Het jy gehoor? / Have you heard? – Jun2024 Print E-mail
News - Het Jy Gehoor
Friday, 14 June 2024 08:00
Untitled Document


Die ‘Van Toeka se Tyd Mampoerfees’ is op 29 Junie vanaf 8 vm tot 4.30 nm by die Willem Prinsloo-landboumuseum op die Ou Bronkhorstspruitpad (R104). Gaan proe mampoer, mampoerlikeur of witblits en dans op die maat van gewilde musiek. Daar gaan ’n vlooimark wees, ’n biertuin, landbou-implemente, waarvan sommige tot sover terug as die 18de eeu dateer, museumtoere en ’n demonstrasie van veteraan trekkers, motors en antieke motors. Kyk hoe koffiebone gemaal word, hoe kerse gemaak word en proe aan varsgebakte brood uit die 1880 buite-bakoond. Kinders kan uitsien na trekkerritte, speletjies, springkastele, perderitte en pret met plaasdiere. Kaartjies kos R55 vir volwassenes en R35 vir kinders en is beskikbaar by quicket.co.za. Bel Julia by 082-895-7141 of Maggie by 081-001-0675.

~*~


Gaan kyk ’n bietjie of jy vir ’n perd kan wegry of weghardloop by Hazeldean Valley-roetes se Plaasuitdaging op Maandag 17 Junie om 7 vm. Die geleentheid word gereël deur BoutTime Event Mangement & Time Keeping, Go Sport Events en Albie Assie de Lange. Jy kan 5 km draf teen R100 en 10 km teen R150. Bergfietsroetes en perderitte kos R150 vir 15 km en R200 vir 30 km. Kaartjies is by www.entryninja.com/events/80068-farm-challenge te koop. Hazeldean Valley is op die hoek van Ridgeweg en Oukraal Boulevard, Hazeldean.

~*~


Liewe Heksie en haar kaboutermaats kuier op Vrydag 21 Junie om 9:30 vm en 12:30 by die AfriForum-teater. Sy sukkel soms met lang woorde, maar gelukkig is Blommie die Kabouter en haar geliefde Mattewis die Kat altyd naby om te help. Voor pouse word ‘Liewe Heksie en Botterblom’ opgevoer en ná pouse is dit ‘Liewe Heksie en die Tuindwergie’. Kaartjies kos R150 en is by afriforumteater.co.za beskikbaar. Die teater is op die hoek van Thomas Edison- en 13e Straat, Menlopark. Skakel 066-420-6181.

~*~


Calling all cat lovers and creative artists. You have until 30 June to enter Wet Nose Animal Rescue Centre’s Colourful Canvas art competition. Choose an adorable Wet Nose cat at www.wetnose.co.za/adopt/adopt-a-cat/ and use any medium, brushes, pencils, digital tools or stone painting, to create an artwork of A3 size. The entry fee is R50. Contact the shelter at 082-677-8084.

~*~


Chris Else tree op Sondag 14 Julie op by Die Boer in Hazeldean Valley op die hoek van Oukraal Boulevard en Ridgeweg. Sy vertoning begin om 12:30. Kaartjies kos R100 en is by iTickets beskikbaar. Voor die vertoning, om 10:30 vm, is daar ’n erediens saam met Chris Else. Toegang daarvoor is gratis. Vir meer inligting, stuur ’n e-pos: This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it .

~*~


Het jy gehoor dat die KragDag-terrein hierdie jaar verdubbel? Besoekers kan uitsien na 11 hektaar uitstalterrein vir die ekspo van 8 tot 10 Augustus by Diamantvallei-landgoed op die R515. Met die leuse “Doen jou eie ding!” fokus KragDag op self- en onderlinge versorgingsoplossings vir huishoudings, hoewe- of plaasbewoners en klein tot medium ondernemings. Hierin is energie-selfstandigheid ’n belangrike komponent, maar daar is vele ander uitstallings en die ekspo sluit ook ’n landbou-afdeling in. Vir meer inligting, besoek www.kragdag.co.za.

~*~


Nataniël keer op 29 Junie om 11 vm en weer om 3 nm terug na die verhoog by Atterbury-teater met sy gewilde Gesels-reeks. Wat presies beteken die woord, ‘presteer’? Deur wie word dit bepaal? Hoe word dit gemeet?  Is dit enigsins nodig? Wat is die beloning? Wat is die prys wat betaal word? Nataniël takel dié onderwerp met stories, humor, deernis, vrae, antwoorde, vermaaklikheid en eerlikheid. Lede van die gehoor kan vrae vooraf in ’n houer plaas. Kaartjies kos R300 en is by seatme.co.za beskikbaar. Die teater is in Daventry-straat 4, Lynnwood Manor.

~*~


Jack Parow tree op Saterdag 29 Junie om 9 nm by Padstal, The Highwaystraat 265, Equestria op. Dié kletsrymer se eerste treffer was ‘Cooler as ekke’, wat in Desember 2009 vrygestel is. Sedertdien het hy al saam met ander kunstenaars en groepe soos ‘Die Heuwels Fantasties’, ‘Die Antwoord’, Joost Klein en Francois Van Coke gewerk. Kaartjies kos R100 en is by quicket.co.za beskikbaar.

 

© 2024 Die/The Bronberger