Het jy gehoor? / Have you heard? - Okt2022 Print E-mail
News - Het Jy Gehoor
Thursday, 20 October 2022 11:31
Untitled Document


Vanjaar se Nickel Kersmark is van 23 November tot 4 Desember, daagliks van 9 vm tot 5 nm, op plot 214, Lynnwoodweg-verlenging, Zwavelpoort. Dié mark is vernoem na die Paul Jungnickelhuis, ’n afdeling van Kungwini Welsynsorganisasie (KWO), en dien as ’n platform om produkte, wat in KWO se beskermde werkswinkel gemaak word, ten toon te stel. Dié jaarlikse mark is ’n fondsinsamelingsprojek vir die organisasie en daar is meer as 150 uitstallers met iets vir almal, van speelgoed tot eksklusiewe dekorprodukte, koswaentjies en ’n restaurant. Skakel 012-940-0221 of stuur ’n e-pos: This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it .

~*~


Muddy Princess Pretoria, an outdoor 5 km obstacle mud run for women, takes place on 6 November from 7 am to 5 pm at Legends Adventure Farm, Rhino Park on the R515 in Rhenosterfontein. The focus is on fun, so be prepared to run, walk, crawl, climb, slide, balance and laugh your way along the course for a “girls dirty day out”. Tickets cost R250 for children and from R569 for adults and are available at webtickets.co.za. For more information, phone the organisers at 082-312-8310.

~*~


‘Classics and Movies’ word op 29 Oktober om 7.30 nm deur die Capital City-orkes opgevoer by Monte de Dios, plot 106, Achillesweg, Zwavelpoort. Oorspronklike musiekklankbane uit rolprente, van ‘Titanic’, ‘Tron’ en ‘The Wizard of Oz’ tot ‘Pirates of the Caribbean’, ‘Mandalorian’, ‘Avengers’, ‘Gladiator’, ‘The King’s Speech’, ‘Spectre’,  ‘Jupiter Ascending’ en ‘Inception’ word opgevoer. Kaartjies kos van R100 tot R250 en is beskikbaar by tickets.tixsa.co.za.

~*~


Liedjieskrywer en digtersanger, Gert Vlok Nel, tree op Sondag, 6 November om 3 nm vir die heel eerste keer by Atterbury-teater op. As skrywer van die  trefferlied, ‘Beautiful in Beaufort Wes’, het hy ’n bekende naam in die plaaslike sowel as Europese musiekbedryf geword. Kaartjies kos R220. Die teater is in Daventrystraat 4, Lynnwood Manor. Skakel 012-942-5951.

~*~


Crafters Fair Kersmark word van 26 Oktober tot 5 November by die NG Moreleta-gemeente, De Villebois Mareuilrylaan 1353 gehou. Handgemaakte produkte wat uitgestal word strek van juwele, klere, geskenke, speelgoed en dekor tot deli-kosprodukte. Die mark is daagliks van 9 vm tot 6 nm, maar is gesluit op Sondae. Toegang is gratis. Vir meer inligting bel Lizelle Fouché: 082-453-7933 of Ursula Burger: 083-417-5000.

~*~


The next Cullinan Vintage and Wine market is on 19 and 20 November from 9 am to 3 pm at
103 Oak Avenue, Cullinan. Entrance tickets cost R20; wine tasting cost R80; gin tasting R80 and for the two together, you pay R150. Continental platters are available at R420. Book at Maudie: 071-154-2401.

~*~


Die Tshwane Classic is opgegradeer na ’n nasionale wedren en fietsryers spring op 6 November by die Voortrekkermonument weg. Fietsryers wat die 99 km of die 50 km roete aandurf kan die res van die gesin by die monument laat waar daar ’n veilige baan van 1 km vir kinders beskikbaar is. Kategorieë sluit in: Babas in stootwaentjies; kleuters wat met enige item met wiele kan ry; laerskoolkinders wat ’n 5 km roete op die terrein ry; en selfs gestremdes in rolstoele is welkom. Deelnemers word gevra om ’n R50 donasie te gee wat aan minderbevoorregte kinders gaan. Vir meer inligting besoek www.hecticpromotions.co.za of www.tshwaneclassic.co.za.

 

© 2024 Die/The Bronberger