Het jy gehoor? / Have you heard? - Des2021 Print E-mail
News - Het Jy Gehoor
Saturday, 11 December 2021 10:09
Untitled Document

Teen die Bronnie se spertyd was die onderstaande gebeure vir die datums wat genoem word, beplan. Inperkingsregulasies mag veranderings tot gevolg hê.


Die Voortrekkermonument hou vanjaar vir ’n week lank Geloftefees. Van 9 tot 15 Desember is daar verskeie geleenthede, soos die bekendstelling van die historiese trekroetetuin, volkspele, toere deur die monument en museumstoor, boekbekendstellings, lesings en ’n aantal aktiwiteite vir die jongspan. Op 16 Desember open die hekke om 7 vm en die Geloftediens se voorsang begin om
8 vm. Die diens, gelei deur dominee Alwyn Swanepoel, is van 9 vm tot 10 vm en die koskraampies is vanaf 10 vm beskikbaar. Die son skyn om 12 uur op die senotaaf en die kanon Susanna word om
1 nm in die parkeerarea afgevuur. ’n Erfenisheffing van R20 per voertuig is betaalbaar. Vir meer inligting, stuur ’n e-pos na This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it .

~*~


Get into the Christmas spirit with ‘Festive AF Christmas Bash’ on Saturday 18 December at Madison Avenue at 2 Ernie’s Place, Equestria. The doors open at 7 pm. For more information, send an e-mail: This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it or visit www.madisonavenue.co.za.

~*~


Nianell en CH2 tree om 3 nm op 12 Desember in ’n piekniekkonsert op by Monte de Dios, plot 106, Achillesweg, Zwavelpoort. Daar gaan koskraampies wees en piekniekmandjies kan vooraf bespreek word. Kaartjies is beskikbaar by Tixsa.co.za teen R200 per persoon. Kinders onder 12 kan gratis ingaan.

~*~


‘Die Teater Toer’ met Deon Meiring, Almero en Jako Meyer word op 16 Desember om 7 nm by Atterbury-teater aangebied. Dié drie skryf lirieke wat soek na maniere om die lewe eerlik te verwoord en die vertoning is ’n keur uit elkeen se beste werk. Jako is die stem en skrywer agter ‘Moses Metro Man’ en maak opgang met sy solowerke, soos ‘My hande’ en ‘Lugballon’. Almero is bekend vir ‘Vuurvas’, ‘Vloedverlief’ en ‘Monochromie’ en Deon se bekende liedjies is ‘Bliksoldaat’ en ‘Grensbewoner’. Kaartjies kos R150. Die teater is in Daventrystraat 4, Lynnwood. Skakel 012-942-5951.

~*~


GoSport Farm Run is op 16 Desember vanaf 6.30 vm by Cowhouse in Ridgeweg, Hazeldean. Die
5 km draf kos R100 en begin om 8:30 vm; die 10 km kos R120 en begin om 8:15 vm; die 15 km kos R150 en begin om 8 vm en die 23 km kos R180 en begin om 7.30 vm. Die prysuitdeling is om
10 vm en deelnemers kan daarna by die Cowhouse-mark ontspan waar kunstenaars gaan optree en verversings beskikbaar is. Besoek www.bouttime.co.za vir meer inligting.

~*~


Deel in die vreugde van die feesseisoen met ’n klassiekemusiekkonsert deur Sempre Opera-soliste en ’n vyfstuks instrumentale ensemble by die AfriForum-teater. ‘Gloria in excelsis Deo’ vier die boodskap van die Kersseisoen met soliste Loveline Madumo (sopraan), Linette van der Merwe (mezzo-sopraan), Chris Mostert (tenoor) en Otto Maidi (bas-bariton). Kaartjies kos R100 vir die finale kleedrepetisie op 16 Desember om 7 nm, en R220 vir die res van die konserte: 17 en
18 Desember om 7 nm en Sondag 19 Desember om 3 nm. Die kleinspan kan uitsien na ‘Skoonlief en die ondier’ om 2 nm op 20 Desember en om 10 vm op 21 Desember. Kaartjies kos R120. Die teater is in die Greenlyn Village-sentrum op die hoek van Thomas Edison- en 13de Straat, Menlopark. Skakel 066-420-6181 of stuur ’n e-pos: This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it .

~*~


Maak gereed vir ’n Vintage en Wynmark op 18 en 19 Desember van 9 vm tot 3 nm by Oaklaan 103, Cullinan in die tuine van die historiese huis wat vroeër as ‘Oak House’ bekend gestaan het. Allerhande oudhede en versamelaarsitems gaan uitgestal word en kaartjies vir die jenewer- of wynproe kos R80. Piekniekmandjies kan bespreek word. Toegangskaartjies kos R20 en sluit ’n toer deur die McHardy Huismuseum in. Vir meer inligting stuur ’n WhatsApp: 071-154-2401 of e-pos: This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it .

~*~


Op soek na ’n plattelandse kuierplek-in-die-oopte waar jy die Nuwe Jaar saam met vriende kan ingaan? Die Boskombuis is oop op Oujaarsaand, 31 Desember, en etes sal beskikbaar wees. Hulle is op plot 65, Donkerhoek, naby die N4-Oos-snelweg. Doen navraag by Renee: 083-485-2529 of This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it .

~*~


Daar is ’n Kersmark by Cullinan Junction, Hotelstraat 4, van 16 tot 20 Desember van 9 vm tot
4.30 nm elke dag. Besoekers kan uitsien na ’n verskeidenheid kraampies en pret vir die kleinspan. Vir meer inligting bel Angela by 081-584-3843.
 

© 2024 Die/The Bronberger