Het jy gehoor? / Have you heard? – Apr2024 Print E-mail
News - Het Jy Gehoor
Saturday, 20 April 2024 09:00
Untitled Document


Dit is weer tyd vir die Protea Cullifest op 27 en 28 April van 8.30 vm tot 6 nm op die terrein van die Nederduits Gereformeerde Kerk Premiermyn in Zonderwaterweg 12, Cullinan. Besoekers kan uitsien na ’n biertuin, wyntuin, proteas, boeretroos, swepe en messe, kunstenaars en volop kindervermaak. Toegangskaartjies kos R100 vir volwassenes, R50 vir kinders en R80 vir pensioentrekkers en is by iTickets te koop. Die Saterdagprogram sluit die volgende kunstenaars in: Heidi, Skemer, Reborne, Charlize Berg, Ruan Josh en Nicholis Louw. Sondag kan besoekers luister na: Renaldo, Piet Smit, Van West, Reborne, Bernice West en Ruhan du Toit.

~*~


Asher’s Farm Sanctuary is having an autumn market on Sunday 5 May from 9 am to 3 pm. There will be live music, a bubble dome, face painting, trailer rides, various stalls and a chance to meet the farm animals. The sanctuary is on plot 37, Tweedragt. Enquiries: 083-784-5554 or This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it .

~*~


Kungwini Welsynsorganisasie hou op 23 Mei ’n gholfdag by Woodhill-gholflandgoed. Of jy nou ’n gesoute gholfer of ’n beginner is, dié dag belowe iets vir almal en bied jou ’n kans om ’n liefdadigheidsinstansie te ondersteun. Vir meer inligting en om te registreer, besoek www.the-wilds.co.za/golf-day. Die sluitingsdatum vir inskrywings is 30 April. Kontak Coenie Groenewald: This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it of 012-940-1921.

~*~


Die gewilde Fijnwyn wyn- en kosmark word weer by Shokran op Tierpoort gehou. Op 30 April, die vooraand van die vakansiedag, doen hulle dit in styl met ’n Fancy Fijnwyn wat meer eksklusief is. Daar is ’n feestafel met kos ingesluit en wyn te proe van 25 wynplase. Gaste kan uitsien na ’n optrede deur ‘Die Kontrak’-wenner, Chris Steyn. Op 1 Mei is dit tyd vir Cheezy Fijnwyn met koskraampies en kaas, musiek en wyn van 30 wynplase te proe. Gaan geniet ’n stukkie van die Kaap sommer hier in Gauteng. Kaartjies is by www.fijnwyntickets.co.za. Skakel 082-335-5659 vir meer inligting.

~*~


‘Woord en Musiek’ met Portchie en Jak de Priester is op 28 April om 4 nm by Atterbury-teater. In ‘Portchie: Van Tweeling tot Trafalgar Square’ vind lesers uit wie die man agter die kleurvolle skilderye is. Jak de Priester neem Portchie op ’n reis deur sy grootwordjare van Tweeling tot Trafalgar-plein in Londen. Die twee maak musiek op die klavier en Jak sorg vir bekende musikale treffers. Gaan kuier saam, ontmoet vir Portchie en laat hy jou boek teken. Kaartjies kos R250 en is by seatme.co.za beskikbaar. Die teater is in Daventrystraat 4, Lynnwood Manor.

~*~


Die Kaplyn-musiekblyspel is van 26 April tot 9 Junie om 7 nm by AfriForum Teater. Die Kaplyn was die heilige grond tussen Angola en die destydse Suidwes-Afrika. Die musiekblyspel gaan oor die verhaal van die Joubert-familie, van generaal Ben Joubert en sy twee seuns, Ben Junior en Ruan, wat albei in 1980 gewerf is vir een van die Suid-Afrikaanse Weermag se elite-eenhede, 1 Valskermbataljon. Musiek en lirieke is deur Johan Vorster en Jacomien de Wet en die teks deur Jannes Erasmus en Johan Vorster. Die musiekregie is deur Francois Lessing en Johan Vorster, die orkestrasie deur Francois Lessing en die regie deur Jannes Erasmus. Kaartjies kos R350. Die teater is in die Greenlyn Village-sentrum op die hoek van Thomas Edison- en 13de Straat, Menlopark. Skakel 066-420-6181.

~*~


Die Vrye Weekblad-boekefees word op 10, 11 en 12 Mei by The Hive, Oaklaan 134, Cullinan gehou. Die Vrydag se program begin om 5.30 nm met Gielie Hoffmann wat op die herdenking van Koos du Plessis se verjaarsdag met sy vrou, Mornay, oor ‘Erfdeel’ gesels. Koos se liedjies word gesing. Skrywers wat die Saterdag gaan praat sluit in Chanette Paul, Sidney Gilroy, Irna van Zyl, Kleinboer, SJ Naudé en Karen Horn. Die Sondagoggend se poësievoordrag is in die kerkie wat deur Sir Herbert Baker ontwerp is. Daar is ’n boekwinkel op die perseel en kos en drank word deurentyd bedien. Elke praatjie kos R90 of jy kan ’n Saterdag-pakket teen R500 koop. Kaartjies kan by Quicket bespreek word. Navrae: This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it .

 

© 2024 Die/The Bronberger