Lasarus-perd gekies vir Gauteng Noord-span Print E-mail
News - Artikels
Tuesday, 23 August 2011 14:49
Untitled Document

Liberty’s Anywhere Anytime wat die Wes Nyl-virus oorleef het, is vanjaar gekies vir die Gauteng Noord Interstreek-spanne. In September verlede jaar het ons berig dat Anytime bykans dood was en slegs ’n 20% kans gegun is om ooit weer gery te word. Vanjaar is hy vir die laer interstreek, wat van 2 tot 4 September plaasvind, gekies in die werkende perd-afdeling en as reserwe vir die nuweling dresseer-span. Anytime is ook gekies vir die hoër interstreek span as spogperd. Hy het by die laaste Gauteng Noord kwalifiserende skou beide die spogperd en skou ryperd klasse gewen asook die volwasse grootkampioen. Sy eienaar, Juanita Jamneck, sê dat Anytime die tweede lewe wat hy gegun is, goed gebruik.

 

© 2024 Die/The Bronberger