Het jy gehoor? / Have you heard? - Jan2020 Print E-mail
News - Het Jy Gehoor
Tuesday, 28 January 2020 14:00
Untitled Document


‘SA’s Spectacular Diva Show’ word op 31 Januarie om 7 nm by Monte de Dios in Achillesweg, Zwavelpoort aangebied. Divas Corlea, Liezel Pieters, Monique Steyn en Nadine gaan by dié spoggeleentheid optree en kaartjies kos R150. Rex van Deventer, direkteur van Entertainment & Event Factory, het al twee jaar die idee om die top vroulike kunstenaars in die land vir ’n konsertreeks byeen te bring. President Kruger Kinderhuis vorm deel van die konsertreeks en gaan by almal teenwoordig wees. Vyftig persent van die fondse wat ingewin word, gaan aan dié kinderhuis geskenk word. Om die produksie vir jou skool, fees, kerk of werkplek te bespreek, kontak EE Factory: 071-600-8800. Bespreek by Ticketpro.

~*~


Die volgende Windpomp handwerkmark is op 25 Januarie van 8 vm tot 2 nm by Broodblik en Koffiepit op die R51 tussen Bapsfontein en Petit. Dié mark word elke laaste Saterdag van die maand gehou. Daar is ‘n verskeidenheid kraampies met eiesoortige ware, Boerbrood, pasteie en varsgebak. Bel Adele by 083-445-1608. Vind hulle by S26 0.336 E028 23.477.

~*~


The first Warrior Race of the season starts at 6 am on 1 February at Tierpoort Adventure Farm, Rooikat Street. This obstacle racing series offers three categories, each differing in obstacles, toughness and distance. The venue was voted as the most popular Toyota Warrior venue of 2019 and is famous for the biggest Mud Monster in the series. Favourite obstacles include the Mamba and the Tower of Rage. A specifically designed obstacle course will be available for youngsters, as well as a Warrior Kids Zone under the supervision of child-minders. A high-speed sprint race, a shorter and more compact obstacle course, can be entered individually or as a team. There will be a beer garden and spectators pay R30 entrance. Entry for the Rookie category is R380, for Commando R470, for Black-Ops R550 and children from ages four to eight years old pay R160 to participate. Booking Website: http://www.warrior.co.za/warrior-1-pta-gp/.

~*~


’n Werkswinkel en ete word deur De Tweedespruit se bekende kunstenaar en kostowenaar, Lientjie Wessels, op 8 Februarie by Jan Harmsgat se Agterplaas op Cullinan aangebied. Lientjie was ook onlangs te sien op TV in Kokkedoor 3 en het ’n uitsonderlike kookboek, ‘Geure’, die lig laat sien. Beperkte plek beskikbaar. Vir inligting bel of WhatsApp 082-531-6141.

~*~


Africa Agri Tech 2020 word van 18 tot 20 Februarie van 9 vm tot 5 nm daagliks by die Sun Arena Time Square, Aramistlaan 209, Menlyn Maine gehou. Dié ekspo en konferensie-programme fokus op die nuutste vooruitgang in wetenskap en tegnologie om landbouprodusente te bemagtig om hoër effektiwiteit, produktiwiteit en winsgewendheid te bereik. Toekomstendense, tegnologie en tegnieke gaan op ’n ten volle geïntegreerde ekspo-vloer uitgestal word. Vir meer inligting, besoek africa-agri.co.za. Skakel 082-602-4052.

~*~


‘Fluister dit in my oor’ is die naam van Atterbury-teater se Valentynsdag-opvoering. Sluit aan by Mathys Roets en Mauritz Lotz vir ‘n aand van romantiese gunstelinge op 14 Februarie om 8 nm. Mathys se sielvolle stem en Mauritz se kitaarspel gaan sorg vir ‘n onvergeetlike aand saam met jou geliefde. Kaartjies kos R200 tot R230. Die teater is in Daventrystraat 4, Lynnwood Manor. Skakel 012-942-5951.

~*~


Rockwood-teater bied ‘Die Hollywood Huwelik’, Timothy Kieswetter se nuutste komedie, op
12 Februarie aan. Die kleredrag is formeel en paartjies moet volgens die tema, ‘Nag by die Oscars’, aantrek. Die paartjie wat die beste aangetrek is, gaan ‘n prys wen. Timothy sê dat die meeste van ons met ‘n televisie in die huis grootgeword het. Daarom is Hollywood een van die grootste invloede in ons manier van dink, doen en lewe. Hollywood het veral baie te sê oor liefde en die huwelik. Of jy voel dat jou verhouding besig is om te sink soos die ‘Titanic’ en of jy steeds verlief is na ‘50 First Dates’; of jou huwelik ’n komedie, drama of riller is, gaan lag en leer jouself in ’n inspirerende ware-lewe dokumentêre verhaal ken. Die teater is in die Parkview Winkelsentrum op die hoek van Garstfonteinweg en Netcarestraat. Skakel 012-368-1555.

~*~


Die volgende ‘I ❤ Cullinan’ mark is op Sondag 16 Februarie. Dié mark word onder in Oaklaan gehou. Vir meer inligting, stuur vir Kat ‘n WhatsApp: 084-579-1803 of 078-353-6334.

~*~


Afrikaanse liedjieskrywer, musikant en abstrakte skilder, Stef Kruger, tree op 29 en 30 Januarie om 8 nm by Lagom op. Hy het al meer as 400 liedjies geskryf en van sy bekende liedjies sluit in ‘Pennies op die spoor’, ‘Grassade in die wind’ en ‘Tussen jou en my’. Sangers soos Dozi, Koos Kombuis, Bobby van Jaarsveld en Jannie Moolman het al van sy liedjies opgeneem. Kaartjies kos R245 vir ‘n ete en die vertoning. As jy net die vertoning wil bywoon, kos dit R120. Op 31 Januarie om 8 nm is Radio Kalahari Orkes aan die beurt. Dié anderste orkes word deur akteur Ian Roberts gelei. Kaartjies vir ‘n ete en opvoering is R295 en vir die opvoering alleenlik, R180. Lagom is in Ridge Square op die hoek van Lynnwoodweg en Albethstraat, Die Wilgers. Skakel 083-420-3259 of 083-281-7284.

~*~


Die volgende Vaalbank Kontreimark by Kakiebos op die Rayton/Cullinan-pad (R515) is op
1 Februarie vanaf 10 vm. Vir meer inligting, stuur ‘n WhatsApp: 081-271-2300.

~*~


Nan Hua Tempel buite Bronkhorstspruit nooi mense om die Sjinese Nuwejaar op 26 Januarie van 9.30 vm to 3 nm saam met hulle te vier. ‘n Reeks tradisionele gebeurtenisse en multi-kulturele opvoerings kan bygewoon word. Toegang is gratis. Die tempel is in Nan Huaweg 27, Cultura Park, Bronkhorstspruit. Skakel 013-931-0009 of stuur ‘n e-pos: This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it .

~*~


Die volgende Bospraatjie is op Donderdag 30 Januarie om 6.30 nm by Safari in Lynnwoodweg 340, Die Wilgers. Die spreker is Omri van Zyl, en hy gaan praat oor: ‘Afrika in konteks – avonture en plekke’. Toegang is R50. Stuur vir Rian Swiegers ‘n e-pos: This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it of bel hom: 083-226-6861.

~*~


‘n Landloop en pretstap word op 9 Februarie op interessante veldroetes by Rosemary Hill gehou. Die roetes sluit plaasdamme, spruite, beboste dele en selfs ou murasies op ‘n werkende plaas in. Registrasie begin om 6 vm. Daar is ‘n 5 km (R120), 10 km (R180) en 21 km (R230) roete. Vir meer inligting oor die gebeurtenis, skakel 083-294-5260 of stuur ‘n e-pos: This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it . Rosemary Hill is op die Boschkop-grondpad (R964). Skakel hulle by 012-802-0052.  

~*~


Jan Blohm tree op Valentynsdag, 14 Februarie, op by Tiger’s Milk in Lynnwood Bridge, Daventryweg, Lynnwood Manor. Die vertoning begin om 7 nm en kaartjies kos R150. Kaartjies is beskikbaar by http://bit.ly/2ZTyMjf.

~*~


Slushy is having a pool party on 1 February from 11 am at Rietvlei Country Lodge, 72 Game Reserve Ave, Rietvallei 377-JR. Picture sunshine, slushies, cocktail specials and add a top DJ line-up on two stages to dance it all off. No under 18’s are allowed. General pool party tickets cost R170; late bloomer tickets cost R210 and VIP tickets R250. Tickets are at www.howler.co.za.

 

© 2024 Die/The Bronberger