Hartseer Foksie soek sy mense Print E-mail
News - Artikels
Monday, 17 October 2011 09:47
Untitled Document

‘n Langbeen foksterriër is op Saterdagoggend 24 September op die Zwavelpoort teerpad voor plot 422 gevind. Dié hondjie, wat intussen Foksie gedoop is, treur vreeslik oor sy mense.

Hy is ingeneem deur Arie Neven wat bereid is om die hondjie te hou. Arie sê egter hy weet dat iemand iewers naarstiglik op soek is na Foksie.


Foksie is op soek na sy eienaars

“Foksie het daardie Saterdag verwese en verdwaal in die reën by my hek gestaan. Toe ek die deur oopmaak het hy dadelik in my voertuig gespring. Hy is duidelik ook motorry en binnenshuis gewoond,” sê Arie.

Foksie het ‘n mooi half leer, half kettingtjie halsbandjie aan, maar geen naamplaatjie nie. Hy is reggemaak, het baie goeie maniere en is duidelik ’n hondjie wat gewoond is daaraan om aandag en liefde te kry.

“Hy is veilig en warm met ‘n vol maag, maar ek dink met ‘n leë hart,” sê Arie.
As Foksie aan jou behoort, bel vir Arie Neven by 082-490-0552.

 

© 2024 Die/The Bronberger