Belg kom kyk hoe plaasskool rommel herwin Print E-mail
News - Artikels
Monday, 17 October 2011 09:48
Untitled Document

‘n Belgiese omgewingsopvoedkundige het kom kyk hoe ‘n Bronbergse plaasskool, die Laerskool Witpoort, hulle herwinningsprogram bedryf.

Paul Renders, die koördineerder van die omgewingsopvoedkunde-kurrikulum vir skole in België, was op 21 September by Laerskool Witpoort saam met Schalk Raath van die Universiteit van Noordwes.


Van links na regs: Hoofseun, Robert Hindley, hoofmeisie Kristen Joubert, Sonja Hindley, herwinningskoördineerder, Laerskool Witpoort, en Paul Renders, omgewingsopvoedkundige van België

Op hulle staptog deur die skool om na die verskillende maniere te kyk waarop Witpoort hulle herwinning aanpak, was die Belg verstom om te sien hoe al die kinders kaalvoet rondloop. Hy het Witpoort die skool van “bloten voetjes” gedoop.

Verskillende klasse is besoek, onder andere die graad 0, 00 en 1 klasse, waar die kleuters die gaste vermaak het met “Polly put the kettle on” en ‘n demonstrasie van wat ‘n mens alles met herwinde teesakkies kan maak.


Louney Coetzee, graad 1, wys hoe ‘n mens papier herwin

Hulle het ook by die wetenskap-klas ingeloer en gesien op watter manier die kinders hulle take oor herwinning en hergebruik aanpak en by die graad sewes ‘n draai gemaak. Die graad sewe-groep skryf briewe aan penmaats by ‘n skool in België.

Daarna het hulle gaan kyk na die herwinning, die sortering en die sakke.

 

© 2024 Die/The Bronberger