Het jy gehoor? / Have you heard? - Nov2022 Print E-mail
News - Het Jy Gehoor
Thursday, 17 November 2022 14:24
Untitled Document


Kersliggies Oppi-Plaas word elke Donderdag, Vrydag en Saterdag tussen 24 November en
17 Desember vanaf 6 nm by Legends Avontuurplaas op die R515, Rhino Park, Rhenosterfontein gehou. Besoekers kan uitsien na karakters uit feeverhale, musiek en vermaak, pret en samesyn. Daar is geleenthede vir foto’s saam met Kersvader, ’n Noordpool posbus, die kans om een van vier Kerswense te wen, ’n Kersmark, kraampies, versnaperings en veilige parkering. Jacques J Hollywood tree op 26 November op, Martin Bester op 3 Desember, Steve Hofmeyr op 10 Desember en Touch of Class op 17 Desember. Toegang is R50 vir volwassenes, R30 vir hoërskoolkinders en laerskool- en voorskoolse kinders gaan gratis in. Kaartjies is beskikbaar by kersliggies.co.za. Stuur ’n e-pos: This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it .

~*~


Asher’s Farm Sanctuary is hosting a summer market on 26 November from 9 am to 3 pm. Entry is free and there will be various interesting stalls, tours of the farm and entertainment for children. The sanctuary is at plot 37, Tweedragt, just off the Boschkop Road. Coordinates: -25.866122,28.511630. Send an e-mail: This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it .

~*~


’n Duitse bierfees met oempa-orkes, Duitse kos en bier en kraampies word op 26 November vanaf 10 vm by Inni Lang-gras, Gobeyweg 56, Rayton gehou. Daar is ’n swembad met glybane vir die kinders. Toegang is R80 vir volwassenes en R60 vir kinders onder 12 jaar oud. As jy in tradisionele drag opdaag, betaal jy halfprys. Skakel 082-324-4039.

~*~


Daar is iets vir elke Kerskous by Kungwini Welsynsorganisasie (KWO) se Nickel Kersmark op plot 214, Lynnwoodweg-verlenging, Zwavelpoort. Die mark loop oor 12 dae van 23 November tot
4 Desember, daagliks van 9 vm tot 5 nm en is vernoem na die Paul Jungnickelhuis, ’n afdeling van KWO. Dit is ’n fondsinsamelingsprojek vir die organisasie en daar is meer as 150 uitstallers met iets vir almal, van speelgoed tot eksklusiewe dekorprodukte, koswaentjies en ’n restaurant. Die mark dien ook as ’n platform om produkte, wat in KWO se beskermde werkswinkel gemaak word, ten toon te stel. Johan de Klerk is die gaskunstenaar op 26 en 27 November tussen 11 vm en 3 nm en Jose van Swerwer op 3 en 4 Desember. Skakel 012-940-0221 of stuur ’n e-pos: This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it .

~*~


Almal word uitgenooi om die Geloftefees op 16 Desember by die Boere-uniesaal buite Cullinan op die R513 by te woon. Die geloftediens begin om 9 vm. ’n Gedenkteken, met ’n klip van die Bloedrivier-perseel, gaan onthul word en ’n tydkapsule gaan begrawe word om oor 50 jaar weer op te grawe. Mense word gevra om ’n boodskap vir die nageslag te skryf, wat saam met items kenmerkend van vandag, in die kapsule verseël gaan word. Vir meer inligting, bel Butch Roos: 082-869-6969.

~*~


The next Cullinan Vintage and Wine market is on 20 November from 9 am to 3 pm at 103 Oak Avenue, Cullinan. Entrance tickets cost R20; wine tasting cost R80; gin tasting R80 and for the two together, you pay R150. Continental platters are available at R420. Book at Maudie: 071-154-2401.

~*~


Ruhan du Toit en Corlea tree op 4 Desember om 3 nm by Atterbury-teater op in ‘Ons Kersfees’. Met bekende liedjies soos ‘Somerkersfees’, neem dié vertoning jou op ’n inspirerende Kersfees-reis na plekke waar die gety spierwit gevier word en nuwe betekenis gebring word, soos net musiek kan. Kaartjies kos R250. Die teater is in Daventrystraat 4, Lynnwood Manor. Stuur ’n e-pos na This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it of This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it

~*~


Busstop 7 opelug mark is elke Saterdag van 8 vm tot 4 nm en Sondag van 9 vm tot 3 nm op die hoek van Duiker- en Foxtrotstrate, Mooikloof Heights. Die mark fokus op plaaslik vervaardigde items. By meer as 150 kraampies kry jy die volgende: Vars blomme, organiese vrugte en groente, tuisgebakte brood en ander gebak, kaas, vryloop eiers, rou heuning en vars vleis. Stuur ’n e-pos: This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it .

~*~


The Woods Familiemark is op Saterdae by Wekkerweg 695, Moreletapark. Daar is volop te ete en drinke, kuns en handwerk, musiek, gesigverf, ponieritte en ander vermaak vir kinders. Bel Lydia by 071-532-1225.

~*~


Die Cowhouse Mark is elke naweek van 9 vm tot 4 nm by die historiese ou Malleson-melkplaas op die hoek van Ridgeweg en Oukraal Boulevard, Hazeldean. Daar is ’n verskeidenheid onderdak kraampies en musiekopvoerings op Saterdae. Skakel 076-776-3077.

 

© 2024 Die/The Bronberger