Het jy gehoor? / Have you heard? - Feb2023 Print E-mail
News - Het Jy Gehoor
Friday, 17 February 2023 11:16
Untitled Document


Laerskool Witpoort hou op Vrydag 3 Maart vanaf 6 nm ’n mandjiedans. Neem jou eie piekniekmandjie en drinkgoed saam. Vure word voorsien, jy kan net jou eie vleis en bykosse vat. Kaartjies kos R80 vir volwassenes en R50 vir hoërskoolkinders. Laerskoolkinders en kleuters gaan gratis in. Skakel 087-654- 0728.

~*~


‘The Great Gatsby’ glansgeleentheid met kabaretster, Elzabé Zietsman, word op Saterdag 11 Maart om 10 vm gehou by die Premiermyn Hervormde Kerk, Zonderwaterstraat 6, Cullinan – reg oorkant die landdroshof. Gaan kuier saam in egte Gatsby-styl. Daar is pryse om te wen en ’n veiling van antieke ware word gehou. Kaartjies kos R220 en is plaaslik beskikbaar by Alta: 082-682-1252 of kan aanlyn bespreek word by Danie: 082-926-4326.

~*~


Die volgende Fijnwyn kos en wynfeeste is Fancy Fijnwyn op 20 Maart van 4 nm tot 9 nm (R450 toegang) en Fijnwyn Bubbles op 21 Maart van 10 vm tot 5 nm (R195 toegang) by Shokran, plot 99, Luiperd straat, Tierpoort. Behalwe wynproe, kan besoekers smul aan disse by die kosmark terwyl hulle kyk na optredes van musiekkunstenaars. Fijnwyn vier sy tiende verjaardag met ’n fees op 27 en 29 April. Daarna volg Rooi Fijnwyn op 16 en 17 Junie en Fijnwyn Innie Lente op 30 September en 1 Oktober. Skakel 082-335-5659 of stuur ’n e-pos: This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it . Kaartjies is by iTickets.co.za beskikbaar.

~*~


Black Cat Bones tree op Saterdag 25 Februarie om 8 nm op by Sowaar Bar in Atterbury Boulevard, Atterburyweg. Die groep is in 2007 in Silverton gestig en bestaan uit Kobus de Kock, André Kriel, Casey Rothman en Gareth Bunge. Kaartjies kos R100 en is by quicket.co.za beskikbaar. Vir meer inligting skakel 063-743-0151.

~*~


‘Denim & Diamonds’ is the name of Kungwini Welfare Organisation’s fundraising event on Saturday 18 March from 9:30 am to 1 pm at plot 214, Zwavelpoort. This is a ladies champagne brunch and there will be live entertainment, stalls and prizes to be won. For more information, phone Retha: 074-911-0006.

~*~


Rita van Niekerk, Sally Ferreira en Annatjie Bezuidenhout is al 39 jaar lank lid van VLU Van Riebeecktak, wat sedert 2 Februarie 1952 bestaan. Hulle nooi almal in en om Bronkhorstspruit om deel van dié tak te word. Hulle volgende vergadering is op 21 Februarie om 9:30 vm by die NG Moedergemeente Bronkhorstspruit se kerksaal. Temas van die jaar word behandel, soos skrywers, kunstenaars, bome en voëls. Bel Yolande Steenkamp by 083-564-1616 indien jy belangstel om aan te sluit of navrae het.

~*~


Vanjaar se Goliat van Gat-pampoenkompetisie is op 11 Maart by die Pretoria Boeremarkterrein, Moreletastraat 665, Silverton. Dié is ’n jaarlikse instelling waar al die grootste, lelikste en mooiste pampoene gebring word om pryse te wen. Daar gaan ook verskeie boeremarkkraampies, kompetisies en vermaak wees. Bel Henri Combrink by 082-552-9428 of stuur ’n e-pos: This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it .

~*~


Die Proe’toria Fees 2023 is op 4 Maart van 10 vm tot 7 nm en op 5 Maart van 10 vm tot 5 nm by Monte de Dios, plot 106, Achillesweg, Zwavelpoort. Daar gaan ’n biertuin wees, kunskraampies, kunsbier- en wynkraampies, koskraampies waar feesgangers eers die kossoorte kan proe voor hulle koop, restaurante en van die grootste name in die musiekbedryf op die verhoog. Kunstenaars strek van Bobby van Jaarsveld, Sunset Sweatshop, Die Heuwels Fantasties, Karlien van Jaarsveld en Martin Bester tot Irene-Louise van Wyk, Ricus Nel, Demi Lee Moore, Jemma Catherine en Alba V. Kaartjies kos R250 by die hek of kan by tickets.tixsa.co.za bespreek word.

~*~


Jak de Priester se optrede, ‘Eerste Liefde’, is op 22 en 23 Februarie om 7 nm by Atterbury-teater. Kaartjies kos R230. Spoegwolf tree op 24 Februarie om 7 nm op en kaartjies kos R380. Op
25 Februarie om 7 nm is CH2 aan die beurt met ‘Spanish Fire’ en kaartjies kos R250. Elvis Blue se optrede, ‘Dis wie ek wil wees’, is op 1 en 2 Maart om 7 nm en kaartjies kos R250. Die teater is in Daventrystraat 4, Lynnwood Manor. Stuur ’n e-pos na This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it of This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it

~*~


Koorlede en koorleiers van alle Suid-Afrikaanse skole kan gerus ’n knoop in die oor maak – die sperdatum vir inskrywings vir vanjaar se ATKV-Applous-koorkompetisie  is op 28 Februarie. Dié is die oudste skoolkoorkompetisie in die land en word al vir 46 jaar aangebied. In 2022 het 186 kore ingeskryf en die beoordelaars het 12 542 leerlinge hoor sing! Vir navrae, kontak Bessie Keun: This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it of 012-804-5396; of Braam de Kock: This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it   of 011-919-9012.

~*~


‘Recce-stories’, verhale oor boskuns, spoorsny en oorlewing deur Dewald de Beer en Callie Roos, word op 23 Februarie om 7 nm by die Afriforum-teater aangebied. Dié twee meesterstorievertellers vertel van hulle ervaringe in die Afrika-wildernis. Kaartjies kos R150. Bespreek by afriforumteater.co.za. Die teater is in die Greenlyn Village-sentrum op die hoek van Thomas Edison en 13de Straat, Menlopark.

 

© 2024 Die/The Bronberger