Het jy gehoor? / Have you heard? - Mei2023 Print E-mail
News - Het Jy Gehoor
Thursday, 18 May 2023 09:17
Untitled Document


Laerskool Witpoort hou op 20 Mei vanaf 3 nm karnaval. Ingangskaartjies is by die skool en die hekke te koop. Dit kos R80 vir volwassenes, R50 vir hoërskoolkinders en laerskool- en kleuterskoolkinders gaan gratis in. Daar is ’n talentvertoning vanaf 4 nm en West sing vanaf 8 nm. Besoekers kan uitsien na koskraampies, lekkergoed, speletjies en karnavalritte. Skakel 012-111-0850.

~*~


The South African Quarter Horse Association has sponsored the famous American AQHA clinician and horseman, Mark Lyon, to come to South Africa. A clinic will be held in Benoni on 21 May from 8:30 am to 3.30 pm. The cost for riders is R500 for AQHA and SAQHA members and R600 for non-members. The cost for spectators: Adults R100; children 10 to18 R50. WhatsApp the organizer: 082-359-3133.

~*~


Die Protea Cullifest is op 27 en 28 Mei. Bekende kunstenaars tree op, daar is kunsmark kraampies, proteas en ander plante, ’n pretpark, ’n bier- en wyntuin en volop te ete. Kaartjies sluit alle optredes in en kos R100 vir volwassenes, R80 vir pensioentrekkers en R50 vir kinders tussen ses en 12 jaar. Dié familiefees is by die Nederduits Gereformeerde Kerk Premiermyn in Zonderwaterweg 12. Stuur ’n e-pos: This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it .

~*~


Die jaarlikse Mampoerfees is op 3 Junie vanaf 8 vm tot 4.30 nm by die Willem Prinsloo Landboumuseum, op Kaalfontein. Stokers wat aan die Kultuur Distilleerdersgilde van Suid-Afrika behoort neem deel aan die nasionale kampioenskappe. ’n Vlooimark met 130 stalletjies, ’n biertuin, landbou-implemente, museumtoere en musiek deur Pieter Koen en Oom Hennie se Boereorkes dra by tot die feestelikhede. Daar gaan ook ’n demonstrasie van veteraan-trekkers, enjins, motors en antieke motors wees. Vir kinders is daar trekkerritte, speletjies, springkastele en plesierighede met plaasdiere soos miniatuur ponie- en perderitte en boerboel-babahondjies. Toegang is R60. Skakel 076-418-8324.

~*~


The South African Council for Business Women Pretoria invites you to its third annual mother and daughter high tea at 1 pm on 27 May at the Silver Lakes Lakeside venue. The theme is pink, gold and bold. The guest speakers are Angela Perdichizzi and Taryn-Lee Kearney. Tickets cost R330 and are available at www.sacbw.org/events. Phone them at 012-809-0430.

~*~


Die Melkfees, ‘Vars Melk’, is van 11 vm tot 2 nm op 3 Junie by Cowhouse Hazeldean. Gaan luister na: Bok van Blerk; Karlien Van Jaarsveld; Juan Boucher; Brendan Peyper; Barto Swiegers; Droomsindroom; Jan Bloukaas; Die Melktert Kommissie; Carla Franco; De Javu; Van Der Aven; en DJ Dalovi. Angelique Gerber gaan die seremoniemeester wees. Die Cowhouse is in Ridgeweg, Hazeldean. Skakel 061-517-6635.

~*~


Rooi Fijnwyn kos- en wynfees is op 16 en 17 Junie by Shokran, plot 99, Luiperdstraat, Tierpoort. Die fokus is op rooiwyn, maar die wynlandgoedere gaan ook wit en rosé wyne uitstal. Behalwe wynproe, kan besoekers smul aan disse by die kosmark terwyl hulle kyk na optredes van musiekkunstenaars. Kaartjies kos R195 en sluit ’n glas en wynproe in. Skakel 082-335-5659 of stuur ’n e-pos: This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it . Kaartjies is by iTickets.co.za beskikbaar.

 

© 2024 Die/The Bronberger