Het jy gehoor? / Have you heard? - Okt2023 Print E-mail
News - Het Jy Gehoor
Friday, 20 October 2023 08:00
Untitled Document


Solidariteit Helpende Hand se Bemagtig ’n Kind-projek in samewerking met HelpJag hou op 
11 November vanaf 2 nm die eerste Spit, Skud en Dansfees by @75, Leribisiweg, Tierpoort. Ricus Nel en sy boerepompie bied vermaak, daar is ’n kontantkroeg om die dors te les en ’n kinderkraal om die kortvolk besig te hou. Kaartjies sluit in: Jou spit en bykosse, jou skud met plaaslike musiekgroep, Vending Machine, en Ricus Nel en jou dans met ’n laataand platejoggie. Alternatiewe koskraampies sal beskikbaar wees. Kaartjies vir volwassenes kos R345 en kinders 12 jaar en jonger gaan gratis in. Kaartjies is slegs by iTickets beskikbaar. Vir meer inligting, skakel 072-212-6151.

~*~


Die jaarlikse Crafters Fair Kersmark word van 25 Oktober tot 4 November by Moreletapark-gemeente in De Villabois Mareuilrylaan 1352, Moreletapark gehou. Meer as 250 uitstallers stal hulle handgemaakte kuns en handwerk uit. Die mark is van Maandag tot Saterdag van 9 vm tot 6 nm en is toe op Sondag. Toegang is R10 en kinders onder 12 jaar oud gaan gratis in. Vir meer inligting, skakel 012-997-8000.

~*~


Lizz Meiring se ‘Van die rak af: Uitgawe 1’ word om 7 nm op 1 November by Atterbury-teater gehou. ‘The Human Library’ is ’n wêreldwye konsep – in plaas van ’n boek uitneem, neem jy ’n mens uit. Dié mens vertel jou sy of haar storie. In die produksie ontmoet die gehoor sulke individue: Werklik, histories, fiktief of mitologies. Daar is ’n interaktiewe element: Voor die vertoning begin, kry die gehoor ’n biblioteekkaart met kriptiese leidrade en kies self watter ‘mense’ hulle vir dié spesifieke opvoering wil uitneem. Kaartjies kos R180 tot R200. Die teater is in Daventrystraat 4, Lynnwood Manor. Skakel 071-686-7733 of stuur ’n e-pos: This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it  of  This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it .

~*~


The Nickel Christmas Market is from 22 November to 3 December, daily from 9 am to 5 pm at Kungwini Welfare Organisation (KWO), Graham Road (Lynnwood Road Extension), Zwavelpoort. This fundraising project endeavours to supplement the shortfall of KWO’s operational costs not subsidised by the government and aims to promote products made by disabled residents. It also provides a platform for local entrepreneurs to showcase and sell their products. The market offers a wide variety of carefully selected products from decor to food and offers something for everyone’s Christmas stocking as well as live entertainment on Saturdays and Sundays to enjoy while having a meal. Phone the organizers at 012-940-0221, send an e-mail: This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it or visit www.nickelmarket.co.za.

~*~


Koos Kombuis tree op 16 November op by Die Blou Hond, Casa Toscana Lodge, Darlingtonweg 5, Lynnwood Manor. Koos Kombuis is ’n Suid-Afrikaanse kulturele ikoon, aktief in verskeie genres en werk sedert die laat 1980’s as rubriekskrywer, skrywer, musikant en kunstenaar. Kaartjies kos R220 vir ’n aand wat 6 nm begin. Die vertoning begin om 7.30 nm. Skakel 012-348-8820 of stuur ’n e-pos: This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it .

~*~


The Cullinan Summer Wine Festival, including 36 wine estates, is on 4 and 5 November from 10 am to 5 pm at the Cullinan Library Park. There will be food stalls and a dinner with wine pairing. Entertainment is by West SA Country Band, Gerhard Supra and Hennie de Bruyn en die Kitaar Kêrels. Tickets cost R130 for adults and R100 for pensioners, including all tastings. Tickets are available online: https://qkt.io/summerwine.

 

© 2024 Die/The Bronberger