Het jy gehoor? / Have you heard? – Mar2024 Print E-mail
News - Het Jy Gehoor
Saturday, 23 March 2024 08:00
Untitled Document


Die Pretoria Fees is van 29 Maart tot 1 April by Legends-avontuurplaas op die R515-pad, Rhenosterfontein. Musikante soos Spoegwolf,  Zaan Sonnekus, Appel, Snotkop, Jan Jan Jan, Demi-lee Moore, Bobby van Jaarsveld, Elandré, Sonja Herholdt, Ruan du Toit en André Schwartz tree op. Daar is ’n pretpark met springkastele, mini-perde en kameelritte, ’n groot wiel en adrenalienritte vir oud en jonk. Die tuinuitstallings bied verskeie plante en ’n spesiale protea-uitstalling met meer as 32 soorte proteas. Vir die buitelug-entoesiaste is daar motors, bote, karavane, motorfietse, kragoplossings en swembaddens. Met Agri-Gauteng aan boord is daar verskeie beesuitstallings, hoender en watervoëls, hondetelers, trekkers en ander plaasimplemente. Daar is ongeveer 200 snuistery-kraampies en meer as 45 koskraampies. Buffelsfontein sorg vir ’n koue lafenis vir die keel en die veilige parkering is gratis. Daar is ook parkeer-en-ry geleenthede saam met P Bier Busdienste vanaf Kolonade, The Grove en Irene-koopsentrum. Kaartjies is aanlyn beskikbaar by www.pretoriafees.co.za of by die hekke.

~*~


Die Doeremark word elke laaste Saterdag van die maand vanaf 10 vm gehou by gedeelte 75, Boekenhoutskloofdrift, Cullinan. Dit is 3 km vanaf OK Wadrif op die Molotopad, oorkant Eden Kerk. Daar is vars plaasprodukte, heerlike gebak, handwerk, pamperlang behandelings en sangers wat optree. Die volgende mark is op 30 Maart. Bel Brenda: 082-899-8856.

~*~


Biertuin, wyntuin, proteas, boeretroos, swepe en messe, kunstenaars, kindervermaak . . . dit en meer is wat jy kan verwag by die Protea Cullifest op die terrein van die Nederduits Gereformeerde Kerk Premiermyn in Zonderwaterweg 12, Cullinan. Die fees is op 27 en 28 April en toegangskaartjies kos R100 vir volwassenes, R50 vir kinders en R80 vir pensioentrekkers. Kaartjies is by iTickets te koop. Die Saterdagprogram sluit die volgende kunstenaars in: Heidi, Skemer, Reborne, Charlize Berg, Ruan Josh en Nicholis Louw. Sondag kan besoekers luister na: Renaldo, Piet Smit, Van West, Reborne, Bernice West en Ruhan du Toit.

~*~


Wet Nose Animal Rescue Centre has a Paws & Paint Colour Run/Walk on Saturday 30 March from 10 am to 3 pm. You can enjoy a leisurely 1.5 km walk with an adorable rescue dog or take on the 2.4 km fun run with or without your four-legged companion. The cost is R150 and entries close on 25 March. The centre is at plot 75, Vaalbank on the Old Bronkhorstspruit Road (R104). Contact Wet Nose at 013-932-3941 or This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it .

~*~


Fancy Fijnwyn, ’n eksklusiewe wynmark met 25 wynlandgoedere, word op 30 April van 4 nm tot
9 nm by Shokran, plot 99, Luiperdstraat, Tierpoort gehou. Kaartjies kos R450. Cheezy Fijnwyn, met 30 wynlandgoedere, volg op 1 Mei van 10 vm tot 5 nm. Behalwe vir die wynproe is daar ook uitgesoekte koskraampies en musiek deur talentvolle musikante. Kaartjies kos R200 en is by www.fijnwyntickets.co.za of www.itickets.co.za beskikbaar. Skakel 082-335-5659 of besoek www.fijnwyn.co.za.

~*~


Embark on a life-changing gravel-grinding mountain bike odyssey over 260 km of unmarked district roads from Cullinan to Dunkeld Country Estate, Dullstroom. The Cullinan Ultra Gravel 2024 starts at the historic mining village of Cullinan’s sports ground at 5 am on 20 April. You will have 24 hours to finish the race. Riders start at sunrise and most riders can expect to finish at around midnight. Most of the climbing is found in the last 20 km of the race. For more information visit: https://cullinanultragravel.co.za.

~*~


Valiant Swart besoek Atterbury-teater op 28 Maart om 7 nm vir ’n aand van liedjies en stories. Behalwe vir talle ou gunstelinge, soos ‘Sonvanger’, ‘Jakarandastrate’ en ‘Eyeshadow’, gaan hy liedjies sing uit sy splinternuwe album, ‘Rondry, Fliek en die Buitelewe’. Dit bestaan uit ’n reeks karaktersketse, met vryheidstrewes aan die kern daarvan, aangebied met ’n versnit van humor en melankolie. Saam met Valiant op die verhoog is die kitaarmeester Illimar Neitz, met wie hy al vir meer as vyf jaar saamwerk. Kaartjies kos van R180 tot R200 en is by seatme.co.za beskikbaar. Die teater is in Daventrystraat 4, Lynnwood Manor.

~*~


’n Country-musiekfees  met sangers soos Chris Else, Stephan Visagie en AJ Devos word met baie bier en jenewer op 6 April van 9 vm tot 5 nm by die Premiermyn Hervormde Kerk, Cullinan gehou. Daar gaan verskeie kraampies wees met kuns, handwerk en tuisgemaakte produkte. Kaartjies kos R130 vir volwassenes, R100 vir pensioentrekkers en kinders onder 18 gaan gratis in. Kaartjies is by quicket.co.za beskikbaar. Bel Danie Booysen: 082-926-4326.

 

© 2024 Die/The Bronberger