Het jy gehoor? / Have you heard? - Jun2022 Print E-mail
News - Het Jy Gehoor
Monday, 20 June 2022 08:15
Untitled Document

Teen die Bronnie se spertyd was die onderstaande gebeure vir die datums wat genoem word, beplan. Inperkingsregulasies mag veranderings tot gevolg hê.


Het jy gehoor dat Steve Hofmeyr en Devon Hofmeyr ’n kuierplek en brandewynkelder in Cullinan se Oaklaan oopgemaak het? Hulle noem dit Eendracht en die openingsaand, ’n reuse sukses, was op 20 Mei. Die Eendracht-span het hulle opgesaal vir 350 mense daardie aand en daar het glo toe meer as 1 500 opgedaag.

~*~


Die Willem Prinsloo Landboumuseum hou op 2 Julie vanaf 8 vm ’n Mampoerfees. Stap deur 150 kraampies en sing saam met kunstenaars soos Tommy Dell, Barbra Ray, Pieter Koen, Hunter en Ryanna. Waag ossewa, kameel of ponieritte en bekyk ou masjiene en voertuie. Geniet heerlike kos, soos pap en kaiings, en besoek Tant Miertjie se restaurant, die biertuin en bowenal – proe mampoer. Toegang is R60 vir volwassenes en R30 vir kinders. Skakel Julia: 082-895-7141 of Karine: 082-551-3061. Die museum is uit met die N4-Oos-snelweg. Neem die Rayton/Cullinan afrit en draai oos op die ou Bronkhorstspruitpad (R104).

~*~


Scatter Run 1 word op 10 Julie van 8 vm tot 1 nm by Rosemary Hill-landgoed op Mooiplaats aangebied. Die doel van dié resies is om van die begin tot die einde by verskeie beheerpunte in numeriese volgorde aan te doen met die hulp van ’n kaart en kompas. Om die beste moontlike roete te kies, moet deelnemers kyk na landskapskenmerke. Die wenner is die mens wat die roete in die kortste tyd voltooi. Deelnemers kan individueel, as pare of as groepe inskryf. Rosemary Hill is op die Boschkop-grondpad (R964). Skakel hulle by 012-802-0052.

~*~


The next Cullinan Vintage & Wine Market is on 18 and 19 June and then on 16 and 17 July. This is a unique market with an explosion of taste and culture in the heart of Cullinan. Every third weekend of the month, antiques dealers, collectors and wine and gin merchants come together in Cullinan for this festive experience at Ya-Ya’s Antique Warehouse, 103 Oak Avenue. There is bear, gin and wine tasting, you can play lawn croquet and enjoy hot soup in the winter. Entrance is R20 and includes a tour of the historical McHardy House Museum. For more information: 071-154-2401 or This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it . On 5 August a secret sommelier presents the first ‘Ghost and Gourmet’ event in Cullinan. Treat yourself to an unforgettable evening . . . paired with food, wine and spirits. Tickets cost R680. Book at Maudie: 071-154-2401.

~*~


Márica Muse voer die musiek van haar nuwe album, ‘Louter’, op 19 Junie om 1 nm op by Asbos-teater. Sy wil die gehoor bekendstel aan die liedjies uit haar eie pen. Saam met dit vloei die storie van haar lewe en die lyne wat sy in die sand geskryf het. Kaartjies kos R150 en is beskikbaar by tickets.tixsa.co.za/event/louter. Asbos-teater is by Klitsgras, plot 62 op die hoek van Garstfonteinweg-verlening en Tierpoortweg.

~*~


Revolution Trails is organizing a pet-friendly run at Tierpoort Adventure Farm on 26 June from 7 am. The routes are 2 km (R55), 5 km (R75), 10 km (R95), 15 km (R115) and 21 km (R135). Tickets are available at www.entrytime.com. An additional R25 will be added for on-the-day entries. Children under 13 years and adults over 60 years only pay R30. Entry includes a market route, water tables, a finisher medal, venue entry and parking. The venue is at 210 Tierboskat Street, Tierpoort. Contact them at This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it or Glizelle at 083-264-3931.

~*~


Die volgende mark by die ou Bapsfontein Hotel, Wolmaransstraat 10, is op 25 Junie. ’n Nuwe gemeenskap het die geskiedkundige perseel oorgeneem en het die reuse ou danssaal in ’n verskeidenheid winkels omskep om lewe in die meer as 100-jaar-oue gebou te blaas. Skakel 081-734-7536 vir meer inligting.

~*~


Amanda Strydom tree op 29 en 30 Junie om 7 nm op by Atterbury-teater. Met ‘Miss M in konsert’ bied Amanda Broadway, Brel, Piaf, blues en ballades verwerk en begelei deur haar pianis, Coenraad Rall. Sy vier vanjaar 43 jaar in die bedryf en sing in Afrikaans, Engels, Frans en Nederlands in dié vertoning. Kaartjies kos R220. Die teater is in Daventrystraat 4, Lynnwood Manor. Skakel 012-942-5951.

~*~


Prestige Trail Run Series 2 is held on 26 June at 9 am at Hazeldean Valley Trails. Your entry will include: Fully stocked water points; earning Discovery Vitality or Momentum multiply points; national trail seeding event; ample parking; and live timing. Entry fees are: 21 km (R240); 15 km (R200);
10 km (R170); 5 km (R130); and the 5 km for children under 10 years is free. Tickets are available at www.entryninja.com/events.

 

© 2024 Die/The Bronberger