Het jy gehoor? / Have you heard? - Jul2023 Print E-mail
News - Het Jy Gehoor
Monday, 24 July 2023 08:00
Untitled Document


NG Gemeente Tygerpoort se Lig en Ritme-fees is op 18 Augustus van 1 nm tot laat by die kerkterrein, Henrystraat 51, Shere. Jy kan ’n liggie koop en deelneem aan die aand se liggie-fees en ritmiese instrumente. Daar is ’n kinderpretpark, smullekker etes, kraampies en op die verhoog is Droomsindroom, Riana Nel en die finale rondte van die splinternuwe Sing dit!-sangkompetisie met sy laerskool-, hoërskool- en ope kategorieë. Skakel 012-809-0107 of besoek ligenritme.co.za.

~*~


‘Nocturnal birds and bird calls’ is the name of a course presented by John Kinghorn at 8.30 am for
9 am on 5 August at Casablanca Manor. The cost for adults is R150 and for learners R120, including brunch. Bookings close on 31 July. For more information, send an e-mail: This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it .

~*~


Die Vrouelandbou-unie Overvaal se jaarlikse kongres is van 30 tot 31 Augustus by Meulstroom Lodge op die Zusterstroompad, langs die Wilgerivier, Bronkhorstspruit-distrik. Die spreker op
30 Augustus is Erik Holm, die kunstenaar is Willie Strauss en die gala-aand is met Alwyn Oberholtser op die tema, ‘A night at the Oscars’. Lizette Volkwyn is die spreker op 31 Augustus. Bel Yolande Steenkamp van VLU Van Riebeeck-tak by 083-564-1616.

~*~


Die jaarlikse KragDag ekspo is van 9 tot 12 Augustus. Met die leuse ‘Doen jou eie ding’ fokus die ekspo op volhoubare en selfstandigheidsoplossings en doen-dit-self planne. Onder die meer as 600 uitstallers kan jy oplossings vind vir die uitdagings van energie, water, veiligheid, gesondheid, voedselproduksie, opvoedkunde, vervoer en konstruksie. ’n Maker- en kreatiewe entrepreneuriese lewensingesteldheid word aangemoedig en gratis lesings en paneelbesprekings deur bekendes en hoë profiel kenners word gehou. Daar is ’n opvoedkundige sub-ekspo, ’n landbou sub-ekspo met aktiwiteite wat ’n wye reeks boerdery-aangeleenthede dek, ’n kuns- en kou-mark in samewerking met solidariteit Helpende Hand en aktiwiteite in die arena. KragDag word by die Diamantvallei-landgoed, Rhenosterfontein op die R515 gehou. Skakel 087-231-1644 of besoek www.kragdag.co.za.

~*~


Kungwini Welfare Organisation is having a fundraising event, ’50 Shades of Fabulous’, with Rhona Erasmus and Nadine on 19 August. The cost is R270 and includes a gift, welcome drink, wine and a light lunch. Book at www.facebook.com/kungwini.

~*~


Spoegwolf hou op 12 Augustus om 8 nm ’n buitelugvertoning by Landje, Grahamweg 46, Shere. Die voorvertoning is deur Hainrich Faber om 6 nm en Basson Laas om 7 nm. Kaartjies kos R390 en R100 vir kinders onder 12 en is by quicket.co.za te koop.

~*~


‘The passion – The power – The calling’ word op 29 Julie om 3 nm in Die Shack by die NG Gemeente Premiermyn, plot 19, Zonderwaterweg, Cullinan opgevoer. Kaapse tenoor Pierre van der Westhuizen tree op en internasionaal bekroonde sjef en kaasmaker, Christo Swanepoel, span sy talente in. Daar is ’n laat middagete en toegang is R120. Bespreek by Tina: 083-865-0563.

~*~


In September 2023 sal dit 21 jaar wees sedert Die Melktert Kommissie die eerste Rockspaaider-kompetisie gewen het. Om dit behoorlik te vier het die groep besluit om spesiale vertonings regdeur 2023 te doen en hulle tree op 4 Augustus om 7 nm by Atterbury-teater op. Kaartjies kos R250. Die teater is in Daventrystraat 4, Lynnwood Manor. Stuur ’n e-pos: This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it of This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it of skakel 071-686-7733.

~*~


OAK Youth Theatre performs ‘Snow White and the seven dwarfs’ at AfriForum Theatre on 4 August at 10 am. Show White is a princess who runs from her evil stepmother and finds refuge with seven dwarfs. With the help of her dwarf friends, she becomes a leader who inspires others with her bravery and kindness. The story is brought to life through enchanting songs and lively dance numbers and is a production that will captivate audiences of all ages. Tickets cost from R150. The theatre is at the corner of Thomas Edison Street and 13th Street, Menlo Park. Send an e-mail: This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it or phone them: 066-420-6181.

 

© 2024 Die/The Bronberger