel Paddy by 082-689-4701.

Farm Inn

Hier is ‘n besondere bosveld-ervaring, ‘n blote klipgooi uit die stad. Farm Inn se wildritte bring jou naby aan diere soos leeus, tiere, luiperds, hiënas, jagluiperds en vele meer. Doen gerus navraag oor hulle gewilde Romantiese Skemerkelkie wildritte. Die 4-ster hotel bied akkommodasie, konferensiegeriewe en unieke lokale vir troues en funksies. Die a la carte restaurant, teetuin en dameskroeg is die perfekte plek om ’n skemerkelkie, ligte ete of baie spesiale dis te geniet. Akkommodasie strek van weelderige suites, deluxe, ekonomiese en standaard kamers. Wi-Fi en Internet-fasiliteite is orals beskikbaar. Vir kinders is daar ’n klimraam, plaaswerf en verskeie pakkette vir kinderpartytjie. Dié is een van die min plekke waar jy die kans gegun word om met tierwelpies te speel of om saam met ‘n volwasse jagluiperd afgeneem te word. Skakel 012-809-0266/ 77 of stuur ’n e-pos na farminn@ farminn.co.za, besoek www.farminn.co.za of volg hulle op Facebook.

Rietvlei Natuurreservaat

By Rietvlei Natuurreservaat kan jy deesdae vir nagritte gaan om wild te besigtig. Hulle het ook perdryroetes deur die reservaat begin. Kranige stappers kan op ’n 10 km dagstaproete gaan of op ’n 21 km roete waar jy deur natuurbewaarders vergesel word. Jy kan in ’n oornag-hut bly, kampeer of net piekniek hou by die dam met sy groot verskeidenheid watervoëls. Wildspesies strek van jagluiperds, buffels, elande en renosters tot waterbokke, sebras en swart wildebeeste. Die Rietvlei Natuurreservaat bestaan uit 3 800 ha Bankeveld grasland wat strek vanaf die dam oor vlaktes, heuwels, vleie en stroompies. Dit is uit met die Delmas-pad, naby die Nelmapius/R21 kruising. Vir meer inligting, skakel 012-345-2274. Vir visvangpermitte, skakel 012-345-3917.

Faerie Glen Natuurreservaat

Een van die mooiste uitsigte oor Pretoria-Oos is vanaf Faerie Glen Natuurreservaat se Rhenosterkop-gedeelte van die Bronbergrif. Dié 128 ha reservaat spog met ’n groot verskeidenheid voëlsoorte en kleiner soogdiere soos muishonde, kleinkolmuskeljaatkat, groototters, hase en krimpvarkies. Daar is drie wandelroetes: Hadida is 2,3 km lank, Akasia is 3,2 km lank en Kiepersol is 4,2 km lank. Die veld is tipies van ’n oorgangsone tussen Bankeveld, suur gemengde bosveld en Akasia-veld. Die reservaat is geleë waar die Bronberg begin en die ingang is uit Louis Botharylaan. Vir meer inligting, skakel 012-358-1510 of stuur ‘n e-pos aan Adelene Marais by This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it

Bee Tree Farm Cottages

Bee Tree Farm Cottages is op ‘n rustige plaas ‘n paar kilometers vanaf Cullinan. Die kothuis is ten volle ingerig vir selfsorg vir twee mense vir ‘n romantiese wegbreek. Dié plaas is in die oorgang-gebied tussen breëblaar boswêreld en Hoëveldse graslande. Daar is baie koppies, kranse, klowe, vleilande en spruite in die omgewing. Warmlugballon ritte en perdry kan op versoek gereël word. Bee Tree is gelys as een van die top voëlkyk plekke in die ‘Chamberlains top 101 bird viewing destinations in Gauteng’. ‘n Totaal van 268 voëlspesies is in dié omgewing gelys. Vir besprekings, kontak Louis by 079-113-1432, 082-859-7444, of This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it . Gaan loer by www.beetree.co.za.

Leef jou kreatiwiteit uit
Wil jy leer hoe om jou eie onbeperkte kreatiewe potensiaal uit te leef? Lees hier waar jy kan leer om te verf, wat om met gedroogde bome te maak, hoe om die Djembé te speel en hoe om letterlik met vuur te speel.

Klitsgras Drumming

As jy smag daarna om iets ongewoons te ervaar of aan te leer is Klitsgras Drumming die plek. Jy kan vuurdanse of die Djembé, Afrika tromme leer speel en selfs al weet jy nie wat jy doen nie, is daar mense wat jou begelei. Dit is jou kans om deel van die vermaak te wees. Klitsgras Drumming bied werkswinkels vir skole en groepe aan en gaan ook uit na mense toe. By Klitsgras word daar gefokus op vermaaklikheid met optredes van tromme en dansgroepe, soos ‘belly dancers’ en vuurdanse. Tromme kan teen R40 per persoon gehuur word en Klitsgras verkoop en herstel ook instrumente. Hulle is reeds 13 jaar aan die gang in Tierpoort se wêreld. Klitsgras is uit met Garstfonteinweg-verlenging. Besoek www.klitsgras.co.za of bel Andries by 083-311-0025.

Kreatiewe Kunsklasse met Katanya

By Katanya se kunsklasse leer jy hoe om jou eie onbeperkte kreatiewe potensiaal op jou eie manier aan te wend. Jy leer nuwe vaardighede en tegnieke aan wat jy kan gebruik om pragtige kunswerke te skep. Katanya se kunsklasse is motiverend, dit ontwikkel kreatiewe talent en moedig die verbetering van goeie kunssmaak en estetiese waardering aan. Tekenklasse bestaan uit verskeie praktiese oefening om kreatiwiteit te ontwikkel en elke les is in die fynste besonderhede uitgewerk vir die maksimum impak. Jy leer al die basiese elemente van hoe om ‘n suksesvolle skildery te skep. Katanya se kunsklasse word in Faerie Glen aangebied. Bel haar by 083-326-9086 of 012-991-8483.

Waterverfklasse met Annetjie

Annetjie van Schalkwyk se waterverfklasse het in April 2011 in Silver Lakes se gemeenskapsaal begin. Deur haar onderrigervaring van 25 jaar weet sy dat sukses sukses motiveer. Met ‘n uitstalling in September het van die studente se werk verkoop. In dié groepie is daar telkens ‘n uitroep van vreugdevolle verwondering as daar opnuut ontdek word “wat die verf self gedoen het”.  Dit is dié wonderlike, opwindende eienskap van waterverf wat in Annetjie se klas prioriteit geniet. Hulle “speel” met die verf en “algaande leert men”.  Sonder te veel klem op die teoretiese word dit wel stelselmatig bygebring. Bel vir Annetjie van Schalkwyk (AWSSA) by 082-925-4385.

Artistic Roots

As jy wil leer wat om met gedroogde bome te doen, is Artistic Roots net die plek. Jy kan hulle binnenshuis of buite gebruik vir groot rangskikkings soos by troues, funksies en in kerke; jy kan jou juweliersware daaraan hang, en dit skep uitstekende fokuspunte in groot of klein tuine. Artistic roots skep ook ongewone kandelare, koffietafels en staanlampies. Dié bome kom van plekke waar ontbossing plaasvind en word professioneel teen houtkewers behandel - jy kry ‘n sertifikaat daarvoor. Maak ‘n afspraak en gaan kies jou boom. Artistic Roots is by Karoo Square in Lynnwoodweg. Kontak Willie van Rooyen by 082-454-6534 / 078-797-1225 / 082-478-0352, This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it / of This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it .

Vir liggaam en gees
Hier vertel ons vir jou waar jy jouself kan laat pamperlang en selfs hoe jy jou liggaam se balans kan herstel. Van pamperlangpartytjies vir meisies tot ‘n plek waarheen mans kan gaan vir gesigmaskers en ‘n akupunktuur-plek by perde.

Kept Secrets

Kept Secrets Beauty & Wellness Clinic bied kinder- en tienerpartytjies wat alles met skoonheid te doen het. Op ‘n interaktiewe speel-speel manier word meisies van ‘n jong ouderdom af geleer hoeveel pret dit kan wees om jouself te versorg en te pamperlang. Die mense se toewyding en kennis van 39 jaar in die skoonheidsbedryf maak dat hulle pamperlangpartytjies ‘n groot bederf vir enigeen is. Daar is spesiale pakkette vir ouderdomsgroepe 6-9, 10-12 en 13-16. Kept Secrets is by Oppidraai Kantoorpark 7, Wapadrandweg, Wapadrand Sekuriteitsdorp. Kontak Marieta Dugmore by 012-807-3163,
082-771-1264 of This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it .

Soul Intention

Nurma-ann Dippenaar, bekroonde filmmaker, metafisiese geneser en diereliefhebber, het in 2011 haar kursus, by die Akademie van Sjinese Mediese Wetenskap in Beijing se Internasionale Akupunktuur Instituut met lof geslaag. Faktore soos siektes, stress en lewenstyl veroorsaak ‘n wanbalans of obstruksie in ons energiestelsel. Tradisionele Sjinese akupunktuur se doel is om die liggaam se balans te herstel. Dit werk vir ‘n wye reeks klagtes, soos angs, stres, hoofpyn, slapeloosheid, hardlywigheid, tinnitus, rumatiek en sportbeserings. Akupunktuur verminder ook pyn deur endorfiene vry te stel wat pyn impulse blokkeer. Dit bevorder gesondheid, verhoog lewenskwaliteit, en werk goed saam met ander mediese tegnieke. Nurma-ann werk vanuit ‘n ateljee langs werkende perdestalle. Kontak haar by 082-578-3224 of This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it .

Body Works

Uiteindelik is daar ook ‘n plek waar mans gepamperlang kan word. ‘Bodyworks’ vir mans vorm deel van die ‘Male Wellness Centre’ waarheen mans kan gaan vir gesigbehandelings, klei liggaams-behandelings (wraps), Botox, haarverwydering, en Glykopeel. Ontspan liggaam en siel met ‘n sport massering of ‘n Thai voet-massering vir R450 vir 90 minute. Hier word ook opleiding in massering aangebied en ‘n lewensafrigting-kursus wat ‘n 12-weke program insluit. Body Works is in Carinusstraat 224, Meyerspark. Skakel 083-286-1891 of 082-950-6789 of stuur ‘n e-pos aan Johan: This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it .

Gaan groot met groen
Of jy nou ‘n draai wil maak op ‘n boetiek-styl plasie of op ‘n roosplaas wil gaan kuier is dié afdeling joune. Ons vertel jou ook van ‘n reeks plattelandse kwekery – van een met ‘n antiekware winkel tot daar waar ‘n ware boomkenner en –liefhebber self kweek en raad gee.

Camilla’s Farm

Camilla’s Farm is ‘n klein boetiek-styl plasie oos van Pretoria waar besoekers op afspraak welkom is. Opregte Toggenburg melkbokke word hier met groot liefde met die hand grootgemaak en gemelk om hoë kwaliteit melk te produseer waarmee Franse-styl kase en tradisionele feta gemaak word. Die melk word gepasteuriseer en gebottel vir verkope in ‘n glasbottel wat jy ná die tyd weer kan inruil. Die melk word ook gebruik om egte melkseep te maak. Heuning word op die plaas verkry van die natuurlike heuningkoeke in die bos. Al dié plaas se produkte is elke Saterdag van 5-9.30 vm by die Pretoria Boeremark beskikbaar. Bel vir Mandy by 083-453-6636.

Soleil

Op soek na ‘n roosplaas in ons kontrei? Ludwig’s Soleil Snyrose bied nie net roosplante en snyrose nie, maar ook ’n teetuin, Rose Rendezvous, en ’n roosboetiek, Thorns ’n Things, waar jy spesiale roosprodukte, soos rooslikeur, en die hele reeks van Ludwig se roossorgprodukte in die hande kan kry. Soleil is sewe dae ’n week oop en jy kan daagliks ’n wye verskeidenheid vars, gesonde snyrose en roosplante, wat op die plaas gekweek en geklimatiseer is om in ons gebied te floreer, aankoop. Soleil is op plot 4, Tygervallei. Die toegangspad draai uit Lynnwoodweg-verlenging, 3 km oos van Hans Strijdomrylaan. Skakel 012-809-0134/5 of stuur ’n e-pos na This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it .

Living Gardens

Moenie Living Gardens se opedag vir hulle baie spesiale antiekware winkel in Maart misloop nie. Daar gaan baie bekendes en ook ‘n groot verrassing wees. Living Gardens is ‘n groothandel kwekery wat aan die publiek top-gehalte, bekostigbare plante, spoelklippe en ‘dumping rock’ bied. Hier kry ‘n mens reeds die afgelope 16 jaar lank goeie diens en aflewerings wat altyd betyds is. Hulle nooi alle argitekte, landskapargitekte, bouers, ontwikkelaars, skole en almal wat op soek is na ’n winskoop om ’n draai by hulle te gaan maak. Living Gardens is in Zwavelpoort, Lynnwoodweg-verlenging, tussen die Paul Jungnickelhuis en Eastridge Building & Supply Centre. Skakel 012-817-2098, 072-902-7815, stuur ‘n  faks na 086-660-7784 of e-pos: This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it .

Blyfontein Kwekery

Blyfontein se mense het 'n passie vir inheemse bome en plante. Jy kan by dié vriendelike mense langs Lynnwoodweg-verlenging inry en deel in die kennis van veteraan kweker, Dirk Marais. Blyfontein kweek self en het 'n groot verskeidenheid inheemse en uitheemse bome (vir die kouer dele) om van te kies. Stap saam met Dirk op die rustige kwekery-hoewe rond, kyk na bome van verskillende groottes en leer die fynere detail van elke plant by 'n kenner. Blyfontein is in Lynnwoodweg-verlenging oorkant die Swaeltjie afdraai. Bel hulle by 083-378-3588 of besoek die webwerf: www.blyfontein.co.za.

Newlands Garden Centre

Newlands Garden Centre het alles wat jy nodig het om jou tuin in ‘n kreatiewe paradys te omskep. Hier kry jy waterspuite, waterkanale, fonteine, beton-potte en -standbeelde, boukolomme met ringe en voetstukke. Daar is ook tuingereedskap, -hardeware, kunsmis, giwwe, gemengde tuingrond, grasbedekkings, sampioen kompos, plante vir binne en buite, met die klem op inheemse plante. Hulle is Saterdae tot 5 nm en Sondae tot 4 nm oop vir die laai van enige soort grond en alle boumateriaal op plot 650, Elandstraat, Rietfontein Landbou Hoewes, oorkant Verresig Landgoed. Bel vir Debbie, Magriet of Conrad by tel: 012-480-2094/6 of 012-480-0211/0191. Stuur ’n e-pos aan This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it of besoek: www.newlandsgardencentre.co.za.

Klipkop Kwekery

Kyk uit vir ‘n groot banier langs die pad as jy in Klipkop se wêreld met Lynnwoodweg-verlenging ry. Klipkop Kwekery hou ‘n reuse uitverkoping teen baie goeie pryse. Daar is ‘n oorvloed van plante soos Margaret Roberts laventelbosse en Sheena’s Gold beskikbaar. Klipkop Kwekery is op plot 70, Klipkop. Vir navrae kontak Annetjie Oosthuizen by 082-821-2250, faks: 012-811-8616 of e-pos: This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it .

Terug na toeka
Stel jy in die doen en late van toeka se mense belang? Dan sal jy graag ‘n draai by die museums in dié afdeling wil maak, op een van die kultuur-historiese toere wil gaan of dalk selfs uiteindelik ontdek waar jou familie vandaan kom.

Friends of the Rail

Friends of the Rail is ’n geregistreerde erfenisbewaringsvereniging wat ou stoomtreine restoureer en toeriste op daguitstappies na Rayton en Cullinan neem. Die stoomtrein-roete begin by die depot in Hercules en sluit aan by die oorspronklike 1880 Nederlandsche Zuid-Afrikaansche Spoor Maatschappijen (NZASM) spoorlyn. Die NZASM lyn loop tot by Rayton-stasie, vanwaar die 11 km-lange Cullinan tak-lyn wat in 1905 gebou is, gevolg word. Vir besprekings en ’n skedule van uitstappies en aktiwiteite, besoek www.friendsoftherail.com. Stuur ‘n e-pos aan This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it of skakel 012-767-7913, 082-098-6186 vir normale uitstappies of 012-767-8145 of 082-293-4616 vir werkuitstappies.

Willem Prinsloo Landboumuseum

Die Willem Prinsloo Landboumuseum het oor die jare bekend geword as die tuiste van die mampoerfees en die jaarlikse plaasfees. Dié museum is ’n kombinasie van ’n opelugmuseum met ’n egte plaasatmosfeer en kultuurtradisies, ou opstalle en permanente uitstallings soos koetse, trêppies en waentjies asook veteraan landbou-implemente. Hier kan jy gaan kyk hoe ’n outydse plaaswerf gewerk het. Daar is tipiese plaasaktiwiteite soos broodbak in ’n buite-oond, mampoerstook, veteraan-trekkers aan die werk, sweepklap en verepluk. Dié museum is op die ou Bronkhorstspruitpad. Skakel 012-736-2035 vir meer inligting.

McHardy Huis Museum

Cullinan se McHardy Huis Museum is gevul met die oorspronklike meubels, foto’s, skilderye en ornamente van die Premiermyn se eerste bestuurder, William McHardy. Dit is die eerste huis wat in 1903 in Cullinan opgerig is. Met McHardy se dood in 1913 het die myn sy vrou en kinders die reg gegee om lewenslank daar te bly. Twee McHardy dogters, Evalena en May, het tot hulle in 1984 oorlede is, daar aangebly. So het die leefwyse van daardie tyd behoue gebly. Die myn het die huis in Oaklaan 101 in 1988 as museum verklaar. Dié museum is op Saterdae, Sondae en openbare vakansiedae oop. Skakel 012-734-2170 as jy die huis in die week wil besoek.

Onverwacht

Jy kan ‘n kultuurhistoriese toer deur die geskiedkundige Onverwacht nedersetting, 10 km noord-oos van Cullinan, doen. Die Sondag skop af met ’n kerkdiens by Onverwacht se Verenigde Gereformeerde Kerk, waarna jy met ‘n donkiekar kan rondry, by die inwoners aan huis gaan teedrink of ‘n tradisionele middagete eet en selfs die begraafplaas waar dié dorp se voorsate lê, kan besoek. Onverwacht is ’n nedersetting van swart Afrikaners, afstammelinge van bevryde Maleise slawe wat deel van die Malan nátrek gevorm het. Hulle woon al langer as ’n honderd jaar op grond wat Paul Kruger aan hulle toegestaan het. Om ’n toer te reël of ’n ete-afspraak te maak, bel Patricia by 076-756-9518.  

Sammy Marks Museum

Lus vir ‘n middernagtelike spooktoer deur een van ou Pretoria se bekendste sakemanne se huis? Die aandlange verrigtinge word in die Sammy Marksmuseum se wynkelder gehou en sluit ’n klomp stories oor die plaas se geskiedenis in, asook ’n vyfgang maaltyd. Dié museum bestaan uit ‘n statige Victoriaanse opstal met sy formele tuine. Die opstal is op die plaas Zwartkoppies gebou en Sammy Marks se huis het as Zwartkoppies Hall bekend gestaan. Na verskeie aanbouings het die huis 45 kamers, vandag nog vol ornamente en handgemaakte meubels van vervloë dae. Sammy Marks-museum is op die ou Bronkhorstspruitpad. Skakel 012-802-1150.

Isabel Groesbeek Genealogiese Dienste

Wil jy weet waar jy vandaan kom? Isabel Groesbeek moedig mense aan om meer van genealogiese- en familiegeskiedenisnavorsing te leer. Isabel is sedert 1988 ’n genealogiese navorser en - inligtingskonsultant en was voorheen hoof: Genealogie-Inligting, RGN. Sy doen konsultasies, is ’n gasspreker en is die organiseerder van die jaarlikse Genealogie en Familie-erfenisfees by die Rif Makiti. Vanjaar se fees is op Saterdag 1 September te NG Gemeente Lynnwoodrif. Daar is ook ‘n teetuin, eetgoed, handwerkmark en ander vermaak. Bring vrae oor jou herkoms en kom kuier saam. Kontak Isabel by 082-441-2325 of This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it .

Vat jou smulgoed saam
As jy op pad is na ‘n piekniek of braai-plek, wys ons jou waar om die nodige te kry – van spitbraais te huur tot topgehalte vleis. En as jy sommer so op die gallop wil eet, vertel ons jou van twee plattelandse plekkies wat lekker wegneemetes verskaf.

PJ’s Vetkoek & Take Aways

’n ‘Road Trip’ vetkoek is net die ding vir diegene wat rondry tussen avonture in ons kontrei. PJ’s Vetkoek en Take Aways bied biltong, jogurt en kaas, wegneemetes soos vis-en-tjips en Russian-en-tjips, en vetkoeke met verbeeldingryke name. Die ‘Road Trip’ het ’n eier, Russian, kaas, blaarslaai en tamatie op. Die ‘Enduro’ bestaan uit biltong en vuurwarm rissies, die ‘Blou Bul’ uit twee hamburger patties, kaas, blaarslaai, tamatie en uie, die ‘Cheetah’ uit blaarslaai, tamatie, ’n patty, spek, kaas en ’n eier en die ‘Leeu’ het alles wat die ‘Cheetah’ het, plus ’n piesang. Eienares Lydia maak self haar tjips en hamburger patties. PJ’s is op die kruising van die Bapsfontein/Bronkhorstspruitpad en Garstfonteinweg, Welbekend. Bel Lydia Nel by 072-744-1798 of Piet Nel by 072-336-6047.

Bronberg Vleismark

Mense ry baie ver Zwavelpoort toe om Wilhelm en Petro Bezuidenhout se besonderse boerewors vir hulle spesiale braai-onthale aan te koop. Die Bezuidenhouts is ervare, plattelandse slagters wat jou onthaalvleis van die hoogste gehalte na jou smaak vir jou voorberei. Wilhelm se biltong is bykans legendaries. Die Bronberg Vleismark is by die Zwavelpoort-sentrum in Lynnwoodweg-verlenging, oorkant die Boschkop-afdraai. Bel hulle by 072-020-0026.

Bafana

Bafana Kontantwinkel het oor die jare ’n baken en ontmoetplek in die noordelike gedeelte van Zwavelpoort geword. As die honger jou pla, of jy Klipkop se kant toe bly en nie lus het vir kosmaak by die huis nie, kan jy by Bafana inval vir ’n lekker boerewors-rol, pap-en-vleis of kerrie-en-rys. Bafana is in Lynnwoodweg-verlenging, oorkant die Zwavelpoort-teerpad se afdraai. Bel vir Sylvia by 071-603-6926 of Neels by 079-492-5520.

Boma Vleismark

Boma Vleismark het alles waaraan jy kan dink om te braai - van sagte rypgemaakte biefstuk, sappige boerewors,geurige sosaties, heerlike hoenderkebabs, sagte skaaptjops en gemarineerde varkribbetjies. Groter groepe kan ‘n spitbraai hier huur, en Boma help ook graag om die porsiegrootte per persoon te bereken. Naweekkuiers is nou soveel makliker met Boma se nuwe deli met varsgebakte Panini-broodjies, Italiaanse rolletjies, ‘muffins’, kolwyntjies en nog vele tuisgebakte lekkernye. Biltong, droëwors, tuisgemaakte kouevleis, klaargaar bobotie, hoenderpastei, lasagne, lamspastei, al die gehalte-produkte en uitstekende diens wat van Boma Vleismark die landswye wenner van die Cleaver-toekenning gemaak het, is steeds daar. Hoek van Garsfonteinweg en Rubensteinrylaan, Moreletapark. Tel: 012-998-8711.

Rayton Biltong & Braai

Rayton se Biltong & Braai gee jou ‘n volledige diens as dit by enige spitbraai-funksie kom. Die mense van Biltong & Braai berei jou vleis vernuftig voor, of dit nou ‘n heel lam of vark of beessnitte is. Dan verskaf hulle die moderne en gerieflike spitbraaier en iemand met vaardigheid in dié vorm van kosmaak om die spitbraai te beman. Biltong & Braai sal ook die biltong, droëwors en tuisgemaakte koue- en verwerkte vleishappies voorsien vir jou onthaal. Dié moderne slaghuis is geleë agter Rayton se Pick ‘n Pay, oorkant Supa Quick.

Só kan jy help
Wil jy help om ‘n beter lewe te probeer skep vir twee- en viervoetige wesens? Hier vertel ons jou van tehuise, weeshuise, dierereddingsentrums en uitreikaksies waar vrywillers se hulp goed aangewend kan word.

Paul Jungnickelhuis

Wil jy volwasse gestremdes help met aktiwiteite soos werkswinkels vir kuns (verf, plak en knip) en naaldwerk, of stories voorlees, sing, musiekmaak, oefeninge en uitstappies. Die Paul Jungnickelhuis vir gestremdes bied verskeie geleenthede vir vrywilligers wat graag wil uithelp. Jy kan selfs met administratiewe werk gaan help. Ander Kungwini Welsynprojekte waarmee mense kan help is kleuterskool-aktiwiteite. Pleegouers en plek-van-veiligheid ouers word ook gesoek. Hiervoor is ’n kort kursus verpligtend. Die Paul Jungnickelhuis het ’n winkel waar skenkings verkoop word vir fondsinsameling. Hulle is in Lynnwoodweg-verlenging, Zwavelpoort, ongeveer 4,5 km vanaf Hans Strijdomrylaan. Kontak Linda van Staden by 012-940-0221 of This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it of besoek www.kwo.org.za

Qumi Huis

Qumi Huis is ’n gemeenskapsprojek wat dagsorg en inwoning vir intellektueel gestremdes bied by huise in Rayton se Oakley-, Naude- en Coetzee-strate sowel as op ‘n plaas net buite die dorp. Dagsorg is in die Hervormde kerksaal. Dié is nie ’n inrigting nie, maar huise waar die gestremde soos ’n normale mens kan woon en funksioneer. Inwoners is self vir die bedryf van die huis verantwoordelik met die hulp van toesighoudende personeel. Hulle neem daagliks deel aan werkswinkels waar hulle vaardighede aanleer. Kontak Marie Jacobs, administratiewe bestuurder, by 082-775-2906 of This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it , of vir Linda Krause, terapie, by 082-464-7858 of This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it  of besoek www.qumihomes.org.

Wet Nose Dierereddingsentrum

Dié reg-tot-lewe dierereddingsentrum bied ’n veilige hawe aan perde, honde, katte en plaasdiere. By Wet Nose is vrywilligers altyd nodig om te help – of dit nou is om ’n hond vir ’n wandeling te neem of om vir getraumatiseerde diere te help wys dat hulle mense weer kan vertrou. Wet Nose is op plot 75, Vaalbank, oorkant de Leeuw roosplaas op die ou Bronkhorstspruitpad. Dit is ongeveer 6 km van die vierrigting stop kruising met die Cullinan/ Rayton-pad. Skakel 013-932-3941/2/6, 082-677-8084 of 082-337-6326, stuur ‘n e-pos aan This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it  of besoek www.wetnose.org.za.

African Blessings

African Blessings is ’n welsynsorganisasie wat ’n beter lewe probeer skep vir weeskinders – nie net die menslike soort nie, maar ook vir perde en donkies - op die plaas Rustfontein buite Bronkhorstspruit. Daar is ’n perdereddingsentrum, kostuine, ’n kunssentrum en hulle is besig om die Jochebed Kinderhuis te bou. Op Rustfontein word daar gereeld allerhande geleenthede gehou soos hulle jaarlikse Moerbeifees met konfytfabriek, braai, speletjies en musiek. Jy kan dié plaas bereik deur met die N4 na Bronkhorstspruit te ry. Neem die Ekandustria-afrit. Die derde pad na regs is die R513 waarop die plaas geleë is. Bel vir Sharon Schwarz by 083-563-2675, stuur ’n e-pos na This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it of besoek www.africanblessings.co.za. 

NG Gemeente Tygerpoort

Tygerpoort Gemeente reik op verskeie maniere na die gemeenskap in die ooste van Pretoria uit. By Caritas gee hulle om vir diegene wat deur diep water gaan. Volwasse persone wat nie kan lees en skryf nie, word op Donderdae gehelp om dié vaardighede te ontwikkel. Daar is selfs geleentheid om vaardig te raak met die maak en herstel van klere.
Dié gemeente is ook betrokke by Boschkop Primary en Paul Jungnickel-huis. Klasse word in musiek, dans, drama en skeppende kuns by die kunsskool aangebied en Tiertjie Kleuter-en Naskool lewer ‘n bekostigbare diens aan die gemeenskap. Daar is ook ‘n Bybelskool, omgee- en Bybelstudiegroepe en retraite. Skakel 012-809-0107.

Angels with Hooves

Angels with Hooves is ’n nie-winsgewende maatskappy wat perdeterapie en perd-geassisteerde sielkunde vir kinderhuis-kinders doen. Hulle gebruik perde wat gerehabiliteer is van verhongering of mishandeling vir die projek. Dié organisasie is onlangs deur probleme met die hervestiging van plakkers gedwing om Pienaarspoort te verlaat. Hulle werk nou vanaf verskeie persele in Lynnwoodweg en Tweedracht. As jy wil help om ’n kind van die Louis Botha tehuis te borg vir perdrylesse, kan jy vir Annemarie Towsen kontak by 084-581-6233 of This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it of www.angelswithhooves.org.za besoek.

 
 

© 2024 Die/The Bronberger