Het jy gehoor? / Have you heard? - Okt2021 Print E-mail
News - Het Jy Gehoor
Saturday, 16 October 2021 06:15
Untitled Document

Teen die Bronnie se spertyd was die onderstaande gebeure vir die datums wat genoem word, beplan. Inperkingsregulasies mag veranderings tot gevolg hê.


NG Gemeente Rayton hou op Saterdag 30 Oktober ’n kerkbasaar en nooi almal uit om saam fees vier. Daar gaan kraampies wees soos op ’n regte oudtydse basaar: Kerrie en rys, vetkoek, pannekoek, slap tjips, ‘jaffels’, ’n koektafel en poedings. Daar gaan ’n seremoniemeester wees wat die dag se bedrywighede gaan aankondig en mense kan ’n kombers saamneem en onder ’n koelteboom saam met vriende en familie kuier. Daar is gratis (donasie welkom) staanplek vir kraampies, behalwe vir die outydse geregte genoem. Mense is welkom om produkte soos beskuit, konfyt, pekel en handewerk uit te stal of sommer uit jou kattebak te verkoop. Bel Linda by 082-563-0437 vir meer inligting.

~*~


Die jaarlikse Tshwane Classic Fietswedren is op 7 November by die Willem Prinsloo Landboumuseum op die Ou Bronkhorstspruitpad. Die museum hou ook ’n mark met ’n groot verskeidenheid kraampies en fietsryers kan die familie saamneem om op die plaas te ontspan. Vir diegene wat nie wil fietsry nie is daar ’n 15 km roete wat gestap of gedraf kan word. Die ryers se veiligheid is die hoogste prioriteit. Daar sal polisiebeamptes, voertuigwagte en verkeersbeamptes wees. Motorfietse gaan saam met die ryers beweeg en beamptes met radioverbinding beman die toegangspaaie. Fietsryers kan vir ’n 112 km of 58 km wedren inskryf. Covid-reëls is van toepassing. Vir meer inligting, besoek www.hecticpromotions.co.za. Inskrywings kan vooraf gedoen word by www.cycleevents.co.za. Oornaggeriewe en kampering is by die museum beskikbaar op bespreking. Skakel 012-736-2036.

~*~


Vanjaar se Nickel Kersmark is van 24 November tot 5 Desember, daagliks van 9 vm tot 6 nm, op plot 214, Lynnwoodweg-verlenging, Zwavelpoort. Dié mark is vernoem na die Paul Jungnickelhuis, ’n afdeling van Kungwini Welsynsorganisasie (KWO), en dien as ’n platform om produkte, wat in KWO se beskermde werkswinkel gemaak word, ten toon te stel. Dié jaarlikse mark is ’n fondsinsamelingsprojek vir die organisasie en daar is vanjaar meer as 150 uitstallers met iets vir almal, van speelgoed tot eksklusiewe dekorprodukte en ’n restourant en teetuin. Skakel 012-940-0221 of stuur ’n e-pos: This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it .

~*~


Join Wet Nose Equestrian Rescue Centre for a fun day in the sun on 31 October. The Wet Nose City Slickers Outride starts at 7 am with a cup of coffee or tea and home-made rusks. Take your own horse and book your spot in advance at R150. Phone Roelan at 082-677-8084. Wet Nose is at plot 75, Vaalbank on the Old Bronkhorstspruit Road.

~*~


Moreletapark Gemeente se Crafters Fair Kersmark is van 27 Oktober tot 6 November, daagliks van 9 vm tot 6 nm, maar toe die Sondag. Meer as 200 uitstallers kom van dwarsoor die hele land om hulle kwaliteit handgemaakte kuns en handwerk te verkoop. Die mark is by die kerk in De Villebois Mareuilrylaan 1352, Moreletapark. Vir meer inligting, stuur ’n e-pos: This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it of This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it .

~*~


The Halloween mystery ghost jaunt will run in Cullinan on Saturday 30 October. Use your own car for all out-of-vehicle stops where your ghostly host, Mark Rose-Christie, will take over. Make sure to bring a picnic basket so you can enjoy refreshments in the convoy of cars. The jaunt will start at
5 pm and end at 9 pm. The price is R400 per person. Dress-up is welcomed. Further details and bookings are at www.MysteryGhostProductions.co.za.

~*~


Robbie Wessels is 6 November vir die eerste keer by Simbali op Tierpoort met al sy grootste treffers soos ‘Leeuloop’ en ‘Mpe Hoenor’. Die boskroeg maak om 2 nm oop en daar is verskeie koswaentjies, grasspeletjies en buite kuierareas. Robbie se vertoning skop om 6 nm af en kaartjies kos R300. Skakel 072-323-8749 of stuur ’n e-pos: This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it .

~*~


The Diamond Chamber of Commerce (DCC) is hosting a fundraising golf day on 22 October at the Cullinan Golf Club. Tickets cost R995 per person and it is R3 750 for a four-ball, including golf cart, grab and go, dinner and a prize. Contact the DCC at 012-305-2591 or This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it .

~*~


BusStop7 is ’n opelugmark met meer as 150 kraampies, wat ’n verskeidenheid etes, organiese vrugte en groente, kaas, vryloop eiers, rou heuning, vleis, tuisgebakte brood en ander gebak bied. Daar is ook kuns- en handwerk-kraampies en volop vermaak vir kinders. Die mark word elke Saterdag van 8 vm tot 4 nm en elke Sondag van 9 vm tot 3 nm op die hoek van Duiker- en Foxtrotstrate, Mooikloof Heights gehou. Besoek www.busstop7.co.za of stuur ’n e-pos: This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it .

~*~


Oppi-Plaas Opelug Avontuurmark word elke Saterdag van 9 vm tot 3 nm by Legends MX, Rhenosterfontein, op die R515 pad gehou. Daar is volop kraampies met hand- en tuisgemaakte goedere, vars gebak, vars groente, vrugte en vleis asook ponieritte, ’n mallemeule, sandkuns, ’n springkussing, klimrame, koskraampies, ’n restaurant, braaigeriewe, piekniekplekke en ’n MX baan vir kinders. Skakel 074-120-0279.

~*~


‘Market at the Beach’ se volgende mark is op 31 Oktober van 10 vm tot 3 nm op die hoek van die Boschkoppad en Lynnwoodweg-verlenging, Zwavelpoort. Kraampies strek van klere en juweliersware tot kuns, handvlyt, boetiekbier en etes. Daar is ’n speelplek vir kinders, ’n vlugbalbaan en sandput. Skakel 071-471-6698 of stuur ’n e-pos: This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it .

 

© 2024 Die/The Bronberger