Het jy gehoor? / Have you heard? - Jun2021 Print E-mail
News - Het Jy Gehoor
Friday, 18 June 2021 05:46
Untitled Document

Teen die Bronnie se spertyd was die onderstaande gebeure vir die datums wat genoem word, beplan. Inperkingsregulasies mag veranderings tot gevolg hê.


Cullinan hou ’n wynfees van 9 tot 11 Julie. Die gebeurtenis word deur Echo Wine Events gereël en 35 wynplase neem deel. Op 9 Julie is daar ’n dans en ete saam met Die Klipwerf Orkes en kaartjies kos R350. Die volgende twee dae kan gaste ’n wynproe-roete deur die dorp volg en ook deur die Cullinan Boeremark en die Vintage en Wyn-mark, op die hoek van Oaklaan en Mainstraat, se kraampies stap. Wynplase stal by verskillende punte op die dorp uit en spesiale kaartjiehouers kan kos-en-wynproe-geleenthede bywoon. ’n Perdekar gaan feesgangers tussen die proeplekke rondry. Kaartjies kan aanlyn by qkt.io/klipwerf bekom word of op Echo Wine Events se Facebook-blad. Bel Danie Booysen by 082-926-4326 vir meer inligting.

~*~


Diamond Hill Slagveld Dagtoere word op 19, 20, 26 en 27 Junie gehou. Deelnemers ontmoet om 8.30 vm by die Rhino Park restaurant. Verken die Boereforte op die rif, loop langs die Boere se loopgrawe en inspekteer die 1897 spoeldiamantwerke naby die basis van die kloof. Bespreek by Rob Milne Battlefield Tours: 076-792-8107 of This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it .

~*~


Op Saterdag 26 Junie is daar ’n klassieke motor-dag by Oppi-Plaas Opelug Avontuurmark. Dié mark word elke Saterdag van 9 vm tot 2 nm by Legends MX op die R515 pad gehou. Daar is volop kraampies met hand- en tuisgemaakte goedere, vars gebak asook ponieritte, ’n mallemeule, sandkuns, ’n springkussing, klimrame, koskraampies, ’n restaurant, braaigeriewe, piekniekplekke en ’n MX baan vir kinders. Skakel 074-120-0279.

~*~


My Car Boot Sale is held every Saturday between 7.30 am and 12 midday at Zwalu Estate in Zwavelpoort at The Country Garden Café and on Sunday at the BP Garage, Old Farm Road in Faerie Glen. Organiser, Helga Roper, says it’s time to pack your unwanted, unused stuff lying around the house into the boot of your car and join them. Household and gardening goods, kitchenware, linen and curtains, clothing and accessories, books and art, photographic and sound equipment, antiques and collectables, children’s and baby’s items, everything sells. Phone Helga at 083-729-6465 or send an e-mail: This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it .

~*~


BusStop7 is die naam van ’n opelugmark wat elke Saterdag van 8 vm tot 4 nm en elke Sondag van 9 vm tot 4 nm op die hoek van Duiker- en Foxtrotstrate, Mooikloof Heights aangebied word. Die meer as 150 kraampies bied ’n verskeidenheid etes, organiese vrugte en groente, kaas, vryloop eiers, rou heuning, vleis, tuisgebakte brood en ander gebak. Daar is ook kuns- en handwerk-kraampies. Besoek www.busstop7.co.za.

~*~


Die Wapadrand Familiemark word in die onderdak parkeergrond by Atterbury Value Mart in Atterburyweg gehou. Dié mark bied elke Saterdag en Sondag van 9 vm tot 3 nm tuisgemaakte produkte en kos. Sosiale afstand moet gehou word en maskers is nodig vir toegang. Handreinigingsmiddels is by elke kraampie beskikbaar. Stuur ’n WhatsApp na 083-795-2840.

~*~


‘Market at the Beach’ word deesdae slegs elke eerste en laaste Sondag van die maand gehou op die hoek van die Boschkoppad en Lynnwoodweg-verlenging, Zwavelpoort. Die verskeidenheid kraampies strek van klere, juweliersware, kuns, handvlyt, boetiekbier, etes en daar is ’n speelplek vir kinders, ’n vlugbalbaan en sandput. Skakel 071-471-6698 of stuur ’n e-pos: This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it .

~*~


Africa Agri Tech 2021 word van 22 tot 24 Junie van 9 vm tot 5 nm by Sun Arena Time Square, Aramistlaan 209, Menlyn Maine gehou. By dié jaarlikse samekoms kom die landbougemeenskap bymekaar om nuutste tendense, wetenskaplike vooruitgang en tegnologiese oplossings te ondersoek. Daar is ’n drie-dae-lange konferensieprogram, uitstallings en daaglikse gebeure. Skakel 082-602-4052 of stuur ’n e-pos: This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it .

 

© 2024 Die/The Bronberger