Het jy gehoor? / Have you heard? - Nov2019 Print E-mail
News - Het Jy Gehoor
Tuesday, 19 November 2019 14:37
Untitled Document


Die 19e Nickel Kersmark is van 20 November tot 1 Desember van 9 vm tot 6 nm. Dié mark is vernoem na die Paul Jungnickelhuis, ‘n afdeling van Kungwini Welsynsorganisasie (KWO) op Zwavelpoort, en dien as ‘n platform om produkte ten toon te stel wat in KWO se beskermde werkswinkel gemaak word. Dié jaarlikse mark is ‘n fondsinsamelingsprojek vir die organisasie en daar is vanjaar meer as 200 uitstallers met iets vir almal, van speelgoed tot eksklusiewe dekorprodukte en ‘n restourant deur Flavorville. Die adres is plot 214, Lynnwoodweg-verlenging. Skakel 012-940-0221 of stuur ‘n e-pos: This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it .

~*~


The mind-shifting short-talk phenomenon, TEDx, returns to Pretoria in November for a full day of thought-provoking talks on 19 November from 9 am to 5 pm at Brooklyn Theatre. This year’s theme is ‘Don’t Blink. The future is here – close your eyes for a second and you’ll miss it’. TEDx is an offshoot of the popular Technology, Entertainment and Design (TED) Talks, an international movement aiming to spark conversations that change attitudes, lives and our world. To book your place, visit http://www.quicket.co.za/events/82667-tedxpretoria-2019/. The theatre is on the corner of Thomas Edison and 13th Street. Phone them at 012-460-6033.

~*~


Die volgende Windpomp handwerkmark is op 30 November van 8 vm tot 2 nm by Broodblik en Koffiepit op die R51 tussen Bapsfontein en Petit. Dié mark word elke laaste Saterdag van die maand gehou. Daar is ‘n verskeidenheid kraampies met eiesoortige ware, Boerbrood, pasteie en varsgebak. Die laaste mark vir die jaar gaan op 14 Desember wees. Bel Adele by 083-445-1608. Vind hulle by S26 0.336 E028 23.477.

~*~


Afrikaans is Groot word op 28 November om 7.30 nm by Time Square, Sun Arena, Aramistlaan 209, Menlyn gehou. Na ’n suksesvolle 2018 seisoen is dié opvoering terug met jou gunstelinge, jou musiek, jou taal. Kaartjies kos R700. Skakel 086-084-6377.

~*~


Anna Wolf’s ‘What’s In The Woods’ show is at 8 pm on 7 December at the Rockwood Theatre. Anna recently won a coveted International Music Award in Nashville, Tennessee. For the first time in Unsigned Only’s history, the 2019 Grand Prize was awarded to a South African artist for her song, ‘Believer’. There were almost 6 000 entries from more than 100 countries. Tickets for the show cost R152. The venue is at the Parkview Shopping Centre on the corner of Garstfontein Road and Netcare Street. Phone them at 012-368-1555.

~*~


‘n Kerssangdiens word op 24 November om 8.30 nm by Rayton NG Gemeente gehou. Op 30 November word Kersliedere onder die sterre vanaf 5 nm aangebied. Kersvader gaan geskenkpakkies uitdeel en daar is volop eetgoed te koop. Die plaaslike sanggroep gaan die gemeente begelei met die Kersliedere. Toegang is gratis. Bel Linda Snyders: 082-563-043 of 012-734-4345 of stuur ‘n e-pos: This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it .

~*~


There will be a once-off-for-public Mystery Ghost Hunt in Cullinan on 16 November.  This is a part walk and part ride in a convoy. You can use your own car or share with guests you might bring. The hunt is for ages 18 and up. Tickets cost R550, including dinner and dessert at 6 pm. The hunt runs from 7 pm to midnight. You will experience the Lantern Lady at the railway station, Anglican Church’s hidden treasure, an eerie discovery at Freemason Lodge, Poltergeist House, Rec Club, McHardy House, old hospital and mortuary, mine accident spectres and dowsing rods audience participation. By the time you reach the graveyard at midnight, you’ll be ready to run, not walk. Details and bookings at www.MysteryGhostBus.co.za.

~*~


‘Drie susters’ word op 21 en 22 November om 8 nm by Atterbury-teater aangebied met aktrises Lizz Meiring, Nicole Holm en Margit Meyer-Rödenbeck. Christine, Anel en Bianca se vlug na Thailand is vertraag. Dit is Christine se 50ste verjaardag en die vakansie is haar verjaardaggeskenk van die tweeling. Hulle sit en wag, speel kaart, lees boeke en kritiseer mekaar. Kaartjies kos R160 tot R180. Die teater is in Daventrystraat 4, Lynnwood Manor. Skakel 012-942-5951.

~*~


The Parlotones tree op 22 November op by Weiveld op die hoek van die Boschkoppad en Lynnwoodweg-verlenging, Zwavelpoort. Die deure open om 7 nm en toegang is R100. Skakel 071-471-6698.

~*~


Valiant Swart tree op 21 November om 8 nm op by Lagom Café in Ridge Square op die hoek van Lynnwoodweg en Albethstraat, Die Wilgers. Op 6 Desember hou Beeskraal ‘n partytjie van 8 vm tot 11 nm. Kaartjies vir altwee geleenthede is beskikbaar by www.quicket.co.za. Skakel 083-420-3259 of 083-281-7284.

~*~


Spoegwolf tree op 22 November by Rafters op. Dié groep bestaan uit Danie du Toit (stem en kitaar), Chris von Wielligh (kitaar en klavier), Moskou du Toit (tromme en stem) en Albert van der Merwe (baskitaar en stem). Die deure open om 7 nm en kaartjies kos R120. Geen onder 18’s word toegelaat nie. Skakel 082-600-3469 of 071-610-2132. Rafters is op die hoek van Blesbokstraat en Garstfonteinweg-verlenging, oorkant Mooikloof.

~*~


Rhythm of Hope, Dance and Outreach presents its annual year-end production, ‘Alice finds herself in Wonderland’ on 23 November at 2.30 pm for 3 pm at Doxa Deo Faerie Glen on the corner of Atterbury and Olympus Roads. This will be a Wonderland Extravaganza, complete with rabbits, treasure cats, mad hatters and tea parties. In this tale Alice learns how the process of following your dreams (down the rabbit hole) will challenge the foundation of your identity, but also help establish it. Phone them at 012-991-3883.

~*~


Die volgende Bospraatjie is op 28 November om 6.30 nm by Safari in Lynnwoodweg 340, Die Wilgers. Die spreker is dr Salomon Joubert, die vorige hoof van die Krugerwildtuin, wat oor sy loopbaan gaan praat. Toegang is R50. Stuur vir Rian Swiegers ‘n e-pos: This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it of bel hom: 083-226-6861.

~*~


Trots Afrikaans en Zwalu Landgoed bied ‘n gesinsaand aan met ‘n fliek onder die sterre en ‘n opvoering van Heidi  by Anja’s Teetuin op 23 November vanaf 5 nm. Vat jou eie kombers en kussings en pak ’n piekniekmandjie of bestel iets uit die teetuin. Toegang is R120 vir volwassenes en R60 vir kinders. Die teetuin is op plot 317, Zwalu Landgoed, Lynnwoodweg-verlenging, Zwavelpoort. Skakel 072-153-6732.

~*~


Joshua na die Reën en Leon Gropp hou op 30 November om 5.30 nm ’n intieme akoestiese konsert met vier strykers by Imperfect Perfection in Cheetahstraat, Tierpoort. Dit gaan ’n andersoortige ervaring wees met die musikante wat tussen die mense sit. Kos en drank sal te koop wees. Kaartjies kos R175. Die deure maak 5.30 nm oop en die konsert begin 7 nm. Vir meer inligting, kontak Imperfect Perfection: This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it of 082-456-3906.

~*~


A traditional German Christmas market, Christkindlmarkt, is held on 30 November from 4 pm to
10 pm at the Deutsche Schule, corner of Simon Vermooten Street and the N4 highway off-ramp, The Willows: -25.74529° S, 28.33158° E. You can enjoy traditional German food, cookies, festive lights, stalls, decorations, music and gifts. Entry and parking is free and there will be children’s activities as well as drinks from a licensed bar to go with the festive live music. For more information, send an e-mail: This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it .

~*~


Die Vaalbank Kontreimark het na Kakiebos op die Rayton/Cullinan-pad (R515) geskuif. Die volgende markdatums is 23 en 30 November asook 7, 14, 16 en 21 Desember. Vir meer inligting, stuur ‘n WhatsApp: 081-271-2300.

 

© 2024 Die/The Bronberger