Het jy gehoor? / Have you heard? - Apr2021 Print E-mail
News - Het Jy Gehoor
Friday, 23 April 2021 06:25
Untitled Document

Teen die Bronnie se spertyd was die onderstaande gebeure vir die datums wat genoem word, beplan. Inperkingsregulasies mag veranderings tot gevolg hê.


CRAFTher is die naam van die Moedersdag kuns en handwerk werkswinkel op 8 Mei van 9 vm tot
2 nm by Kungwini Welsynsorganisasie in Lynnwoodweg-verlenging, Zwavelpoort. Die klei werkswinkel kos R300, die versiering van ’n drom kos R300 tot R400 en die skep van vlerke kos R400. Geniet koek en wyn terwyl jy jou kreatiwiteit uitleef. Vooraf bespreking is noodsaaklik. Vir meer inligting bel Elize Schwartz: 012-940-0221 of stuur ’n e-pos: This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it .

~*~


Die volgende Cullinan-boeremark word op 8 en 9 Mei op die oop stuk grond in Oaklaan oorkant @Church gehou. Dié mark het in Februarie afgeskop om ’n platform te skep waar plaaslike inwoners hulle tuisgemaakte produkte kan verkoop, sonder dat dit hulle ’n sent kos. Daar was mense wat met die pandemie hulle werk verloor het, en wat nou noodgedwonge met markkraampies probeer om ’n inkomste te genereer. Die mark brei geweldig uit en word elke eerste naweek van die maand op ’n Saterdag en Sondag van van 8 vm tot 3 nm gehou. Bel Danie Booysen by 082-926-4326 vir meer inligting.

~*~


‘Spertyd’, met Sandra Prinsloo, word tot 25 April by Atterbury-teater opgevoer. Dié toneelstuk is in grendeltyd deur die bekroonde Elsa Joubert ontwikkel en bied ’n onsentimentele blik op die oudword-proses uit die oogpunt van ’n 95-jarige weduwee in ’n aftreeoord. Elsa is op 14 Junie 2020 midde die Covid-pandemie oorlede. Kort voor haar afsterwe het sy die teksverwerking gelees en was opgewonde oor Sandra Prinsloo se vertolking van haar lewensverhaal. Kaartjies kos R200 tot R250. Op 4, 5 en 6 Mei om 8 nm stel Danie du Toit sy tweede digbundel, ‘Sterreval’, met liedjies, stories en ’n vers of twee by Atterbury-teater bekend. Kaartjies kos R250. Mathys Roets en Mauritz Lotz bied op 9 Mei om 3 nm ’n spesiale Moedersdagkonsert aan. Kaartjies kos R220. Die teater is in Daventrystraat 4, Lynnwood. Skakel 012-942-5951.

~*~


The Hazeldean Farm parkrun is a 5 km run, held every Saturday from 8 am at the extension of Ridge Road, Hazeldean. Enter at www.parkrun.co.za/hazeldeanfarm. You can grab a post-parkrun coffee at the Cowhouse Market. Phone the market at 072-399-0154.

~*~


Geniet ’n uitsig oor die Bronkhorstspruitdam terwyl jy bederf word met ’n Moedersdag ontbyt- of middagete buffet by Art Café in die Anton Smit Beeldhoupark. Die beeldetuin is drie hektaar groot en is op ’n plato wat oor die water uitkyk. Behalwe die beelde sluit dit ook ’n Muur van Openbarings in en ’n kunsgalery. Die ades is Black Eagle-laan 44, Aqua-Vista, Bronkhorstspruitdam. Bespreek by Marius: 082-880-8805 of This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it .

~*~


‘Market at the Beach’ word elke naweek op die hoek van die Boschkoppad en Lynnwoodweg-verlenging, Zwavelpoort vir die hele gesin gehou. Elke nou en dan is daar ook ’n aandmark. Die verskeidenheid kraampies strek van klere, juweliersware, kuns, handvlyt, boetiekbier, etes en daar is ’n speelplek vir kinders, ’n vlugbalbaan en sandput. Vir meer inligting stuur ’n e-pos na This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it .

~*~


Cullinan Junction hou op Sondag 2 Mei van 9 vm tot 4 nm ’n vlooimark met verskeie kraampies, eet- en drinkgoed, sandkuns vir kinders en gesigverf. Die gaskunstenaar vir die dag is Martin van Staden. Die mark is in Hotelstraat 4, oorkant die polisiestasie. Skakel 079-963-9349, 082-726-5901 of 082-929-8998.

~*~


Joshua na die Reën tree op 30 April om 8 nm op by die AfriForum-teater. Hy neem sy kitaarspeler, Heinrich Berner, saam en doen liedjies vanaf sy eerste drie albums en een of twee nuwe liedjies. Kaartjies kos R150. ‘Die dinge van ’n kind’, gebaseer op die roman deur Marita van der Vyver, word van 11 tot 16 Mei om 8 nm by dié teater opgevoer. Daar is ’n ouderdomsbeperking van 16 jaar en die toneelstuk gaan oor die traumas van grootword, swangerskap en selfmoord teen die agtergrond van die 1970’s toe jong mans aan die grensoorlog deelgeneem het. Kaartjies kos R170 en is by www.dappermedia.co.za beskikbaar. Die teater is op die hoek van Thomas Edison en 13de Straat, Menlopark. Vir meer inligting besoek www. afriforumteater.co.za

~*~


Willie Strauss hou op 9 Mei vanaf 11.30 ’n Moedersdagete by Die Sinkhuis op Cullinan. Die koste is R300 en bespreking is noodsaaklik. Die voorgereg is botterskorsie en ’n spinasie quiche met ’n slaai en die hoofgereg is beesstertpastei of hoenderpastei, pampoenpoffers in ’n karamelsous, mielietert, rys en slaai. Nagereg is ’n sjokolade malvapoeding met vla. Vat jou eie drinkgoed saam. Bespreek by This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it .

~*~


Daar is ’n troeteldier-vriendelike 2 km (R55 inskrywingsfooi), 5 km (R75), 10 km (R95), 15 km (R115) of 21 km (R135) draf of pretstap by Tierpoort Adventure Farm, plot 210 Tierboskatstraat, Tierpoort op 25 April. Dit kos R25 ekstra as jy op die dag self inskryf en jy moet 6 vm opdaag. Covid-19 riglyne en reëls geld en maskers is verpligtend. Reël vooraf met die organiseerders as jy jou hond wil saamneem. Praat met Glizelle by 083-264-3931 of This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it .

~*~


Die FAK Genealogie- en Familie-Erfenisfees is met regstreekse uitsendings op FAK Facebook vervang. Uitsendings het op 10 April begin. Kyk op 24 April en 1 Mei na Buys en Buys-familie met navorsingswenke en op 8 Mei na Derek Bissett en die Andrew Murray-Familiebond. Die uitsendings bly as video op dié digitale platform vir kyk en weer kyk. Die fisiese fees is net uitgestel en sal plaasvind sodra inperkingsmaatreëls dit toelaat. Stuur ’n e-pos aan Isabel Groesbeek: This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it .

~*~


Mystery Ghost Jaunts are running in Cullinan again. Make sure you take your camera. You can look forward to pub and grub stops, haunted buildings (including a hospital), ghost hunting cell phone apps, dowsing rods and entering a graveyard with a thrilling visual climax. People meet from 4 pm onwards and the jaunt runs from 5 pm to 10 pm (long before curfew). Check the jaunt dates at www.MysteryGhostProductions.co.za.

 

© 2024 Die/The Bronberger