Het jy gehoor? / Have you heard? - Sep2022 Print E-mail
News - Het Jy Gehoor
Thursday, 22 September 2022 09:40
Untitled Document


Die Nasionale Veteraan Trekker en Enjin-skou is op 8 Oktober by die Willem Prinsloo Landboumuseum op die Ou Bronkhorstspruitpad. Besoekers kan uitsien na ’n Braveheart Dog Academy vertoning, antieke en moderne trekkers, antieke trekker-demonstrasies, ‘vintage’ motors, trekkerspeletjies, boeresport, skaapskeer, ritte in waens, ystersmede, springkastele, plaasdiere, verskeie kraampies en ’n broodbakkompetisie. Sanger Duane Louw gaan die skare vermaak. Toegang vir volwassenes is R60 en vir kinders R30. Vir meer inligting bel Mark Hohls: 083-709-8922; Stefan van der Schyff: 072-175-4326 of Julia Roelofse: 082-895-7141.

~*~


Casablanca Manor presents their annual charity drive on 8 October – the Teddy Bear Carnival in aid of SA Cares for Life organisation, based on plot 91 just outside Cullinan. There will be carnival games, jumping castles, puppet-shows, face-painting, a magician, circus acts, live entertainment, food and drink stalls, flea market type stalls, potjiekos and a teddy picnic. The focus is a fun family outing. Donate a teddy for your entrance fee. Casablanca is at plot 121 Stamvrug Road, Donkerhoek. Phone them at 082-772-9983 or send an e-mail: This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it .

~*~


Die volgende Fijnwyn is op 8 Oktober van 10 vm tot 5 nm by Shokran, plot 99 Luiperdstraat, Tierpoort. Dié Fijnwyn-fees bied ’n streeksfokus op wyne uit die Overberg en Klein Karoo. Besoekers kan ook smul aan disse by die kosmark terwyl hulle kyk na optredes van musiekkunstenaars. Skakel 082-335-5659 of stuur ’n e-pos: This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it . Kaartjies kos R180 en is beskikbaar by iTickets.co.za.

~*~


’n Paar vroue in die Boekenhoutskloofdrift-gebied buite Cullinan het verlede jaar die eerste Dames Kenmekaar Kuieroggend gereël. Bykans 50 gaste het by die Eden konferensieterrein saamgekuier. Daar was gaskunstenaars, ’n spreker, ’n kenmekaar met vrae en uitstalling van gaste se produkte en ondernemings. Vanjaar se kuieroggend is op Saterdag 8 Oktober met die tema, ‘Blom waar jy geplant is’. Diegene wat wil saamkuier, kan Wynie Malan bel: 072-332-0684.

~*~


The Art and Creativity Interactive Storytelling Convention is on Sunday 6 November from 10 am to
5 pm at Riverside Castle, plot 204, Graham Road, Zwavelpoort. A day of networking, fun, competitions and prizes for all book authors, self-published authors, book cover designers and book illustrators. Try your hand at a short story and stand a chance to win a publishing deal worth
R24 000, a book marketing contract worth R12 000 or an editing contract worth R8 000. Join in the interactive events at the mystery, fantasy, horror and children’s corners or one of the workshops on writing, publishing, book cover design or book illustrations. Send an e-mail to This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it or visit www.artandcreativity.co.za.

~*~


Die volgende Tierlantynkies Kuier en Koopfees is van 28 September tot 4 Oktober, by die 3CI Kerk, Saalstraat 56, Zwavelpoort. Die ure is van 9 vm tot 6 nm van Donderdag tot Saterdag en van 9 vm tot 4 nm van Sondag tot Dinsdag. Meer as 90 uitstallers verkoop ’n verskeidenheid items, van juwele, klere en geskenke tot speelgoed en dekor. Kos en deli-kraampies bied meer as genoeg te ete. Die vermaak is deur plaaslike kunstenaars. Kaartjies kos R40 en is geldig vir die ses dae. Kinders onder 16 jaar oud gaan gratis in. Skakel 076-704-4066 of stuur ’n e-pos: This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it .

~*~


The next Ghost and Gourmet evening is on 30 September from 6.30 pm at Ya-Ya’s Antique Warehouse, 103 Oak Avenue, Cullinan. Food artist and TV personality, Lientjie Wessels, presents a five-course sumptuous gourmet finger-food experience, paired by the wine experts, Secrets Sommelier. Your ghost expert is the highly entertaining Mark Rose-Christie, who owns Mystery Ghost Tours. The fun-filled evening will range from local ghost stories, visual thrills and a ghost tour of McHardy House Museum. Phone Maudie at 071-154-2401 for more info.

~*~


Hou jou blommekroon styf vas, want Tuindag keer terug op Sondag 9 Oktober en almal word genooi om deel te neem. Raak kreatief, maak jou eie kroon, nooi familie en vriende na jou tuin en deel jou feesvieringe met #TuindagSA of stuur dit per WhatsApp na 066-389-5182. Jy kan ook aansluit by die nuwe Tuindag-vereniging, waar mense met groen vingers en ’n passie vir hulle buurt aangemoedig word om die gees van Tuindag te versprei deur ’n groot feesviering in hulle gebied te reël. Stuur ’n e-pos na This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it om meer uit te vind oor hoe jy betrokke kan raak.

~*~


Casa Mia hou op 1 Oktober om 10 vm ’n piekniek ten bate van Cuppa For CANSA. Die tema is boheems en die piekniek word deur Boho Bliss Events aanmekaar gesit. Kaartjies kos R250 en sluit die piekniek in sowel as vermaak en pryse wat gewen kan word. Casa Mia is op die R513, plot 34, Nooitgedacht, Cullinan. Om te bespreek, stuur ’n e-pos na This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it .

~*~


Mega-T, ’n nuwe opelug-ekspo vir die hele gesin, gaan oor sleepwaens, vragmotors en vervoer. Die geleentheid, wat vir die eerste keer van 6 tot 7 Oktober by die Diamantvallei Landgoed-skougronde op Rhenosterfontein plaasvind, word deur die organiseerders van KragDag aangebied en deur die Road Freight Association (RFA) aangedryf. Daar gaan aktiwiteite vir oud en jonk wees. Die Suid-Afrikaanse Sterkmanunie se top vyf junior en senior atlete sal hulle rou krag demonstreer deur vragmotorste te trek en swaar voorwerpe op te lig. ’n Paar indrukwekkende Amerikaanse Big Rigs sal te sien wees. Vir meer inligting, besoek www.mega-t-.co.za.

~*~


Aardklop word tradisioneel in Potchefstroom gehou, maar vanjaar is daar van 30 September tot
9 Oktober ’n opwip fees in Pretoria. Momentum Beleggings Aardklop bied produksies by verskeie plekke aan. Anna-Mart van der Merwe speel in ‘Terminaal 3’ by die Atterbury-teater, waar vanjaar se Pronk Podium-wenners ook te siene sal wees. Chris van Niekerk speel in ‘Madama Pylinska en die geheim van Chopin’ by die AfriForum-teater, waar ‘Fliekmusiek’, ‘Laerskool Noord’, ‘Oom Bey, my pa’ en ‘Mixtape van die liefde’ ook vertoon word. Nataniël se ‘Die Smitstraat Suite’ word by Afrikaanse Hoër Seunskool aangebied. Visuele kuns, kraampies, musiek, boekegesprekke en ander aktiwiteite is by die Voortrekkermonument, waar Antjie Krog en Antoinette Kellerman ’n produksie aanbied en Amanda Strydom se ‘Ligval’ in die Senotaafsaal afspeel. Kaartjies is beskikbaar by www.ticketpros.co.za. Besoek www.aardklop.co.za vir meer inligting.

 

© 2024 Die/The Bronberger