Het jy gehoor? / Have you heard? – Mei2024 Print E-mail
News - Het Jy Gehoor
Friday, 17 May 2024 14:00
Untitled Document


Van 1874 tot 1877 het mense uit die Pretoria-distrik, soos die Erasmus-, Van der Merwe- en Prinsloo-families, die ZAR verlaat om ’n ander heenkome te soek. So het hulle op die Dorslandtrek deur Betsjoeanaland, Damaraland/SWA na Angola getrek. Die 150-jarige herdenking van die begin van dié trek word op 1 en 2 Junie by die Voortrekkermonument gevier en die Dorslandtrek-vereniging RSA nooi alle nasate van die Dorslandtrekkers uit om die byeenkoms by te woon. Bevestig jou teenwoordigheid met jou volle name en kontakbesonderhede by Marie Dahms: This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it of 083-305-7516.

~*~


Rooi Fijnwyn word van 10 vm tot 5 nm op 15 en 16 Junie by Shokran, plot 99, Luiperdstraat, Tierpoort gehou. Gaste kan uitsien na koskraampies, musiek en om wyn van 30 wynplase te proe. Kaartjies kos R200, sluit ’n glas en wynproe in en is by www.fijnwyntickets.co.za beskikbaar. Skakel 082-335-5659 vir meer inligting.

~*~


Laerskool Witpoort en die Kaalvoetkinderfonds hou op 31 Mei vanaf 6 nm ’n mandjiedans by Que Sera op die Bapsfontein-Bronkhorstspruitpad. Kaartjies kos R80 en is by die skoolkantoor beskikbaar. Maak seker jy koop jou kaartjie voor 27 Mei. Geen kaartjies sal by die deur verkoop word nie. Vir navrae kontak Bernice in die skool se bemarkingskantoor by This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it .

~*~


Elzabé Zietsman speel in ‘Routrip’ wat om 3 nm op 26 Mei by Atterbury-teater aangebied word. Die teks is deur Johann Slabbert, regie deur Maralin Vanrenen, musiek deur Coenie de Villiers en die vervaardiger is Drama-Drama. ‘Routrip’ is gebaseer op ’n ware verhaal, waar ’n vrou ná ’n mislukte selfdoodpoging en drie weke in ’n psigiatriese kliniek, haar karretjie pak met een tas klere en bokse vol familie-items wat sy haar lewe lank bymekaarmaak. Met niks om te verloor nie, begin haar tragikomiese reis deur die land om haar versameling uit te deel en finaal van mense afskeid te neem. Kaartjies kos R200 tot R220 en is by seatme.co.za beskikbaar. Die teater is in Daventry-straat 4, Lynnwood Manor.

~*~


Die Cullinanse Winterwynfees word van 9 vm tot 5 nm op Saterdag 1 Junie by die Hervormde Kerkgronde by die aansluiting van Zonderwaterweg by die R515 gehou. Daar gaan verskeie soorte rooiwyn, port, sjerrie, muskadel, hanepoot, likeur, whisky, brandewyn en konjak wees sowel as kuns- en handwerkkraampies, heerlike kos en vermaak deur Carla Lee, Vincent Gordon en Gerhard Supra. Kaartjies kos R130 vir volwassenes en R100 vir pensioentrekkers en kinders onder 18 en is by Quicket.co.za beskikbaar. Bel Danie Booysen by 082-926-4326.

~*~


‘Recce-stories – Wapens van massa vernietiging’ word om 7 nm op 25 Mei by AfriForum-teater aangebied. Jy kan luister na dr Wouter Basson se vertelling oor sy loopbaan. Wouter het die SA Spesiale Magte se mediese eenheid, 7 Mediese Bataljongroep, in die vroeë 1980’s gestig. Hy is deur die destydse regering getaak om ’n defensiewe chemiese en biologiese program vir die SAW te ontwikkel en het meer as 150 hoogs geheime projekte geloods. Ná die politieke klimaat in Suid-Afrika verander het, is hy deur sy vorige werkgewer vervolg. Ná 23 jaar van vervolging op vele fronte is hy op geen aanklag skuldig bevind nie. Kaartjies kos R160. Die teater is in die Greenlyn Village-sentrum op die hoek van Thomas Edison- en 13de Straat, Menlopark. Skakel 066-420-6181.

~*~


Martin Bester & Band tree om 3 nm op 18 Mei by Kakiebos op die R515 buite Rayton op om te help om komberse vir Wet Nose Diereskuiling in te samel. Die toegangsprys is die aankoop van ’n kombers by die deur. Vir meer inligting, skakel 082-677-8086.

 

© 2024 Die/The Bronberger