Dinge om te doen in 2011 Print E-mail
News - Artikels
Monday, 28 February 2011 08:22
Untitled Document

Nou sal jy nooit weer oor naweke ’n verskoning hê om te sit en wonder wat jy in die Bronberg-kontrei kan doen nie. Met hierdie splinternuwe gids vir 2011 wys ons jou alles – van avonture tot feeste en markte, van kuierplekke tot konferensiesentrums, van oorslaapplekke tot kursusse. Of jy nou wil uiteet, vlotbou, deel word van ’n tromsirkel, wil leer vlieg of verf of visvang; of jy nou op ’n wildbesigtigingstoer wil gaan, ’n staproete wil aanpak of museums wil besoek, hier wys ons jou wat reg onder jou neus aangaan.

Breek weg uit die gewoel
Dié is jou afdeling as jy siek en sat is vir die rotresies en smag na die bosse. Jy kan in ons kontrei gaan wildkyk, wandel, voëlskyk of sommer net in die veld sit en kyk hoe die son ondergaan. En as jy wil oorslaap, strek jou keuses van luukse akkommodasie tot uitkamp, oornag-hutte vir stappers en woonwaens te huur.

Farm Inn
’n Wegbreek slegs ’n klipgooi uit die stad. Die 4-ster hotel bied nie net akkommodasie, konferensiefasiliteite of unieke lokale vir ’n troue of funksie nie, maar besonderse bosveld-ervarings. Wildritte en staproetes met ervare veldgidse bied jou die geleentheid om diere soos leeus, tiere, luiperds, hiënas, jagluiperds en vele meer van naby af te beskou. Dis ’n kans om ook meer van Suid- Afrika se diersoorte te leer. Die a la carte restaurant, teetuin en dameskroeg is die perfekte plek om ’n skemerkelkie, ligte ete of een van die spesiale disse te geniet. Akkommodasie strek van weelderige suites, deluxe, ekonomiese en standaard kamers en konferensie- en besigheidsgaste kan gerus wees dat die Wi-Fi en Internet-fasiliteite orals beskikbaar is. Die tuin is toegerus met ’n klimraam en plaaswerf vir kinders. Doen gerus navrae oor die kinderpartytjie pakkette sowel as die “Romantiese Skemerkelkie” wildritte wat aangebied word. Of jy Farm Inn nou besoek vir ’n konferensie, funksie of net ’n vinnige wegbreek, die ervare personeel sal jou graag help met enige idees of reëlings. Skakel 012-809-0266/ 77 of stuur ’n e-pos vir besprekings of meer inligting na farminn@ farminn.co.za... Webtuiste: www.farminn.co.za..
Nkwe Park
Is jy op soek na ’n plek in die ongerepte natuur waar jy kan vleisbraai, piekniek hou en swem in rotspoele; ’n plek met wandelroetes waar jy 75 verskillende voëlsoorte kan sien? Of jy nou net vir die dag wil wegbreek en of jy verkies om oor te slaap, is Nkwe Park die plek vir jou. Nkwe Karavaanpark bied woonwa-staanplek en daar is ook karavane te huur. Die oord het drie-ster gradering en is rustig met geen musiek, ‘quads’ of motorfietse nie. Dié Bronberg-paradys se natuurlike rotspoele en kuile word gevoed deur die boloop van die Pienaarsrivier en daar is fonteine al langs die rivier af, wat plek-plek opgedam is. Nkwe is in Tierpoort, 15 km vanaf Hans Strijdomrylaan uit met Lynnwoodweg-verlenging. Draai regs by die Betshan-bord. Vir meer inligting, bel Francois Liebenberg by 082-978-9631.
Rietvlei Natuurreservaat
Rietvlei Natuurreservaat bied wildbesigtigingstoere rondom die Rietvleidam, voëlskyk, visvang, kampering en staproetes. Jy kan op ’n 10 km dagstaproete gaan of op ’n 21 km roete waar jy in ’n oornag-hut bly wat beddens en matrasse insluit. Die Rietvlei Natuurreservaat bestaan uit 3 800 ha Bankeveld grasland wat strek vanaf die dam oor vlaktes, heuwels, vleie en stroompies. Dit is uit met die Delmas-pad, naby die Nelmapius/R21 kruising. Vir meer inligting, skakel 012-345-2274 of 012-345-5103.
Faerie Glen Natuurreservaat
Faerie Glen Natuurreservaat is ’n 128 ha reservaat met ’n groot verskeidenheid voëlsoorte. Die veld is tipies van ’n oorgangsone tussen Bankeveld, suur gemengde bosveld en Akasia-veld. Jy kan die Bronbergrif-omgewing van naderby leer ken deur die drie wandelroetes: Hadida is 6,2 km lank, Akasia is 4,5 km lank en Kiepersol is 11,3 km lank. Die reservaat is geleë waar die Bronberg begin en die ingang is uit Louis Botharylaan. Hulle is van September tot April oop van 6 vm tot 7 nm en van Mei tot Augustus van 6 vm tot 6 nm. Vir meer inligting, skakel 012-348-1265/6.

Historiese besoeke
Van ’n donkiekarrit deur die Onverwacht nedersetting tot die Victoriaanse prag en praal van Sammy Marks se huis, van ’n ondergrondse toer deur ’n historiese diamantmyn tot ’n rit in ’n gerestoureerde stoomtrein, hier wys ons jou waarheen om te gaan as toeka se dae jou met ’n tikkie nostalgie vul.

McHardy Huis Museum

Die McHardy Huis was die eerste huis wat in Cullinan gebou is en is in 1903 opgerig vir die Premiermyn se eerste bestuurder, William McHardy. Met McHardy se afsterwe in 1913 het die myn sy vrou en kinders die reg gegee om lewenslank daar te bly. Die twee susters, Evalena en May, is in 1984 oorlede en die myn het die huis in 1988 as museum verklaar. So het wonderlike en oorspronklike meubels, foto’s, skilderye en die leefwyse van daardie tyd behoue gebly. Dié museum is in Oaklaan 101 en is op Saterdae, Sondae en openbare vakansiedae oop. Reël vooraf as jy die huis in die week wil besoek. Skakel 012-734-2170.
Onverwacht
Onverwacht is ’n nedersetting van swart Afrikaners, afstammelinge van bevryde Maleise slawe wat deel van die Malan nátrek gevorm het. Hulle woon al langer as ’n honderd jaar op grond wat Paul Kruger so 10 km noord-oos van Cullinan aan hulle toegestaan het. Kultuurhistoriese toere word deur dié nedersetting gereël waar ’n mens met donkiekarre kan rondry, die begraafplaas kan besoek of die Sondag met ’n kerkdiens by Onverwacht se Verenigde Gereformeerde Kerk kan begin. Oor naweke kan jy ook by die inwoners aan huis gaan teedrink of middagete eet. Om ’n toer te reël of ’n eteafspraak te maak, bel Patricia by 076-756-9518.
Prima Lux
Prima Lux is ’n diamanthandelaar waar jy nie net top kwaliteit juwele kan koop nie; kliënte word ook per geleentheid vir ’n bogrondse of ondergrondse toer deur Cullinan se werkende diamantmyn geneem. Dié diamanthandelaar se vertoonlokaal sien gereeld funksies en byeenkomste waar praatjies gelewer word oor die slyp van diamante. Die juwelierswinkel kyk uit op die geskiedkundige Oaklaan en is winkel nommer twee van die Cullinan Jewel Centre. Die ingang is net verby die Wimpy. Besigheidsure is van 9 vm tot 4 nm, van Maandag tot Sondag. Kontak hulle by 012-734-2930 of 082-744-5026.

Sammy Marks Museum
Die Sammy Marksmuseum met sy statige Victoriaanse opstal, formele tuine, kontreimarkte en teetuin-restaurant is beslis ’n besoek werd. Die brawes kan dié museum se spooktoer aandurf. Die aandlange verrigtinge word in die wynkelder gehou en sluit ’n klomp stories oor die plaas se geskiedenis in sowel as ’n vyfgang maaltyd. Die plaas se naam is Zwartkoppies en Sammy Marks se huis is Zwartkoppies Hall gedoop. Die huis het na verskeie aanbouings 45 kamers gehad vol ornamente en handgemaakte meubels van vervloë dae. Sammy Marks-museum is op die ou Bronkhorstspruitpad. Skakel 012-802-1150.

Willem Prinsloo Landboumuseum
Die Willem Prinsloo Landboumuseum wys jou presies hoe ’n outydse plaaswerf gewerk het. Daar is tipiese plaasaktiwiteite soos trekkers aan die werk, broodbak in ’n buite-oond, sweepklap, verepluk en mampoerstook. Dit is ’n kombinasie van ’n opelugmuseum met ’n egte plaasatmosfeer en kultuurtradisies, ou opstalle en permanente uitstallings soos veteraan landbou-implemente, koetse, trêppies en waentjies. Gebeure om voor uit te kyk is die jaarlikse plaasfees en mampoerfees. Dié museum is op die ou Bronkhorstspruitpad. Skakel 012-736-2035.
Friends of the Rail
Friends of the Rail is ’n nie-winsgewende organisasie wat ou stoomtreine restoureer en toeriste op daguitstappies na Rayton en Cullinan neem. Dié plesierrite gebeur gewoonlik een keer ’n maand en rondom spesiale dae soos Valentyns-, Moeders- en Vadersdag. In Desember is daar treinritte op Vrydae, Saterdae en Sondae wat beteken dat jy nie op dieselfde dag hoef terug te keer nie en in Cullinan kan oorslaap. Friends of the Rail is ’n geregistreerde Erfenisbewaringsvereniging, geleë in Hermanstad. Skakel 012-548-4090, stuur ’n e-pos aan This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it .. of besoek www.friendsoftherail.com.. Besprekings kan op dié webblad gedoen word en ’n skedule van hul uitstappies en aktiwiteite kan ook hier afgelaai word.

Asemrowende avonture
Of jy nou wil vlotbou, visvang, met vliegaas hengel, leer vlieg, ‘volleyball’ of ‘paintball’ wil speel, aan ’n driekamp wil deelneem of op soek is na ’n 4x4 roete, hier wys ons jou waar die adrenalien in ons gebied pomp – van die grootste lughawe in private besit in die suidelike halfrond tot loopgrawe, erosieslote en uitkyktorings.

Bundu Bashing
Bundu Bashing is geleë op ’n 43 ha plasie met natuurlike fonteine en verskeie damme vir hengel. Aktiwiteite strek van vlotbou tot hengel (swartbaars, kurper en karp), ‘volleyball’, ‘paintball’, en ’n 4x4 baan wat uit natuurlike erosieslote en watergate bestaan. Daar is plekke met oornag fasiliteite of slegs kampering te huur. Dit is die ideale plek vir ’n meer informele ‘bachelors/ bachelorette’ partytjie, ’n 21ste verjaarsdag, kinderpartytjies en ook vir spanbou aktiwiteite. Hier is jy beslis weg van die stad se gewoel, maar dit is naby genoeg vir ’n vinnige uitstappie in die natuur. Bundu Bashing is in Tweedracht, naby Avalon Castle en grens aan Klipkop-bewaringsgebied. GPS koördinate: S25 52.806 E28 29.686. Kontak Hennie Bothma by 076-661-0116, e-pos: This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it of besoek http://www.bundubashing.co.za/ of www.bachelorpartyvenue.co.za..
Paintball Plus
Paintball Plus is die ideale plek vir spanbou, familie-uitstappies, verjaardagpartytjies, kinderpartytjies en selfs ‘bachelor’ partytjies. ’n Mens kan die hele plek vir jouself huur en die aand in ’n sorgvrye plaasatmosfeer oorslaap as jy jou eie tent saambring. Daar is piekniek- en braaigeriewe, ’n uitkyktoring, plaasdiere, ’n bos, loopgrawe, skanse en oop veld vir verdere avonture. Potjiekos, spitbraai en varsgebakte plaasbrood word voorsien op versoek. Paintball Plus is in Tierpoort en kan bereik word met Lynnwoodweg (draai af by die Nkwe bord) of Garstfonteinweg (draai af by die Tierpoort-sentrum). Bel Louwrens Erasmus by 082-413-8955.

Superb Flight Training

Was dit nog altyd jou droom om te leer vlieg? By Superb Flight Training kos ’n inleidingsvlug vanaf R300. Daar is ervare instrukteurs, vanaf vrywillige lugmag straler-vlieëniers tot ’n Boeing 737 instrukteur van SA Lugdiens. Jy leer vlieg met moderne Jabiru- en Tecnamvliegtuie, maar leer perspektiewe aan wat jou nie tot ligte vliegtuie beperk nie. SFT is by die Kitty Hawk luglandgoed op die Boschkop teerpad, die grootste vliegveld in private besit in die land. Skakel SFT by 012-811-2233, 072-201-7222, stuur ’n e-pos aan This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it of besoek http://pilots.co.za..

On The Rocks
By On The Rocks kan jy met vliegaas vir forel hengel langs ’n pragtige dam van 1,3 ha wat deur die Zwavelpoortspruit gevoed word. Dit kos R120 per persoon per dag om daar te hengel oor naweke of openbare vakansiedae en R70 op weeksdae. Besoekers wat nie visvang nie betaal R30. Daar is visstokke te huur en ’n verskeidenheid vliegaas. Groepe van meer as vyf mense, studente en pensioentrekkers betaal R50 per persoon in die week en R100 oor naweke. As jy die groep bring, kan jy verniet visvang. Die dam is ongeveer 10 km van die Hans Strijdomrylaan kruising, uit met Lynnwoodwegverlenging in Zwavelpoort. Daar is ’n kothuis met lapa en ’n tuinwoonstel beskikbaar vir dié wat wil oorslaap. Bel vir Charl by 082-490-2226, Gretchen by 082-305-1154, stuur ’n e-pos na This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it . of besoek http://www.wildlifesouthafrica.com./on-the-rocksflyfishing/ index.htm.

Driekamp

Die laaste driekamp byeenkoms van die seisoen op Gauteng se driekampkalender word in Bronberg-wêreld gehou. Dit vind op 3 April om 9 vm by Waterlake Farm plaas. Dit is die tweede driekamp wat hier gehou word. Vir die wat nie die water wil aandurf nie, is daar ’n tweekamp gereël. Dit is ’n gesinsdag, en behalwe vir die senior-kategorieë, is daar ook kategorieë waarin kinders van agt tot 11 jaar en van 12 tot 15 jaar kan deelneem. Daar gaan TV dekking wees op DSTV, en baie groot pryse vir deelnemers, asook die wat nie deelneem nie. Waterlake Farm is 8 km uit op die Boschkoppad. Kontak Albie De Lange by 079-524-7914 of Gilda by 082-595-0072, stuur ’n e-pos aan This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it of besoek www.waterlakefarm.co.za of www.entryonline.co.za..

Skuba-duik
Die wonderwêreld van skubaduik is binne jou bereik. Al wat jy moet doen, is om ’n kursus by Nudidivers te voltooi en dan saam met hulle op een van hulle duikavonture na Mosambiek of elders te gaan. Jy word deel van die Nudi-span deur ’n kursus by die kenners te loop. Hulle bied die standaardkursus vir skubaduikers aan, of die gevorderde kursus. Eerstehulp kan ook by Nudidivers onder die knie gekry word. Vir meer inligting kontak Annie of Dick by This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it of skakel 083-434-6650.

Merkwaardige markte en vrolike feeste
Ons kontrei spog met ’n jaarlikse vier-dag fees en talle gereelde markte met ongewone stalletjies - van Cullinan se Groot Gat Fees en Under the Oaks Antiekmark tot Olympus se Klip Klap Antiek en Kunsmark, Tierpoort se Lakelands Aarbeimark, Grootfontein se kontreimark en Tygerpoort se Kaskar-dag.

Groot Gat Fees
Cullinan se Groot Gat-fees is vanjaar op 18, 19, 20 en 21 Maart. Deurlopende aktiwiteite sluit ’n wynfees, beeldende kunste, straatvermaak, pretpark, musiek- en verhoogvertonings, ’n kunste- vlooimark, biertent, ‘big screen rugby’ en ‘This Festival’s Got Talent in. Hoogtepunte strek van die kroning van die Groot Gat Godin deur Amor Vitonne; optredes deur Willie Strauss, Saarki, MarulaBoom, David Fourie, Amor Vitonne, Charl, Nadia en Idols se Boki en Adeline; gebeure vir motorfietsentoesiaste; ’n 120 en 60 km fietsresies; en ’n multikulturele kosfees. Toegang is R50 per persoon, R30 vir kinders van ses tot 12 jaar oud en gratis vir voorskoolse kinders. Toegang sluit alle aktiwiteite in, soos biertuin, vlooimark, kunsmark, alle musiek- en verhoogvertonings. Die fees word in Cullinan gehou, GPS koördinate: 25° 40’ 21 8” S 28° 31’ 14 9” E. Vir inligting, stuur ’n e-pos aan This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it ..
Klip Klap
Op soek na ongewone dinge vir in en om die huis? Klip Klap Antiek en Kunsmark bied elke derde Sondag van die maand tussen 9 vm en 3 nm ’n mark aan waar hoofsaaklik antieke ware en kuns uitgestal en te koop aangebied word. Uitstekende talent is al hier ontdek en vir verskeie kunstenaars was dié mark die begin van nuwe geleenthede. Vir liefhebbers van oudhede is hier die geleentheid om kundiges te ontmoet, hulle uitstallings te geniet, vrae te vrae en kosbare ontdekkings te deel met kenners soos Mervyn Emms - een van ons land se mees kundige antiekversamelaars. Boekliefhebbers kan uit ’n verskeidenheid kies en daar is heelwat te ete en drinke. Klip Klap word op plot 78A Leanderstraat, Olympus gehou. Draai oos uit Olympusrylaan in Leander, reg oorkant Die Werf. Skakel 082-755-0586. Webwerf: www.klipklap.co.za..
Lakelands Aarbeiplaas
Lakelands Aarbeiplaas hou elke eerste Saterdag van die maand ’n markdag met vars plaasprodukte, kosstalletjies en aarbeie. Dié plaas bied onthaalfasiliteite vir 50 en 120 mense. Spyseniering is beskikbaar indien verlang word, asook kinderpartytjies en konferensiefasiliteite. Daar is ook ’n teetuin in dié rustige landelike omgewing met heerlike ontbyt, vars aarbeie, room en skons. Daar is veilige parkering en groot grasperke vir die kinders. Die winkel het heerlike tuisgebak, konfyte, beskuit en koekies. Vars geplukte aarbeie of gevriesde aarbeie en ander vars plaasprodukte is ook beskikbaar. Piekniekmandjies kan bespreek word. Lakelands is op plot 23, Tiegerpoort. Skakel 072-942-5111 of besoek www.lakelands.co.za..
Under the Oaks
Kom kuier by Cullinan se antieke mark in die geskiedkundige Oaklaan. Op die eerste, tweede en laaste Sondag van die maand vanaf 9 vm tot 3 nm bult die sypaadjies in Oaklaan onder alles en nog wat. Smul aan heerlike Duitse tuisgebak, bokmelkkaas en heuning direk van die plaas. Hier kry jy vars groente en vrugte, ’n groot verskeidenheid antieke meubels, ’n kunsuitstalling, juwele, klere en ligte etes. Bederf jou hele gesin met wat Cullinan te bied het. Bel vir Karl by 072-651-3554.
Grootfontein Kontreimark
Die Grootfontein Kontreimark is ’n maandelikse familiemark waar jy handgemaakte juwele, klere, skilderye, potte, ingemaakte olywe, vars groente en vrugte, ’n verskeidenheid goeie gehalte vleis, heerlike biltong en droë wors en meer kan kry. Met elke markdag word iets anders gedoen om die kinders besig te hou. Daar is genoeg verversings om enige honger maag te vul. Dié mark is uit met Garstfonteinweg-verlenging, 7 km vanaf Woodlands Boulevard. GPS koördinate: S 25 52. 523 E 028 21.741. Op dieselfde perseel is daar ses dae ’n week ’n troeteldierwinkel, teetuin en partytjieplek en daar word ook vanaf 1 Maart een keer per maand ’n vendusie gehou. Enige uitstallers is welkom om Leané of Henry te kontak by 081-301-5273.
Kaskar-pret
Laerskool Tygerpoort se jaarlikse kaskarbyeenkoms word op Saterdag 5 Maart van 12 nm tot laat op die skool se atletiekveld aangebied. Almal is welkom om die pret mee te maak en die stalletjies te besoek. Uitstallers bied van speelgoed tot ‘shaved ice’, rib-burgers, pizzas, ‘airbrush tattoo’, spookasem, roomys, Avisa, pannekoek en kerrie en rys. Dié is die skool se grootste jaarlikse fondsinsamelingsprojek. Dis `n ontspanne kuiergeleentheid vir ouers, personeel en lede van die gemeenskap. Laerskool Tygerpoort is in Henrylaan 21, Shere. Kontak Marina de Klerk by 012-809-0029, 083-336-2419, This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it of besoek www.laerskooltygerpoort.co.za..

Kuierplekke in ons kontrei
Van kuierkroeë tot koek-en-tee, van Saterdagaanddanse tot Country & Western, van ’n sjarmante kothuis- tot ’n tradisionele plaaskombuis-restaurant, van Mediterreens tot eklekties, hier wys ons jou kuierplekke in ons kontrei wat jy dalk nog nie self uitgesnuffel het nie.

Zebra Lounge
Zebra Lounge is ’n lekker plattelandse kuierplek vir die hele familie. ’n Plek waar ouers weer hul kinders kan saamvat en ’n aandjie uit kan geniet sonder om ’n fortuin te bestee. Daar is veilige speelplek vir die kinders, braaigeriewe, sport oor naweke, Saterdagaanddanse, veerpyltjies, waterwurms, springkastele en ’n markiestent vir partytjies, funksies, byeenkomste en spanbou. Die braaivleisvure begin om 1 uur op ’n Saterdag en braaipakke is beskikbaar. Op Sondae is motorfietsryers welkom om ’n vroegoggend gratis koffie te geniet en te bly vir die “country” opvoerings in die middag. Zebra Lounge is op die hoek van Sinovich- en Garstfonteinweg-verlening, oorkant Grootfontein Landgoed se ingang. Bel vir Thys Jackson by 078-820-8075, Natasja Jackson by 082-334-3143 of stuur ’n e-pos na zebraloungesa@ yahoo.com..
Blos Café
Blos Café is ’n restaurant in ’n sjarmante grasdak kothuis omring deur groot grasperke en skadubome aan die voet van die Bronberg. Die kothuis is pragtig gerestoureer en sy outydse muurpapier en houtvloere verleen ’n gesofistikeerde atmosfeer om ’n besonderse maaltyd te geniet terwyl kinders buite kan baljaar. Vir ’n voorsmakie van die spyskaart, besoek gerus www.bloscafe.co.za.. Hulle is in Lynnwoodweg, langs Safari en oorkant Presley’s. GPS koördinate S25°46.109’ E28°18.327’. Blos is oop van Maandae tot Saterdae van 07h00-18h00 en Sondae tot 15h00. In die aand kan Blos bespreek word vir eksklusiewe funksies. Skakel 012-807- 1709 of 082-466-2857.
Broodblik en Koffiepit
Die Broodblik en Koffiepit is ’n plattelandse familiebesigheid gesetel in ’n gebou wat in 1933 deur Oupa Watkins voltooi is. Die winkel, oorspronklik gebruik as Indiër winkel, is in 2002 in ’n bakkery en koffiewinkel omskep. Dié familie span hul kook- en baktalente die afgelope nege jaar al in om vars gebak, soos pasteie, boerbrood, beskuit en tuisgemaakte gemmerbier, ligte middagetes, soos pap en kaiings, en ’n groot verskeidenheid gewilde ontbytdisse, te bedien. Etes kan in die antieke plaaskombuisatmosfeer, kompleet met koolstoof in die winter, of op die stoep geniet word. Funksies kan ook gereël word. Daar is ’n houthuisie op die perseel met baie handwerk voorraad en jy kan jou eie mosaïekprojek saamneem om in die tuin te sit en werk. Die Broodblik en Koffiepit is op die R51 Springs/Pretoriapad. Kontak Sarel of Adele by 011-964-7021 of This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it .
Tant Pop op Die Hoek
By Die Hoek Kroeg en Restaurant raak vreemdelinge vinnig kennisse en kennisse sommer gou goeie vriende. Die Hoek is op die hoekhoewe wat die ou Bronkhorstspruitpad met die pad na Rayton en Cullinan vorm. Die hoewe huisves ook ’n kwekery en ‘paintball-baan’. Gaste is welkom om van die braaigeriewe gebruik te maak. Elke Vrydagaand word daar ge-karaoke en gedans. Groot sportgeleenthede kan op die ‘big screen’ geniet word en ’n pooltafel staan eenkant vir dié wat self wil meeding. Die Hoek is bekend vir sy ontspanne, gemoedelike atmosfeer en plattelandse gasvryheid. Dit bied ’n ideale wegbreekgeleentheid vir dié Bronbergers wat uit die gewoel van die dorp of stad wil wegkom, of sommer net ’n rustige kuier met die oopte om hulle wil geniet. Bel Theunette by 082-691-1703. Jy kan ook op ‘Facebook’ gaan kyk na Die Hoek.
Piggly Wiggly
Piggly Wiggly Lombardy is in die Plantland Lombardy in Lynnwoodweg-verlening; die ideale plek om gou iets te ete te kry as ’n mens kinders by die skool gaan haal. Daar is ook volop speelplek vir die kinders. Vir ’n rustiger maaltyd, voorberei met net die varsste bestanddele, kan ’n mens lekker ontspan in die rustige atmosfeer onder die groot bome. Hulle cappuccinos het toekennings gewen en die tuisgemaakte koeke en botterbroodjies is ideaal saam met die heerlike slaaie, toebroodjies en meer substansiële maaltye wat varsgemaakte sop (bedien met tuisgebakte bruinbrood), bief-, lam- of hoender potjies en liplekker ontbyte insluit. Piggly Wiggly is sowat 2.5 km oos van Hans Strijdomrylaan. GPS koördinate: S25 47.786 E28 21.677. Kontak Willemien Beard by 082-855-7365, This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it . of besoek www.pigglywiggly.co.za..
Coco Bistro
Coco Bistro is ’n Mediterreense familie-restaurant wat goeie kos en diens in ’n ontspanne atmosfeer bedien. Hulle spesialiseer in pizzas wat in ’n houtvuur-oond gemaak word, pasta, roosterbraai geregte soos ‘steaks’, ‘fillets’ en ‘spare ribs’, en skemerkelkies. Dié restaurant is oop van vroeg tot laat: vanaf daardie vroegoggend ontbytafspraak, hulle koffie is teen 7 vm elke dag gereed om bedien te word, tot 11 nm. Of jy nou op soek is na ’n ontbyt, ligte middagete, ’n uithang-aandete, koek-en-tee of net ’n plek waar vriende rondom skemerkelkies kan kuier, is Coco Bistro die plek vir jou. Hulle is 1.8 km oos van Woodlands Boulevard in winkel 18, Mooikloof Village-sentrum, Garstfonteinweg-verlenging, Mooikloof. Kontak Grahame Gertsch by 012-480-0496, 073-171-7507, This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it . of besoek www.cocobistro.co.za..
Bull & Bush Pub
Bull & Bush is ’n plattelandse ‘pub and grill” waar goeie vriende saamkuier. Daar is twee pooltafels en ’n ‘big screen’ vir alle groot sportgebeure. Hulle bied Eisbeins uit die boonste rakke en ’n Sondagmiddagete buffet. Die ou ruïnes op dié plot het bekend geword vir die musiekfeeste, bierfeeste en ‘battle of the bands’ optredes wat gereeld daar gehou word. Iets wat jou by dié kuierplek sal verstom is die hondmak gevlekte ooruil wat sommer maklik by jou op die tafel sal kom kuier. Die van der Walts het dié uil en McCaw papegaaie grootgemaak sedert hulle uitgebroei het. Bull & Bush is op plot 29 Tierpoort. Dit is uit met Garstfonteinweg-verlenging, ongeveer 10 km van die Pretoria-Oos Hospitaal. Kontak Karin van der Walt by 082- 940-9511 of This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it ..
Anja’s Teetuin
Teen die voet van die Bronberg, in die skaduwee van ou Jakarandabome, is waar jy Anja’s Teetuin sal kry. Tuisgebakte koeke en ligte middagetes word uit ’n pragtige kothuis bedien. Anja bak al haar eie koeke en maak self die kos. Dié rustige plek is ideaal vir private partytjies soos ’n kombuistee of ooievaarstee en Anja maak ’n heerlike ‘high tea’. Hulle is oop van Dinsdag tot Saterdag, van 9 vm tot 4 nm. Die teetuin is by The Willows Country Lodge tussen Karoo Kafee en Safari Kwekery op plot 21, Lynnwoodweg, Die Wilgers. Bel vir Anja Preussler by 012-807- 1036 of 072-153-6732, stuur ’n e-pos na This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it of besoek www.anjasgarden.co.za..

Vir spesiale dae
Daar is sekere dae in ’n mens se lewe wat jy ekstra spesiaal wil maak – jou troudag, die dag wat jy jou eie sake-onderneming bekendstel, die dag wat jy jou eerste kursus aanbied of dalk sommer net jou eersteling se eerste verjaardagpartytjie wil hou of die dag wat jy jou kantoor se jaareindfunksie moet reël. As jy op soek is na ’n plek wat jy vir so ’n spesiale okkasie kan huur, is hierdie jou afdeling.

The Wedding Venue

Die Venue is ’n elegante nuwe funksiesentrum wat spesialiseer in troues, konferensies, jaareindfunksies, verjaarsdae en matriekafskeidfunksies. Die romantiese klip en grasdak kapel met sy pragtige loodglasvensters bied die ideale atmosfeer vir jou spesiale dag. Die funksie-saal is elegant en stylvol en sal jou gaste nog lank aan die praat hou. Daar is ook ’n gastehuis met ’n wittebrood suite en 15 en-suite slaapkamers. Die Kersehuis by die Venue het ’n groot verskeidenheid kerse en kersstaanders om uit te kies. Spysenieringstoerusting en noodsaaklikhede vir funksies is ook hier te huur – van tafels en stoele tot tafeldoeke, eetgerei en breekware. Die Venue is op die hoek van Hans Strijdomrylaan en die N4. Skakel 073-776-6225, stuur ’n e-pos aan This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it of besoek www.thewv.co.za..

Premier Hotel
Slegs 26 km noordoos van Pretoria, bied die Cullinan Premier Hotel ’n reeks opwindende aktiwiteite dwarsdeur die week. Die Diamantsaal konferensiesentrum maak voorsiening vir enige soort funksie of troue. Sestien luukse kamers is beskikbaar, almal met en suite badkamers en ’n reeks geriewe. Die Crown Jewel Engelse-styl ‘pub’ is ideaal vir sportentoesiaste. Daar is elke Woensdagaand ’n poolkompetisie en die wenner vat R500 huis toe. Diggers Deck en Restaurant bied ’n meer informele atmosfeer. Op Sondae kan jy ’n buffetontbyt geniet terwyl jy deur musikante trakteer word. Bel Marianne by 012-734-0059.
Chez Charlene
Chez Charlene is ’n luukse oase van rustigheid waar prentjie-mooi tuine, kristalhelder poele en groen weivelde waarin perde gallop, ’n mens verwelkom. Dit is die ideale plek vir troues, spesiale okkasies en verjaarsdae. Daar is ook ’n koffiewinkel en restaurant vir fynproewers waar soiree’s, whiskey- en wynproe-geleenthede en ‘hi-teas’ gehou kan word. Vir spesiale geleenthede kan die sjef, Brett Ladds, jou perfekte spyskaart beplan. ’n Keuse van spesiaal ontwerpte koeke en ’n a la carte spyskaart is daagliks beskikbaar. Chez Charlene is Dinsdae tot Sondae van 8 vm tot 5 nm oop. Chez Charlene is op plot 22, Swartkoppies op die Mooiplaats grondpad. Kontak Charlene Georgiades by 012-802-0791, 012-802-1027, 082-447-6080, This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it of besoek www.chezcharlene.co.za..
Bronberg Wynlandgoed
Die Bronberg Wynlandgoed in Lynnwoodweg-verlenging is ingerig om enige funksie te kan hanteer. Hulle is bekend vir tradisionele boerekos uit die boonste rakke. Skaapstertjies, skilpadjies, kerrieafval, bobotie, pofadder, skenkelpotjie, potbrood, stampmielies en soetpatats en nog baie meer kan hier geniet word. Dit is ook die ‘hoofkantoor’ van die Suid-Afrikaanse Skaapkopgilde en dié plek om by in te val as jy wil weet hoe ’n skaapkop móét proe. Die wynkelder hou ’n groot verskeidenheid landgoedwyne aan en gereelde wynproe-sessies word gehou. Jy sal die gewelgeboue van dié opgeknapte landgoed sien by die afdraai na Boschkop in Zwavelpoort. Bel Hans vir meer inligting en besprekings: 076-425-6182.
Kleinplasie
Kleinplasie bied kinderpartytjies wat jou sak sal pas. Jy kan die terrein huur en self jou pakkies en versierings na gelang van jou begroting maak. Hier is ’n groot boomryke speelterrein met trekkerritte, foefieslides en vele meer. Dit is die ideale plek vir kleutergroepies- uitstappies, maar ook vir einde van die jaar afsluitings en kantoor braais. Kleinplasie is op plot 16 in Midaslaan, Olympus. Vir meer inligting bel vir Elsabe by 072-362-0146 of stuur ’n e-pos aan This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it ..

Sal ek bly of sal ek ry?
So tussen die kuiergeleenthede deur in ons kontrei kom jy dalk agter dat dit nie wys sal wees om huis toe te bestuur nie. Of dalk reël jy ’n troue en soek oorslaapplek vir jou gaste? Of jy nou wil oorslaap of wil hê iemand anders moet jou huis toe bestuur – lees hier waarheen om te gaan en wie om te bel.

Formosa B&B
Formosa B&B is ’n drie-ster Toerisme Raad gegradeerde gastehuis. Kies tussen ’n gerieflike, ruim dubbelkamer en-suite met private ingang, asook ’n selfdien-eenheid vir twee, ten volle toegerus met braaigeriewe. Ontspan in ’n boomryke tuin en geniet die plaasatmosfeer en dieregeluide. ’n Heerlike ontbyt word voorgesit en aandete kan op versoek gereël word. Formosa B&B is binne ’n twee tot vyf kilometer radius vanaf trou- en konferensiegeriewe, spas, perdryskole, ‘paintball’ en meer. Formosa is op hoewe 77 Bashewa. GPS koördinate: S25 55 27.2 - E028 24 54.3. Uit Garstfonteinweg-verlenging ry 4 km verby Tierpoort winkelsentrum, draai regs by die Spenmist kennisgewingbord. Ry 800 m op die teerpad, Formosa B&B is op linkerkant waar die grondpad begin. Kontak Ella of Joritha by tel: 012-811-0232, sel: 083-510-7365, e-pos: This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it of besoek: www.travelandstayinsa.co.za..
Foundry Guest Lodge
Foundry Guest Lodge is ’n luukse grasdak gastehuis, omring deur inheemse borne op ’n 4 ha stuk grond. Hier word daar op gaste se behoeftes gekonsentreer om ’n onvergeetlike oorslaap-ondervinding te verseker. Die ruim huis is 1 040m² en bestaan uit 16 en-suite slaapkamers. Daar is ook twee selfsorg eenhede vir vier mense. Spesiale aandag is aan die binnenshuise versiering gegee met leerbanke en Oosterse matte. Hier is ’n verhitte swembad en Afrika-tema skemerkelkie-kroeg. Hulle is op die hoek van Hans Strijdomrylaan en die N4 snelweg. Kontak Suzanne by 083-431- 3455, This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it of besoek www.Foundryguestlodge.co.za..
B&B Ted’s Place
Ted’s Place is ’n geregistreerde gastehuis wat spesialiseer in akkommodasie vir persone wat sake kom doen in die ooste van Pretoria, asook toeriste uit die buiteland en naweek troue-gaste. Hier kry jy uitstekende diens, ’n smullekker ontbyt en selfs begeleide toere. Dié gastehuis word al 14 jaar lank bedryf deur die eienaars en gekwalifiseerde toerleier, met persoonlike aandag aan alle gaste. Hulle is al verskeie jare finaliste in beide die ‘American Express-AA Travel Awards’ en die ‘Tshwane Tourism Awards’. Ted’s Place is in Wagon Wheel-laan 961, Wapadrand X 4. GPS koördinate: 25o47’03 S, 28o20’20”E. Vanaf die M10, draai in by Disselboom-oos en volg die bruin toerisme-borde. Kontak Annemarie en Ted Stilwell by 012-807-2803, 083-452-5546, 073- 387-0762, This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it of besoek www.teds-place.za.net.
The Highveld Cape Inn

Die Highveld Cape Inn is ’n stylvolle oornagplek met nege luukse suites in die Tierpoort-omgewing. Elke suite het sy eie geriewe, DSTV, private stoep en parkering. Eenhede is versprei oor ’n wye gebied wat privaatheid en stilte waarborg. Wandelpaadjies is geteer en belig. Ontbyt en/of funksies word in ’n afsonderlike restaurant, wat in eg Kaapse tradisie afgewerk is, aangebied. Dié restaurant is ideaal vir sakebesprekings oor ontbyt (met Wi-Fi Internet), verjaarsdagvierings, teepartytjies en funksies vir tot 50 mense. Besprekings is noodsaaklik vir toegang. Die Highveld Cape Inn is op plot 54, Garstfonteinweg-verlenging. Skakel 082-391-8070, stuur ’n e-pos aan This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it . of besoek www.thehighveldcape.com..

Transtar

As jy op soek is na ’n vriendelike, professionele diens om jou te vervoer tussen jou avonture in ons kontrei, kan jy gerus vir Transtar ’n luitjie gee. Of jy nou op pad is na ’n konsert, funksie, sportbyeenkoms of die lughawe, hierdie is die diens vir jou. Transtar se diens word gebou rondom klante se vereistes en hulle is trots daarop dat hulle dié diens ’n integrale deel van jou reis-avontuur maak - of jy nou vir werk of plesier reis. Selfs diegene wat nie tyd het om hulle kinders heen-en-weer skool toe en terug te ry nie, gebruik Transtar. Dié deur-tot-deur vervoerdiens is doenig tussen Pretoria, Centurion, Midrand, Sandton en OR Tambo Internasionale Lughawe. Bel vir Gustav by 073-269-9579, Suzanne by 083-333-9579 of besoek www.transtar.co.za..

Laat jouself pamperlang
Hier wys ons vir jou pamperlang-plekke waar jy ook kan oorslaap. As jy op soek is na ’n regte-egte bederf-ondervinding, moet jy meer lees oor Macowanii Day Spa in Olympus en Ingaadi Spa in Bashewa.

Macowanii
Ervaar die rustigheid van die bosveld, ’n klipgooi uit die stad, in die pragtige inheemse tuine wat Macowanii Day Spa omring. Bederf jouself en oornag in een van dié luukse gastekamers. Kyk hoe die son sak met ’n skemerkelkie in die hand en ontspan in die spa-bad of stoomkamer. Die oornag fasiliteite is ook vir sakemense, bruide of net vir ’n rustige wegbreek. Daar is vol spa-pakkette en een daarvan is die African Renaissance wat allerhande behandelings, ’n oggendversnapering en ligte middagete insluit. Daar is ook ’n haarsalon met twee uitstekende haarkappers op die perseel. Macowanii Day Spa is in 83/2B Achillesweg, Olympus, 2 km vanaf Die Werf of 3 km vanaf Plantland via Atterbury en Ajax. Kontak Landie Maritz by 082-895-4481, This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it of besoek www.macowanii.co.za..
Ingaadi

As jy by Ingaadi Spa se hekke ingaan, laat die rustigheid en natuurskoon jou voel asof jy by ’n oase beland het. Dié is meer as net ’n luukse spa met ’n span goed-opgeleide personeel. Dit is ook ’n plek van elegante eenvoud waar troues, konferensies en funksies gehou kan word en waar ’n mens in styl kan oorslaap of as dagbesoeker ’n heerlike ete in die teetuin kan geniet. Ingaadi Spa is 18 km van Woodlands Boulevard op gedeelte 53 van die plaas Rietfontein, uit met Garstfonteinweg- verlenging in Bashewa. Kontak Georgina of Shelfer by 012-811-1078, 083-299-8600, This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it of besoek www.ingaadi.co.za..

Poniekampe, pret en pieknieks met perde
In die Bronberg-gebied kan jy enige iets doen wat bo-op of rondom perde uitgedink kan word – van lesse, skoue, partytjies, pieknieks en poniekampe tot terapie. As jy op soek is na ’n stal vir jou perd, rylesse wat jou kind se koördinasie kan help verbeter of wil voorberei vir ’n skou, is hierdie jou afdeling.

Misty Meadows
Misty Meadows is ’n perdesentrum waar perdeskoue en -gebeure gehou word; daar is stalle en ’n ryskool, ’n plek vir kinderpartytjies en ook ’n lokaal waar spog troues en funksies gehou word. Dié plek bied allerhande kursusse, klinieke waar mense geleer word hoe om na perde om te sien, poniekampe, uitritte, sonop- en maanligritte en spanbou dae. Daar is 40 stalle, dressering-, sand- en gras-arenas, ’n lanseerring en ruim en veilige stoorplekke vir perdetoerusting. Misty Meadows is uit met die ou Bronkhorstspruitpad. Bel vir Rika van Vuuren by 079-326-7094, Alet Herbst by 072-802-7526, Sumilize by 071-868-5314 of stuur ’n e-pos aan This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it ..
Liberty Stalle en Ryskool
Liberty Stalle en Ryskool spog met ’n pragperseel waar daar selfs ’n klubhuis te huur is vir klein geleenthede soos verjaarsdae en kantoorpartytjies. Hier kan jy ’n groep uitrit kombineer met ’n piekniek, ’n romantiese perdepiekniek vir twee aandurf of ’n kinderpartytjie reël wat jou kroos nooit sal vergeet nie. Daar is rylesse vir beginners tot gevorderde ruiters van alle ouderdomme en jy kry hulp met die voorbereiding en bywoning van SANESA skoue. Liberty het 28 stalle, ’n verskeidenheid arenas, en skoue en vakansiekampe word gehou. Liberty Stalle en Ryskool is op die Boschkop-pad, 5 km vanaf Lynnwoodweg. Bel Juanita by 082-417-8137 of besoek www.stablesatliberty.com..
Cullen Stalle
Cullen Stalle spesialiseer in rylesse vir beginners tot gevorderde ruiters. Hulle bied gereeld poniekampe, pretdae en skoue. Afrigters kan kinders help met die voorbereiding en bywoning van inter-skool skoue. Rylesse word in ’n veilige omgewing en geriewe met betroubare skoolperde aangebied om jou kind se balans, koördinasie en selfvertroue te help verbeter. Kwaliteit stalle is beskikbaar en groep- of individuele oggendlesse word spesiaal vir vrouens aangebied. Cullen Stalle is net af van Lynnwoodweg-verlenging. Bel vir Llewellyn Mason by 083-227-8048.
Soul Intention
Nurma-ann Dippenaar, ’n bekroonde filmmaker, trauma-insident-vermindering terapeut, metafisiese geneser en diereliefhebber, bied behandelings in ’n strooibaal-ateljee, reg langs ’n werkende perdestal. Selfs diegene wat nie perdry nie, sal die rustigheid van dié ateljee en die kalm teenwoordigheid van die perde geniet. Nie net mense nie, maar ook perde vind baat by Nurma se reeks natuurlike behandelings wat gesondheid bevorder en lewenskwaliteit verhoog. Dié metodes kan bykans enige soort ongesteldheid aanspreek en werk saam met ander mediese en terapeutiese tegnieke. Of jy nou op soek is na kos vir die siel of net gespanne is ná ’n dolle week op kantoor, is hierdie die plek vir jou. Bel vir ’n afspraak en onthou om gemaklike, los klere te dra. Kontak Nurma-ann by 082-578-3224 of This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it ..
Pacific Blaze
Op soek na perdrylesse vir jou kinders of stalle vir jou perde? By Pacific Blaze Ryskool kos ’n basiese perdryles R100. Daar is vyf stalle beskikbaar, ’n plek vir kinderpartytjies en ’n piekniekplek te huur vir funksies. Bring jou eie piekniekmandjie en kombers en ontspan terwyl die kinders perdry en speel. ’n Teetuin en ‘venue’ vir troues en konferensies gaan in die toekoms oopmaak. Pacific Blaze is uit met Garstfonteinweg- verlenging. By die Spenmist bord draai jy links en ry 3 km aan. Bel Sonette by 012-811-0069 / 084-516-7353 / 079-344-1490, stuur vir haar ’n e-pos na This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it , of besoek www.pacificblaze.co.za..

Vat jou smulgoed saam
Of jy nou ’n mandjie wil pak vir ’n perdepiekniek, ’n braai by Nkwe of Rietvleidam wil gaan hou of só rondjaag tussen avonture dat jy vinnig ’n wegneem-dingetjie wil opraap - lees hier oor ‘Road Trip’ vetkoeke, braaipakke, spitbraais te huur en spesiale verjaarsdagkoeke wat jy op spesifieke voorskrifte kan laat bak.

PJ’s Vetkoek & Take Aways
As die avonture in ons kontrei jou honger maak, maar jy het nie tyd om iewers te sit en eet nie, is ’n ‘Road Trip’ vetkoek net die ding. PJ’s bied vetkoeke met verbeeldingryke name. Die ‘Road Trip’ het ’n eier, Russian, kaas, blaarslaai en tamatie op. Die ‘Enduro’ bestaan uit biltong en vuurwarm rissies, die ‘Blou Bul’ uit twee hamburger patties, kaas, blaarslaai, tamatie en uie, die ‘Cheetah’ uit blaarslaai, tamatie, ’n patty, spek, kaas en ’n eier en die ‘Leeu’ het alles wat die ‘Cheetah’ het, plus ’n piesang. PJ’s verkoop biltong, jogurt en kaas en wegneemetes soos vis-en-tjips en Russian-en-tjips. Eienares Lydia maak self haar tjips en hamburger patties. PJ’s is op die kruising van die Bapsfontein/Bronkhorstspruitpad en Garstfonteinweg, Welbekend. Bel Lydia Nel by 072-744-1798 of Piet Nel by 072-336-6047.
Boma Vleismark
Sodra die braaivleisvure by enige een van die Bronbergse uitspanplekke begin knetter, weet mense waar om sagte rypgemaakte biefstuk, geurige sosaties en sappige boerewors te kry. Boma Vleismark in Moreletapark is so bekend en geliefd in die ooste, dat hulle in 2010 ’n goue toekenning in die Beeld Leserskompetisie ontvang het. Die heerlike biltong en droëwors, verskeidenheid kouevleis en klaargaar geregte, bied iets vir elke smaak. Hulle bied ook gesondheidsprodukte, soos braaiwors en droëwors sonder kruie en speserye. Praat met dié mense oor die huur van spitbraais. Hulle is op die hoek van Garstfonteinweg en Rubensteinrylaan, 012-998-8711, asook in Moreleta Plaza, 012-998-1617 of Tierpoort, 012-811-5031.
Bafana
Net ’n entjie uit die groot dorp uit, langs Lynnwoodweg-verlenging is Bafana Kontantwinkel wat oor die jare al ’n baken en ontmoetplek in dié deel van Zwavelpoort geword het. As die honger jou pla, of jy Klipkop se kant toe bly en nie lus het vir kosmaak by die huis nie, kan jy by Bafana inval vir ’n lekker boerewors-rol, pap-en-vleis of kêrrie-en-rys. Bafana is oorkant die Zwavelpoort-teerpad se afdraai. Bel Elmarie by 079-492-5520 of vir Ronnie by 071-603-6926.
Bronberg Vleismark
Die ervare familieslagters, Wilhelm en Petro Bezuidenhout van Bronberg Vleismark in Zwavelpoort, berei jou skaap, lam of braaistukke voor vir ’n spitbraai of enige geleentheid waar jy wil uithang met die beste gehalte vleis denkbaar. Wilhelm en Petro staan gereed om jou te help met voorstelle en raad en met die verwerking van snitte om van jou onthaal ’n groot sukses te maak. Die slaghuis is in die Zwavelpoort Bousentrum in Lynnwoodweg-verlenging. Jy kan hulle bel by 072-020-0026.
Bella Sophia
Bella Sophia Bespoke Baking is die plek om te kontak as jy ’n spesiale dag soos troues, verlowings, volwasse verjaarsdae, kinderpartytjies of funksies wil afrond met smullekker en keurige eetgoed. Alle produkte word vars gebak van kwaliteit bestanddele soos egte botter, organiese eiers, hoë-gehalte sjokolade en natuurlike geurmiddels. Bella Sophia Bespoke Baking spesialiseer in Franse fyngebak, maar die klant se insette en visie vorm ’n integrale deel van die eindproduk. ‘Bespoke’ beteken immers volgens die klant se spesifikasies of behoefte. Die eienaar is ook persoonlik betrokke by elke produk en bestelling. Kontak Berdina Schurink by 012-940-1650 of 072-440-1788, This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it / of besoek www.bellasophia.co.za..

Waag jou hand aan . . .
In Bronberg-wêreld kan jy bykans enige ding leer doen – van Ninjutsu, Tai Chi, QiGong, Hatha Yoga, Nia, vuurdanse en tromslanery tot borduurwerk, mosaïek, pewter, die maak van plakboeke, akrielverf, decoupage; jy kan selfs leer hoe om jou voorsate op te spoor.

The Scrapbook Company
The Scrapbook Company bied werkwinkels in die maak van plakboeke (scrapbooking), mosaïek, pewterwerk, akrielverf, decoupage, die maak van kaartjies en meer. Dié groot 400 m² winkel bied altyd iets nuuts en opwindend vir mense wat in kuns en handwerk belangstel. Hulle hou alle kunsmateriaal aan, maar spesialiseer in plakboeke. Baie materiaal word ingevoer en daar is elke week nuwe produkte te sien. Die winkel is in Northern Lofts by Silver Oaks Crossing op die hoek van Hans Strijdomrylaan en Von Backstrom Boulevard. Bel vir Eugene de Klerk by 012-809-3055, stuur ’n e-pos aan This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it of besoek www.scrapbooks.co.za en www.allartsandcrafts.co.za..
Klitsgras Drumming
Wil jy leer hoe om die Djembé, Afrika tromme, te speel of om vuurdanse te doen? Klitsgras Drumming bied werkswinkels vir skole en groepe aan en gaan ook uit na mense toe. Hier word daar gefokus op vermaaklikheid met optredes van tromme en dansgroepe, soos ‘belly dancers’ en vuurdanse. Tromme kan teen R40 per persoon gehuur word en Klitsgras verkoop en herstel ook instrumente. Hul is reeds 12 jaar aan die gang en het vanjaar op 18 Februarie met ’n Sigeuner partytjie geopen. Klitsgras is uit met Garstfonteinweg-verlenging. Besoek www.klitsgras.co.za of bel Andries by 083-311-0025.
Isabel Groesbeek Genealogiese Dienste
Isabel Groesbeek wil lesers aanmoedig om meer van genealogiese- en familiegeskiedenisnavorsing te leer. Sy bied beginnerkursusse - ‘Van Waar Gehasi?’ - aan wat op navraag vir individue en ook in groepverband in Februarie, Mei en Oktober aangebied word. Kursusdatums vir 2011 is Saterdae 26 Februarie, 28 Mei en 1 Oktober te Lynnwoodrif. Isabel is sedert 1988 ’n genealogiese navorser en - inligtingskonsultant en was voorheen hoof: Genealogie-Inligting, RGN (1991-1998). Sy doen konsultasies, is ’n gasspreker en is die organiseerder van die jaarlikse Genealogie en Familie-erfenisfees. Vanjaar se fees is op Saterdag 3 September te Lynnwoodrif. Kontak haar by 012-365-2057, 082-441-2325 of This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it ..
Juniper Green
As jy iets heeltemal nuuts wil aanleer, is Juniper Green Health Sanctuary die plek vir jou. Hulle bied van Ninjutsu, Tai Chi en QiGong tot Hatha Yoga en Nia. Hier kan jy ook ’n Kahuna massering kry en behandeling vir bykans enige kwaal, van hoofpyn tot asma, met Katalina se nuwe Lux IV Electronic Gem Therapy masjien. Verskillende filters en groeperings van kristalle word gebruik in ’n behandeling wat nie pynlik is nie en in ’n ontspanne en aangename omgewing plaasvind waar mense nie hul klere hoef uit te trek om behandel te word nie. Juniper Green is in 233 Markstraat, Grootfontein Landgoed, uit met Garstfonteinwegverlenging. Vir kristalterapie, bel Katalina by 082-051-1213. Vir Ninjutsu, bel Denis by 083-259-5357 of kyk na www.budoquest.co.za.. Vir Hatha Yoga bel Toni by 074-191-8968. Vir Nia-klasse bel June by 082-688-1508.
Flowers & Thyme
Flowers & Thyme Borduurateljee bied klasse en werkswinkels aan. Viv en Donna Trent het besluit om hulle passie vir borduurwerk in ’n onderneming te omskep sodat hulle hul kennis met almal kan deel. Hul spesialiseer daarin om nuwe en ou tegnieke in ’n rustige omgewing aan mense oor te dra, en verskaf ook boeke oor borduurwerk en al die produkte wat jy sal nodig hê om te begin borduur. Flowers & Thyme is in 37 Jukstraat, Wapadrand. Hulle is van Maandae tot Vrydae oop van 9 vm tot 1 nm en op Saterdae van 9.30 vm tot 12 nm. Bel vir Viv by 082-899-3790 of vir Donna by 076-104-5944.

Gaan groot met groen
As jy vir die omgewing omgee, is hierdie jou afdeling. Jy kan sien waar om bome en struike endemies aan die Bronberg-distrik te kry; hoe om ’n kruietuin te plant; jy kan ’n roosplaas besoek waar jy selfs rooslikeur in ’n roosboetiek kan aankoop; of jy kan gaan kyk hoe daar met melkbokke geteel word en hoe byekorwe vir natuurlike heuningprodukte sorg.

Camilla’s Farm
Camilla’s Farm is ’n boetiek-styl plasie in die Kameelzynkraal vallei waar daar met Toggenburg melkbokke geteel word en bokmelk- en heuningprodukte gemaak word. Besoekers is welkom om op afspraak te gaan kyk hoe daar hier geboer word. Daar word saam met die natuur gewerk om produkte sonder enige gifstowwe in die bokke se weivelde of bygevoegde chemikalieë te maak. Met minder laktose, is bokmelk ’n gesonde alternatief vir mense wat aan allergieë ly. Die byekorwe is onder ou plaas-bloekombome en inheemse bome. Die bye besoek ook gereeld die kruietuin, waar hulle mal is oor die laventel, roosmaryn en komkommerkruid. Toggenburg-bokke is die oudste geregistreerde diereras in die wêreld en die rasregister is in die 1600’s in Switzerland daargestel. Kontak Mandy by 083-453-6636 of This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it .
Soleil
As jy mal is oor rose, is Ludwig’s Soleil Snyrose die plek vir jou. Dié roosplaas bied nie net plante nie, maar ook ’n teetuin, Rose Rendezvous, en ’n roosboetiek, Thorns ’n Things, waar jy spesiale roosprodukte, soos rooslikeur, en die hele reeks van Ludwig se roossorgprodukte in die hande kan kry. Soleil is sewe dae ’n week oop en jy kan daagliks ’n wye verskeidenheid vars, gesonde snyrose en roosplante, wat op die plaas gekweek en geklimatiseer is om in ons gebied te floreer, aankoop. Soleil is op plot 4, Tygervallei. Die toegangspad draai uit Lynnwoodweg-verlenging, 3 km oos van Hans Strijdomrylaan. Skakel 012-809-0134/5 of stuur ’n e-pos na This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it ..
Blyfontein Kwekery
’n Uitstappie na Blyfontein Kwekery langs Lynnwoodweg-verlenging kan ’n ontdekkingstog van inheemse bome en plante word. Veteraan kweker, Dirk Marais, deel graag die kennis wat oor baie jare opgedoen is en verskaf raad en inligting oor die groot verskeidenheid geharde bome en struike wat met sorg by Blyfontein gekweek word. By Blyfontein kan jy inry, in die koelte stilhou en solank vertoef as wat jy wil. Blyfontein se mense sal jou bystaan en meer vertel van die bekostigbare, plaaslik gekweekte bome en plante. Jy kan ook hulle webwerf, www.blyfontein.co.za, besoek. Blyfontein is agt kilometer oos van Hans Strijdomrylaan. Bel gerus vir Dirk, 083-378-3588, of Pine, 082-600-7776.
Newlands Garden Centre
Newlands Garden Centre verskaf tuin hardeware, kunsmis, giwwe, tuingereedskap, gemengde tuingrond, grasbedekkings, sampioen kompos, plante vir binne en buite, met die klem op inheemse plante. Daar is ook boukolomme met ringe en voetstukke, ‘pier caps’, waterspuite, waterkanale, fonteine, beton-potte en - standbeelde en hulle is die enigste verskaffer in Pretoria wat Saterdae tot 5 nm en Sondae tot 4.30 nm oop is vir die laai van enige soort grond en alle boumateriaal. Newlands Garden Centre is op plot 650, Elandstraat, Rietfontein Landbou Hoewes, oorkant Verresig Landgoed. Bel vir Debbie, Magriet of Conrad by tel: 012-480-2094/6 of 012-480-0211/0191. Stuur ’n e-pos aan This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it of besoek: www.newlandsgardencentre.co.za..
Hedera
Hedera Kwekery is bekend vir sy groot verskeidenheid plante en bome wat endemies is aan die Bronberggebied. Dit beteken dat hulle spesialiseer in plante wat klimaataangepas is vir ons kontrei. By dié kwekery staan Kobie en Hannes de Wet jou by met kundige advies oor plante en bome, en help graag met nuwe idees, soos die opbou van ’n waterbesparende droogtuin met aalwyne en vetplante. Hedera Kwekery se afdraaibord is langs Garstfonteinweg-verlenging te siene, ongeveer 17 km verby die Pretoria-Oos Hospitaal. Bel vir Kobie of Hannes by 012-811-0207, 082-551-6015 of 082-335-6135.
Living Gardens
Living Gardens nooi alle argitekte, landskapargitekte, bouers, ontwikkelaars, skole en almal wat op soek is na ’n winskoop om ’n draai by hulle te gaan maak. Dié kwekery verskaf al 15 jaar lank plante teen groothandelpryse aan die publiek. Hulle bied top-gehalte, bekostigbare plante, goeie diens en aflewerings wat altyd betyds is. Living Gardens is in Lynnwoodweg-verlenging, tussen die Paul Jungnickelhuis en Eastridge Building & Supply Centre. Kontak hulle by tel: 012-817-2098, 072-902-7815, faks: 086-660-7784 of e-pos: This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it ..

Helpende Hand
Hier wys ons vir jou hoe om jou tyd en liefde in te span om beide twee- en viervoetige wesens wat hulp nodig het, in ons kontrei by te staan. Met jou hulp kan ’n weeskind se lewe radikaal verander, ’n volwasse gestremde kan nuwe vaardighede aanleer en weggooi-diertjies kan ’n toekoms gebied word.

Angels with Hooves
Is dit moontlik vir perde wat eens mishandel en verwaarloos was om kinderhuis-kinders te help? Angels with Hooves is ’n nie-winsgewende maatskappy wat equiterapie en perd-geassisteerde sielkunde vir kinderhuis-kinders doen. Hulle gebruik perde wat gerehabiliteer is van verhongering of mishandeling vir die projek en werk vanaf ’n plot in Pienaarspoort. Lesers wat wil help om ’n kind van die Louis Botha tehuis te borg vir perdrylesse, kan vir Annemarie Towsen by 084-581-6233 bel of www.angelswithhooves.org.za. besoek.
Paul Jungnickelhuis
Die Paul Jungnickelhuis vir gestremdes bied verskeie geleenthede vir vrywilligers wat graag wil uithelp. Jy kan kom help met aktiwiteite soos werkswinkels vir naaldwerk, kuns (verf, plak en knip), of stories voorlees, sing, musiekmaak, oefeninge, uitstappies en administratiewe werk. Ander Kungwini Welsynprfekte waarmee mense kan help is kleuterskool-aktiwiteite. Pleegouers en plek-van-veiligheid ouers word ook gesoek. Hiervoor is ’n kort kursus verpligtend. Die Paul Jungnickelhuis het ’n winkel waar skenkings verkoop word vir fondsinsameling. Hulle is in Lynnwoodweg-verlenging, Zwavelpoort, ongeveer 4,5 km vanaf Hans Strijdomrylaan. Kontak Linda van Staden by 012-940-0221 of This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it of besoek www.kwo.org.za.
Wet Nose Dierereddingsentrum
Wet Nose Dierereddingsentrum, ’n reg-tot-lewe sentrum, bied ’n veilige hawe aan perde, honde, katte en plaasdiere. Vrywilligers is altyd nodig om te help – of dit nou is om ’n hond vir ’n wandeling te neem of om vir getraumatiseerde diere te help wys dat hulle mense weer kan vertrou. Wet Nose is op plot 75, Vaalbank, oorkant de Leeuw roosplaas op die ou Bronkhorstspruitpad. Dit is ongeveer 6 km van die vierrigting stop kruising met die Cullinan/ Rayton-pad. Skakel 013-932- 3941/2, 082-431-1333 of 082-498-7740 of besoek www.wetnose.org.za.
Qumi Huis
Rayton se Qumi Huis is ’n gemeenskapsprojek wat dagsorg en inwoning vir intellektueel gestremdes bied. Dié is nie ’n inrigting nie, maar ’n huis waar die persoon soos ’n normale mens kan woon en funksioneer. Alhoewel daar toesighoudende personeel aan diens is, is die inwoners self vir die bedryf van die huis verantwoordelik. Hulle besoek gedurende die dag ’n werkswinkel waar hul vaardighede aanleer. Drie huise en ’n plaas in die Rayton-omgewing word gehuur en dagsorg is in die Hervormde kerksaal in Rayton langs die NG Kerk. Bel vir Marie Jacobs, administratiewe bestuurder by 082-775-2906 of vir Linda Krause, terapie, by 082-464-7858 of besoek www.qumihomes.org.

 

© 2024 Die/The Bronberger