Het jy gehoor? / Have you heard? - Mei2021 Print E-mail
News - Het Jy Gehoor
Friday, 21 May 2021 02:44
Untitled Document

Teen die Bronnie se spertyd was die onderstaande gebeure vir die datums wat genoem word, beplan. Inperkingsregulasies mag veranderings tot gevolg hê.


Geniet ’n pretdag gevul met gesin-pieknieks, mampoer aankope, Country-musiek, verskeie demonstrasies, soos broodbak, en trekkerritte by die Ditsong Willem Prinsloo Landboumuseum op
5 Junie. Toegang is R40 vir volwassenes en R25 vir kinders. Die museum is uit met die N4-Oos-snelweg. Neem die Rayton/Cullinan afrit en draai oos op die ou Bronkhorstspruitpad (R104). Skakel 012-736-2035/6/7.

~*~


Slagveldkenner, Rob Milne, bied op Sondag 23 Mei ’n Diamond Hill Slagveldtoer aan. Toergangers ontmoet mekaar om 8 vm by Rhino Park se Mount Perry-restourant. Hy bied van 8.30 vm tot 9 vm ’n oorsig oor die slag en daarna ry mense in hulle eie voertuie na Morskop. Die oggend sluit ook ’n besigtiging van die riwwe op Rhenosterfontein en Kleinfontein in. Teen 12.30 is dit tyd vir middagete en om 2 uur ry die toergangers na die militêre begraafplaas op Kleinfontein en die gedenkteken wat die Boeremagte opgerig het. Daarna volg ’n oorsig en slagveldverhale tot 4 nm. Die toer kos R250 per persoon en R50 vir kinders van 10 tot 18 jaar oud. Daar is ook stap alternatiewe vir dié wat nie fiks is nie. Bespreek by 076-792-8107 of This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it .

~*~


My Car Boot Sale is held every Saturday between 7.30 am and 12 midday at Zwalu Estate in Zwavelpoort at The Country Garden Café. Organiser, Helga Roper, says the aim is to recycle, reuse, repurpose and reduce waste. It has also been many people’s lifeline in these strange times – to get outdoors among people and be safe. Producers of fresh produce and artists and crafters also have an opportunity to sell their goods. There is a beautiful 10 000 step or 5 km walk on the estate, which meanders through the horse paddocks, along the stream, past the dams, and it’s all free. Phone Helga: 083-729-6465. 

~*~


Die volgende Cullinan Vintage en Wyn-mark is op 12 en 13 Junie van 9 vm tot 3 nm op die hoek van Oaklaan en Mainstraat, Cullinan. Besoek dié mark vir oudhede, versamelaarsitems en wyn. Vir meer inligting, bel Maudie Smit: 071-154-2401 of stuur ’n e-pos: This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it .

~*~


Oppi-Plaas Familiemark hou ’n Koffie en Sjokoladefees op Saterdag 29 Mei van 9 vm tot 2 nm. Besoekers kan uitsien na interessante kraampies, heerlike kos, ’n mallemeule, piekniekplek, ’n restaurant, braaifasiliteite, ponieritte, sandkuns, springkussing, klimrame en ’n MX-baan vir kinders. Oppi-Plaas is by Legends MX op die R515 pad naby Rayton. Skakel 074-120-0279 of besoek http://Oppi-Plaas.online.

~*~


Some of the hotspots on the Mystery Ghost Jaunts in Cullinan include: St George’s Anglican church with its buried treasure, which may have something to do with the Freemason Lodge opposite it; floating paraffin lamps that come from the town’s old taxi horse-drawn carriage; the Lantern Lady who is guaranteed to make her appearance and be photographed; Cullinan’s old abandoned hospital with mortuary; and the old cemetery with a tragic tale of one of the first mining accidents and other eerie graves. The jaunt runs from 5 pm to 10 pm. Check the dates at www.MysteryGhostProductions.co.za.

~*~


Die jaarlikse Bestmed Tshwane Classic Fietswedren op 23 Mei word vanjaar by Rhino Park, Legends MX op die R515-suid, Rhenosterfontein gehou. Die wedren het in die verlede by die Voortrekker Monument begin en geëindig en dit is die derde grootste wedren in die land. Covid het die organiseerders gedwing om die wedren na ’n minder dig-bewoonde gebied te skuif. Inskrywingsfooie vir die 92 km is R350; vir die 60 km is dit R220 en vir die 20 km R110. Meer inligting is by www.hecticpromotions.co.za. 

~*~


Onthou jy waar jy was, hoe oud jy was of wat gebeur het as jy ’n sekere liedjie hoor? Die doyenne van die kabaretverhoog, Amanda Strydom, diep nostalgiese herinneringe op in haar produksie, ‘Nostalgie’ op 22 Junie om 8 nm by Atterbury-teater. Coenraad Rall is musikale regisseur, verwerker en pianis en Susan Mouton speel die tjello. Kaartjies kos R200. Steve Hofmeyr tree van 17 tot
19 Junie om 7 nm op met sy grootste treffers van die afgelope 30 jaar. Kaartjies kos R250. Nianell is op 6 Junie om 6 nm aan die beurt met ‘Shine’. Kaartjies kos R220. Luister op 5 Junie om 10 vm na Rocco de Villiers se ‘Saterdag Klavier’ teen R240 per kaartjie. Barry Hilton tree op 27 en 28 Mei om 8 nm op teen R220 per kaartjie. Dowwe Dolla is op 25 Mei om 8 nm aan die beurt met ‘Nou of Nooit. Kaartjies kos R200. Die teater is in Daventrystraat 4, Lynnwood. Skakel 012-942-5951.

~*~


Die volgende Cullinan Boeremark is op Saterdag 5 Junie en Sondag 6 Junie op die hoek van Oaklaan en Mainstraat, Cullinan. Die mark word elke eerste naweek van die maand op ’n Saterdag en Sondag van 8 vm tot 3 nm gehou en bied plaaslike produkte, handgemaakte goedere en gebak. Potensiële uitstallers kan Danie Booysen by 082-926-4326 bel.

~*~


‘Jonk en Jeukerig’ is die naam van die Jeugdag-vertoning wat op 18 Junie om 7 nm by Monte de Dios, plot 106, Achillesweg, Zwavelpoort aangebied word. Early B gaan daar wees saam met DJ Justin Vega sowel as Biggy en Loufi. Algemene kaartjies kos R150 en BBP kaartjies R250. Koop jou kaartjie by Tixsa of skakel 087-654-4457.

~*~


A Victorian High Tea Market is held on 22 May from 9 am to 3 pm at Victorian Manor, 72 Catherine Street, Lewzene Estates, Cullinan. A high tea will be served at R200 per person and you get a free gin cocktail. Guests can look forward to stalls with handmade goodies, vintage and thrifty finds, antiques, jams and preserves. Phone Maudie at 071-154-2401.

~*~


’n Aandmark word op 11 en 18 Junie van 4 nm tot 10 nm by Market @ The Beach op die hoek van Lynnwoodweg-verlenging en die Boschkoppad, Zwavelpoort gehou. Sangers gaan optree, daar gaan boetiekbier, -jenewer en skemerkelkies wees asook ’n klimraam, strand vlugbal, sandput en baie kraampies met kuns en handwerk, juwele en kos. Skakel 071-471-6698 of stuur ’n e-pos: This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it .

~*~


Wil jy van die Eskom-netwerk wegbeweeg? Nie seker watter inligting vertrou kan word nie? As jy daaraan dink om ’n sonkragstelsel te laat installeer of om dit self te doen, is daar op 29 Mei van
8 vm tot 5 nm ’n kursus vir jou by die KragDag-terrein op Diamantvallei Landgoed, Rhenosterfontein. Die koste is R1 800. Skakel 087-231-1644 of besoek www.kragdag.co.za.
 

© 2024 Die/The Bronberger